So, op 18 Julie, dieselfde dag as wat Mandela glo
getroud is, is ons dogter getroud in die kapel van die
Mohawks. Dit was 'n lekker koel dag tussen twee weke
van hittegolwe. (Dis nou te wyte aan die baie sterk muti
waaroor die ma van die bruid beskik.)
Dis nie 'n baie groot kerk nie. Maar dit het baie mooi
gekleurde glasvensters, wat die geskiedenis van die kerk
en van die Konfederasie van Ses Nasies vertel. Veral die
eerste venster was vir my baie mooi. Daarin staan die figuur
van Hiawatha in volle gewaad. Hiawatha was die leier van
'n stam in Noordelike New York staat wat verantwoordelik
was vir die stigting van 'n federasie van Vyf Nasies (wat
later die Federasie van Ses Nasies geword het.) Eintlik was
Hiawatha maar net onder die invloed van Deganawidah, 'n
groot geestelike leier wat van noord van Lake Ontario gekom
het om sy boodskap van vrede aan die stamme verder suid
te bring. Deganawidah het egter gehakkel en Hiawatha het
sy spreekspersoon geword. Deganawidah het die Denneboom
van Vrede aan die stamme bekend gestel. Die beroemde
gordel van Hiawatha (vandag in 'n museum in Albany, N.Y.)
vertel van hierdie geskiedenis.
Die name van die ses stamme van die Federasie van Ses
Nasies is die Seneca, Cayuga, Onondaga, Tuscarora, Oneida
en Mohawk. In hierdie konfederasie het vroue 'n baie groot
rol gespeel. By geboorte neem die kind die stamverband van
die moeder oor. Die ouer vroue het vandag nog belangrike
funksies in die struktuur van die stamme.
Gedurende die Amerikaanse Vryheidsoorlog het hierdie
stamme die woude van noordelike New York staat verlaat
en hulle noord van Lake Ontario gevestig. Die Haldimand
Treaty van 1784 het vir hulle 760,000 akkers land gegee as
kompensasie vir die land wat hulle verloor het in wat vandag
die VSA is. Nodeloos om te sê, die land is vandag nie meer
onder hulle kontrole nie, behalwe vir 'n klein stukkie wat
vandag bekend staan as die �Six Nations Reserve� buitekant
Brantford.
Kom join kom join
bring julle albaster tone en tolbos hare
en jul winkel verbasing en bekke vol brekfis
en drome van die maan se noordelike sug
bring julle velle soos grond
moet klei dan apart bly van sand?
Tone van onheil, sole van verdriet
voetspore van skaapwagter en skaapeienaar
die kuiper en trawante
die aambeeld se donker poeier
en rooi klokslag:
dis ons.
Mengelmense met 'n bastertaal
tonge wat alkant klap
ons het chords vir alle wysies
kom join.
Johannesburg - The African National Congress on Tuesday denied
allegations that the organisation ordered its armed cadres to rob banks
and cash-in-transit vehicles to fund its armed struggle during the early
1990s.
A senior ANC Ermelo member told the Truth and Reconciliation
Commission's amnesty committee on Tuesday that the organisation's
leadership ordered the robberies, which saw a number of innocent
security guards losing their lives.
In a statement, the ANC said it had noted the testimony of Fanyana John
Mndebele at the TRC hearings in Ermelo.
"No such instruction as alleged by Mndebele to MK (Umkhonto we Sizwe)
cadres to rob banks or cash-in-transit vehicles was ever issued by the
command structures of MK or the constitutional structures of the ANC,
either nationally or provincially," the statement said.
"In any event, the ANC had suspended armed struggle and related
activities in 1990 following its meeting with leaders of the then
National Party government in Groote Schuur, Cape Town."
So nou wonder mens maar net oor die derde mag beskuldigings, besoeke aan
die berugte bankrower Chauke in die tronk deur 'n ANC leier, die
daaropvolgende ontsnapping van Chauke en dan die aanwesigheid van
dieselfde Chauke by die verjaardagpartytjie van nog 'n ANC leier. Dan is
daar ook die gerugte van die betrokkenheid van MK lede by bankrowe.
ek is 'n chileen wat 6 jaar lang in suid afrika gewoon het. Ek het in
Kathu(noord kaap) gewoon tussen 1988 en 1994. Ek het baie mooi dinge
deurgebring in suid afrika ,met daardie mengsel mense en kulture wat
uniek is in die hele wereld.
Vir almal wat my oor suid afrika gevra het, vertel ek hulle dat dit ´n
baie mooi plek is.
Ek weet dinge het baie verander nadat Mandela president gekies is.
Meskien later kan ek daaroor iets pos.
groete vir al die afrikaners, hou aan om afrikaans 'n volwase taal te
maak (daar is nog 'n lank pad daarvoor). Kan enige va julle my se waar
on afrikaanse boeke te bestel?
Het ek melding van Mandela se huwelik en verjaarsdag op die ng gemis of was
dit nooit genoem nie? Ek weet sommige mense gaan nou op die politieke wa
spring dat die stof so staan, maar vat dit kalm, ek praat nie nou oor hom as
politieke figuur nie, maar as mens. Ek haal my hoed af vir die man se
stamina! Dit gee my hoop om hom op daardie ouderdom so te sien straal van
geluk. Maar die eintlike ding waaraan ek dink is aan sy bruid, gewese Samora
Machel se weduwee. Sy lyk vir my na n baie special dame. Dit se ook iets oor
haar dat haar eerste man die eerste president van Mozambique was na hulle nie
meer onder koloniese beheer gestaan het nie. Nou trou sy met Mandela, ook
die eerste president in n nuwe regsstelsel. Ek dink sy het ook innerlke krag
en integriteit. Mandela het beslis die keer n beter keuse gemaak en ek gun
hom alle genot en vrede toe. Ek kan nie help om te wonder hoe ou Winnie voel
om te sien hoe bly almal is oor Mandela se nuwe bruid nie. Maar sy is nou n
ander storie en n half...
Billy.
-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==----- http://www.dejanews.com/rg_mkgrp.xp Create Your Own Free Member Forum
Ek sou graag wou korrespondeer met S.A Burgers wat nou woonagtig is in
Australië & Nieu-Seeland. Laat gerus van julle hoor??.
Terloops ek is in woonagtig in Port Elizabeth(Suid-Afrika).
Lewendig terug uit die bosse van Afrika, merk ek dat ons nuusbediener
probleme voortduur - gee hulle gas Hannes! Ek het presies 40 boodskappe vir
die afgelope 10 dae ontvang. Met in ag neming daarvan dat Gloudina bruilof
gehou het, is dit nog steeds maar effentjies (4 per dag?!).
In elk geval, die wat belangstel om te weet hoekom Brandewyn nie Brieke het
nie, kan gaan kyk by:
> My posting obviously states my perception of past and current trend,
> and already the fear of being categorized as nazist overwhelms any
> wish to continue, but to me it is rather obvious that for years a
> certain goal is being worked at, and that the current new South Africa
> is but partially concluded (in relation to some greater scheme, ie
> globalisation).
>
> Etienne Marais
>
Baie dankie vir die plasing, Ettienne, dit maak die bespreking nogal
heelwat interessanter, alhoewel dit op die soc. culture south africa ookal
verskyn het.
Niemand wil eintlik maar met 'n weerstandsmentalitiet betrap word nie.
Basies is ons klein vissies ook glad nie eers van belang in die wereld
politiek nie. Vir wie moet ons nou stem in die volgende verkiesing?!
>
> This is one of many serious and some might say libelous allegations
> contained in a very disturbing book entitled: "Tiny Rowland - The
> ugly face of neocolonialism in Africa." Published by Executive
> Intelligence Review, Washington DC, 1993. The gist of the book:
> Rowland, the boss of British multinational Lonrho, is one of the
principal agents in > implementing the British-American (not the company)
neocolonialist gameplan for
> Africa as part of their ultraliberalist New World Order domination.
> Unlike the German led European bloc, the British-American alliance
> does not really want Africa to develop and become industrialised. For
> the UK, decolonisation was a cynical sham.
Emily Hobhouse het in 'n uitspraak net na die Anglo-Boere oorlog gesê dat
daar nou stilte in die land is, maar dat die Boere nie verslaan is nie. Die
Engelse het net die veldslag gewen.
Min het ons toe geweet watter magte agter die volgnde stuk geskiedenis sou
intree, né.
Die inligting hier verskaf is al dekades bekend gewees aan die S.A.
regering, maar niemand wou hulle aan die Afrikaners se uitsprake steur nie.
Al die Afrikaner se "swakpunte" is uitgebasuin en gebruik om die land weg
te neem van 'n sterk ontwikkelende industriële nasie terug na 'n Imperiale
skoothondjie. Baie Afrikaners was gewillige slagoffers van hierdie
breinspoeling en het maar te gewillig op die Engelse se skote gespring vir
vertroeteling.
> In fact with the White
> colonials out of the way, and compliant, corrupt Black governments
> financed into power by them, the looting of Africa became much easier.
> The French adopted the same tactics, just in order to maintain its
> share of power in Africa. I would like members of this newsgroup to
> comment on this and the following quotes that I have extracted.
>
Ek het nie eers geweet dat daar ander mense op dieselfde golflengte as ek
ingeskakel het, na baie lees en observasie nie. Goed om te lees, alhoewel
baie ontstellend. Ek dink ons almal hier behoort 'n bietjie kriewelrig te
voel...........
> Representatives of the Anglo-American corporation, now and again have
> expressed the British gameplan for South Africa. Descended from Cecil
> Rhodes' empire, this compnay as of 1990 controlled fully half the
> firms whose stock was quoted on the JSE.
Dink maar aan Cyril Ramaphosa wat "stil" gemaak is met sy hoë profiel
aanstelling in 'n maatskappy. Daar was gerugte vanuit die finansiële wereld
dat hy met die notering van die maatskappy, 'n koel R140miljoen persoonlik
in die sak gesteek het.
Dieselfde gaan nou met die oud-kommies in die Arbeids- en Reserwebank
portefeuljes gebeur. Of is ek van die spoor af.
It has a virtual monopoly on
> the South African media and has been, in the words of a Johannesburg
> insider, "a major political power on the left for decades." Almost to
> a man, the top leadership of Anglo American graduated with PPE
> degrees (politics, philosophy and economy) from Oxford.
Dis baie interessant om die CVs van hoë ANC amptenare te lees. Dis darem
net te toevallig baie Brits geskoold. Daar is egter ook 'n paar duisend of
wat, wie Oosterse blok gratifikasies behaal het. Wat 'n mengsel van mense.
Maar dis ook die groot verdeling wat tans in die ANC bestaan, en moontlik
in die toekoms tot skeuring aanleiding kan gee. Die kapitaliste versus die
kommuniste in dieselfde politieke groepering.
> The British
> uppercrust strain at Anglo is so pronounced, that the editor of a
> Johannesburg daily, himself of English ancestry, described it as
> "culturally bizarre".
Touché.
> In early 1990, a top executive of the Anglo American corporation spoke
> candidly to a journalist in Johannesburg " Let the Blacks rule," he
> said. " We will make a lot more money out of Black government than out
> of a white one, because they would be a lot easier to manipulate."
My observasie van die hele gebeure is toe nie so bisarre as wat ek gedink
het nie. Laat 'n mens nogal goed voel. Gloudina sal nou moet hard werk om
hierdie groot kanonne afgeskiet te kry. Maar dit sit nie in haar broek om
teen hierdie tipe "big daddies" vir geregtigheid te veg nie. Sy was dan al
die tyd een van hulle maklike pionne.
Soos Yster Swart nou die aand voor sy selfoon-dood gesê het, in "Die Vierde
Kabinet": "Mense is toe nie so bliksems slim as wat hulle gedink het
nie...."
> Added one of his colleagues, " It does not bother us if a radical
> black regime comes in. We'll just put up the fences and keep pulling
> the minerals out just the same."
"Scramble for Africa" geskryf deur Thomas Pakenham illustreer hierdie
"fencing in of Africa" so goed. Julle wat dit nog nie gelees het nie,
behoort dit te doen. Die hele Afrika geskiedenis draai om hierdie huidige
persepsies van gierigheid en magtige rolspelers. Dis 'n baie dik boek, maar
'n geweldige goeie weergawe van Afrika se geskiedenis. En ontspan tog
Gloudina, Thomassie het nie tóe geweet dat hierdie boek in Amerika gaan
verskyn nie.
> "There's a plan, a long-term plan, that within 25 years,
> South Africa will be turned into a country which can be controlled
> from the outside."
Hel, ek het amper gedink die gesprek was met my, na aanleiding van 'n
antwoord aan Gloudina in hierdie verband. So, daar is weer eens bevestiging
deur ander bronne - hoe onduidelik en ongeloofwaardig ookal. Miskien het so
'n gesprek tog plaas gevind.
>
> In 1948, the National Party expelled the anglophile Prime Minister Jan Smuts
> and adopted a dirigistic program that turned South Africa into an
> industrial power, as opposed to only an exporter of raw materials.
Die vestiging van groot industrieë deur die Apartheidsregering, het van
Afrika die Kroonjuweel gemaak. "Cry Our beloved Country" oor hierdie helse
verraad wat die land getref het. Enige iemand mag hierdie soort opmerkings
maak, behalwe die Afrikaner. Dan word ons op hierdie NG vir Apartheidsvarke
uitgeskel, en dit net omdat ons so 'n bietjie grysstof inspan om by
soortgelyke konklusies uit te kom, gegrond op "hands on" ervaring van die
hele helse gebeure. Dit noem ek nou dem tragies.
>
> Implemenatation
> of the Ponto plan would have created the economic for a successful
> transformation to majority rule, in contrast with the British approach
> of coupling pious proclamations against apartheid and for majority
> rule, with destructive economic measures such as sanctions, usury,
> deregulation, and privatisation.
Nou wil iemand vir ons diplomaties raak en sê die Afrikaner het 'n
"effense"weerstand teen die Engelse opgebou en dis maar net omdat die
Afrikaner hulle nie die Anglo-Boereoorlog se konsentrasiekame sal vergewe
nie. Ons het nog nooit eintlik 'n ander geldige rede gehad om vir die klein
Europese landjie wat die grootste teelplaas vir aasvoëls is, kwaad te wees
nie!!
>
> The Ponto plan was never brought to life. Juergen Ponto was
> assassinated by the Baader Meinhof terrorist gang in July 1977. In
> South Africa, Smit was assassinated later the same year. EIR (the
> periodical publishing this book) charged that these assassinations
> were orchestrated by British Intelligence, in conjunction with the
> Soviet KGB.
Verbreding van horisonne is hier tog so dringend van toepassing vir
kommentaar, of hoe Johan? Sommige deelnemers sukkel so 'n bietjie met
hierdie intelligente uitgangspunt van jou.
Die res van die artikel is ontstellend waar en word deur baie nuusberigte
internasionaal en nasionaal bevestig. Dêm! Gaan ons hierdie orgie 'n
bietjie verder belig, my mede ekonomies- en Britse slawe !?
Die Afrikaner se enigste swakpunt ,wat my aanbetref, is sy naïewe
eerlikheid, gegrond op die Calvinistise leerstellings. Daar is te veel
ander Christene wat met ander reëls aan die oorlog om skaarshulpbronne
deelneem.
Johan, ek dink ek gaan nou maar jou raad volg wat jy vir Gloudina gegee het
oor die orale ekskresie van die maaginhoud en die kopkrimper bekruip om van
hierdie helse globale gemors te probeer sin maak.!!! Lekker dag.
Ettienne, terwyl ek kompos genereer van vanoggend se ontbyt weens die
ontstellende artikel, moet jy maar weer 'n mening of twee lig vir ons.