Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Nog een vir Madiba aanhangers

Sa., 08 Augustus 1998 00:00

Die verrigtinge 2 weke gelede het my weereens met walging vervul vir hierdie
land en sy mense! Van oral oor het wit en swart probeer om mekaar te oortref.
Sulke kniebuigery, lofsingery, ophemeling en aanbidding het ons lanklaas gesien.
En dit alles vir 'n politikus! Sowat van 'n grootskaalse gebaar van politiese
korrektheid het ons lanklaas aanskou! Ek verwys natuurlik na ons "president" se
onlangse verjaardagvieringe.

In hierdie tyd het almal gerieflikheidshalwe vergeet dat hy nie 'n flenter omgee
oor die geweld in die land nie, of nie 'n duit omgee vir die regte van
minderheidsgroepe nie, of vere voel vir die voortbestaan van inheemse tale en
kulture nie. Almal wat deelgeneem het aan die "feesvieringe" was salig onbewus
daarvan dat hulle gewillige pionne was in 'n gevaarlike politieke spel. Solank
hulle net politieke munt kan slaan uit hul optrede!

As dit so gaan met sy 80ste verjaardag, dink net hoe dit sal gaan met sy
begrafnis!

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

'n Boodskap van Tant Totie

Sa., 08 Augustus 1998 00:00

jnpj...@bigfoot.com (Johan N Potgieter) writes:

> Ek het lankal vir jou gesê, jy het met intelegente mense hier op die
> nuusgroep te doen en nie 'n klomp stom koerantlesers nie. Jy skryf
> nie hier bullshit koerantstories nie. As jy wil beindruk, hou jou by
> die waarheid en probeer om dit van albei kante af te sien.

Ja, ek kan dit beaam. Ek het die nuusgroep
begin lees op aanbeveling van 'n goeie vriendin
van my, die tannie op die taalkomitee van die
Derde Taalbeweging gestig na die Derde Vryheids-
oorlog teen die hanskakies en misspellers van
Afrikaans. Hulle is almal vreeslik "intelegent"
op hierdie nuusgroep. Ek het nog nie die woord
in die Afrikaanse woordeboek raakgeloop nie, maar
ek dink dit het iets te doen met telepatie.

Tant Totie.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

'n Boodskap aan ou tante Koba

Sa., 08 Augustus 1998 00:00

Koba, as ek jy is hou ek my bek. Jy is so dom, jy roer
jou koffie met jou groottoon om. Wat weet jy van Wouter
Basson, daardie Mengele met sy mengsels. En terwyl ek
nou my kans het, vertel vir daardie man van jou om op te hou
geraas maak.

Koba

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Beleefdheid as kulturele gewoonte

Sa., 08 Augustus 1998 00:00

ferd...@icon.co.za (Ferdi ) writes:
> On Tue, 04 Aug 1998 17:11:17 GMT, m...@here.com (Simon) wrote:
>
> > werk mee praat en my buurman se tuinwerker en huiswerker klink maar
>> almal baie fed-up met die huidige regering en toestande - niks van
>> hulle verkiesingsverwagtinge het waarheid geword nie. Vra vir wie
>> hulle gaan stem - almal vir die ANC en uiteindelik trek jy dan die
>> rede uit hulle uit - intimidasie: hulle glo vas die ANC kan sien vir
>> wie jy stem. >>
>
> Het jy al daaraan gedink dat JY dalk die intimideerder is?
>
> Dat hulle se wat hulle dink jy wil hoor?

'n Mens moet ook in ag neem dat byna elke swart
kultuur in Suidelike Afrika 'n amper rituele gebruik
van beleefdheid beoefen. 'n Mindere op die sosiale leer
mag nie iemand meer belangrik as hy (of wie hy as
meer belangrik beskou) teenspreek nie. As jy dus vir
'n swart persoon (veral 'n persoon wat homself sien as
sosiaal ondergeskik aan jou, soos 'n bediende) vra wat hy
dink van die ANC, en hy kan sien dat jy nie van die ANC
hou nie, dan sal hy sy antwoord beperk tot wat hy dink jy
wil hoor, as 'n vorm van beleefdheid. (Hy sal natuurlik
fyn oplet na watter kant toe jou gedagtes loop, en sal dit
onthou vir sy toekomstige inligting.)
Hierdie rituele beleefdheid het ek nogal 'n probleem
gevind wanneer ek vir swart studente skoolgehou het. As ek
vra of hulle iets verstaan, dan was hulle eerste neiging om
�ja� te sê, omdat hulle gevoel was dat om 'nee� te sê sou kon
lyk asof hulle my wou veroordeel. Ek moes dus met elke nuwe
groep 'n amper kulturele debat voer: ek moes aan hulle verdui-
delik dat ek weet hulle dink dis goeie maniere om te sê dat hulle
verstaan selfs as hulle nie verstaan nie. Maar, moes ek dan ver-
duidelik, in die toekoms sou ek baie ontsteld wees as hulle om
dié rede vir my onder die verkeerde indruk laat. Na so 'n gesprek
het die studente dan altyd vry gevoel om te sê hulle verstaan nie.

Gloudina

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

"Windsbruid" deur HENNING PIETERSE

Sa., 08 Augustus 1998 00:00

WINDSBRUID
(na 'n skildery van Kokoschka)
Henning Pieterse

Dae is leeg gewaai
met die aand knip hy sy oë
en skud die laaste sonstof uit
die wind se baard
wat wolke gevleg het
gaan lê nou soos 'n ou man
verwaaid kyk ek uit
en knip my oë
teen die sagte aand
toe kom jy soos 'n windsbruid ingewaai
en vly jou hare
vol teen my aan.

Prosa & poësie | 8 kommentare

voëls

Sa., 08 Augustus 1998 00:00

enge iemand met afrkaanse inligting oor voëls?
ww...@lantic.co.za

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Oor windgatte en nog wat

Sa., 08 Augustus 1998 00:00

jnpj...@bigfoot.com (Johan N Potgieter) writes:

> On 7 Aug 1998 13:15:02 GMT, wrote:
>
>>
>> Die tannie wat agiteer vir die
>> uitvoer van defekte cortexe
>> vanuit die RSA na die VSA. Sy
>
> ... en die grootste aarshoul sit in Kanada ...

Praat tog Afrikaans, my seun.

Die tannie wat toetentaal die
voorstander is vir die gebruik
van die Afrikaanse taal.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Hoenders en die nuwe SA

Vr., 07 Augustus 1998 00:00

Ek het toevalig in die supermark hier in die UK vir 'n bottel Nando's
Peri-Peri hoender sous raak geloop en soos 'n Suid Afrikaner in die diaspora
tel ek die ding op en kyk 'n bietjie na die klein skrif net om verbaas te
sien dat dit vervaardig was in die "Democratic Republic of South Africa".
Nou in my ervaring as 'n land se dis "democratic" dan is dit nie. Wat gaan
aan - het ek iets in die nuus misgeloop in my drie jaar uit SA uit of is dit
maar 'n "tongue firmly in cheek" grappie?

Groete - ons somer het vandag uiteindelik begin :-)

Colin

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Wie is D. Steenkamp?

Vr., 07 Augustus 1998 00:00

Ek sien hy vra in postings wie is Gloudina.
Maar wie is hy?

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

F.A.Venter

Do., 06 Augustus 1998 00:00

> Kan iemand vir my sê of daar op die Internt 'n resource is van
> Afrikaanse letterunde - ek wil byvoorbeeld weet watter boeke FA Venter
> almal geskryf het. Mieskien kan ons so informele lys hier op die
> nuusgroep begin en dan die resultate vir iemand gee om op 'n web page
> te sit.
> Ek besit
> Geknelde Land (1960)
> Offerland (1963)
> Die Ou Man en die Duif
> Swart Pelgrim (1952)

Simon
Ek het op my rak ook nog die volgende, maar daar is sekerlik nog waarvan ek
nie weet nie:
Gelofteland (1966)
Die Drosters (1952)
Die Koning se Wingerd (1984)
Bedoelde land (1968)
Kambrokind (1979)
Die Tollenaar (1955)
Man van Cirene (1957)
Werfjoernaal (1965)
Wit Oemfaan (1965)
Die Rentmeesters (1969)
Die middag voel na warm as (1974)

Ek het nie geweet van Die Ou Man en die Duif nie! Ek het die datums van
publikasie ingeskryf vir ingeval dit bruikbaar is.

So 'n paar interessanthede: Hy het in 1961 die Hertzogprys vir prosa ontvang
vir Swart Pelgrim en Geknelde land en in 1982 die Ruitertrofee van die SA
federasie van Rapportryerskorpse vir Kambrokind. Die Universiteit van Port
Elizabeth het die eregraad D.Litt in 1981 aan hom toegeken en hy was lid van
die Maatschappij der Nerdelandse Letterkunde.

Ek hoop dit help met die lys

Piet

Boeke, tydskrifte & koerante | 0 kommentare

Bladsye (1835): [ «    1354  1355  1356  1357  1358  1359  1360  1361  1362  1363  1364  1365  1366  1367  1368  1369    »]
Tyd nou: Ma. Des. 15 07:53:59 UTC 2025