Het iemand nie dalk vir my 'n prentie van die Familiewapen : BESTER nie.
Of selfs waar ek een in die hande kan kry. Ek weet wel in Pretoria by die
heraldiek museum kan mens dit navors, maar ek's 1500km van Pretoria af, en
wanneer ek wel in die omgewing is, is hulle toe!! Ek's raadop. HELP.
> Het iemand nie dalk vir my 'n prentie van die Familiewapen : BESTER nie.
Andries,
Jy behoort hom te kry in C. Pama se boek 'Die Groot Afrikaanse Familie
Naamboek', en hy behoort beskikbaar te wees in jou biblioteek.
Die RGN se genealogiese afdeling is geprivatiseer, en het geskuif
Stellenbosch toe. As alternatief kan jy die Genealogiese Vereniging kontak -
hulle webadres is by Die Knoop beskikbaar.
Groete
Henri Burger, Tzaneen. RSA
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Kan iemand vir my sê of daar winkels is wat produkte onder 'n sekere bedrag
verkoop, byvoorbeeld 1$, 1 Pond, ens. Web adresse ook indien moontlik,
asseblief.
Groete
Kobus
Aan Sandra,
Ek hoop met my hele hart dat alles goed sal gaan met jou gedurende jou
behandeling.
Jy is vir altyd in my gedagtes en in my hart.
Baie liefde.
Vir altyd
Aan die ouens wat tevergeefs gaan soek het vir 'n nuwe storie, bied ek my
verskoning aan.
Tzaneen het skou gehou, die Brandewynstigting het 'n proe aangebied, en dit
was langnaweek en ek moes die kinders uit die stad se gewoel kry, en so aan.
Maar as jy wil weet hoe dankbaar 'n mens moet wees, sal Hansman jou vertel
by:
Daar is geen land so ver of woes geleë,
geen strand, o Heer, of wilde waterweë,
geen hemelsfeer in die oneindigheid -
of orals blink u Naam en majesteit.
U het, o Heer, wat troon oor alle dinge,
uit kindertaal en stem van suigelinge
u mag gegrond, sodat die mens moet swyg
wat, hoog van hart, uit wraakbegeerte dreig.
As ek, o Heer, u nagtelike hemel
daarbo aanskou, die tint- en glansgewemel;
hoe, deur U toeberei, die skugter maan
met stille gang oor sterrevelde gaan -
wat is die mens dan dat U hom gedenk het,
die mensekind wat U so ryk beskenk het!
Met eer en heerlikheid is hy gekroon,
skaars minder as die eng'le om u troon.
U laat hom heers. Tot aan die verste strande
gebied hy oor die werke van u hande.
U het, o Heer, dit onder hom gestel,
dit hoor sy stem en beef voor sy bevel.
Die os en skaap en wat in wildheid lewe,
die voëls wat deur hoë lugte swewe,
al wat deurkruis die paaie van die see -
tesaam het U dit in sy mag gegee.
Ja, daar's geen land so ver of woes geleë,
geen strand, o Heer, of wilde waterweë,
geen hemelsfeer in die oneindigheid -
of orals blink u Naam en majesteit.
Die inbellers op Niekie v/d Berg se Sê Wie is 'n goeie spieelbeeld van die
bekkige Afrikaner.
Weet alles, sê alles en maak dikwels 'n gat van hom/haar self.
Hoe lyk dit vir my baie van die bydraes hier is op dieselfde lees
geskoei....... met 'n happie akademiese hooghartigheid daarby.
Sommige ouens dink die hele ding behoort net aan hulle, omdat hulle verbose
twak alles oordonder weens die veeltalligheid daarvan.
Vanmiddag, sien ek, het die ou ding met haarself sit en praat - sommer
so drie persoonlikhede gelyk uitgepak en al drie yl ewe nikseggende
rubbish.
Ek het 'n vraag aan die slimmes op die NG: Is die maan van oral in
die wereld in dieselfde fase? Op die oomblik het ons volmaan - ek
vermoed die ooste van Kanada ook, en vandaar die nonsies wat sy
kwytraak. Die term verbal diahree was selde nog so van pas.
Maar ek is ernstig oor die fases van die maan - ek wil graag weet.
Al gehoor van die storie van die rigting waarin die water draai as dit
uit die bad loop? Wel, hulle sê mos in die noordelik halfrond draai
dit anders as in die suidelike halfrond. Toe ons nou Amerika toe kom,
het ek vir interesantheid daarna op te let.
Maar ek het in SA al probleme gehad omdat dit nooit konstank in een
rigting gedraai het nie. Dit het net afgehang van hoe jy opgestaan
het of wat ook al. So daardie is ook 'n ouvrou storie wat 'n klompie
jare baie gewild was in programme soos "Test the team".
Hier in Amerika is dit heelwat moeiliker om die teorie te toets - die
baddens is so klein dat jy 99% van die tyd stort. As ek in die een
bad in ons kinders se badkamer sit, kan ek nie eers my bene reguit
maak nie. Ons slaapkamer is die "hoofslaapkamer" en sy badkamer het
net 'n stort in. Bad is nie sterk hier in die VSA nie!
Wat de donder het hierdie versoek, booskap te doen met Afrikaans....
Hou nou op met jou selfsugtige en geldgierige opportunisme.....
Soek ander plek geld..........
Elroy Paulus
Dawn Weyers wrote in article
...
> Would you like to be financially independent?
>
> Financial independence means you do not have to worry whether you will
> have enough money to meet tomorrow's bills.
>
> If you want financial independence you have to work for it. However
> for most of us working 8 - 5 all our lives will not get us there.
>
> I can offer an income earning opportunity that with proper effort on
> your part will provide you with a viable and exciting alternative.
>
> E-mail me at white...@bigfoot.com to arrange an appointment to
> discuss this proposal.
>
> Financial independence is not possible when you do nothing!
>
Zouden corioliskrachten ook verklaren waarom wedstrijden op een baan altijd
linksom worden gelopen/gereden/geschaatst? Zelfs paarden- en hondenrennen
gaan linksom!
Als Europa op het zuidelijk halfrond had gelegen, zouden we dan rechtsom
zijn gegaan?
Groeten,
Arthur
ps. sorry dat deze plasing niet op de oorspronkelijke draad aansluit, maar
mijn server geeft al dagen bijna geen berichten door, dus ik moet via
giganews de berichtenstroom volgen (en via hun kun je geen plasinge
plaatsen; dat kan ik alleen via mijn eigen server).
Thorsten Müller heeft geschreven...
> Johan N Potgieter wrote:
>>
>> Vanmiddag, sien ek, het die ou ding met haarself sit en praat - sommer
>> so drie persoonlikhede gelyk uitgepak en al drie yl ewe nikseggende
>> rubbish.
>>
>> Ek het 'n vraag aan die slimmes op die NG: Is die maan van oral in
>> die wereld in dieselfde fase? Op die oomblik het ons volmaan
>
> In Duitsland het ons ook volmaan.
>
>> Al gehoor van die storie van die rigting waarin die water draai as dit
>> uit die bad loop? Wel, hulle sê mos in die noordelik halfrond draai
>> dit anders as in die suidelike halfrond.
>
> Die rede daarvoor is die "Coriolis"-krag. Die hoog- en diepdrukgebiede (ek
> hoop dit is die korrekte Afrikaanse betekenis vir die dinge wat mens op 'n
> weerkaart kan sien) draai ook in verskillende rigtings op die noordelike en
> die suidelike halfrond. Weens die aard se draaibeweging word enige
> stofdoeltjie wat beweeg word in 'n sekere rigting afgelei. As jy die aard
> langs die ekwator sou deursny en die suidelike halfrond onderstebo neffens die
> noordelike halfrond sou lê, dan draai die suidelike halfrond anders as die
> noorde. Daarom werk die Coriolis-krag in die noorde en in die suide in
> verskillende rigtings.
>
>> Maar ek het in SA al probleme gehad omdat dit nooit konstank in een
>> rigting gedraai het nie. Dit het net afgehang van hoe jy opgestaan
>
> Natuurlik is die draairigting ook afhanklik van andere dinge. Enige krag wat
> jy aanwend kan die rigting beinvloed, indien die Coriolis-krag die sterkste
> krag is, dan werk die eksperiment. Nadat die water al begin het draai, dan is
> die Coriolis-krag te swak om die draairigting weer om te keer indien die
> rigting verkeerd was.
>
> Ek hoop dit was verstandelik - my Afrikaans mag nie goed genoeg wees om
> wetenskaplike berigte te skryf nie. Ek sal dit met graagte in Engels verklaar
> indien dit nodig is.
>
> Groete,
>
> Thorsten
>