Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Gedig uit "Die Nomadiese Oomblik" deur CHARL-PIERRE NAUDE

Sa., 15 Augustus 1998 00:00

Gedig uit "Die Nomadiese Oomblik"
Charl-Pierre Naude

Pyn is nie nodig of onnodig nie
maar mooi en hoef dus nie te bestaan nie.
Die tande is self 'n blom wat in die skaam
of teer oomblik bloei, skitterend uit die dode

opstaan en pryk soos alle blomme. Pyn, O Heer
is heer-lik, vandaar ook U Bestaan. U Hande
se ongelyke skaal. Pyn styg uit rotswande
van die gees soos 'n dampkring wat die weer

bepaal - kunsstorm wat die kloutjie perlemoer
van angs loswikkel, die sirokko van geloof
en liefde uit hul gate jaag - , styg bo die vloer
van die Miks en syg dan neer om weer op die stoof

van die aarde te verdamp. Die bot, steurende
halfbegrip van Pyn : skoonheid detonerende!

Prosa & poësie | 0 kommentare

@igs.net-jy is klaar

Vr., 14 Augustus 1998 00:00

Ek moet erken - ek is nie baie intelegent nie (soos jy van my taalgebruik
en spelling kan aflei)
Maar ek smaak om jou te sien wegkruip . . .

Jy het nog nie my vrae beantwoord nie????

Nou maar, aan almal wat belang stel, click hier, en ontmoet die regter
"Gloudina":

http://www.mbnet.mb.ca/~harms/

En as enige van jule direkte kontak met "Gloudina" wil he, hier is sy/haar
e-mail address:

ha...@mbnet.mb.ca

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Simpatie (was: SENSUS)

Vr., 14 Augustus 1998 00:00

Stefan Harms verklaar...

> Stefan Harms bly in Winnipeg, die Kanadese Bloemfontein, so te sê.

Ai, Stefan, ek kry julle ouens in die winter jammer.

Wanneer dit hier in Edmonton koud word, dan kyk ons maar
na die weerkanaal se toestande in Winnipeg, and dan is ons
dankbaar dat ons nie daar is nie.

Die taaiste mens moet seker 'n bedelaar op die hoek van
Portage en Main in Januarie wees.

Hjalmar
________

Koeitjies & kalfies | 11 kommentare

Die Yahoo in Ierland

Vr., 14 Augustus 1998 00:00

"Doos" writes: >

Tannies

>
> Sal julle nou asb. een ding in julle skedel inkry:
>
> JULLE IS MOEG!!!


Paul, ons lag lekker as ons jou so rasend
kan maak. Ons merk egter ook op dat jou
Afrikaans beter en beter word hoe langer
jy vir ons uitskel. Ons tannies bereik dus
ons doel: om mense Afrikaans te laat skryf
(veral as hulle in die buiteland is) en om
hulle te maan om die taal nie te verkrag deur
dit teveel met Engels te meng nie.
Nou wil ons vir jou nog net een ding sê,
As jy werklik van Ierland af skryf, sit jy
in die land waar daardie groot skrywer Jonathan
Swift gewoon het. In Gulliver's Travels vertel
hy van die Yahoos en die Houhinmms (ek dink ek
spel dit verkeerd hier.) Die Houhinmms is edele
perde met 'n baie gevorderde kultuur. Die Yahoos
is menslike gedrogte wat soos bobbejane optree
maar ook in ekskrement rondploeter. Nou wil ons
net vir jou sê: jy is 'n Yahoo. En tant Hessie
se witperd is een van daardie edele perde.

Ou tante Koba (sy's maar dom)
Ou tant Totie (bietjie agteraf)
Tant Mina (kook stroop)
Tant Alie (sy kom om die draai)
Tant Hessie (sy het 'n edele wit perd)

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

'n Afrikaanse Houyhnhnm

Vr., 14 Augustus 1998 00:00

TANT HESSIE SE WITPERD

Kyk hoe ry Tant Hessie se witperd,
Hessie se witperd, Hessie se witperd,
Kyk hoe ry Tant Hessie se witperd,
Hessie se witperd bo!
Julle maak verniet tant Hessie se witperd sleg;
tant Hessie se witperd maak die hele wêreld reg.
O kyk hoe ry tant Hessie se witperd, Hessie se witperd,
Hessie se witperd.
Kyk hoe ry tant Hessie se witperd, Hessie se witperd bo!

Tradisionele Suid-Afrikaanse volkswysie
verwerk deur M. Casaleggio
Uit die FAK - Volkssangbundel

Translation for Reka, my friend in Hungary, who is
trying to learn Afrikaans.

Kyk : Look, observe
ry: ride, move along
witperd: a white horse
bo! : above, at the top, an exclamation of approval
like the English �tops!�
slegmaak: slander, disapprove
verniet: in vain, for nothing
regmaak: to set right, to correct.

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Re: 'n Afrikaanse Houyhnhnm

Vr., 14 Augustus 1998 00:00

wat de vock beteken:
"..to set right.." (correct)
goeie god-jy is DIE mees deur die kakste persoon wat ek al OOIT gelees
het!!!

@igs.net wrote in article ...
>
>
> TANT HESSIE SE WITPERD
>
> Kyk hoe ry Tant Hessie se witperd,
> Hessie se witperd, Hessie se witperd,
> Kyk hoe ry Tant Hessie se witperd,
> Hessie se witperd bo!
> Julle maak verniet tant Hessie se witperd sleg;
> tant Hessie se witperd maak die hele wêreld reg.
> O kyk hoe ry tant Hessie se witperd, Hessie se witperd,
> Hessie se witperd.
> Kyk hoe ry tant Hessie se witperd, Hessie se witperd bo!
>
> Tradisionele Suid-Afrikaanse volkswysie
> verwerk deur M. Casaleggio
> Uit die FAK - Volkssangbundel
>
> Translation for Reka, my friend in Hungary, who is
> trying to learn Afrikaans.
>
> Kyk : Look, observe
> ry: ride, move along
> witperd: a white horse
> bo! : above, at the top, an exclamation of approval
> like the English �tops!�
> slegmaak: slander, disapprove
> verniet: in vain, for nothing
> regmaak: to set right, to correct.
>

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Ons heremeesters

Vr., 14 Augustus 1998 00:00

Uittreksels uit twee berigte in eBeeld - sien http://www.ebeeld.com/

******************
The African National Congress' response to Justice William de Villiers'
judgment in the South African Rugby Football Union (Sarfu) case was a clear
attempt to deflect attention away from the damaging criticisms made by the
judge, the Democratic Party said on Thursday.

Questioning Judge De Villiers' integrity and suggesting there was a
political motive behind his decision was a despicable tactic, DP justice
spokesman Douglas Gibson said in a statement.

The DP would call for a parliamentary debate on the matter.

De Villiers released a 1158-page document on Wednesday explaining the
reasons for his ruling in favour of Sarfu - in April this year - when he set
aside President Nelson Mandela's appointment of a commission of inquiry into
Sarfu's management of rugby.

Gibson said De Villiers' had found in his judgment that: - the credibility
of Mandela's evidence was subject to serious doubt; - he had attempted to
intimidate the cross-examiner; - he had "addressed unbridled insults at the
cross-examiner"; and, - part of his evidence was "so far-fetched and
inconceivable that it can have no credibility".

"Given these criticisms, we cannot - and should not attempt to - escape a
critical debate on the president's honesty and conduct on the witness
stand," Gibson said.
A constitutional democracy which set its president above the law was
courting disaster.

****************************
De Villiers het vandeesweek sy redes in 'n lywige dokument van 1'159 bladsye
bekend gemaak.

Hy het pres. Nelson Mandela se geloofwaardigheid as getuie in die hof
bevraagteken.
De Villiers het voorts gesê die president was ''redekawelend'' en het
''volstrek geweier'' om sekere vrae te beantwoord.

**************************

Aldus eBeeld.

Nou wonder ek. As die president, 'n lid van sy kabinet en 'n amptenaar in
die ope hof sou lieg oor 'n simpel speletjie - hoeveel waarde is daar in hul
protestasies en getuienis oor ander sake? Hoeveel waarde heg hulle aan die
grondwet wat hulle veronderstel is om te beskerm en onderhou?

Het ons enigsins dan nou 'n beter bedeling as tevore?

Groete, Leendert

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

kernreaktors

Vr., 14 Augustus 1998 00:00

Ek hoor die groot hoepla oor die beplande kernreaktors in die Kaap.
Ek weet dat die bestaande Koeberg kernreaktor gedurig allerhande
probleme het en boonop nie 'n finansiële sukses is nie. Ek stel baie
belang in die moontlike nuwe reaktors. Kan iemand wat meer hiervan
weet my dalk meer inligting gee?

Billy.

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

Boikot

Vr., 14 Augustus 1998 00:00

As julle ous nou almal kan wys ons mense kan vir eenkeer saamwerk en
saamstaan, dan stel ek voor ons boikot eenvoudig hierdie d..s wat
homself ook bokknaters noem.

Hy gaan darem net te ver met sy taalgebruik. Die ou bliksem is darem
nie smaakvol nie.

Johan
Vat my kop toe en dra self die gevolge ....!

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Re: Boikot

Vr., 14 Augustus 1998 00:00

Johan, ek stem saam. Maar. Dis dieselfde as om te vra dat iemand van die
NG afgegooi moet word omdat ons nie bv. saamstem met hulle opinies nie. Al
wat ons effektief kan doen is om 'n filter op te sit, of hom/haar te
ignoreer en nie antwoorde terug te pos nie. Laaste opsie doen gewoonlik die
ding.

Hier's 'n idee : as ou Bok-dinges jou verkeerd begin opvryf, stuur vir my 'n
e-mail en gaan gal af daarin. Dan voel ek en jy albei beter.

Groete,
Sanet

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Bladsye (1834): [ «    1349  1350  1351  1352  1353  1354  1355  1356  1357  1358  1359  1360  1361  1362  1363  1364    »]
Tyd nou: Do. Jan. 29 12:08:20 UTC 2026