Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

"Dis Al" deur JAN F.E. CILLIERS

Tue, 22 September 1998 00:00

DIS AL
Jan F.E. Celliers

Dis die blond,
dis die blou:
dis die veld,
dis die lug;
en 'n voël draai bowe in eensame vlug -
dis al.

Dis 'n balling gekom
oor die oseaan,
dis 'n graf in die gras,
dis 'n vallende traan -
dis al.

Prosa & poësie | 0 kommentare

EK IS GATVOL!!!

Tue, 22 September 1998 00:00

Ek is nou al so hartlik gatvol vir al die vuilgathede en vieslikhede
gepaardgaande met Clinton en Monica. Al die gemors op TV en media.
Dit gaan net aan en aan en aan. WAT TE ERG IS IS TE ERG !!!

Selfs sogenaamde repektabele koerante in AUS het spotprente van sigare
ens.
Ek is toevallig in 'n hotel met CNN. En dit is om van te kots.
Die sensasie is net soveel die skuld van die Amerikaanse Media as die
Amerikaners se beheptheid met hulself en sensasie op TV.
En omdat die Amerikaners die wereld met hul video en film oordonder,
moet al die stront in die res van die wereld se keel afgedruk word.
Mens sou dink die media het 'n les geleer met Ladi Di se dood...

Selfs die vlak van die debat is 'n skande: Dit gaan maar net oor
goedkoop politiekery en dieper kwessies word op die agtergrond geskuif.

Wat is volgende ? 'n gesimuleerde seksfilm vir die jurie waar die twee
pokkenaat in
die "wit" huis ? As hulle simulasiefilms oor vliegrampe het, waarom nie
?
Waarom stop ? Hoekom nie Clinton en Monica se onderdele en agterente wys
nie ?
Wat van 'n seksfilm vir jong kinders om hul te verduidelik om orale
seks te beoefen in gange en kantore ?
Dis geen wonder dat ander lande (ooste) met minagting verwys na Amerika
se
materialisme en gebrek aan integriteit nie.
Kan al die emmigrante wat uit SA gevlug het om te gaan ryk word in
Amerika
en gedurig vir ons vertel hoe wonderlik dit daar is, asseblief vir ons
verduidelik hoe julle die gebrek aan waardes verdedig?
(en moet nou nie vir my kom vertel hoe sleg ander plekke is nie,
dis 'n patetiese argument, dit maak julle nie goed nie)
As ek 'n Amerikaner op toer was, sou ek my kop in die grond in steek van

skaamte.

Clinton en Monica se sondes is nietig in vergelyking met die Amerikaners
se
beheptheid met sensasionele walglikhede op TV.
Clinton was klaar in die kerk om sy sondes te bely,
as iemand dringend by 'n kerk moet uitkom is dit nou die Amerikaanse
volk.

Die beste van alles is omtrent 100 miljoen doller wat aan al die gemors
(regsaak?) spandeer is. Dit is 'n vergryp, terwyl kinders vrek van die
honger.
Geregtigheid daar is 'n grap, dit gaan net oor hoeveel geld jy het.

Of wat seg ek alles?
Vriendelike groete!
|
| ___/////
| / \ /|
| / O \ \/ |
J > / /\ |
\_________/ \|
\\\

Koeitjies & kalfies | 11 kommentare

Re: EK IS GATVOL!!!

Tue, 22 September 1998 00:00

Kalmeer, galjoen

...
> Ek is nou al so hartlik gatvol vir al die vuilgathede en vieslikhede
> gepaardgaande met Clinton en Monica. Al die gemors op TV en media.
> Dit gaan net aan en aan en aan. WAT TE ERG IS IS TE ERG !!!
>
> Selfs sogenaamde repektabele koerante in AUS het spotprente van sigare
> ens.
> Ek is toevallig in 'n hotel met CNN. En dit is om van te kots.
> Die sensasie is net soveel die skuld van die Amerikaanse Media as die
> Amerikaners se beheptheid met hulself en sensasie op TV.
> En omdat die Amerikaners die wereld met hul video en film oordonder,
> moet al die stront in die res van die wereld se keel afgedruk word.
> Mens sou dink die media het 'n les geleer met Ladi Di se dood...

Daar is 'n baie eenvoudige redes vir die grootheid van die mediadekking van
die storie. Bill Clinton is (was?) die belangrikste man op aarde. Stry maar.
En hy is ook die president van die Amerika, wat die wereld se grootste
medianetwerke 'besit'. So natuurlik gaan alles wat met hom gebeur, gesien
word. Ek is seker dit was op Oz TV toe hy vir buddy gekry het...

>
> Selfs die vlak van die debat is 'n skande: Dit gaan maar net oor
> goedkoop politiekery en dieper kwessies word op die agtergrond geskuif.
>

Dit IS 'n groot issue, groter as wat meeste Amerikaners wil glo. Dit is nie
meer net 'goedkoop ploitiekery' nie, al was dit die begin. Dit gaan daaroor
dat hy die publiek in die oog gekyk het, en met alle eerlikheid vir hulle
gelieg het.

> Wat is volgende ? 'n gesimuleerde seksfilm vir die jurie waar die twee
> pokkenaat in
> die "wit" huis ? As hulle simulasiefilms oor vliegrampe het, waarom nie
> ?
> Waarom stop ? Hoekom nie Clinton en Monica se onderdele en agterente wys
> nie ?
> Wat van 'n seksfilm vir jong kinders om hul te verduidelik om orale
> seks te beoefen in gange en kantore ?

Jy is lekker getik, hê? Gaan Paul Hogan ou Bill se rol kry? Met Olivia
Newton John as Hillary.
Jy klink soos my Ouma, btw.

> Dis geen wonder dat ander lande (ooste) met minagting verwys na Amerika
> se
> materialisme en gebrek aan integriteit nie.

Dis 'n ander debat daai, maar soos my ma sou se: "Jy's net jaloers, man!"

> Kan al die emmigrante wat uit SA gevlug het om te gaan ryk word in
> Amerika
> en gedurig vir ons vertel hoe wonderlik dit daar is, asseblief vir ons
> verduidelik hoe julle die gebrek aan waardes verdedig?
> (en moet nou nie vir my kom vertel hoe sleg ander plekke is nie,
> dis 'n patetiese argument, dit maak julle nie goed nie)

Fok jou as so wil veralgemeen en dink ons almal gaan dit verdedig.
So jy kan se die land is kak, maar ek kannie dieselfde se van 'n ander plek
nie? Maar dit het niks hiermee uit te waai nie.

Wat snaaks is, is dat ek nog een Amerikaner moet ontmoet wat dink die man
het iets verkeerd gedoen! Die mense hier dink amper almal in jou lyn! Sy
'job approval rating' staan op 66%. So, 66% dink die land is nog heel
orraait. En 66% sal jou net van die goeie in die land vertel en die "gebrek
aan waardes verdedig".

> As ek 'n Amerikaner op toer was, sou ek my kop in die grond in steek van
>
> skaamte.
>

En wat van die Amerikaners in Amerika? Wat van die Amerikaners op toer in
Amerika?

> Clinton en Monica se sondes is nietig in vergelyking met die Amerikaners
> se
> beheptheid met sensasionele walglikhede op TV.
> Clinton was klaar in die kerk om sy sondes te bely,
> as iemand dringend by 'n kerk moet uitkom is dit nou die Amerikaanse
> volk.
>

Jy sit die pot weereens ietwat mis. Dis nie die volk wat hiervoor vra nie,
dis hoe dinge gebeur. En ons woon in die information age. So alle inligting
wat openbaar raak, sal ons sien. Danksy CNN, die internet en die res. Jy kan
maar skop en skree, jy gaan nog baie daarvan sien.
As mens enige waarde aan 'polls' kan heg, wou die meerderheid van amerika al
lank terug niks meer sien nie. Die storie sal nou sy loop loop

> Die beste van alles is omtrent 100 miljoen doller wat aan al die gemors
> (regsaak?) spandeer is. Dit is 'n vergryp, terwyl kinders vrek van die
> honger.
> Geregtigheid daar is 'n grap, dit gaan net oor hoeveel geld jy het.
>

Sover kos die storie (insluitende die ander 4 groot sake teen Clinton van
die afgelope 5 jaar) $40 miljoen. Dis $40 milj oor vyf jaar. Vir amerika is
dit nie eens 'n lemoenpit op Citrusdal nie. New York spandeer meers as dit
'n jaar op parkeermeters.

> Of wat seg ek alles?

Jong ja, ek sê, want ek is hier.

> Vriendelike groete!

Selle van diekant

diaan

> |
> | ___/////
> | / \ /|
> | / O \ \/ |
>> / /\ |
> \_________/ \|
> \\\
>
>
Daai hoek voor die arme vis se bek het my nog altyd gepla!

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Watergat!

Tue, 22 September 1998 00:00

Enige iemand wat lus het om by 'n regte watergat te sit en wag om te sien
hoe die diere kom drink, kan gerus gaan inloer by:

http://africam.mweb.co.za

Kameras is by 2 punte opgestel in die Djuma Wildreservaat (deel van
Sabie-Sand), en die beelde word elke 30 sekondes op datum gebring.

Groete

--
Henri Burger, Tzaneen. RSA
(e-mail: remove 'sukikaki.')

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

God se bedoeling ?

Tue, 22 September 1998 00:00

Lees mens in die bybel (as ek reg kan onthou Roemeine 8), sê dit dat die
mens die regering wat oor hom aangestel is moet aanvaar, aangesien geen
regering daar gestel word sonder God se goedkeuring nie.

Wat dit meer interesant maak is die feit dat God baie kere ander nasies oor
die Isrealiete laat heers het as straf. Om van hulle onderdrukkers ontslae
te raak moes die Isrealiete dan hulle sondes bely, en die saak met God
regmaak.

Is dit nie wat met Suid Afrika gebeur nie. Die land onder die NP regering
was beter daaraan af as nou, maar alles behalwe maanskyn en rose.

Hier volg my persoonlike opinie:

Ek glo dat dit wat in Openbaringe voorspel word, vinnig besig is om te
realiseer. Die
anti-Chris is amper klaar met sy struktuur wat hy in plek wil hê voordat hy
homself bekend sal maak. Hou maar die persoon fyn dop wat Rusland by ou
Borris gaan oorneem.

'n "One world monye system" is binne die volgende 5 jaar 'n moontlikheid.
Die tegnologie is al reeds met ons. En sekere lande veral afrika lande
steun so stelsel baie sterk aangesien hulle baie voordeel sal trek daaruit.
Die erkening of eerder die verdraagsaamheid van sekere goed soos
pornografie, homoseksualiteit, ens regoor die wêreld, dui daarop dat die
Satan dit reg gekry het om mense onder die dekmantel van "die reg op vrye
keuse" te mislei.

Hoe pas Suid Afrika dan in die groter prentjie. ?

Suid-Afrika word tans beheer deur 'n party wat jare lange bande met die
kommuniste het. En dit was verbasend maklik om hulle aan bewind te bring
ook. Aangesien die wêreld gebuk gaan onder die nuwe idees en riglyne van
die sogenaamde New age movement "liberale denke" is daar geweldig baie druk
op die ou regering uit geoefen. Vir die swarte is daar hemel op aarde
belowe as hulle vir die ANC stem, en wees nou maar eerlik as jy 'n swarte
was sou jy sekerlik dieselfde gedoen het.

Probleem is dat die swartes net luister en glo dit waarvan hulle
hou.......huise, gratis medies, werk, ens ens. So belowe dit vir hulle in
die verkiesing en 123 jy is die nuwe regeerder van SA.

Die volgende stap is om die mense wat die groter prentjie raaksien stil te
maak en stil te hou, sodat hulle nie te hard skree en die ander ook inlig
nie. Dit is net so maklik, beskuldig die persoon van rassisme die oomblik
wat hy sy mond oopmaak. En wys na hom as 'n persoon wat net in die pad van
vooruitgang staan. Slaan hulle lekker hard met belasting, rentekoerse, laat
die persoon mooi verstaan hoe maklik dit vir hom is om sy werk te verloor
en siedaar, baie persone blyk doof stom te wees.

Almal wat in God glo, of jy nou wit of swart is. Jou vryheid ten opsigte
van ALLES is daarmee heen as jy onder 'n kommunistiese stelsel lewe. Dit
sluit jou geloof ook in.

En ek sal enige persoon/instansie wat direk of indirek mense se "menswees"
so verander dat hulle vatbaar is vir veranderinge wat sal meebring dat
Satan sy sin kry ten sterkste afkeur.

** Bogenoemde opinie is UITERS verkort, daar is geen rede om dit alles te
probeer stel hier nie, aangesien 'n hele paar mense hier al klaar in die
liberale net gevang is en glo dit is die plek om te wees. **

Groete

Riaan

Geloof & kerksake | 4 kommentare

Mandela word Companion of the Order of Canada

Mon, 21 September 1998 00:00

Uit die "Globe and Mail," Saterdag September 19. 1998.

MANDELA TO BE HONOURED
WITH ORDER OF CANADA

South African President Nelson Mandela will become
the first foreign leader appointed to the Order of Canada.
He will receive the badge of an honorary companion
of the Order of Canada, the highest level of the award,
during a state visit.
Mr. Mandela, 80, is to arrive in Ottawa on Wednesday.
His official program begins on Thursday with an address
to Parliament, followed by meetings with Prime Minister
Jean Chrétien and a state dinner hosted by Governor-
General Romeo LeBlanc.
In a special ceremony at Rideau Hall, where he will stay
as a head of state, Mr. Mandela will be invested into the
order by Mr. LeBlanc, who will present the South African
leader with the order's badge, a stylized snowflake with six
points.
Only three times in the past has the order been bestowed
upon expatriates or non-Canadians.
Those recipients - who were all appointed honorary
officers - were Canadian born economist John Kenneth
Galbraith, Swiss-born conductor (of the Montreal Symphony
Orchestra) Charles Dutoit, and Canadian-born inventor
James Hillier.

Mandela is dus die enigste van die vier wat "Companion"
van die Order of Canada word. Om 'n Companion of the
Order of Canada te wees, is 'n baie groot eer, selfs vir
Kanadese.

As ons vir Mandela wil sien, sal ons maar moet gaan kyk
hoe hy een of ander monument voor die Parlement open.
Ons is nie so gelukkig soos ons oudste seun nie , wat 'n uit-
nodiging het om sy toespraak in die Parlement by te woon
deur in die persgalery te sit.

Gloudina Bouwer

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

" 'n Lied vir Gavin" deur CHARL DURAND

Mon, 21 September 1998 00:00

Reënerige oggend in Pennington
'n lied vir gavin

Indigo Girls in Gavin se sitkamer
koffie op die veranda
voor die reën

druppels wat die see dof vee

deel ons met mekaar die spoke in ons koppe
wonder oor die eindelose suidkusweer
ek vertel hom van Gauteng
terwyl sy luister
as sy praat klink sy opgewonde

Gavin sê dis sy drome
wat waar word

ek het jou so lanklaas gesien
tot die golwe dof grys
jy lyk so legendaries
soos my broer in 'n movie
apostel wat met sy gees worstel

maar Gavin sê dis sy drome
wat waar word

as ons hier bly sit vir 'n ewigheid
sal die reen ophou? sal god neerkyk?
sien dat ons mekaar oppas
soos glaskinders,
waardeur 'n lig skyn, so anders

gavin, karin sê
sy wil nog koffie hê.

Prosa & poësie | 0 kommentare

'n Ingelsman se mening oor mandela se bedmaatjie

Mon, 21 September 1998 00:00

Motion in poetry
DP whip in the NCOP responded to a rhyming motion by an ANC member which
criticised the DP. He gave the following reply:

I am the very model of a counter-revolutionary
liberal professional and ultra-right reactionary;
My caucus plots in dead of night with figures dark and sinister
The rigging of a scandal or the downfall of a Minister.

We boycott talks by bearded fools and aging revolutionaries
whose failed ideas have proved to be quite counter-evolutionary.
While Cubans take to inner tubes to cross shark-filled oceans
The ANC indulges in absurd Comrade Fidel devotions.

And all the while South Africans grow poorer and afraid;
The Rand is falling every day and debts can�t be repaid.
Crime, corruption, joblessness and nepotism reign,
but we all know its apartheid and the opposition that�s to blame.

I am the very model of a counter-revolutionary
liberal, intelligent, I don't react emotionally;
I analyse and offer help and therefore must be racist
for I always tell the ANC: don't run from truth but face it.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Nuwe SA paspoort

Mon, 21 September 1998 00:00

Hallo daar almal,

Kan iemand my dalk vertel hoe ek 'n nuwe Suid-Afrikaanse paspoort kan kry?
Ek sit hier in die VSA, en my ou paspoort raak volgende jaar ongeldig. Sal
ek dalk by die SA konsulaat in New York 'n nuwe een kan kry?

Dankie,

Theo

Emigrasie & buiteland | 4 kommentare

PC Afr. persoon v.d. jaar.

Mon, 21 September 1998 00:00

Ter geleentheid skryf Kobus:

Kobus Pietersen wrote:
>
> Mense soos Thörsten, Darren, Henry (HWM) en ander soos Hilda en Servaas,
> Arthur en Roelf dwing groot bewondering by my af, aangesien hulle die moeite
> doen om in 'n taal te kommunikeer wat my na aan die hart lê. Om 'n Duitser
> en Amerikaner in gesprek te sien tree deur middel van Afrikaans laat mens
> doodeenvoudig goed voel.

Waarop Thorsten die volgende antwoord:

Ag wat, ek is net lief vir die taal. Dit is geen moeite vir my nie, ek is bly
dat
daar ander mense is wat saam met my in Afrikaans wil gesels. En dan is dit ook
nie so moeilik vir 'n Duitser om Afrikaans te leer.

Maar in elkgeval dankie vir jou vriendelike woorde,

Groete,

Thorsten

> Steve Du Plessis wrote:
>>
>> Ek moet met Kobus saam stem, dit is 'n riem onder die hart om andertaliges
>> te sien komunikeer in Afrikaans. Ons ou moedertaal is beslis nie die
>> maklikste taal om te leer nie. Ek lig my hoed vir julle.
^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^
Waarop Thorsten weer antwoord:

> Vir 'n Duitser of Nederlander is dit maar seker makliker as bv. vir iemand wie
> se huistaal Engels is. Ek kan bv. baie woorde verstaan wat ek nooit voorheen
> gesien het nie, omdat die wortels van daardie woorde dieselfde is as in Duits.
> Ek stem maar saam dat Afrikaans beslis moeiliker is as baie mense wil glo. Net ^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^
> alleen die groot aantal woorde wat mens moet leer en die feit dat Afrikaans
> meer woordespele gebruik as enige taal wat ek tot dusver raakgeloop het is 'n
> groot aansporing.

En hier sit ek met 'n helse breë glimlag. Thorsten, Afrikaans is eenvoudig
en maklik. Die dinge waarna jy verwys behels die effens meer argaïese
aspekte van die taal en ek bewonder die elegante manier waarop jy
probeer om nie beledigend te wees nie (en dit regkry sonder om skynheilig
te wees). Die langdurige en nimmer-eindigende afbreek en afkraak van die
tradisioneel Duitse karakter en natuurlik die Nazi jagtery laat julle seker
nogal polities korrek. Ek het al soms effens bly gevoel dat die groot,
apartheids-sonde bewusseyn 'n bietjie van julle las help dra (of minstens
die fokus 'n bietjie verskuif).

Toemaar, sommige (en ek hoop die meeste) van ons is nie so kleingeestig as
om ons bestaansreg aan ons taal te koppel, en so toe of pretensieus om
onsself te verbeel dat Afrikaans op dieselfde komplekse vlak as andere is
nie. Sulke swakhede sal juis die taal eindelik vernietig want dan sal
Afrikaans homself binne die wêreld van die sogenaamde funksionele benadering
moet regverdig, wat onmoontlik sal wees binne konteks van die globalistiese
identiteit. Ek assosieer Afrikaans eerder met 'n diepgaande ideologiese
lewens-uitkyk (al is dit besig om uit te sterf) en sal dit as sulks beskou,
en daarvoor veg, solank as wat ek hierdie assosiasie nog kan trek.
(Die ware nagmerrie vir ons Marxistiese en laf-liberaal maatjies).

> Maar in elkgeval dankie vir jou vriendelike woorde,

> As iemand een dag na Wiesbaden toe wil kom, sal ek met graagte 'n glasie saam
> met hom/haar klink... :)

En dankie vir jou vriendelikheid en gasvryheid, jy maak 'n goeie Afrikaner.

> Tot siens,
>
> Thorsten

Totsiens
Etienne Marais

Koeitjies & kalfies | 16 kommentare

Bladsye (1838): [ «    1328  1329  1330  1331  1332  1333  1334  1335  1336  1337  1338  1339  1340  1341  1342  1343    »]
Tyd nou: Wed Jan 15 17:38:59 UTC 2025