Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

DANKIE

So., 24 Januarie 1999 00:00

JESUS.

DANKIE VIR DIE KOMPER, HOOR!
SOOS JY SEKER KAN SIEN, KOM PA NOU AL MOOI REG.
DIT WAS 'N WONDERLIKE KERSGESKENK.

BLEIKBAAR MAG EK NIE MY ADRES NA GOD(AAPSTERT)GOD VERANDER NIE.
DIT HET IETS TE DOEN MET HOE DIT WERK.
NIETEENSTAANDE IS HIERDIE INTERNET DING NET TE FANTASTIES MAN.

WIL JY NIE MORE VIR PA 'N GODMASJIEN PROGRAM INTIK NIE?
DAN KAN EK DIE HEILIGE GEES OUTOMATISEER EN BIETJIE GAAN
VAKANSIE HOU DAAR BY JOU OOM-HULLE.

GROETE MET MY SPROETE
GOD
god@godnet.god

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Suid-Afrikaanse Tieners

So., 24 Januarie 1999 00:00

Suid-Afrikaanse Tieners

Die grootste elektroniese tydskrif vir Suid-Afrikaanse tieners.

Teen Magazine by www.netinfo.co.za

Teen Magazine "The Biggest Online Magazine for Teens!"
Web address at www.netinfo.co.za - e-mail in...@netinfo.co.za

Boeke, tydskrifte & koerante | 0 kommentare

1ste Generasie Biologiese wapens nou beskikbaar

So., 24 Januarie 1999 00:00

Bom hierso.

Jammer ek was bietjie afwesig, maar die skoolmeisies het my besig gehou.

"Jan se Bomkatologus" is amper gereed vir publikasie.

1ste Generasie biologiese wapens is nou ook beskikbaar.
Hulle is Y2K-versoenbaar, meer kompak as tradisionele WederkomsWapens, en
die lekprobleem met NASA se O-seëls is so te sê opgelos (ekstra buisies
Bostik beskikbaar van www.bombybehore.com of jou naaste CNA).

Hier volg solank 'n smaak-prikker:

!KHVMVA!v1.00beta
(Katalogus#663) "Kyk Hoe Vrot My Voete Af"
Van die punte van jou ledemate vrot jou liggaam so stelselmatig weg.
Eindelik bly net jou kop oor, en dan lê jy maar en kyk. Vandaar die naam.
R4,800,000,000. Geen posorders.

!AJLU!v1.00beta
(Katalogus#664) "Asem Jou Longe Uit"
Soos dit sê. Baie snaaks as jy jou proef eers heliumbalonne laat inasem.
R4,200,000,000.

!HUH!v1.00alpha
(Katalogus#665) "Hallusinasies Uit Hades"
Nog steeds in alpha ontwikkelings-fase na onkonklusiewe toetsresultate
uit die Barend Strydomplein-insident. (Die ontwikkelaars vermoed dat daar
regtig "Duisende Swart Siele" om hom was.)
R843,000,000 voetstoots. Geen waarborg.

Kliëntediens vir trotse Bomjaart kernwapen-eienaars sal binnekort gereed
wees op www.bomjaart.com

Nasionale Christen-groete
Jou naaste bomhandelaar
Jan Bom
Direkteur: Jan se Bomjaart (Pty) Ltd.
jan.bom@bomskok.kom

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Re: 1ste Generasie Biologiese wapens nou beskikbaar

So., 24 Januarie 1999 00:00

On 24 Jan 99 09:59:47 GMT, "Jan Bom" wrote:

(Katalogus#663) "Kyk Hoe Vrot My Voete Af"[/color]
> Van die punte van jou ledemate vrot jou liggaam so stelselmatig weg.
> Eindelik bly net jou kop oor, en dan lê jy maar en kyk. Vandaar die naam.
> R4,800,000,000. Geen posorders.>>

Poppis-wapen die.
Ek het laank gelede in een getrap by die muurbal-klub.
Dit kon net die velle tussen my tone af-eet.
Ek het my sokkies gekook en my voete in condy's crystals gebaai en
nommer 663 was afgeweer.

Ek dink jy moet jy maar hou by die wederkoms-wapens. n Wouter Basson
is jy nie.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Seën

So., 24 Januarie 1999 00:00

DIE HEILIGE GEES IS TERUG VAN VAKANSIE.

DIE SEEN SAL VANDAG SOOS VOLG UITGESPREEK WORD:

VANNE WAT MET A - M BEGIN: 11:15
VANNE WAT MET N - Z BEGIN: 11:16
VERSOEKE DEUR GEBED: 11:17
WONDERWERKE: 11:18

WENK VAN DIE DAG:
"BID IS NIE SOOS SLAAP NIE. DIT MAAK GEEN VERSKIL
OF JY MET JOU OGE OOP OF TOE BID NIE."

LET WEL, GEEN BOODSKAPPE OF VERJAARSDAGWENSE NIE.

GROETE TOT VOLGENDE SONDAG.
GOD
god@godnet.god

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Jammer, ek seën julle nou eers.

So., 24 Januarie 1999 00:00

DIE HEILIGE GEES WAS MOEG NA SY LANG REIS, EN MOES EERS BIETJIE GAAN RUS.
DIT IS DAREM SONDAG. .

GEVOLGLIK KAN VANDAG SE SEEN EERS SOOS VOLG UITGESTRAAL WORD:

VANNE WAT MET A - M BEGIN: 21:08
VANNE WAT MET N - Z BEGIN: 21:09
VERSOEKE DEUR GEBED: 21:10
WONDERWERKE: 21:11

JY HOEF NIE IN 'N KERK TE WEES OM DIT TE ONTVANG NIE.
DIT MAAK NIE SAAK WAAR JY IS NIE.

WENK VAN DIE DAG:
"JY MAG NIE JOU BUURMAN SE VROU BEGEER NIE. OF SY DIENSKNEG, OF SY DOGTER,
OF HOMSELF, OF SY HOND NIE."

MISKIEN HET EK DIT NIE DUIDELIK GENOEG GESTEL DIE EERSTE KEER NIE.

GROETE MET MY SPROETE
GOD
god@godnet.god

PS: DIE SPROETE-DING IS NET 'N GRAPPIE. MOET NIKS DAARVAN MAAK NIE.

Geloof & kerksake | 0 kommentare

Sowaar

So., 24 Januarie 1999 00:00

Dis nou vir jou te sê. 'n Nuusgroep so half Afrikaans, kwart Afrikaner en
ietwat kommin kafferagtige humorgekrenktes. Tyd vir speel is verby, want ek
dink Suid-Afrika se situasie vereis ernstige malhuis-bepeinsing. Niks anders
het gewerk nie, want beide die NP-moderator en die tienerdoos met 15 nom de
ploeme is die enigstes wat lewe in hierdie groep sit, aldus swakkerig en
muishond lelik.

Druk hard en smeer vir ons 'n bietjie intelligensia-room and die vuilsiek
hol van hierdie verswaktes. Enigiets is 'n moerse verbetering.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Nkabinde vermoor

Sa., 23 Januarie 1999 00:00

Die leier van die United Democratic Movement in KwaZulu-Natal, Sifiso
Nkabinde, is in 'n sluipmoordaanval dood.
Verskeie skote is vanoggend deur onbekende aanvallers buite 'n winkel in
Richmond in die Natalse Middelland op Nkabinde geskiet.

Daar is met hom na die plaaslike hospitaal gejaag waar hy later aan sy wonde
beswyk het.

Nkabinde was 'n omstrede figuur in die gebied en is oor die jare daarvan
beskuldig dat hy agter verskeie polities gemotiveerde moorde was.

Aldus die verslaggewer
http://iafrica.com/index.htm

en
Mariana Hattingh wrote in message ...
> Vir julle wat belang stel.
> Daar is 'n Afrikaanse diens wat 24-uur op datum gehou word asook iets oor
> die een of die ander by http://www.iafrica.com of
> http://iafrica.com/akrikaans/index.htm
> Ek kan dit aanbeveel.

Jys reg Mariana, dis puik

Koeitjies & kalfies | 20 kommentare

briefie vir oom kaspaas

Sa., 23 Januarie 1999 00:00

hallo oom kaspaas

hierdie is miskien die laaste keer dat ek skryf. my pa sê hier is
anties op die nies groep wat goed skryf wat ons kinders nie mag lees
nie. hy sê hille stier lelike kiekies van hille self ok. dit klink my
dis soos daai van die kannie bale wat mekaar lewendig vreet soos hotnos
gotte wat ek oom laas van virtel het. my pa sê daar oor mag ek nie meer
die nies groep lees nie. hy sê 'n mens weet nie watse onhyl nog gaan
yt broei nie.

ek weet nie wat ek dan na skool gaan maak nie. hie op tsanien weet ons
nie meer hoe die son lyk nie want dit reen te veel. meer as vier honnert
millie meter in desember en vir janne warie al meer as twee honnert. ons
kry nie kans om byte te speel nie. die oorle fanie botha dam sal seker
enige dag begint oor loop.

van al die reens het ons kriepie krollie vir syp toe ons by die see was.
my pa moes die oom van rousies lat kom om asem in die kriepie se pype te
blaas. my pa se bonzaais is nie meer bonzaais van al die reens nie. pety
lyk soos daai groot boom wat my pa vir ons op nysna gaan wys het. dis nou
die wat nie soos die kriepie gevrek het van al die water nie. tjester die
bokser hoef nou nie meer oor die hyning te klim om hulle op te vreet nie
want hille het deer die hyning gegroei. nou help hy my pa om hille weer
bonzaais te kry.

my pa sê ook oorle oom noag moet bly wees lat hy nie op tsanien gebly het
nie want hy sou nooit al daai diere betyds in sy skip gekry het soos wat
dit nou reen nie. dalk sou hy 'n a kwarie jim van sy skip kon maak.

koebaai oom kaspaas, my pa sê oom moet vir daai antie se diens vir skaffer
lat weet wat se kiekies sy stier dan sal hille haar toe maak. hy dink nie
sy is by emweb nie, want dan sou die kiekie nie by oom yt gekom het nie.

hennerietjie

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: Matekwaan / Freddy innie Kaap

Sa., 23 Januarie 1999 00:00

> ...terwyl daar die Here hoor my groot kak in die
> Kaap aan die kom is.

Freddy,

Jy raak nogal baie issues aan in hierdie pos van jou. Voor ek jou 'n paar
vrae vra, en so aan, laat ek eers seker maak jy is for real. Ek wil net
seker maak jy is nie een van hierdie cyber-slamse (nuwe woord?) op hierdie
nuusgroep wat onder 'n lot verskillende name almal staan en verveel of
irriteer nie.

Pos nog so paar dinge - vertel meer van die wrywing tussen die mense in die
Kaap, en se wat jy dink 'n mens kan daaraan doen.

O ja, ek dink nie enige hoeveelheid zol gaan regtig 'n dinge beter maak nie.

Tot later
Bees

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Bladsye (1835): [ «    1272  1273  1274  1275  1276  1277  1278  1279  1280  1281  1282  1283  1284  1285  1286  1287    »]
Tyd nou: So. Des. 21 12:48:58 UTC 2025