Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Re: Langenhoven

Di., 26 Januarie 1999 00:00

"Nadi Howe" writes: > Geagte leser,

>
> Skielik herhinder ek myself aan wat Langenhoven gesê het: "Laat die ou kers
> smelt. Wat was was, word weer was." Of was dit Preller? Maar Preller was
> dan Engels?! (Of was hy/sy?) Weet enigeiemand iets van Alexis Preller af,
> want ek dink hy(?)'t dit gesê.

Vireers sal jy moet besluit
of jou van Gustav Preller of
van Alexis Preller praat. Was
Alexis Preller nie 'n skilder
nie?

Piggy wat is, en wat was wil word.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Wat is "disenfranchisement" in Afrikaans?

Di., 26 Januarie 1999 00:00

Nogal interessant om daaraan te dink: met die eerste demokratiese
verkiesings wat Mandela en die ANC aan bewind geplaas het, is
Suid-Afrikaners oor die hele wêreld die kans gegun om te stem. Ongeag
waarom hulle gewoon het het waar hulle gewoon het. Die eerste stem is
hoeka uitgebring deur 'n dame in Nieu-Seeland, wat voorgegee het sy is
familie van Mandela, en daardeur "beroemd" - later berug - geword het.

Nou word geen enkele Suid-Afrikaanse burger wat nie 'n woonadres in
Suid-Afrika het, ten tyde van die verkiesing in die land is en oor 'n
nuwe ID-boekie met staafkode daarin, toegelaat om te stem nie.

Voorheen moes jy net 'n Suid-Afrikaanse burger ouer as 18 wees en 'n
ID-dokument besit. En selfs met laasgenoemde was daar groot toegewings
ten opsigte van die soort ID-dokument. Die stelsel was so inklusief as
moontlik.

So het ons dan uiteindelik 'n stelsel van gekwalifiseerde stemreg. 'n
Stelsel wat duisende uitsluit. Onthou net: nie almal wat in die
buiteland gaan wees op stemdag is daar omdat hulle wil emigreer nie. Of
omdat hulle hulleself wil verryk nie, of omdat hulle sogenaamd "vlug"
nie. Daar is duisende studente, sakelui, vakansiegangers EN emigrante
van alle rasse in die buiteland.

Buitendien: nie almal wat op hierdie manier van hulle stemreg ontneem
word, sit in die buiteland nie. Hoeveel van hulle is nie in die dierbare
Suid-Afrika nie, maar kon nie die nuwe ID-boek betyds kry nie?

Elkeen van hulle word van hulle stemreg ontneem.

Dan is daar ook die baie wat permanent van hulle stemreg (en alle ander
regte) ontneem is omdat hulle in die nuwe vlaag politieke geweld vermoor
is.

Gegroet uit Pennsylvania.

Henry / Kwarantyn

Koeitjies & kalfies | 43 kommentare

Re: Wat is "disenfranchisement" in Afrikaans?

Di., 26 Januarie 1999 00:00

Goeiemiddag Henry,

Ik begrijp wat u bedoeld, meneer Kwarantyn, maar ik denk niet dat Mnr.
Mandela zich daar druk om maken. Hun bedoeling is symbolisch meen ik. Deze
emigranten worden door hen gezien als ondankbaren, die het niet waard zijn
om deel uit te maken van het nieuwe Zuid-Afrika omdat zij het versmaad
hebben, juist toen de bevrijders aan de macht kwamen.

So it is spite that motivates them, just spite!

Met vriendelijke groet

Robbert
PS Denkt u dat er nog een posting komt met "Raka"

Kwarantyn wrote:

> Nogal interessant om daaraan te dink: met die eerste demokratiese
> verkiesings wat Mandela en die ANC aan bewind geplaas het, is
> Suid-Afrikaners oor die hele wêreld die kans gegun om te stem. Ongeag
> waarom hulle gewoon het het waar hulle gewoon het. Die eerste stem is
> hoeka uitgebring deur 'n dame in Nieu-Seeland, wat voorgegee het sy is
> familie van Mandela, en daardeur "beroemd" - later berug - geword het.
>
> Nou word geen enkele Suid-Afrikaanse burger wat nie 'n woonadres in
> Suid-Afrika het, ten tyde van die verkiesing in die land is en oor 'n
> nuwe ID-boekie met staafkode daarin, toegelaat om te stem nie.
>
> Voorheen moes jy net 'n Suid-Afrikaanse burger ouer as 18 wees en 'n
> ID-dokument besit. En selfs met laasgenoemde was daar groot toegewings
> ten opsigte van die soort ID-dokument. Die stelsel was so inklusief as
> moontlik.
>
> So het ons dan uiteindelik 'n stelsel van gekwalifiseerde stemreg. 'n
> Stelsel wat duisende uitsluit. Onthou net: nie almal wat in die
> buiteland gaan wees op stemdag is daar omdat hulle wil emigreer nie. Of
> omdat hulle hulleself wil verryk nie, of omdat hulle sogenaamd "vlug"
> nie. Daar is duisende studente, sakelui, vakansiegangers EN emigrante
> van alle rasse in die buiteland.
>
> Buitendien: nie almal wat op hierdie manier van hulle stemreg ontneem
> word, sit in die buiteland nie. Hoeveel van hulle is nie in die dierbare
> Suid-Afrika nie, maar kon nie die nuwe ID-boek betyds kry nie?
>
> Elkeen van hulle word van hulle stemreg ontneem.
>
> Dan is daar ook die baie wat permanent van hulle stemreg (en alle ander
> regte) ontneem is omdat hulle in die nuwe vlaag politieke geweld vermoor
> is.
>
> Gegroet uit Pennsylvania.
>
> Henry / Kwarantyn

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

"Belydenis" van G.A. WATERMEYER

Di., 26 Januarie 1999 00:00

BELYDENIS
G.A. Watermeyer

Wat sal my mond teen die kluite kla
deur al die jare, die jare hierna?
Wat sal my hart onder sooie weet
oorkant die onrus en agter die leed?
Dat 'n digter alleen maar sy woorde het
as eerste gewete en laaste wet.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

CHRISTIAN LITERATURE IN AFRIKAANS

Di., 26 Januarie 1999 00:00

I AM LOOKING FOR GOOD CHRISTAIN LITERATURE IN AFRIKAANS.

I can read AFRKAANS but I have never spoken to any Afrikaner in London, so I do
not know if I can speak it too! Nevertheless I am attracted to Suid Afrika and
would like to meet Christians who would like to get good literatrue in
Afrikaans circulating. I am a publisher and book distrubutor and am keen to do
my part to help my brethren in RSA

Edwin Cross, Chapter Two London UK

ECros...@aol.com

Die ideale Vrou

Die VROU wat in Spreuke beskryve word is inwendig mooi en nie kunstmatig nie;
haar skoonheid kom van binne en is nie opgeplak nie; dit is die openbaring van
haar karakter en nie die werk van die opteker nie Liefde is op haar lippe, nie
verf nie Haar mond keen die waarheid, maar nie tabak nie.

Sy is meer bekommerd oor die diepte van haar geest dan die hoogte van haar
hakke.

Sy besit waardigheid sonder styfheid. Sy besit dit alles en nog veel meer,
omdat sy God lief het en vrees.

‘n Knap vrou is baie werd, baie meer as edelstene.
Haar man steun op haar en pluk die vrugte van haar werk.
Sy bring vir hom net voordeel, nie nadeel nie, haar hele lewe lank.
Sy maak wol en vlas bymekaar en geniet dit om dit te verwerk.
Sy is soos die handelskepe, sy bring die kos van ver af in.
Sy staan op as dit nog nag is en maak kos vir haar huisgesin;
ook haar slavinne kry hulle deel.
Sy oorweeg die waarde van 'n stuk grond en koop dit,
sy sit dit onder wingerd met geld wat sy self verdien het.
Sy pak die werk aan met krag, haar hande staan vir niks verkeerd nie.
Sy stel vas of die wins goed is, haar lamp bly heelnag brand.
Sy werk met die spinwiel, haar hande bly besig met die weefstoel.
Sy het 'n oop hand vir die armes, sy is vrygewig teenoor die behoeftiges.
Sy is gerus oor haar huisgesin as dit sneeu:
hulle dra almal warm klere.
Sy maak self vir haar dekens en sy dra klere van linne en wol.
Haar man is welbekend by die stadspoort waar hy saam net die leiers
beraadslaag.
Sy maak klere en verkoop dit, sy lewer gordels aan die handelaars.
Alles aan haar spreek van 'n sterk en edel persoonlikheid;
sy ken geen kommer oor die toekoms nie.
As sy praat, is dit met wysheid: as sy leiding gee, is dit met liefde.
Sy hou goeie toesig oor haar huishouding; lui is sy nie.
Haar kinders prys haar, haar man bewonder haar:
''daar us baue jabo vriyebsm naar jy oortref hulle almal!''
Uiterlike skonheid hou nie, 'n mooi voorkoms is nie alles nie:
as sy die Here dien, dán verdien 'n vrou om geprys te word.
Gee haar wat haar toekom vir alles wat sy doen;
laat haar werk haar roem wees in die stadspoorte.

Spreuke 31, 10 -31

Vrouens, julle moet aan julle mans onderdanig wees. As daar van julle is met
mans wat nie die woord van God glo nie, en die mans sien hoe godvresend julle
is en hoe voorbeeldig julle julle gedra, sal hulle vir Christus gewen kan word
deur die gedrag van hulle vrouens. Dit sal nie eens vir julle nodig wees om ‘n
woord te sê nie.

Julle skoonheid moet nie bestaan in uiterlike dinge soos haarkapsels, juwele en
sierlike klere nie. Nee, julle skoonheid dié van die innerlike mens wees:
blywende beskeidenheid en kalmte van gees. Dit het by God groot waarde. In die
ou dae het die gelowige vrouens wat op God gehoop het, hulle ook so versier:
hulle was aan hulle mans onderdanig. Sara, byvoorbeeld, was aan Abraham
gehoorsaam en het met eerbied na hom verwys. As Julle doen wat goed is en julle
nie deur dreigemente laat afskrik nie, is julle haar dogters.

1 Peter 3,1 - 6

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Re: Afikraans hoort bij Nederlands

Di., 26 Januarie 1999 00:00

helmi wrote:
>
> Heeft iemand al opgemerkt dat er een 'r' gemist wordt in dit draadje?

Dan plaas ons die r tog daartusse!

Hans Kamp.

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Re: Hey anti-racist bastard and crook, read this !!

Di., 26 Januarie 1999 00:00

Romeo Caudan wrote in message ...
http://personal.eunet.fi/pp/treddy/101facts.txt

Romeo posts list of facts which prove that Whites have more high IQ than the
Blacks.

Romeo, this is not a reason to consider whites are better than blacks. Do
you think if somebody is higher than you, it means he is better? The mental
capacities are the same gift of nature as height of weght.
Blacks are less able to live in the civilised environment than the whites
are, but does it mean whites are "better"?

The IQ of women is lower than IQ of men, but who except gays think man is
better than woman?

It is no doubts that in the future the computers will have more high IQ than
the men - do it mean that computers will be better than men? Romeo, you must
rethink your attitude to the life.

All we shall die sometimes and before the face of eternity our stupid
quarrels are primitive vanity.
Racism was invented by the weak and primitive creatures who was afraid of
tramontains. It is shame to be racist.
It does not mean, certainly, that black racism is better than white.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Piramides - Bemarking

Ma., 25 Januarie 1999 00:00

Hoekom is dit net ek wat 'n pyn kry in die Piramied-bemarking ouens?

'n Hopelose produk (spaarplanne nogal!) met 6 boytjies bokant jou om as
agente te betaal.

Jy word net ryk as jy jou vriende betrek deur hulle ook as "agente" in te
slurp. Deel van hul "verkope" beland in jou sak (en die 5 bokant jou).

Die tipes kan ook nie verstaan dat 'n mark versadig raak nie. Daar is net
soveel mense wat halfgebakte finansiële produkte wil aanskaf. Maar as jy
bo-aan sit kan jy mos nie toelaat dat jou brein werk nie?

En soveel vooraanstaandes staar hul blind teen die goed. Ne predikante ?

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

"acenet.co.za".

Ma., 25 Januarie 1999 00:00

Op die site acenet.co.za is daar 'n "funksie" waarvan mense wat 'n account
by ACNET het e-mail kan stuur en die news groups besoek.

Doedie Nel is volgens my die selfde persoon as "God" en "Jesus".

Ek mag op die verkeerde pad wees maar ek dink dit kom van 'n skool se
rekenaar sentrum vandaan...........So dit is tien teen een 'n windgat
matriek laaitie wat se gat jeuk.

MY maat, bring gou gat vir die oom sodat ek hom met so ses van die bestes
kan regkry.

** Die ander manier om 99.999% anoniem te wees natuurlik is om vir jou
YEBO-NET aan te skaf. **

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

"Klein Siklus" deur G.A. WATERMEYER

Ma., 25 Januarie 1999 00:00

KLEIN SIKLUS
GA Watermeyer

die jare trap die kimme oop
en elke pad word wit geloop

I
twee heuwels en die een vallei
kan nie 'n man se dors bevry,
kan nie die donker bloed besweer
tot altyd helder wederkeer;
tussen die rooskknop en die roos
styg die begeerte asemloos,
maar in die later, voller weet
dring dit terug in die vroeër leed:
word weer die wonding, die oop verlang -
dolk in die sterre, hoef teen die hang.

II
Ons vroeër vreugdes hang verwelk
aan stengels sonder knop of kelk,
want hierdie stad is stief van steen
en neonweerlig slaan min reen
uit nagte tussen jou en my ...
Koud in die kamer lê die lied
sonder verwagting of verdriet.

V
Hier in die laat gras buig jou keel
nog ongekus en heimlikheel;
die kiewiet draai en draai sy lied
oor alle einders van verdriet...
Jou lippe is geskulp en rond
en blindbewoë teen my mond
jou hare het die geur van reën
en karmas liefde lank versteen
en in jou hartklop hoor ek weer
my eie jeugbeklemming beur,
weer in jou wydoop sterreblik
my eerste angsroep na geluk...
maar al jou lelies lê alleen
in die stom skede van jou skoot...
Die kiewiet kla oor die bleekwit gras
dat alles was, dat alles was.

XI
Die soetamala van jou mond
sal my in nagte nog verwond
en jou geslote lentegang
my bloed verbitter met verlang...
Nooit sal my liefde, lank-ontsê
sy nag van luiperd langs jou lê
en nooit ons pole in een see
die laaste kiltes ysberg gee...
Jy bly die onvervulde hoop
waarmee my hart sy teerpad loop,
'n siklus van verdriet en dou
wat my illusie lente hou.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1838): [ «    1271  1272  1273  1274  1275  1276  1277  1278  1279  1280  1281  1282  1283  1284  1285  1286    »]
Tyd nou: Vr. Apr. 25 14:36:44 UTC 2025