Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Oproep aan Johan P

Wo., 10 Februarie 1999 00:00

Beste Johan,

Zou je me per email je emailadres willen sturen? Ik heb een mededeling
voor je die niet geschikt is voor de nieuwsgroep.

Vriendelijke groet,

Gerrit de Blaauw

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Vir Leendert, n enkele versie oor enkels.

Wo., 10 Februarie 1999 00:00

Vir Leendert, n enkele versie oor enkels.

Die enkels trek die enkels aan deur Billy.

Die dye trek die dye aan
het op ons nuusgroep
slegte faam.

Leendert is suur
want in plaas van n bier
sê die een ou
hier
drink jou
piepiekuur.

Gaan verby due dy
na die onskuldige enkel.
Hier is nog n opskuddende omwenteling.
Veral as jy in die volmaan
nie op jou voete staan
is die enkels trek die enkels aan
heeltemal onvoldaan.

Billy.

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

wenskaart

Wo., 10 Februarie 1999 00:00

Valentijnsdag

Waarom ditmaal geen gedicht sturen naar uw geliefde?

Bij Meander kan u kiezen uit twaalf gratis poëtische wenskaarten,
die u als e-mail met attachment kan versturen.

http://www.meander.is.nl/kaart/index.html

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Onskuldige Victim!!!!

Wo., 10 Februarie 1999 00:00

Ons moet hier tragies bekend maak dat die term "PRONOGFRAFIE" beskuldig wat van
al die nare dinge wat eintlik by PORNOGRAFIE tuis hoort!

Beteken PRONOGFRAFIE iets in die oorspronklike latyns of grieks (of is dit
frieks)?

Miskien kan Leendert vir ons naslaan noudat hy bietjie meer die woordeboek gaan
belees.....

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Die smeergevaar van die nuusgroep

Wo., 10 Februarie 1999 00:00

Raka, in die persoon van een of ander siek siel plaas 'n walglike stuk
kinderpornografie op die nuusgroep.

Ek argumenteer soos volg:

a) Antjie Krog se pornografiese verse, aanhoudend op die nuusgroep
geplaas deur Gloudina (op aanbeveling van haar besadigde suster wat die
bundel aan haar verskaf het) het 'n atmosfeer geskep wat siek siel uitgelok
het om sy begeertes te openbaar. Ek argumenter die meganisme werk soos volg:

b) Antjie en Gloudina toets die konvensies met hul "openhartige gesprek" oor
disfunksionele seks. Dus:

c) Siek siel Raka kan argumenteer dat die verbod op kinderpornografie ook
maar 'n eietydse konvensie is, wat getoets behoort te word (en dat die
nuusgroep klaarblyklik die regte forum daarvoor is).

Ek stel die gevolgtrekking dat Gloudina die atmosfeer geskep het wat Raka
daartoe verlei het om sy kinderpornografie te plaas.

Gloudina verstaan die argument so, en herken dit vir wat dit is: die bekende
een oor die domino-effek (in die regspleging noem hulle dit 'n
kousaliteitsketting). Sy assosieer selfs my argument met soortgelyke
argumente wat mens kry van konserwatiewe Christene in die VSA.

Shannon verstaan klaarblyklik ook my argument op die hierdie wyse.

Nou kom Ferdi, oënskynlik met sy sogenaamde "verstand" so pas verkwik deur
die piepiekuur ('n warm glasie van sy eie urine - 'n praktyk wat hy
aanbeveel vir helder denke!).

Vervaarde Ferdi lees uit my argument dat ek die plasing van kinderprografie
regverdig uit die feit dat Antjie Krog se pornografie op die nuusgroep
verskyn, en dat ek dit verdedig!

Teen dwaasheid is daar geen verweer nie, het die Spreukedigter al duisende
jare gelde geskryf.

Teen kwaadwillige dwaasheid nog minder.

Leendert

Koeitjies & kalfies | 28 kommentare

Re: Die smeergevaar van die nuusgroep

Wo., 10 Februarie 1999 00:00

Nou slaan ek my hande saam. Die heel eerste verwysing na "Raka" wat ek kan
opspoor is my eie - hier aangehaal:

Dalk is dit 'n indeks van die beginselloosheid en morele bankrotskap wat die
Afrikaanse kultuur in toenemende mate begin binnesypel? Miskien was "Raka" meer
profeties as wat selfs Van Wyk Louw besef het.

Dis opgevolg deur 'n uittreksel uit die gedig, en 'n bietjie bespreking met
Robbert Zijlstra.

Daarna kry ek plasings deur iemand wat die skuilnaam "Raka, die swart dier"
gebruik. Dié plasings is deel van 'n bespreking oor musiek - pornografie vind ek
nie daar nie.

Die pornografie wat ek wil gevind het, was die siek beeld wat deur die
kamma-Bybeljuffrou geplaas is - nogal getitel "pRonografie" ipv "poRnografie".

Het ek iets iewers misgeloop?

Of is Leendert besig om die proses te modelleer?

Ek erken dat ek nie altyd baie fyn oplet nie, en iets kon misgeloop het. Indien
dit waar is, sal ek graag wil weet....

Dankie!

En groete uit Pennsylvania.

Leendert van Oostrum wrote:

> Raka, in die persoon van een of ander siek siel plaas 'n walglike stuk
> kinderpornografie op die nuusgroep.
>

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Profiel en ander snert

Wo., 10 Februarie 1999 00:00

Oom Kaspaas

Genade oom, jy raak vergeetagtig. Dit is presies dieselfde ou nonsens wat jy
in November geplaas het. In geval jy vergeet het (waarskynlik), hierdie was
my antwoord:

Nov 98............

Oom Kaspaas

Jy oordeel hier.

Ek het 'n vermoede jy is oningelig en vergiftig deur net na die een helfte
van die storie te luister.

Voorbeelde:

> Dit het 'n graadjie verwerf so met die gehoer en gemoer saam.....

Se wie?

> Dit dink die land en die wêreld skuld hulle nou iets......

Twak - daardie is een van die mees ongewone benaderings om tee te kom onder
die mense wat bereid is om so 'n groot stap soos landsverlating te neem.

> Spoorweg- en ambagsouers is 'n skaam las, nie 'n bate.......

Snert, plein snert.

> Kultuur en taal is verkwansel vir 'n potjie vreemde brousel....

Die blote feit dat ek jou hier antwoord in Afrikaanse behoort vir jou iets
te se.

> Dit gatkruip by nuutgevonde vreemde lojaliteite......

Bull. Hier is oorgenoeg ruimte om jouself te kan wees. Hier is so baie
immigrante dat dit geen issue is nie - inteendeel, die meeste mense admireer
dit.

> So moet dit bewys dat die Afrikaner in dit...dood is.....

?????

Nee jirre oom, dink bietjie wat jy regtig hier se.

Tot later

Bees

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Re: Die wiel draai om en om

Wo., 10 Februarie 1999 00:00

"Riaan" writes:

> Net soos wat die ongelowigis hulleself tot in 'n ander dimensie in gaan
> skrik as die wegraping plaasvind, net so gaan julle linkse ouens julle self
> uit die voete moet maak as die BOER weer die land terugvat om die stront te
> begin regmaak, en die WERKENDE infrastruktuur wat die houtkoppe in so 'n
> kort tydperk afgebreek het, weer op te bou.
>
>

>
> Blow up one taxi, you'l find 20 dead coons !!


Met "wegraping" neem ek aan jy bedoel
the "Rapture." Dink jy nie dis godskreiend
om sulke wraaksugtige dinge oor jou medemens
kwyt te raak, en in een asem van die rapture
te praat nie. Riaan, Riaan, gaan op jou
kniee en bly daar tot die rapture. En mag
God jou siel genadig wees.

Gloudina

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

"Ek het bederf geraak" deur MARLISE JOUBERT

Wo., 10 Februarie 1999 00:00

EK HET BEDERF GERAAK
('n verwerking van 'n eie vers: "Jy is ver vandag")
-Marlise Joubert-


jy is ver vandag
asof jy nooit bestaan het nie
so bedrywig tussen engele
toegespin in klanke van jou vel

ek het bederf geraak
aan jou trosse ryp woorde se proe
daarom onthou ek kringe van jou tong
en vou my verhemelte sy duiwe-vlerke oop
verlangend omdat dit jy is
en omdat jy goed is
soos nuwe bloed uit druiwe loop

(klink die wolke daar
soos neutedoppe teenmekaar
is daar foto's op jou rekenaar
of 'n vers oor 'n begin
reën dit snags oor die bome
en wie tap water vir die voëls
op some van jou tuin?)

ek het bederf geraak met jou
en vandag se afstand word oorbrug
asof jy reeds bloeisels dons
op my bed versamel en 'n sug
van soene op my mond invou

ek het so bederf geraak
en met die lente in die wentel
van my liggaamstaal
skuifel ek teen jou aan
aromaties met 'n tros note
wat droewig sing
in boorde van jou keel


(Kopiereg voorbehou: MJoubert)

Prosa & poësie | 0 kommentare

Eksperiment met anargie

Di., 09 Februarie 1999 00:00

Die ding van die Unabomber/Raka met die godslastering en ander gruwels op
die nuusgroep - 'n paar losserige gedagtes daaroor:

Die anargie van die internet is miskien 'n erg kwesbare soort anargie, as
mens moet oordeel aan die oproepe tot die skepping van 'n gemodereerde
nuusgroep, ens.

Maar sommige van ons het ons self al beroep op die anargie van die
internet - as verweer teen aanklagte van kopieregskending, byvoorbeeld.

Die vergelyking met die Unabomber is doelbewus - die individu het 'n
bepaalde boodskap, al is dit bietjie obskuur vir iemand soos ek.

Maar ook die Raka - is dit die vroue wat hom ingenooi het?

Is daar, per slot van rekening, 'n verskil tussen die nuusgroep se
Rakabydraes en die van Antjie Samuels, gedissemineer deur Gloudina met die
seën van haar besadigde suster wat - op papier - assosieer met Christina?
Juffrou Trudie/Doedie, as sy "Bybel" studeer het sou tog seker ook iewers
gelees het dat kinderhuwelike met dogters so jonk as drie maande oud,
behoorlik gekonsumeer op die gebruiklike wyse, lank deel was van die Joodse
familiereg.

En as sy iets anders ook studeer het, sou sy miskien wou beweer dat die
taboe teen kinderpornografie bloot 'n eietydse konvensie is, wat getoets kan
word soos enige van die konvensies wat Antjie, Gloudina & Suster so graag
toets?

Dalk sê die Unabobmber vir ons: Raka is reeds binne die skermmure - ingenooi
deur Antjie & Kie. Dis tog verspot om nou skielik te wil beweer dat Raka die
kinders moet respekteer?

Iets val 'n mens op : Globalisme is die wagwoord wat grense laat vervaag,
multikultiraliteit en "toleransie" gee ons vrye toegang tot wat-ook-al. Die
positiewe aspek hiervan gee ons 'n vryheid wat min samelewings ooit gehad
het.

Maar wat-ook-al kry terselfdertyd toegang tot ons. Ook Raka is nou nie meer
beperk tot "buite" nie.

Die ironiese gevolg is dat postmodernisme al meer gekenmerk word, nie deur
vrye verkeer nie, maar deur wegkeer en inkeer tot die eie en die kleingroep.

Ek reken ons kan binnekort 'n gemodereerde Afrikaanse nuusgroep sien - iets
wat ek jammer vind. Maar baie mense sal moontlik bloot (e)migreer na een of
meer van die poslyste, waar die verkeer "beheer" kan word.

Die weerlose kind op Juffrou Trudie se foto is 'n slagoffer wat uitgebuit
word op presies dieselfde wyse as wat die verse van ander (meesal dooie)
digters deur Antjie Krog uitgebuit word om legitimiteit te verleen aan haar
eie prul.

Op presies dieselfde wyse as wat vryheid van spraak op hierdie nuusgroep
uitgebuit is deur Gloudina ter salwing van haar eie ego.

Miskien wil die nuusgroep se Unabomber sê dat daar geen wesenlike verskil is
nie tussen die mansfiguur op die foto en die rol van feministiese
pornografiedigters en hul publisiteitsbeamptes op die nuusgroep.

Albei partye buit die weerlose uit.

Groete, Leendert

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

Bladsye (1835): [ «    1263  1264  1265  1266  1267  1268  1269  1270  1271  1272  1273  1274  1275  1276  1277  1278    »]
Tyd nou: Sa. Des. 20 16:15:10 UTC 2025