Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

ek soek 'n vrou

Do., 18 Februarie 1999 00:00

(Verskoon my Afrikaans, ek het dit nie gepraat vir 30 jaar! Ek woon in
London, Engeland).
Ek soek vir 'n vrou, har naam was Marie Elizabeth van Biljoen, waneer sy was
22 in 1943. Sy sal nou 77 jar wees. Sy het in Seapoint gewerk in "Sloppy
Sam's Cafe" in Seapoint.
Help my asseblief!
Fay
geo...@globalnet.co.uk

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Meanderkrant op Zondag en soms op Woensdag

Do., 18 Februarie 1999 00:00

Elke zondagochtend wordt de Meanderkrant op Zondag per e-mail verstuurd.
Vol gedichten en nieuws over zaken die met poëzie te maken hebben. En af
en toe is er een speciale Woensdageditie over een literair onderwerp.
Vorige nummers van de Meanderkrant op Zondag kun je on line lezen in de
afdeling "Poëzie op Zondag".

Je kunt je abonneren door een e-mail te sturen aan
majo...@oudenaarden.nl met als inhoud:
subscribe meander-l (het laatste teken is de letter l).

Abonneren kan ook on line. http://www.meander.is.nl

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Annergramme

Do., 18 Februarie 1999 00:00

Hoe lyk dit met julle ouens se oorspronklikheid?

Kyk of julle iets soortgelyks as hierdie anagram in Afrikaans kan
doen:

" To be or not to be: that is the question, whether tis nobler in
the mind to suffer the slings and arrows of outrageous
fortune."

And the Anagram:

"In one of the Bard's best-thought-of tragedies, our insistent
hero, Hamlet, queries on two fronts about how life turns rotten."

Johan, die ewige realis / optimis.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: How do you translate "Thank you" or "Danke" in africaans?

Do., 18 Februarie 1999 00:00

On Tue, 16 Feb 1999 04:27:47 GMT, gre...@stud.uni-frankfurt.de (Sven
Gregor) wrote:

Thank you = Dankie

Thank you very much = Baie dankie

Johan, die ewige realis / optimis.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: Amerika!

Do., 18 Februarie 1999 00:00

On Thu, 18 Feb 1999 16:00:27 +0100, Gerrit de Blaauw wrote:

|"Johan (In oortje gehapt!)" wrote:
|
|> 3. When you meet the head of state in England, you only have to go [d]own
|> on one knee.
|
|Johan tog!
|
|--
Skuus man, ek het net ge"copy" en ge"paste" en nie die fout in die oorspronklike
gesien nie.

Wat doen julle in Kanada, Gloudina, as julle ou Liesbet ontmoet?

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Engels op die nuusgroep

Do., 18 Februarie 1999 00:00

Hoe dan nou? Ek dog dan hierdie is 'n Afrikaanse nuusgroep waarin ons
Afrikaans skryf. Sekerlik het Alwyn van Rooyen 'n saak te maak met anders
taliges maar sekerlik kan hy dit bedryf op 'n ander nuus forum?

Ek bly in Australie en ek praat Engels 99 persent van die dag. Ek het geen
probleem met Engels nie. You get my drift?

Alwyn Nel

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

ESKOM, TELKOM, YSKOR is besig om uitmekaar te val ????

Wo., 17 Februarie 1999 00:00

Dag se

Ek kuier n bietjie in Suid Afrika, en iets oorkom my in hierdie land waarvan
ek nogal geskrik het.
Behalwe die baie ernstige misdade is daar nog n moord aan die gang. As dit
nie moord is nie dan is dit n geestelike moord op die blanke in die land.

OOrals waar ek besighede besoek sien ek mense harde werk doen. Maar die
opvallende van die saak is dat die selfde mense baie op hulle senuwes is,
hulle is amper nie meer verdraagsaam nie.
Die mense is op slaap en senuwe pille van die ergste soort.
Die mense wil die land verlaat, kry niks meer reg nie voel ongelukkig en
geboycot in hulle werk.
Die mense moet soms die werk doen wat gewoonlik deur merdere mense gedoen
moet word.
Die mense is wel daar maar is nie verantwoordelik nie, hulle is wel
ontspanne en het baie tyd.
Die ander mense werk oortyd en slaap moeilik of glad nie meer nie.
Selfmoord kom reelmatig voort, en die einde is nie in sig nie.
OOk die soek naar ander werk is nie moontlik nie omdat teen die mense
gediskrimineer word. Nie teen die kundigheid nie, die kundigheid en
ondervinding is baie beter in die meeste gevalle.
Maar omdat hulle vervang MOET word, daarna volg die gaos in die
ondernemings.
Ek adviseer die mense wat in die land wil bele om eers goed rond te kyk
voordat n investering gedoen word.
Ek voel eintlik baie jammer vir alle mense ook die wat die werk nie kan doen
nie en die poste maar invul omdat hulle kan lees en skrywe. Gewoonlik net
Engels die Afrikaanse taal het sommige mense skielik 5 jaar terug verloor.
Blybaar geheue verlies.

Asseblief reageer indien u persoonlik kennis dra van gevalle in bo-genoemde
ondernemings waar mense dit swaar kry. Reageer dan oop my privaat e-pos
c...@yebo.co.za

Groetend met n traan
Corne.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Hardekoolvuur!

Wo., 17 Februarie 1999 00:00

'n Dag of wat vroeër as gewoonlik, maar soos julle dalk elders opgemerk het,
moet ek saam met Dok Sarel en die manne die woeste wêreld van die Olifants
gaan aandurf, en dit verg 'n bietjie voorbereiding vir die volgende dag of
wat.

Oor 'n week begin die Super 12 rugby kompetisie, en om almal in die regte
stemming te kry, is daar 'n storie oor wat fout kan gaan tydens 'n rugby
uitsending langs die Olifants by:

http://mzone.mweb.co.za/residents/hb26/homepage7.htm

Groete

Henri Burger('Die Olifants is nie vir Sissies, of Pioniersgestremdes nie!')

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Streekstale - Transvaal aan die beurt

Wo., 17 Februarie 1999 00:00

Tot dusver het ons :



Pôp

Ek wonder of so baie Pretorianers nog strônthuise by Plet het....?
Enige ôp kôn dôt dôn.

Iets is ge"mweb" - met dank aan Henri.

Hoe noem hulle hul katte ??? (Geen Nederlanders hier ASSEBLIEF nie)
Die "gewone" katte wat ek daar gesien het, was die rondlopers sonder huise.
Die katte IN die huise se stambome oordonder normaalweg die ander inwoners
se herkoms - dis nou die Siamese katte, die Persiese katte, ens. ens.

Kommentaar:
In my dae het 'n student sy "bounie" varsity toe getrap maar NET een geslag
na my het nie geweet dat dit 'n fiets is nie. Toegegee, dit was
studentetaal wat vandag in die mode is en more uit. Kan ook wees dat die
gemiddelde inkomste/rykdomme aansienslik toegeneem het onder latere studente
en dus ook die rygoed se status........

Nog voorbeelde asb van die Groenkloof-Waterkloof-Brooklyn-Hatfield
streektaal.

Gegroet
Omie

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Re: Streekstale - Ons vorder

Wo., 17 Februarie 1999 00:00

Ons lys groei :

Tot dusver het ons :



Pôp

Ek wonder of so baie Pretorianers nog strônthuise by Plet het....?
Enige ôp kôn dôt dôn.
hiersi
daarsi
Vôsity is woes lôkker

Iets is ge"mweb" - nou die standaard idioom vir swak diens orals BEHALWE
Transvaal
Iets is ge-ômWôb - nou die standaard Transvaal uitdrukking vir swak diens
Hônri Bôrger - mediese term vir nuut ontdekte fobie - die onbedwingbare lus
om saam met krokedille in vol rivier te swem

Hoe spreek 'n Transvaler "krokodil" normaalweg uit ??
Hoe spreek 'n Transvaler "krokodil" uit met net 'n armlengte water tussen
die twee van hulle ?

Definisie van Transvaal Afrikaner wat ek al gehoor het : Iemand wat tuis
Afrikaans praat en Engels daar buite.
(Ek pleit onskuldig - ek het dit nie uitgedink nie - êrens gelees)

Shannon ?? Nog bydraes asb. Wat van 'n paar Vrystatitï ???
Leendert ?? Sit jy nie daar op Tuks nie ?? Help man !

Gegroet
Omie

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Bladsye (1834): [ «    1257  1258  1259  1260  1261  1262  1263  1264  1265  1266  1267  1268  1269  1270  1271  1272    »]
Tyd nou: Do. Jan. 29 07:38:07 UTC 2026