Die beste handlangers van apartheidsvarke is apartheidsvrate -
Dis nou mense wat in elke handeling, interaksie en insident rassisme white
superiority, en onderdrukking soek.
Dis mense wat die tragiese dood van iemand soos die baba Angelina
eksploiteer om rassisme en onderdrukking aan die kosyne van boere te verf.
Sonder om hulle vergewis van die feite. Mense soos Gloudina en Arthur.
Dis mense wat kru rassistiese "aanhalings" in die mond van PW Botha lê en
daarmee suggereer dat Afrikaners ontvanklik was/is vir daardie soort
retoriek. En mense wat, soos Gloudina, ons maan om te "luister" wat sulke
mense te sê het.
Dis mense soos die ANC Senator wat beweer het dat 'n boervrou die baba van
haar werker vir die varke gevoer het - en wat tot vandag nog nie die werker,
die boervrou, die varke of die plaas kon uitwys nie.
Dis mense wat, by elke geleentheid, "apartheidsvarke!" skreeu (sonder om die
term te omskryf).
Sulke mense is sekerlik die beste hulp wat enige "aparhteidsvark" kan
verlang. Hy (sy) hoef net te wys hoe blatant die leuens is. Hoe blatant die
ander kant van die saak verswyg word. En daardeur wen hy legitimiteit vir sy
eie weergawe van die saak.
Gloudina demonstreer, op hierdie nuusgroep, die werkwyse van die
apartheidsvraat. Maar ons het hulle altyd gehad - buitelandse media veral,
maar ook elemente van die binnelandse media. Om van politici nie eens te
praat nie. Selfs geestelikes soos Beyers Naude.
Vandag erken sommige van die buitelandse media ten minste dat hulle daardie
rol gespeel het. En sommige geestelikes het dit erken.
As iemand sou vra: "Maar hoe kan julle sê julle het nie geweet nie", moet
die apartheidsvrate 'n groot deel - miskien die grootste deel - van die
skuld dra. Hulle leuens het hulle waarheid verswelg.
Maar, sal mense sê: Nou het die WVK tog die boosheid van die
"apartheidsvarke" blootgelê.
Dis waar. Maar in die proses het die WVK in baie groot mate ook die werkwyse
van die apartheidsvrate gevolg. Hy het ook selektief te werk gegaan, en
morele oordele gevel voordat hy die getuienis gesien het.
Dis waarom baie mense die VWK se verslag ignoreer of verwerp.
Ek dink: Dekades van nou af sal die WVK-verslag vir Afrikaners nie 'n bron
van kennis oor die verlede wees nie. Dit sal nog 'n ikoon van onreg word.
Miskien soortgelyk aan die konsentrasiekampe van 'n eeu tevore.
Ek dink: die apartheidsvrate is net so skuldig aan "die wandade van
apartheid" as die apartheidsvarke.
Robbert Zijlstra wrote in message ...
> Beste Leendert,
>
> dit is quatsch! Nonsens. Drek.
Nog twee uitroeptekens sou beslis die betekenis van hierdie uitdrukking
versterk het :-)
> Hoe kunnen Gloudina en Kie verantwoordelijk
> gehouden worden voor
> wat er is gebeurd onder Apartheid?
Lees weer my argument - en sien verderaan.
> Als zij eenzijdig zijn in hun oordeel, is dit
> fout. Maar dat deelt de
> schuld of verantwoordelijkheid niet voor wat er gebeurt is.
Hmmmm..... Ek dink tog so.
Want apartheidsvrate verlustig hulle nie sonder rede in die gruwels van De
Kock en die dood van Biko nie. En dit is nie sonder rede dat hulle 'n hele
kategorie mense besmeer met die skuld nie.
Daar sit lekker voordeel in om die vinger na ander te wys. Die verbranding
van hekse het nog altyd 'n sosiale funksie gehad. En die verskynsel van
apartheidsvrate demonstreer maar net dat hekseverbranding steeds voorkom in
Nederland en Kanada.
> Mensen zijn
> verantwoordelijk voor hun eigen
> daden.
Inderdaad.
> Als de verdedigers van het systeem zich onrechtvaardig aangevallen
> voelden door de media of wie
> dan ook, rechtvaardigt dit hun excessen nog niet.
Natuurlik nie! Die verdedigers van die lugruim van Engeland in die Battle of
Brittain regverdig nie die bombardement van Dresden - of die skandaal van
Katynwoud nie.
> Pas op met dit soort
> opvattingen. Ze leiden tot het
> verderf.
Juis. Mens sien die angswekkende aspek van hierdie verderf in die weiering
van Thabo Mbeki en die ANC om die oordeel van die WVK te aanvaar oor die
menseregteskendings wat die "vryheids"-vergters gepleeg het.
>
> er wordt wel gezegd: "In liefde en in oorlog is alles geoorloofd". De
> beoorlogers van Apartheid
> bedienden zich in hun propaganda soms van de waarheid, soms van leugens en soms
> van verdraaiingen.
> Dat is normaal. Dat gebeurt in ieder conflict, waar ook ter wereld, door alle
> partijen. Geen enkele partij
> kan zich beroepen op de misstanden bij de tegenpartij om zich zelf te
> verantwoorden.
Wat "normaal" is, is nie noodwendig goed nie.
En elkeen wat die waarheid verdoesel is skuldig as die leuen seëvier.
> De oordelen van de WVK zijn natuurlijk vaak eenzijdig. Zaterdag (eergisteren)
> werd Aartsbisschop
> Tutu daar nog op aangesproken in het NRC Handelsblad. Als Afrikaners terugkijken
> op het werk
> van de WVK zal dat vaak met gemengde gevoelens zijn. Maar de waarheid staat los
> van de eenzijdigheid
> van de WVK.
Nee. Ek vrees juis dat die waarheid weereens begrawe sal word onder
eensydigheid. Dit was die fokus van my hele argument!
> Wie excessen begaan heeft, kan zich niet verschuilen achter de
> partijdigheid van Tutu en Kie.
Ja en nee. Die wat "excessen" begaan kan juis die partydigheid van Tutu &
Kie ('n "excess" op sigself) voorhou as perverse soort regverdiging. En dit
gebeur.
Maar die gevaar is juis vir die wat _nie_ "ecxessen" begaan nie, maar wat
van Tutu, Gloudina & Kie geverf staan met dieselfde kwas. Daar is groot
gevaar dat hulle oordeel ook ondergrawe word. Ek dink dat dit ook gebeur.
En daarin lê die saad van die "excessen" van die toekoms.
> Want zijn eigen geweten zal hem veel harder aanklagen dan welke kommissie dan
> ook.
>
> Hou je oordeel zuiver, ook als je onrechtvaardig behandeld wordt.
Dit is juis my argument! Leuens vertroebel die oordeel. En my beswaar is
teen die wat die leuens versprei.
> Listen here you immature person .... sitting in Canada and acting
> as the mouthpiece of afrikaaners everywhere.
Ou Eekhoring, is jy nou ook op my gefokus
net soos ou Frikkie? Lui ek ook jou klokkie
net soos ek ou Frikkie se klokkie lui, selfs
al het hy my op sy kill fille gesit. En jy
kan maar begin Afrikaans skryf. Jou Engels
is so on-idiomaties dat enigiemand kan sien
dat Engels nie jou eerste taal is nie.
Miskien is jy Frikkie.
Of miskien is jy Johan. Hy is ook maar
effentjies gefokus op my. Dat groot mans
nou so maklik gemanipuleer kan word.
Olympus wrote in message ...
> Dawie waar is dit?
> ------------------
Nee, Olympus, jy vang dit nie! Die programmetjie is net so leeg soos sekere
politici se beloftes! :-))
>
> Dawie Olivier wrote in message ...
>> Met die verkiessing wat voorlê.....loer bietjie na die ingesluite
>> programmetjie! Is dit nie presies hoe die ANC is nie!
>>
>> Laat weet tog wat julle dink - Probeer bietjie op "NO" click!
>>
>> Groete
>>
>> Dawie Olivier
Is lekker hier in Ingeland by die beach n^e? Net jammer dit re:en al weer
en die temperatuur is 9 grade C (ek begin al dink dat 10 grade 'warm' is!)
en die water is in elk geval te koud om selfs jou toon in te sit. Wonder
van alle wonders is dat die strand (!) van klippe is - sulke rondes so groot
soos my vuis.
Ek is hier met 'n jaar werkkontrak (gaan al weer in Junie terug) en wat 'n
snaakse plek is dit tog nie!
1) Ek 'parkeer' elke oggend my kar op die M25 (vir die oningeligtes - dis
die ringpad om Londen sowat 100 myl se meesal 4-baan snelweg en waarskynlik
een van die besigste paaie in Europa) Ben Schoeman/R21 eat your heart out!
2) Rondomtalies ('Roundabouts' / sirkels / minisirkels): miljuisende van die
goed en as jy nie gou leer om op die EERSTE bord te kyk watter paadjie om te
vat nie ry jy om en om die d^em ding tot jy dink jy wys in die regte
rigting..'n Halfuur later is jy weer terug by dieselfde minisirkel, want dit
was toe nie die regte rigting nie. Ek hoor in Swindon is daar glad een wat
hulle 'n 'Magic Roundabout' noem - 'n grote met so vier of vyf 'kalfies' om
hom - die joos alleen weet hoe jy om hom kom. Hier in Farnham het ons
waarskynlik die grootste een in Engeland - daar's 'n hele dorpie in die
middel van die roundabout!
3) Ek bly in Surrey naby Guildford - pragtige stuk aarde vol bome/blomme:
sulke regte 'Engelse' landskappe. Maar dis ook naby die hoofsentra van die
weermag - Aldershot is 'n klipgooi ver, Farnborogh net 'n bietjie verder,
Southampton so 30 myl suidwes Bisley 'n hanetreetjie doei kant toe en
Mytchett langs my. Wat dit alles beteken is dat hier gedurig
krygsoefeninge/grofgeskut rondom ons is - die eerste paar dae wou ek net
vervaard dekking slaan as ek die geweervuur hoor. Die landkaart is vol
sulke groot oop groen gedeeltes met baie paadjies op maar oral staan in rooi
letters - Danger Area - Rifle range of Long Range Bombing aea of sulke
horriebale goete.
4) Hulle idee van wild is hasies wat op jou grasperk rondspring of die
takbokke in Richmond Park. Hulle't nie eens een behoorlike giftige slang of
spinnekop nie. G'n wonder die leeus vreet die buitelanders by die dosyne
;-) in Krugersdorp se wildtuin op nie !
5) Nog 'n ding wat my al amper in groot moeilikheid laat beland het is
voetoorgange - die eerste paar weke het ek kort-kort byna 'n voetganger
ge-'score' as hulle sommer so voor my begin oorstap - salig onbewus dat
hierdie rooi kar waarskynlik nie gaan stop nie!
BLINDE KNOOP
Pieter van der Lugt
(Op vrye voete, 1987)
Ek lê op jou bors
tussen blomme
'n koringkleur land loop
my oë vooruit
blonde halmpies huiwerend af
in die kom van jou heupe
jou maag klop en klop
(is jy bang vir jou liefling)
jou knie buig haar self
bewus bo-oor my bene
jou borsies klop skamerig
aan teen my bors
en my tong loop al
af na die kuil van jou keel
later strengel jou vingers
digter in my hare
jy roep met jou hande
jy roep op 'n hemel
jy huil
en jy roep my