Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Die "waarheid" volgens Gloudina

Ma., 15 Maart 1999 00:00

@igs.net> wrote:
>
>
> Die "waarheid" is dat 'n klomp skurke
> nes geskop het in my vaderland.

Nie 'n baie belowende begin nie. 'n Vriend van my (Pedi) maak byvoorbeeld
die stelling "The ANC are thugs" Engels: to envy, be jealous met verwysing na intimidasie in die
verkiesing. Bantu Holomisa het, heel veelseggend, daarop gewys dat, in al
die politieke geweld in die land, die ANC die een gemeenskaplike faktor is.

Is die "klomp skurke" waarna jy verwys dalk die ANC, Gloudina?

> Dit
> het nie om "apartheid" gegaan nie.
> (Hoeveel apartheid was daar wel?)

Nou waarom verwys jy dan na "apartheidsvarke"?

> Dit het gegaan oor mag, brute oorheer-
> sing van 'n klomp witvelle oor die
> 80 persent van die bevolking wat nie
> "wit" was nie. Brute terrorisering
> van witmense wat nie met hulle saamge-
> stem het nie. Dis die waarheid oor die
> apartheidsvarke in SA, en jy kan praat
> tot jy blou in die gesig is, en jy sal
> dit nie kan wegpraat nie.

_Alle_ politiek gaan oor mag, Gloudina. So wat probeer jy sê?

En moenie vir
> my kom vertel dat daar Nasionaliste
> was wat geweet het verandering moet kom,
> en "daarvoor gewerk het" nie. Hulle moes
> liewer hulle wapens opgeneem het en die
> duiwels in die see gedryf het.

Agge sjym. Soos jy gedoen het?

Daai spul nasionaliste (waarvan ek nie een is nie) het 'n damn site meer
gedoen as jy in jou Kanadese staat van morele meerderwaardigheid.

En nou weet ons nog niks meer as tevore van die "waarheid" wat jou man aan
jou opgedwing het toe hy jou verbied het om jou vooroordele te bevraagteken
nie.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Afrikaans by die Technikon

Ma., 15 Maart 1999 00:00

Ek studeer op die oomblik by die Kaapse Technikon, en ek is bly om te sê
dat Afrikaans nog lewendig en gesond is hier. Op die oomblik word die
Engelse en Afrikaanse mense (wat die selfde kursus loop) nog geskei, en
kry elke groep lektore wat sy moedertaal praat.

Nou begin die mense wat Xhosa of ander tale praat te kla dat hulle nie
kan verstaan wat in die klasse gesê word nie, terwyl daar uitdruklik
gesê word dat die Technikon in Engels en Afrikaans klasgee. Ons sal
maar sien wat gebeur.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Die Net

Ma., 15 Maart 1999 00:00

*Die Net*

Skakelaars en hekke
In silikoon gehul
Koper, glas en goud
Ons eksplisiete wil

Lewens, geld en tyd
Magneties vasgelê
Metodes en prosesse
Doen wat ons wil hê

'n Refleksie van die waarheid
'n Nuwerwetse kerk
êrens in 'n komper
Om later te verwerk

Ons beelde en ons woorde
Weerkaats die wêreld rond
'n Netwerk vol emosies
Laat voel ons meer gesond

Belydenis en leuens
Bedrog en waarheid saam
Word in illusie aangedra
Gekoppel aan geen naam

In die beeltnis van sy skepper
Word hy wat ons bedoel
'n Masjien wat nou moet mens word
Sonder foute of gevoel

-Gideon-

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Nog 'n vraag

Ma., 15 Maart 1999 00:00

Is daar dalk enige programeerders wat hier rondkruip? Spesifiek in C++
en die aaklige ou COBOL? Moet wees... Enige hardeware mense ?

Fizzer die een wat NZ se weer haat

Koeitjies & kalfies | 8 kommentare

Re: Nog 'n vraag

Ma., 15 Maart 1999 00:00

Ek gebruik ABAP/4 en Delphi, maar het my melktande gekry op Fortran (IV tot
'77), PL/1, Algol en Pascal (Basic ook daar so tussenin), hoekom wil jy
weet? Wil jy my headhunt?

Tjeers,
Dries

Fizzer wrote in message ...
> Is daar dalk enige programeerders wat hier rondkruip? Spesifiek in C++
> en die aaklige ou COBOL? Moet wees... Enige hardeware mense ?
>
> Fizzer die een wat NZ se weer haat
>

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Turbine

Ma., 15 Maart 1999 00:00

*Turbine*

Die malle vleuels
Gaan om met die wind
Flitsende lemme
Wat energie verslind

Die wapperende waansin
Forseer in 'n straal
Dra sy meester se wese
In buise van staal

Vektor en motor
Verfynde tegniek
Beheer nog die waansin
Tot tegniese piek

Duisel verby
Die briljante ontwerp
Tot 'n puinhoop van lewens
In hopies van snert

Sesuur die nuus
´n Vervelend´ verhaal
Nou opgelewe
Deur brokke van staal

'n Lys van name
In sakke gehul
Die skok van geliefdes
Met trane vervul

-Gideon-

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Stiefkind

Ma., 15 Maart 1999 00:00

*Stiefkind*

Ek is hier
Maar ek is ook daar
Ek is van hier,
Maar ek is ook van daar

Iets lig
Iets donker

Ek is nie hier nie
Maar is ook nie daar nie
Ek is nie van hier nie
Maar is ook nie van daar nie

Weinig lig
Weinig donker

'n Kind van Europa
'n Kind van Afrika

'n Stiefkind

-Gideon

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Wat maak wie

Ma., 15 Maart 1999 00:00

*Wat maak wie*

Maak die klere die man
Dan sou die man sy klere maak
Ken iemand aan sy vriende
Dan sou sy vriendskap goedkoop raak

Sou iemand met net een uitspraak
Sy identiteit onthul
Dan sou sy lewe en sy wese
Relegeer tot byna nul

Meet iemand aan 'n daad
Sou een sotheid
In 'n oomblik van swakheid
Die goeie kanselleer

Ceasar van Rome
Hitler van Berlyn
Albei in een sinsdeel
Aan een dimensie vasgelym

-Gideon-

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: Die lekker lewe elders- was: Identiteitsoorlog

Ma., 15 Maart 1999 00:00

Johan (In oortje gehapt!) wrote in message
...
> On 14 Mar 1999 02:38:22 GMT, wrote:
>
> | dit nie kan wegpraat nie. En moenie vir
> | my kom vertel dat daar Nasionaliste
> | was wat geweet het verandering moet kom,
> | en "daarvoor gewerk het" nie. Hulle moes
> | liewer hulle wapens opgeneem het en die
> | duiwels in die see gedryf het.
> |
> ...of soos Gloudina gou-gou opgepak het en die lekker lewe elders gaan
> opsoek het. :-) ...soos ek ook....
>
> Johan, die ewige realis / optimis.
>
Gloudina

wat het julle laat besluit om oor te gaan? Ek aanvaar jul motivering was
iets heel anders as die klomp wat deesdae oorgaan. ( Nie almal is al so lank
op die ng nie of sit en grawe heeldag in die argiewe van die ng om te sien
wat voorheen bespreek was nie, Leendert en kie :-))

Ek aanvaar dit moes moeiliker gewees het as mens aanneem dat die mense wat
deesdae oorgaan wel kontakgroepe het sodra hulle daar land en hier is selfs
'agentskappe' van die kant af wat sake vir jou help reël om te kan gaan.

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Re: Amerikaanse skole

Ma., 15 Maart 1999 00:00

fizzer wrote in message ...
> Johan (In oortje gehapt!) wrote:
>
>> On Mon, 15 Mar 1999 01:24:14 +0200, "Leendert van Oostrum"
>> wrote:
>>
>> Hulle mag. Netsoos enige ander klub waaraan die skoolkinders behoort.
>> |
>> Ek het in SA, lank terug, ook geen godsdiensonderrig op skool gehad
>> nie. (En destyds het ons grondwet dit darem seker toegelaat) Solank
>> ek maar kan onthou was dit die periode waarin jy ander huiswerk moes
>> sit en doen - altyd handig as dit voor wiskunde geskeduleer was - en
>> waarin die onnies sit en boeke merk het ... nooit Godsdiens of
>> godsdiens nie...
>
> Ek stem saam. In die tyd wat ek op skool was (Jaaaaare gelede) (Eintlik maar
> net 3 jaar terug :) ) Het hulle die naam verander na Bybelstudie, nie meer
> Godsdiens of so iets nie.

In die Senior Sekondêre fase word Bybelkunde as vak aangebied.

> Wat ons eintlik veronderstel was om te doen, en wat gewoonlik net die eerste
> kwartaal of so gebeur het, is om die Bybel te bestudeer, nie godsdiens
> beoefen nie.

Hmmmm..... Wat van saalopening op Maandagoggende? Geen skriflesing en gebed
nie?

> Na die 2de kwartaal het die Onnies moeg geraak vir die kinners
> wat nie wil luister nie, en ons (die leerders :) ) het maar self die naam
> verander na Vriend-Lanks-Jou-Se-Rekeningkunde-Boek-Studie. :O.

Hierdie ding gaan met mening verander. Die NSA gaan die teenoorgestelde
rigting. Godsdiensuitlewing word 'n verpligte deel van die kurrikulm en 'n
eksamineerbare uitkoms (die regering oordeel dat dit sal help om die morele
standaarde in die samelewing te verbeter, ten einde die misdaadvlakke te
beheer!) Nodeloos om te sê, ek is teen hierdie beleid onwrikbaar gekant.

Onderwys & opvoeding | 12 kommentare

Bladsye (1835): [ «    1247  1248  1249  1250  1251  1252  1253  1254  1255  1256  1257  1258  1259  1260  1261  1262    »]
Tyd nou: So. Jun. 14 05:09:49 UTC 2026