Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

"Groenspreeu" deur P.W. BUYS

Di., 30 Maart 1999 00:00

GROENSPREEU
P.W.BUYS

"Die digter is 'n leuenaar wat altyd die
waarheid praat." Jean Cocteau

Jy kan die groenspreeu nie vertrou,
hy lieg die aarde pimpelblou.

Hy fluit die hemel lowergroen,
paljas 'n pruim tot perlemoen.

Hy tierelier die suring soet,
die katjiepiering swart soos roet.

Hy vonkel, konkel, toor die son
tot 'n ranonkelrooi ballon.

Die groenspreeu is 'n kunstenaar -
soms lieg hy selfs die waarheid waar.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Nog oor Ikone

Di., 30 Maart 1999 00:00

Oor die hofuitspraak in die saak oor die dood van Angelina, het Beeld
geskryf:

***************************

Dit gebeur te dikwels nog in Suid-Afrika dat die openbare persepsie oor 'n
saak hoegenaamd nie rym met die feite van daardie selfde saak nie.

Vandeesweek is die tragedie wat dit kan veroorsaak weer bewys.

Familielede, vriende en belangstellendes van die Zwane-gesin kon nie vrede
vind met die bevinding van die hof dat mnr. Nico Steyn geen bedoeling gehad
het om baba Angelina dood te maak nie en daarom 'n opgeskorte vonnis gekry
het. Familielede, vriende en ondersteuners van dr. Allan Boesak kon weer nie
aanvaar dat hy wél geld gesteel en bedrog gepleeg het en daarvoor tronk toe
moet gaan nie.

In albei hierdie sake is wilde persepsies geskep en emosies as gevolg
daarvan opgejaag. En dit is gedoen lank voordat die tweesnydende swaard van
die gereg die werklike feite oopgevlek het.

'n Woordvoerder van pres. Nelson Mandela het net ná Angelina se dood gesê
die president beskou die daad "as gevoelloos en onmenslik, een wat die
swaarste straf binne ons regstelsel verdien".

Selfs net ná die uitspraak in die Zwane-verhoor eergister het die minister
van justisie, mnr. Dullah Omar, suspisie daaroor gegooi deur te sê hy gaan
'n verslag oor die saak aanvra. Hy het ook mense aangeraai om by die
regterlike dienskommissie te kla oor "uitsprake en vonnisse wat nie
regverdig is nie".

Net so het Mandela en Omar lank voordat Boesak se saak in die hof begin het
uitsprake gemaak wat daarop dui dat hulle glo hy is onskuldig. 'n Land met
'n geskiedenis van rassekonflik soos Suid-Afrika, en waarin daar gevoelens
was dat selfs die regspleging deur 'n wit minderheid ten koste van 'n swart
meerderheid bedryf is, kan sulke uitsprake nie verwerk nie.

**********************

Ek het hierdie punt al tevore gemaak:

Luide gegil en gejil, gegrond op oningeligtheid en gemik op die skepping van
persepsies, is uiters gevaarlik vir hierdie land.

In albei hierdie sake het Mandela op sy neus gekyk, en sy optrede was nie
tot sy eer, of tot dié van die land nie.

Wanneer dit nog kom van mense soos Gloudina, wat knus en veilig met haar
persepsiemeul in die buiteland sit, en nie moet saamleef met die gevolge van
die wanpersepsies wat hulle skep en onderhou nie, moet sulke gedrag gesien
word as laakbaar in die ergste graad.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

"Danseur Noble" deur EVELEEN CASTELYN

Ma., 29 Maart 1999 00:00

DANSEUR NOBLE
Eveleen Castelyn
Menslikerwys gesproke, 1984)

my man is 'n sjinese mandaryn
in sy flambojante jas
kom hy veroweraar binne -
bloedsteen aan sy vinger
swart romaanse
oë, danseur noble
gryp my hou my vas
vir die asemrowende
jeté en l'air
in die pas de deux
wat ons uitvoer
op die gloeiende afgaanse
tapyt van ons liefdesbed

Prosa & poësie | 0 kommentare

Re: Verkiesing - to AMAC

Ma., 29 Maart 1999 00:00

Hoe Gaan Dit:
Ek weet nie of jy ooit jou moeder taal kan vergeet nie. Die selfde met di
Skotse hulle sal nooit die taal verloor nie of (aksent) want soos hul se dit
kom van jou moeder's melk.
Hoe lank woon jy nou in Australia, want my man het 'n oom in America (46 jaar
gelede) en meng met allerhande en het sover nog nie sy taal verloor. Dit kom
af as jy dit soo kies.

Koeitjies & kalfies | 23 kommentare

Van sneeu tot sand

Ma., 29 Maart 1999 00:00

'n Kanadees besluit op 'n dag dat hy so keelvol is vir sneeu, hy gaan sy
ski's op sy kar se dak vasmaak en begin ry tot hy op 'n plek kom waar iemand
vir hom vra wat se goed het jy daar op jou kar se dak.

Maande later stop hy in Pietersburg om brandstof in te gooi en 'n ou vra vir
hom wat het jy daar op jou kar se dak. Die man was baie bly en besluit om
net daar 'n huis te koop.

Twee maande later besluit van die man se familie om te kom kyk hoe dit met
die man gaan, en begin hulle toe om die man se "spoor te volg". Toe hulle
uiteindelik in Pietersburg opdaag vind hulle die huis verlate met 'n te koop
bordjie buite die erf. Die buurman word geraadpleeg en hy sê toe vir die
mense.............Man ek weet nie waar die ou heen getrek het nie maar wat
baie einaardig was is dat hy 'n swarte op op sy kar se dak vasgemaak het.

** Ons weet mos al lankal dat die verskil tussen 'n toerus en 'n rasis slegs
twee weke is. **

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Re: Er... Rhino...

Ma., 29 Maart 1999 00:00

In article ,
Secret Squirrel wrote:

> Incidentally, now that you are in Australia may I suggest that
> you turn your back on the South African club where you hang out
> so you can maintain your "Cultural Heritage"

Vertel meer hiervan?

Dit herinner my so skuinsweg aan Bees se idees oor "Eksklusiwiteit en die
Volkstaat".

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Re: Honest Feedback....

Ma., 29 Maart 1999 00:00

Secret Squirrel wrote:
>
> Leendert,
>
> In Australia they have a club where ex-patriat SAfricans get
> together and talk shit about life in the old SA.
>
> I was merely suggesting that Fred Else give this joint the finger
> and move forward with his transition to Australian culture.
>
> It's imperative if one wants to move on in life...
>
> He does however appear apprehensive, but perhaps he like the many
> Afrikaans speaking SAfricans that I interview as a HR
> practitioner, on a daily basis, he displays characteristics which
> detract from his suitability to many prospective employers.
>
> Squirrel

Ja sjym ou eenkoringtjie

Jy bly maar pateties rondhang op die groepie so al asof die OZianers jou
ook nie eintlik aanvaar nie? So al asof jy terugverlamg, hmmm? Praat jy
darem afrikaans met al die X-SA'ners wat wat jy 'unsuitable' find?

Weet jou Oz'ie employers van die nie Politiek Korrekte aanmerkigs wat jy
elke nou en dan op die groep kwytraak?

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Reply to squirrel

Ma., 29 Maart 1999 00:00

Yes, I can understand your confusion when you read the articles. I now live
in another country where they also cling to the past and celebrate their
uniqness. Yes ,they also settled a new country and fought their way to the
top of the pile ,and now sing it out that they are a superior race. They
suffered hardships and kept going forward ,bringing and suporting their
culture from the old country. Just as the afrikaner sing and celebrate the
old country values. But together my old homeland and my new homeland fought
with the allies in the second world war against evil that would have meant
now freedom of anything for you or me today. Ja, wapper die vierkleur and
die union jack. Wees trots op jou nasie. Rhino

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Rednecks

Sa., 27 Maart 1999 00:00

Johan en Gludina

Ek het 'n baie intressante webblad oor REDNECKS gekry ..
Aanvaar dit tog maar as vredesoffering .

http://www.gosri.com/redneck/frame.htm

O ,ja , wat nogal intresant was terwyl ek gesoek het , was die negatiewiteit
teenoor rednecks wat dit blykbaar gemaak het dat hulle baie onwelkom is .

Juan
cham...@bigfoot.com

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

SA in London 28/3 of 6/4?

Sa., 27 Maart 1999 00:00

Sien julle graag by Rock Garden, Covent Garden, Sondag 28 Maart
1 - 3 nm. of by Acoustic Cafe, Soho, Dinsdag 6 April 9nm.
Suid-Afrikaanse sangeres Madeline Milla tree daar op.
--
rana

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1835): [ «    1237  1238  1239  1240  1241  1242  1243  1244  1245  1246  1247  1248  1249  1250  1251  1252    »]
Tyd nou: So. Des. 21 23:19:18 UTC 2025