Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

I.v.m. Za-drol op KletsKerk

Sa., 05 Julie 2008 14:21

Hallo broer Pineas

Dankie vir die inloer. Lekker om weer van jou te hoor. Ons
moet maar probeer om vir werf-etter ZA-drøl (...Zuid-Kaffri-
kaanse drøl) hierbo te ignoreer. ...Hierdie patetiese, ateïs-
tiese Kaffrikaan-klonkie loop maar so met sy vuil gatriem
(Afrika-doek) rond. Daai Afrika-pong bly hang.

Laat ons gou vir die dom sot (wat die Bybel op Wikkipedia
in braille probeer lees...) verduidelik dat God sy instruksie
omtrent die ontmandes (mbt Israel) later gewysig het :

Jes. 56: 3-5+8 : “En laat die uitlander wat hom by die HERE
aangesluit het, nie spreek en sê : Die HERE sal my gewis af-
skei van sy volk nie ; en laat die ontmande nie sê : Kyk, ek
is ‘n droë boom nie. Want so sê die HERE aan die ontman-
des wat my sabbatte hou en verkies wat My behaag en vas-
hou aan my verbond : Ek sal aan hulle in my huis en binne-
kant my mure ‘n gedenkteken en ‘n naam gee wat beter is
as seuns en dogters ; ‘n ewige naam gee Ek aan hulle, wat
nie uitgeroei sal word nie. Die Here HERE wat versamel die-
gene wat van Israel verdryf is, spreek : Ek sal by hom nog
meer versamel, by sy versameldes.”

Verder is Za-drøl so erg verstop in sy Afrika-høl dat hy blyk-
baar glo ‘n houtseun kon reeds in die tye van die Apostels uit
boekrolle lees, dat hulle klere gedra het, op waens (met wiele)
gery het, ens ; terwyl hulle selfs 1600 jaar ná Christus steeds
in gatrieme in die veld (sonder die wiel) rondgedonner het toe
Jan van Riebeeck sy wit voete aan die Kaap geplant het.

Ou Za-drøl is hier met ‘n spesifieke agenda. Za-drøl is een
van daardie Afrika-poepolle wat desperaat probeer om die
Israelwaarheid te diskrediteer. Maar sy tipiese Afrika-onbe-
holpenheid weerhou hom outomaties van sukses. Want hy
gly elke keer op sy eie Afrika-breinselekskrement.

Tsk tsk tsk...

Groete

JW12

Hierdie gesprek kan op die volgende draad gevolg word :

http://kletskerk.co.za/viewtopic.php?f=1&t=7507&st=0 &sk=t&sd=a

Geloof & kerksake | 1 kommentaar

Susanna Smit

Vr., 04 Julie 2008 10:13

SUSANNA SMIT

Gedurende die Groot Trek was daar ‘n insident
wat trots vertel word deur vroue: toe die mans in
die Groot Trek die Drakensbergreeks teengekom
het, en gewonder het of hulle dit sal kan oorsteek,
toe het die vrouens gesê dat hulle die waens uitme-
kaar sou maak, en stuk-stuk kaalvoet oor die berge
sou dra. Blykbaar was hierdie die woorde van
Susanna Smit, vrou van Erasmus Smit, wat die trek
van Piet Retief vergesel het as predikant. Erasmus
Smit, gebore in ‘n Amsterdamse weeshuis, was in
diens van ‘n Nederlandse Sendinggenootskap toe hy
op 35 jaar trou met Susanna, suster van Gerrit Maritz.
Susanna was toe nog net 13 jaar oud. Hy was egter
maar ‘n swakkerd, en het van die een plek na die ander
geswerf, meestal as onderwyser op die grens, en was
bekend as iemand wat hom dikwels met alkohol te
buite gegaan het.
Toe die Groot Trek begin in die derde dekade van
die neëntiende eeu, word Erasmus en Susanna deel van
die trek van Piet Retief. Na die trek deur die latere Vry-
staat en oor die Drakensberge, na die moord op Piet
Retief en sy geselskap deur Dingaan se impi’s, het die
Trekkers uiteindelik by die huidige Pietermaritzburg
uitgekom. Susanna was die leier van die vroumense.
Toe die Britte die Republiek Natalia wou annekseer
en Sir Henry Cloete daarheen stuur, is hy ure lank deur
‘n klomp woedende vroue in sy raadsaal vasgekeer,
waar Susanna die woord gevoer het. Die Grahamstown
Journal rapporteer hierdie insident as volg: “... to the
kind expostulations of her husband - “Stil vrouw, stil
toch een weinig, stil myn kind, stil” - the virago vocife-
rated: “ you wretch, shall I be still while you stand there
silent... so that I must wear the breeches?”
Hierdie insident is nie aangeteken nie in die dagboek
wat Susanna Smit gehou het, en wat nou in die Natalse
argief bewaar word. Ook in hulle lewe verder was alles
nie rustig nie. Omdat Erasmus nie ‘n geordende predikant
van die Nederduits Gereformeerde Kerk was nie, het baie
van die Voortrekkers verkies om die dienste te gebruik
van Daniel Lindley, ‘n Amerikaanse sendeling wat toe
werksaam was in Natal. Erasmus se lewe as Trekker-
predikant het dan ook in 1841 tot einde gekom, tot die
verontwaardiging van Susanna.
Sy het voortgegaan om haar dagboek te hou, maar
sy vra op een stadium: “.. voor wie is het, wie sal het
leezen?” Het sy maar vooruit geweet dat haar dagboek
na een en ‘n half eeu nog sou bestaan en bestudeer word.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Die antie se gedraal.....

Vr., 04 Julie 2008 08:01

Nou wonder ek of het die antie waaragtag niks te doene nie? Waarom
nou weer die ou stories uitpluk en 'n dooie perd weer te probeer lewe
gee?

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Stigting van die NG

Do., 03 Julie 2008 07:06

Gloudina

Kan jy my meer vertel oor die geskiedenis van die NG.

Hoe is dit gestig

Deur wie is dit gesttig

Wie is die mense wat die finale besluit krag het om te bepaal of 'n NG
gestig mag word of nie

Hoe werk die stemme

Wie was van die eerste plasers, en wat het van hulle geword. Ek onthou toe
ek die NG per ongeluk ontdek het jare terug was daar 'n ou met die skuilnaam
"Propachem" of so iets. Wonder wat het van hom geword.

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

Uit "Die dye trek die dye aan"

Wo., 02 Julie 2008 20:15

WAT MAAK OOM KALIE DAAR
Hennie Aucamp

1 Oom Kalie is die gasarties
in elke joint van Cannes tot Nice:
hy slaan sy vrou met die handsambok -
en soek jy slae, kry jy dit ok.
2 Oom Kalie doen sy naam gestand
in elke disko in die land:
hy suip en strip tot hy onthul
'n vyfster-bloukop-Boerelul.


Allersiele, 1997. Heropgeneem in Die dye trek die dye aan)


---------------

[Ongetiteld]
Peter Blum

O Boegoeberg se dam
is 'n doodlekker dam:
dis daar waar die meide
hul okselhare kam.
Ek vlieg daar soos 'n wolbal rond
my pere is van staal:
ek het my angel skerpgemaak
om jou heuning uit te haal.

(Vantevore ongebundel.)
------------------------------------


(Twee ongetitelde verse uit My hart sing sewe moppies, 1996)
R.K. Belcher


Die skip lê vasgehaak
hy lyk soos 'n perd se kaak
bokkie vannag gaan ek by jou
my ankertou laat kraak
*
Die blink skaar van die ploeg
die dol van laat tot vroeg
van al die insteek in 'n voor
is al my ysters moeg
---------------------------------

Uit-oor-lê
Ellen Botha

Sy skrywe haar sprokie met smaak;
die prins laat haar paddatjie kwaak:
Haar toeteltjies tuit,
Haar magie sit uit
En Griet dog hy steek net die draak!

(Tevore ongepubliseer) (sinspeel op die roman Griet skryf 'n sprokie
deur
Marita van der Vyver)
-------------------------------------


Die bok het my gestoot
(volkskwatryn)

Die misbank op die see,
die misbank op die see.
Toe vry ek mos my bokkie
dat sy: Eina gotta! skree.
(Pieter W Grobbelaar: Die rooi lappieskombers: Volkskwatryne, 1997)

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Survivor 2 -

Wo., 02 Julie 2008 20:10

Torreke, hoekom het jy so van die toneel af verdwyn.
Dit lyk of jy dink dat jy Survivor 1 verloor het, en toe
die aftog moes blaas. Maar jou wiskunde was heeltemal
foutief. Van die tien mense wat jy gevra het om te stem,
het net twee van hulle laat hoor. Katryn het uit beginsel
vir jou gesê dat sy liewer by die stemmery wil uitsit.
Die enigste ander persoon wat van hom laat hoor het,
was Dave. Eers het dit gelyk of hy vierkant agter jou
is, maar toe hy sien dat min ander van hulle laat hoor,
het hy begin om sy mantel na die wind te draai en jou
eintlik op 'n bedekte manier aangeval, eintlik vir jou
met die mes in die rug gesteek. Miskien ly hy aan
'n slegte gewete, want ek merk dat hy ook vir homself
van die nuusgroep verwyder het.
So, jy het nie Survivor 1 verloor nie. Kom terug
na die nuusgroep. Ek beloof jou ek sal vir jou vir 'n
beperkte rukkie alleen laat. Ek mis veral jou liedere-
talent. Kom sing weer vir ons.
Tant Hessie van Beaconsbaai

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Somtyds is trane magtiger as die pen of die swaard

Di., 01 Julie 2008 22:01

Dis die jaar 1961. Vyftien jaar voor die intefada in Soweto.
Een oggend, 'n rukkie voordat ons 'n personeelvergadering
sou hê, roep Jaap Strydom vir my in sy kantoor in. Hy sê,
met geen glimlag op sy gesig, dat hy daardie dag gaan
aankondig dat twee van die vakke in Junior Sertifikaat in
die medium van Afrikaans sou onderrig word, en
dat hy nie wil hê dat ek enigiets daaroor moet sê in die
personeelvergadering nie. Ek was so geskok dat ek net
stil opgestaan het en die kantoor verlaat het.
Later, toe Jaap die aankondiging doen in die
vergadering, toe sit ek langs die ouerige baie oulike
Engelse onderwyseres ( wat vlot Afrikaans kon praat).
Ek sien hoe sy skielik regop sit, hoe sy byt op haar
lippe. Ek waag dit nie om na die swart onderwysers
te kyk nie. Maar ek sien dat selfs die ander wit
onderwysers, meestal Afrikaans-sprekend, geskok
is oor die nuus. Ek huil nie maklik nie. Maar daardie
dag toe huil ek vir die eerste en enigste keer in 'n
personeelvergadering.
Aan die begin het ons aangeneem dat die
Departement van Bantoe-Onderwys hierdie beleid
aangekondig het en dat Jaap dit maar net sou moes
uitvoer. Eers later het ons uitgevind dat geen ander
skool in Natal dieselfde doen nie. Jaap het dit op sy
eie in die skool op Adams Mission ingevoer. Hy het
ook dadelik begin om handleidings te skryf vir wiskunde
en Sosiale Studies in Afrikaans, dit op die skool se
afrol masjien geproduseer, en dit teen 'n profyt aan
die studente verkoop.
Dis nou dieselfde Jaap Strydom waaroor
Max du Preez in "Pale Native" skryf dat hy wat Jaap
was vir hom wou oorhaal om te help met die produksie
van 'n studenteblad om in Soweto te versprei. Max,
wat eers gedink het Jaap is 'n oulike ou, het gou
uitgevind dat hy 'n gat in die kop gepraat sou word,
en het besluit om niks met die saak te doen te hê
nie. Max vertel dat hy later uitgevind het dat Jaap sy
finansering gevind het by die "notorious Department
of Information."
Dis nou dieselfde Jaap Strydom, teen 1976
die administreerder van Bantoe Onderwys in Soweto,
wie se seun nog deur die apartheidsregime skuldig
bevind is van die verduistering van 'n miljoen rand,
wat sy firma betaal is om posters te vervaardig om
in Bantoe skole opgehang te word om die regering
in 'n goeie lig te stel. Min van daardie posters het
glo ooit by die skole uitgekom.
Dis dieselfde Jaap Strydom wat met sy
beleid van vakke in Afrikaans te onderrig, myns
insiens die intefada in Soweto veroorsaak het.
Dis dieselfde Jaap Strydom wat 'n getuie
gedurende die Waarheid en Rekonsiliasie Kommissie
as "the one armed bandit" van Bantoe-Onderwys
in Soweto beskryf het, as gevolg van sy boelie-
taktieke.
Wat het Jaap Strydom nou daarby gebaat.
Hy is 'n ruk gelede oorlede aan kanker. ( Hy was
jonger as ek.) Maar sy naam leef voort in die annales
van die internet met 'n groot swart klad daarop.

Gloudina

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Uit die Burger - 30 Desember 1986

Di., 01 Julie 2008 17:24

Strydom oor swart skole: Ontwrigting met stappe gekeer Van Ons
Politieke Redaksie PRETORIA. - Die noodregulasies wat gister
uitgevaardig is om ontwrigting by swart skole te verhinder het net die
bevordering van die onderwys en die bevordering van die belange van
leerlinge en ouers ten doel. Só het mnr. Jaap Strydom, waarnemende
Direkteur-generaal van Onderwys en Opleiding, gister in 'n verklaring
gesê. Sy versekering volg nadat bykomende regulasies ingevolge die
noodtoestand gister uitgevaardig is om intimidasie en politieke
optrede by swart skole aan bande te lê. Ingevolge die nuwe regulasies
word wye magte aan die Direkteur-generaal van Onderwys en Opleiding
verleen om bevele uit te vaardig rakende swart skole. Hy kan onder
meer 'n verbod plaas op sekere bedrywighede soos optogte, op die
teenwoordigheid by skole van bepaalde mense en op die verspreiding van
publikasies soos pamflette en ander geskrifte by skole. Hy verkry ook
die gesag om 'n verbod te plaas op die aanbied van sekere leerplanne
en programme by skole wat nie ingevolge die Onderwyswet goedgekeur is
nie. Dié regulasie is klaarblyklik gemik teen die sogenaamde stelsel
van ``people's education''. BESKERMING Die Direkteur-generaal kan ook
die vertoon van wapens en embleme van sekere organisasies by swart
skole verbied, asook die dra van kledingstukke waarop afdrukke van die
wapens, embleme of ander kentekens verskyn. Mnr. Strydom het gister in
'n verklaring in Pretoria gesê dit is die goeie reg van elke ouer om
aanspraak te maak op ononderbroke, betekenisvolle onderwys vir sy
kind. So is dit die leerling se reg om beskerming te geniet terwyl hy
die beskikbare onderwysgeleenthede benut. ``As beroepsopvoeder gee ek
graag die versekering dat enige bevel wat in die toekoms ingevolge die
noodregulasies uitgereik kan word, net die bevordering van die
onderwys ten doel sal hê en in die regstreekse belang van die
leerlinge en ouers sal wees,'' het mnr. Strydom gesê.

Nuus | 0 kommentare

Oor die goeie ou dae toe hulle geweet het hoe om in die state te veg.

Di., 01 Julie 2008 15:06

Dis 1960 en ek is op pad na Durban na die winterskool-
vakansie. Ek moes in Bloemfontein oorlê. Daar stel 'n
enorme vet Afrikaanse vrou, met 'n maer klein man en
'n taamlike vet kind, hulle aan my voor en omdat ek
uit beginsel nie mense wil ontwyk wat byvoorbeeld
baie vet is nie ( my ma en pa het my so grootgemaak)
het ek maar die tyd op Bloemfontein se stasie met
hulle deurgebring. Die vet vrou was gefassineer met
my verhaal dat ek in 'n swart skool skoolhou nie verder
as dertig myl van Durban af nie, op 'n plek waarvan sy
nog nooit gehoor het nie.
Nou dis 1960. Vroeér daardie jaar is 'n hele klomp
mense in die rug by Sharpeville doodgeskiet. Oral in die
land is daar opstandige roeringe. Dis die tyd toe Poqo
en die ANC se militêre arm begin opereer. Die atmosfeer
by die skool op Adams Mission is ongemaklik. Die
klomp Afrikaners wat ingestroom het toe Bantoe-
Onderwys die skool oorgeneem het, is ongemaklik.
Die swart onderwysers in die hoërskool se oë is
versluier as daar oor die gebeure gepraat het. ( Ek
merk egter ook op dat hulle uit hulle pad gaan om
vir my gemaklik te laat voel.)
Na 'n paar weke is daar optogte in Durban.
By die manshostelle suid van Durban is daar 'n
opstand, en die weermag word ingeroep. Twee van
ons onderwysers, Afrikaans-sprekend, vroeër van
Transvaal, word opgeroep om wapens op te neem
omdat hulle lede is van die siviele mag. Hulle word
gestuur na die manskoshuise om dit te bewaak.
Sommige van die studente by ons skool besluit
om huis toe te gaan. My klas kom na my toe en
vra dat ek vir Jaap Strydom moet gaan sê dat hulle
nie iets slegs probeer doen nie, maar dat hulle vrees
vir hulle lewens en liewer huis toe wil gaan. Jaap
Strydom sê ek moet vir hulle sê dat die skool hulle
sal beskerm. Ek vertel dit vir die kinders.
Op Adams Mission is ons nou afgesny van
kontak met Durban, omdat die soldate 'n versperring
op die hoofweg tussen Durban of Amanzimtoti het.
Ons begin voel "under siege." En in die middel van
alles, wie arriveer op Adams Mission in al haar glorie?
Die verskriklike groot vet vrou en haar klein mannetjie
en hulle seun. Ek weet nie wat het haar besiel om
op daardie tydstip vir my te kom kuier nie. Ek het
nie eens geweet dat sy my naam sou onthou nie.
Hulle moes 'n groot ompad gery het om by Adams
uit te kom. Sy was seker bekommerd oor my.
Maar ek kan nog Jaap Strydom se oë onthou toe
hy my vra of die vrou en haar man my gekry het.
Dis asof Jaap skielik begin wonder het of hy my
werklik ken. Hy het duidelik nooit verwag dat ek
so 'n verskriklike groot vet vrou in my vriendekring
sou toelaat nie.

Gloudina

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Vir die "useful idiots"

Di., 01 Julie 2008 11:19

Gaan loer so bietjie hier Gloudina en vra jouself af wat sou in Kanada
gebeur het as dit daar plaasgevind het

http://www.news24.com/News24/South_Africa/News/0,,2-7-1442_2 349813,00.html

en

http://southafricanhell.blogspot.com/

Gaan kyk hoe lyk die witmense nadat hulle aangeval is. Kom terug SA toe en
kom lewe in die land waarvoor jy so lank baklei het Jy sal nie want jy sit
met jou dik gat daar agter jou rekenaar in veilige Kanada en sien presies
dit wat ek en ander dmv Internet links na jou toe stuur, maar jy en jou
soort is te kak sleg om te erken dit waarvoor julle gewerk het, het in julle
gesigte ontplof.

Vra maar vir ou pienk Frikkie, die pateet is deesdae meer land uit as hier.
Seker bang Sipho gee vir hom dieselfde medisyne as wat hulle vir sy eks vrou
gegee het.

En natuurlik vra jouself ook sommer af waar is die afgelope 18 maande se
fotos van wit op swart haat misdrywe. Julle argument is mos dat die tronke
so baie swartes in het want daar is so baie van hulle, nou hoekom werk die
argument nie hier ook so nie. SUCKERS !

Riaan was vir 'n paar maande lank redelik stil (en soet) op die NG. Dink dit
het weer tyd geword om die libbies weer so bietjie te roer.

Koeitjies & kalfies | 29 kommentare

Bladsye (1835): [ «    115  116  117  118  119  120  121  122  123  124  125  126  127  128  129  130    »]
Tyd nou: Sa. Des. 20 14:14:54 UTC 2025