Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Die taal en 'afstootlikhede'

Sa., 03 Julie 1999 00:00

So 'n bietjie weg beweeg van die 'Afgedankte onnie' af...

Gehoor van ons vrind op besoek aan die kaapse vismark...

Daar lê toe 'n paar mooi bossies van die kaapse vissies. Vra ons vrind aan
die visverkoper in sy mooiste r�nde uitspraak:
'Ag sê my, wat kos die bruinerige vissies 'n bossie?'
Laat waai die kypie: 'Nei my oubie, djy ka' ma' sê hotnosvis. Ons praat nog
altyd van he boe' papoen'

Nog een:

Die taal puris reis per motor na die kaap. By Laingsburg word stil gehou
vir 'n uitspanning.
Die popmjoggie is ook gou by.
"Ag my vrind, sal jy asb vir my hier onder die enjinkap inloer en gou nagaan
of die olievlak in die oliepan nog reg is. En terwyl jy daar kyk,
kontroleer ook sommer die elktrolietvlak in die akkumulator en ook die
verkoelmiddel in die verkoeler. Terloops, is hier dalk 'n gekwalifiseerde
meganikus? Ek vermoed my knormoer is defek.'
Hy loop sy draai en terug by sy ryding is die pompjoggie net klaar.
"Oubie, ek het die dipstick uitgetrek en die olie is nog OK in die sump, die
béterie acid is nog OK en die coolant innie rydiytir is ook OK. Maar die
ounooi slaap nou so lekker, ek het haar maar eers so gelos!"

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Onsedelikheid - frikkadelle - ligtere sye

Sa., 03 Julie 1999 00:00

Shannon skryf en hoop ook op die terugkeer van Hennerietjie

NOU begin dinge te roer - kom ons vat bietjie saam :

Hierdie pot het nou 'n brousel van stoute onsedelikheid, frikkadelle,
"doorgedraaide" beeswange, ore, "lippen",varkvel, kathare, nostalgie,
sluipers, rowwe verpleegsters, (lekker), beesvet, skelm slagters,
flitsbatterye, Skelmbosse kore wat nie treur nie en bo'jane wat bergklim,
sebra salamis,en, en , en wat nog ? Potholes het nou bygekom maar vir
die wat nog nie weet nie - hier is nie slaggate by hierdie geselskap
nie......

Ons moet nou net ook vuur aansteek onder die pot - behoort interessant te
wees as hierdie ding begin kook.

Van kook en flitsbatterye gepraat :

Jare gelede in die Suidwes van toet was dit VERBODE om heel, gedroogte
ertjies aan die "eerste inwoners" te verkoop - regtig , ek lieg nie - want
hulle het 'n bier (karrie genoem) daarvan gestook wat werklik potensiaal
gehad het. Ek HET die resep - as iemand goedkoop wil dronk word. Basies
was dit die ertjies waarvan eers 'n "plantjie" gemaak is en wanneer die aan
die gang is, kom daar rosyne, suiker en "compressed yeast" by. Die goed
is oral in die veld begrawe en 80 % van die polisie se tyd is in beslag
geneem met die opspoor van die onwettige brousels. Vir ekstra skop - nie
dat die bier dit nodig het nie - het die brouers allerhande ekstras
bygevoeg. Fitsbatterye, brandspiritus, akkedisse, lemmetjies ensomeer.
Die vate en dromme was so goed versteek in die veld dat dit spesiale kennis
en ervaring geverg het om dit op te spoor.

Was nie 100 jaar voordat 'n poliesman uitgevind het dat 'n bok besonders
lief is vir die gebroude ertjies nie - die polisie in Windhoek het so 'n
alkolis bok opgelei om die goed uit te ruik in die veld. Op elke plek waar
die bok 'n drom "karrie" uitgeruik het, het hy ook 'n beker vol daarvan
gekry. Teen die derde of vierde beker was die bok ook "motherless" dronk en
moes die manne halt roep.

Nuus van die bok het egter uitgelek en dit was net 'n kwessie van tyd
voordat die bok iets meer as net bier ingekry het. "So much" vir bok nommer
een.
Hoe lank die polisie bokke bly oplei het, weet ek nie en hoe lank die storie
aangehou het , weet ek ook nie meer nie. Gedroogte ertjies is toe later
gewettig.

Ou Charlie, die voorman Boesman op my oom se plaas, was die baasstoker van
Grootfontein distrik. Ons het die resep sorgvuldig by hom afgeneem en
saamgevat Tukkies toe. Dit het nogal 'n ding afgegee. Vir die ou tante
by wie ons loseer het, het ons vertel : soos wat julle koringbier,
pynappelbier en allerhande ander stooksels in die Transvaal maak, so maak
ons in Suidwes weer van ertjies bier en sy GLO dit wraggies. Toevallig het
ons eerste stooksel ook perfek alkohol ontwikkel en toe dit toets (proe) tyd
word, wou ou tant Bettie ook hê en tot ONS konsternasie HOU sy so baie
daarvan dat sy DRIE glase drink. Dit was haar heel eerste alkohol in die
lewe as ons nou nagmaalwyn eenkant los. Ons het haar bed toe gehelp die
aand.

Heelnag gesit en "worry" wat ou tant Bettie gaan sê as sy weer bykom.
Gelukkig was haar kop te seer die volgende dag om bakleierig ook nog te wees
maar sy kon wel uitkry : Ek het julle klomp bokkers verbied om drank op my
perseel in te bring en nou STOOK julle dit hier. Nie weer 'n ertjie op my
werf nie of julle trek almal.........

Julle beurt nou. Die ander droogmaak as student bêre ek vir later.

Omie

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

SA Kos in Kanada

Vr., 02 Julie 1999 00:00

As daar van julle is wat belangstel:
Ek het te hore gekom van die volgende bron van SuidAfrikaanse kruideniersware in
Ontario:

Bel vir Andy Orphanou by (1) (416) 223-7011
Die adres is
Baxter's Fine Foods
798 Sheppard Ave East
Wollowdale, Ontario
M2K 1C3

Ure 8 - 12 elke dag.

Die ou se pryse lyk billik en as hy vir jou 'n prys lys faks, is sy pryse in
CanDollar - maal met min of meer .677 om USA$ te kry. Hy verskeep na die VSA
toe met UPS.

Hier is een of twwe van sy pryse in Kanadese dollar:

6 Cadbury Flakes - CAD$7.00
Eno's (6pack?) - CAD$2.00
500ml Elizabeth Anne Baby Shampoo - CAD$8.00
125g Sunlight Seep - CAD$0.75
125g Marmite - CAD$3.75
500ml Ultramel Vla - CAD$3.50

Hy het dan 'n hele klomp ander goed ook- twee vol bladsye. Van die produkte kan
ons in elk geval hier in die VSA kry - sommige goedkoper en sommige duurder.

Interesantheid tussenin:
Ek sien by die selfde ou kan jy Fanta Grape of Fanta Orange kry vir $8.00
Canadian vir 6 blikkies. Dis omtrent een van ons dollars vir 'n blikkie - seker
nie to rof as jy desperaat is nie.

Ons koop so nou en dan Coke, Diet Coke of Sprite, maar ons maak seker ons betaal
nie meer as $1 vir 6 blikkies nie. Daar is gereeld by die supermarkte sulke
specials aan. En die lekker pryse is nie deur die bank nie. Jy moet met oop oë
koop - die naweek het ok so paar boksies koeldrank gekoop elk met 12 blikkies in
vir $1.99 elk. Langsaan op die rak was kartonne met 24 blikkies in teen die
normale prys van $4.99.

Wat kos 'n blikkie koeldrank deesdae in die Republiek?

Kos & resepte | 12 kommentare

Uit "Die Vlakte" van JAN F. E. CELLIERS

Vr., 02 Julie 1999 00:00

Uit "Die Vlakte"
Jan. F. E. Celliers

Soos 'n vlokkie skuim uit die sfere se ruim
kom 'n wolkie aangesweef,
maar hy groei in die blou tot 'n stapelblou
van marmer wat krul en leef -
kolossaal monument op sy swart fondament,
waar die bliksem in brul en leef.
En o, met my is die windjies bly:
hul spring uit die stof orent
en wals en draai en dwarrelswaai
oor my vloer, van ent tot ent;
die gras skud hul wakker om same te jakker,
tot hy opspring uit sy kooi
en soos mane en sterde van jaende perde
sy stingels golf en gooi.
Met dof-sware plof, soos koeëls in die stof,
kom die eerste druppels neer,
en dit ruis alom so deur die gebrom
en gekraak van die donderweer.
Met kloue vooruit om te gryp en buit
jaag 'n haelwolk langs verby,
soos 'n perde-kommando wat dreun oor die lande
vertrap en gésel hy -
en sy lyke-kleed sien ek ver en breed
in die awendson gesprei.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Forts Snelling Verwysings

Do., 01 Julie 1999 00:00

Kyk op die web by

http://www.mnhs.org/places/sites/hfs/index.html

vir 'n paar fotos oor die fort en verdere beskrywings.

Disclaimer: Wat ek hier beskryf is ..... die res ken julle.

=|:^)

Johan

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Voordat jy die Serbiers veroordeel, dink hieroor.

Do., 01 Julie 1999 00:00

Hierdie paragrawe kom uit De Kat van Februarie 1997.
Dit is uit 'n onderhoud wat Victor Munnik met Jacques
Pauw gehad het. Jacques is hier aan die woord:
"Eintlik gee ek nie 'n f** om of F.W. geweet het
of nie. Die gruwel kom al van D.F. Malan af. Die
ideologie van apartheid en die totale aanslag is
almal se verskoning. Maar dis rassisme wat swart-
mense so verontmenslik het dat dit maklik was om
hulle te martel en dood te maak. Weet jy, die Vlak-
plaas-ouens praat altyd van 'die onderwerp', nooit
van 'n persoon of mens nie.
" Jy kom tot die gevolgtrekking dat hulle dit moes
geniet het. 'n Adrenalien-trip. Met baie geld. En die
mag oor lewe en dood. Dit was wreedheid en boosheid
op sy ergste. Vat byvoorbeeld een van die moorde wat
De Kock in die tronk laat beland het; die vier mense
wat in die minibus op Nelspruit doodgeskiet is en toe
verbrand is. Daar was 'n vyfde slagoffer, Sweet Sambo.
Hy is ontvoer, en by 'n ou mynskag doodgeskiet. Toe
moes hulle van die liggaam ontslae raak. Eers het twee
Vlakplaas-ouens die horlosie en skoene van die lyk
afgesteel. Toe is hy opgeblaas. Nou moet twee Askari's
-swart ouens - die groter stukkies bymekaar maak, en
op 'n hopie sit sodat hy weer opgeblaas kan word. Of
in 'n ander geval, waar slagoffers 'n dag en 'n nag lank
oral aan hulle lywe geskok is. Voor hulle dood-geskok
is, is die een gedwing om regop te staan en 'Nkosi te
sing. Selfs in oorlog - as hierdie dan 'n oorlog was, wat
De Kock se regter nie geglo het nie - selfs in 'n oorlog
is daar reëls."

Koeitjies & kalfies | 40 kommentare

"Winternag" deur EUGENE MARAIS

Do., 01 Julie 1999 00:00

WINTERNAG
Eugene Marais

O koud is die windjie
en skraal.
En blink in die dof-lig
en kaal,
so wyd as die Heer se genade,
lê die velde in sterlig en skade.
En hoog in die rande,
versprei in die brande,
is die grassaad aan roere
soos winkende hande.

O treurig die wysie
op die ooswind se maat,
soos die lied van 'n meisie
in haar liefde verlaat.
In elk' grashalm se vou
blink 'n druppel van dou,
en vinnig verbleek dit
tot ryp in die kou!

Prosa & poësie | 4 kommentare

Re: "Winternag" deur EUGENE MARAIS

Do., 01 Julie 1999 00:00

Ek dink hierdie is een van die mooiste gedigte wat nog in Afrikaans geskryf is.
Julle ander mense se gunsteling?

| WINTERNAG
| Eugene Marais
|
|O koud is die windjie
|en skraal.
|En blink in die dof-lig
|en kaal,
|so wyd as die Heer se genade,
|lê die velde in sterlig en skade.
|En hoog in die rande,
|versprei in die brande,
|is die grassaad aan roere
|soos winkende hande.
|
|O treurig die wysie
|op die ooswind se maat,
|soos die lied van 'n meisie
|in haar liefde verlaat.
|In elk' grashalm se vou
|blink 'n druppel van dou,
|en vinnig verbleek dit
|tot ryp in die kou!
|
|
|

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Kritiese koerante in Afrikaans

Do., 01 Julie 1999 00:00

Interessant die verskillende maniere waarop Beeld en Die Burger vandag die
stories rondom Mhlangu rapporteer.

Die feite is omtrent alles identies.

Maar Beeld swyg soos die graf oor Mbeki se aanval op die Openbare Beskermer.

Lyk my mens moet maar Die Burger lees.

Totdat Naspers daardie redakteur ook vervang met een wat die ANC goedgesind
is.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

SA familie in Kanada het dringend hulp nodig

Do., 01 Julie 1999 00:00

Jammer vir die Engels...
There is a South African family here in Prince Rupert, BC, Canada that
needs help from fellow South Africans. Johan and Maggie Vivier have 2
children: Heloise (11yrs) and Domonic (13yrs). Johan and the children
suffer from porphyria, a rare genetic metabolic disorder. They have
arrived in Prince Rupert on holiday visas, to see whether the weather
here would help their condition. So far, the weather is helping them and
they are able to live a more normal life. They have now applied for
immigrant status in Canada.
They only brought their suitcases with them. There's a couple of boxes
left in South Africa. Johann and Maggie cannot work until they get a
work permit or their landed immigrant visas. They are a very average SA
family, without much financial resources. This is a call for help. If
you can help out with a donation towards their rent, a box of groceries
or any unwanted furniture/household goods, please contact me for further
details.
This appeal is a genuine one and their story has been receiving coverage
in the Canadian media this past week. I visited the family myself.
Thanks for your time.
Anne Lehmkuhl
Boerewors Express publisher
Email: lk...@citytel.net
Web page: http://www.rupert.net/~lkool/

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1834): [ «    1193  1194  1195  1196  1197  1198  1199  1200  1201  1202  1203  1204  1205  1206  1207  1208    »]
Tyd nou: Vr. Mrt. 13 10:54:38 UTC 2026