Dis die bleek maan wat die getye draai ;
die water spoel soos tyd daar oor die strand.
Blou bult die see by Mosselbaai.
Ek en jy speel op die grofgeel sand,
die Outenikwaberg bruin in die agtergrond.
Dis die bleek maan wat die getye draai.
Hierdie was eens die Strandlopers se land.
Hulle lê nou wit in grotte se diep grond.
Blou bult die see by Mosselbaai.
Hulle wat heuning uit die steil kant
van die Outenikwa kon rook en brand.
Dis die bleek maan wat die getye draai.
Ons lag in die branders - hand aan hand
waar die bruin rivier in die see in mond,
blou bult die see by Mosselbaai.
Jy soet soos heuning uit die berg gebrand,
en ek : saam op Kleinbrakrivier se strand.
Dis die bleek maan wat die getye draai
en die see blou bult by Mosselbaai.
Gloudina, in 'n orgie van ikoonkramery, het 'n emosionele uitbarsting van
Jaques Pauw oor Vlakplaas in verband gebring met "die Serbiërs".
Kom ons gaan net die hoofpunte van die onthullings oor Vlakplaas na:
In Oktober 1989 moes Almond Nofomela gehang word vir die moord op 'n boer
van Brits. Die moord op die boer het niks te doen gehad met Vlakplaas nie,
maar was 'n "doodgewone" misdaad vir eie gewin.
Die nag voor sy teregstelling, het Nofomela onthullings gemaak oor 'n bende
polisiemanne wat mense vermoor. Nofomela was self betrokke by die "bende",
en was dus 'n waardevolle getuie. Hierdeur het hy daarin geslaag om sy
teregstelling te laat uitstel (permanent, soos dit sou blyk).
Onmiddelik na Nofomela se onthullings (nog dieselfde Oktober), het een van
die ge-impliseerde polisiemanne, 'n Kaptein Dirk Coetzee, uit die land
gevlug, en self begin sing. Coetzee was 'n voormalige bevelvoerder van
Vlakplaas. Hy het in Londen gaan skuil, waar hy by die ANC aangesluit het.
(Volgens onlangse berigte is hy nou baie teleurgesteld in hoe die ANC hom
behandel!) Hy het gevlug omdat hy gevrees het dat sy Valkplaaskollegas hom
die swye sou oplê. Dit het later geblyk dat hulle inderdaad probeer het om
hom te vermoor.
Teen Januarie 1990 was Coetzee se opvolger by Vlakplaas, Eugene de Kock,
"vrywillig"geskors uit die polisie, terwyl 'n ondersoek na sommige van die
beweringe aan die gang was. Dit is opgevolg deur 'n ondersoek voor Regter
Harms. Die ondersoek het mettertyd daartoe gelei dat De Kock verhoor en
gevonnis is tot etlike honderde jare se gevangenisstraf.
Op 2 Februarie 1990 het FW de Klerk die nuwe bedeling ingelui deur die
verbode organisasies te ontban, politieke gevangenes vry te laat, ens.
Nou let wel:
1) Die onthullings oor Vlakplaas dateer uit die bedeling voor 2 Februarie
1990.
2) Die gruwelstories oor die bedrywighede van die Vlakplaasbende is in
die ope hof aangehoor, tydens die vervolging van De Kock en ander in terme
van die gewone regspleging. Dit is nie deur die sogenaamde
"waarheids"-kommissie oopgevlek nie.
3) Die Vlakplaasbende was _voor 2 Februarie 1990_ bewus daarvan dat hul
optrede krimineel was, en dat hulle daarvoor sou moes boet as dit in die ope
kom. Die gevolge wat hulle verwag het was so ingrypend, dat hulle bereid was
om Dirk Coetzee daarvoor te vermoor.
4) De Kock self het in 'n stadium uit die land gevlug (as ek reg onthou)
en later teruggekom om tereg te staan.
5) Dit is dus duidelik dat die optrede van De Kock & Kie in SA voor 2
Februarie 1990 krimineel was, en nie deur die samelewing geduld sou word
indien hulle daarvan bewus was nie. Die skuldiges het dit geweet, en het tot
groot uiterstes gegaan om te verhoed dat hul dade bekend word. De Kock en
vriende is skuldig bevind en gevonnis ingevolge dieselfde wette wat gegeld
het toe hulle hul dade gepleeg het. As die doodstraf nog gegeld het toe De
Kock gevonnis is, sou hy waarskynlik die doodstraf opgelê wees.
Nou - Een verskil tussen die "Serbiërs" en De Kock en sy maatjies is dit: Ek
weet van geen Serwiër wat uit Serwië gevlug het om te ontkom van die gevolge
van sy misdade teenoor Albaniërs in Serwië nie, of omdat hy bang is vir die
gevolge as hy die misdade van sy kollegas sou openbaar nie. Want in Serwië
is daar geen negatiewe gevolge wat aan sulke dade gekoppel word nie. In die
Suid-Afrikaanse samelewing word daade soos die van De Kock nie geduld nie -
nie nou nie, en ook nie voor 2 Februarie 1990 nie.
Maar die aasvoël in Ottowa, in haar onblusbare drang om Afrikaners te
besmeer en te beswadder, wil die onlangse dade van die Serwiese gemeenskap
en dié van Afrikaners gelykstel.
Haar kwaadwillige aanvalle is besig om in frekwensie toe te neem.
Jy weet Riaan, jy is tiperend van 'n tipe mens waarmee ek niks te make wil he nie. Ongeag of ek nou met jou saamstem of nie.
Kom laat ek jou nou 'n bietjie vertel wat ek in jou pos lees.
> Frik
>
> Los die klomp kaffer boeties alleen. 1. Is dit 'n belediging? (hipotetiese aanname sonder enige fondament)
> Hulle sal self hulle deuntjie verander 2. Hulle sal almal eendag dink soos ek (onbewese versinsel; onwaarskynlik)
> as die boere terug vat wat hulle toekom. 3. As jy dit nie wil gee nie dan sal ek dit sommer vat (Ek noem dit natuurlik steel, maar dit is waarskynlik omdat ek morele waardes het)
> Probleem is net dat hulle dan sal sê maar dit is wat hulle nog altyd gesê
> het gaan gebeur. 4. Ek weet wat julle gaan doen ('n toekomsvisie sonder kwalifikasie)
> Hulle is net 'n klomp slapgatte 5. Bla bla beledigings (Slapgat: Iemand wat onverantwoordelike bewerings maak en dan weghardloop sonder om dit te verdedig/kan verdedig)
> wat net soos die NG kerk 6. En die kerk bla bla (betekenislose uitvaarding teen 'n instansie waarvan ek nie deel is nie)
> hulle mening verander om by die hoofstroom te pas 7. Hulle het eers almal saam met my gestem maar hulle dink nou anders (ongegrond; 'n Weerspreking)
> ..........of dit nou reg is of nie
8. Of ek nou dink dit is reg of nie
Eerstens: Alhoewel ek jou oordeel oor reg en verkeerd respekteer sal ek desondanks nie toelaat dat jy dit aan my opdring nie.
Nou wonder ek maar net: waaroor die bohaai? Het jy nie die moed van jou eie oortuiging nie? Of is jy nie intelligent genoeg om jou standpunt te verdedig nie? Ek glo dat jy wel in staat is om dit te doen en daarom doen ek van die hand dat jou hele filosofie niks anders as propaganda is. Met filosofie bedoel ek: die logika van ons denke.
Dit is nie nodig om al jou toys uit die kot uit te gooi nie ou bul. As jy wil he ek moet jou glo dan sal jy my moet oortuig. As ek na jou pos kyk dan het jy eintlik niks gese nie. Dit is 'n warboel van ongegrond nonsens en dermale 'n gebabbel van die swakste gehalte.
Nou gaan ek jou 'n storie vertel. Eendag was daar 'n dwase herbergier. Hy kon baie lekker kos maak en baie mense het daar gaan eet. Op 'n dag het 'n hawelose man daar verbygestap en die lekker kos geruik. Hy stap toe binne na waar die pot oor die vuur kook, en hou 'n stukkie droe brood in die stoom oor die pot. Die herbergier gryp toe die arme drommel en eis toe onmiddelik betaling. Tussen die mense was daar 'n wyse jong man wat alles deeglik betrag. Hy stap toe nader en vra aan die boemelaar of hy geld het. Die boemelaar het sy sakke uitgeskud en hy kry toe een sent. Die jong man neem toe die sent en laat val dit teen die grond. Toe se hy vir die herbergier: "Hy het van die stoom oor die pot geneem en daarvoor betaal deur die klank van die muntstuk".
Ek het jou met meer betaal as dit. Wees tog asseblief in die vervolg meer bedagsaam. Dit is duidelik dat jy relatief nuut is tot geselsgroepe. Wat jy ervaar is waarskynlik vrees. Bly gerus in ons geselskap, jy sal dermate leer om sinvol te redeneer.
Ek woon in Evanston, een van Chicago se noordelike voorstede. In die breër
Chicagoland-area is Evanston veral bekend vir die feit dat Northwestern
Universiteit, my alma mater, hier al langs die meer lepel-lê. Dis 'n stil,
boomryke, gegoede woonbuurt. Michael Jordan woon in hierdie area en word dan
en wan in Evanston se restaurante opgemerk, terwyl die kastele van ander
beroemdes en rykes op die oewers van die Michigan-meer die Amerikaanse droom
tergend voorhou aan die talle "gewone mense" wat in hul sondagmotortjies deur
evanston singel. So ietwat wes van die meer en die Universiteit orden
universiteitsprofessore en hul families hul middel-klas grasperke, en tel hulle
o so beskaafd die hond se reste op in "pooper scoopers" of papiersakkies (baie
weinig plastiek - ons herwin, onthou) met die logo van die plaaslike organiese
supermark smaakvol onopmerklik in die linkerkantse hoek. Familiebussies en
kragtige vierwiel-aangedrewe monsters staan sy aan sy, en lewer ironiese
kontrapunktale kommentaar op realiteit en droom. Eekhorings skarrel sorgvry om
en om en om en rondom sierryke bome wat skadu en veiligheid belowe. Saans dans
vuurvliegies in teatrale pantomime, en ons slaan dit alles voldane gade - die
lewe is goed. Johan en Royleen se paradys. 'n Plek waar almal met mekaar oor
die weg kom, en bure mekaar vriendelik groet.
Miskien het Ricky Byrdsong ook so gedink, of Howard Berbaum, of Jimmy Okumura,
alhoewel hulle mekaar nooit geken het nie. Ricky Byrdsong, onthou ek alte wel
van my studentedae hier, was die eerste swart hoofafrigter vir Northwestern se
Basketbal-span. In die vroeë neëntigs het Northwestern, vir wie faam alrtyd in
akademie gesetel was, se voetbalspan vir die eerste keer in vyftig jaar enige
sukses behaal. Toe hulle as finaliste in die Rose Bowl uitgedraf het, het
Chicago homself in Northwestern se purperkleure omgord, en afwagtend geglo dat
die universiteit ook op sportgebied gegroei het tot die reus wat dit was in die
akademiese wêreld. Voetbal het reeds die ongemaklike groeipyne oorkom, en
basketbal, onder Ricky Byrdsong se leierskap, was volgende. Genade, met 'n
uitgediende Chicago Bulls sans Michael Jordan, was die stad meer gereed as ooit
vir Ricky Byrdsong en sy pers Wildcats.
Eergisteraand het Ricky Byrdsong, 'n grote man vir wie 'n twee meter lange
meetband as beskrywing tekort skiet, met sy twee seuns tussen die vuurvliegies
en die eekhorings en die familiebussies gestap. Sewe koeêlskote later het hy
roggelend na asem gesnak terwyl sy twee jong seuns huilend soebat dat hy tog
moet opstaan. Tien minute later 'n soortgelyke gesig in 'n ander hoekie van
die paradys, waar Howard Berbaum se familie, op pad vanaf die sinagoge en
duidelik Joods in hul swart klere en gebedsgord, hom vra om tog op te staan
waar hy, met drie koeels in sy rug, geworstel het om die die dun stroom
suurstof in sy longe en hart te behou. En twintig minute later, in nog 'n deel
van die paradys, het Jimmy Okumura huilend, en op sy knieë, dankie gesê dat die
koeël wat sy lewe wou beëindig slegs sy skouer deurboor het.
Ricky Byrdsong het gesterf omdat hy swart was, Howard Berbaum worstel tans om
aan die lewe te bly omdast hy Joods is, en Jimmy Okumura se arm is in verbande
omdat hy van Asiese oorsprong is. Almal van hulle is geskiet binne een myl van
my huis, rondom dieselfde tyd dat ek met ons hondjie stap, en vir 'n rede wat
my duidelik sou kwalifiseer as teiken - my swart vel. Net dit. Bloot dit.
Slegs pigment. Velkleur.
Ek bevestig dan net vir myself dat daar geen paradys kan bestaan waar mense in
en uitasem nie, waar die haat wat Frikkie, Subie, Riaan, Alwyn gorrel nou al
as normaal gesien word hier en al te maklik sonder protes aanvaar word. Goed
en kwaad, die glorie en die bose wikkel rondom ons wese as mens. Wanneer 'm
paradys dan die afwesigheid van kwaad of boosheid impliseer, lyk dit asof dit
slegs moontlik is in die afwesigheid van die mensdom. Vandaar my irritasie met
Johan en Royleen se ongekwalifiseerde Amerikaanse en Australiese prysliedere.
Maar ek wonder ook verder: wat bedoel hulle wanneer hulle praat van hul
paradys, en veral wanneer hulle dit dan vergelyk met die Suid-Afrikaanse "hel"
waaraan hulle kwansuis ontsnap het? Ek kan nie help om tot die slotsom te kom
dat solank hulle glo dat hulle in die paradys is, niks anders - nie Ricky
Byrdsong, die Kossovars, Suid-Afrikaanse geweldslagoffers, Aboriginees in
armoede, of mense in pyn die wêreld oor - saak maak nie. 'n Selfvoldane,
selfsugtige illusie, lyk dit my. Ek herroep Martin Luther King Jr. wat by
geleentheid gesê het " an injustice anywhere is a threat to justice
everywhere", en herskryf my beskrywing van 'n aardse paradys insgelyks - as een
wat slegs kan bestaan wanneer almal toegang het daartoe.
Leswin (wat nog nooit in 'n paradys gebly het nie, en slegs probeer om soveel
blou as moontlik te skep in die oog van die storm)
Verskkon maar die stink antwoord wat jy gekry het - Leendert dink alle
mense vra sulke vrae hier op die nuusgroep met politieke bybedoelinge.
Ek is nie meer in SA nie, en kan daarom ongelukkig nie 'n baie
akkurate prentjie skilder nie, maar ek is seker iemand wat minder
paranoies as Leendert is en in SA is, sal jou wel mooi antwoord.
Die prentjie twee jaar terug: By hoërskole het dit afgehang van die
woonbuurte waarin jy bly, of daar Afrikaanse hoërskole in die omgewing
is. Die voertaal normaal Afrikaans in sulke skole.
Wat universiteite betref is Afrikaans vinnig aan die kwyn - daar is
groot druk om klasse in Engels aan te bied en studie materiaal in
Engels aan te bied - selfs by 'n universiteiet soos die Randse
Afrikaanse Universiteit. Van die departemente daar begin al toetse
net in Engels aflê.
Is daar iemand wat vir Leo die prentjie op datum kan bring asseblief.
On Sun, 04 Jul 1999 15:08:06 GMT, Leendert van Oostrum
wrote:
|Leo, ek stel voor dat jy een van twee dinge doen (orf albei) as jy
|sinvolle antwoorde wil kry:
|
|a) Verduidelik die doel waarvoor jy die inligting benodig.
|b) Stel meer spesifieke vrae.
|
|Groete, Leendert
|
|
|In article ,
| "Leo Camerlynck" wrote:
|> Kan iemand vir my sê hoe is die situasie in die Suid-Afrikaanse
|hoërskole en
|> in die Universiteite op taalgebied?
|>
|> Hoe gebeur die onderwys van Afrikaans?
|>
|> Baie dankie vir die antwoorde,
|>
|> Leo Camerlynck
|>
|> leo.cam...@skynet.be
|>
|> http://www.homestead.com/orandie/orandie.html
|>
|>
|
|
|Sent via Deja.com http://www.deja.com/
|Share what you know. Learn what you don't.
So 'n bietjie weg beweeg van die 'Afgedankte onnie' af...
Gehoor van ons vrind op besoek aan die kaapse vismark...
Daar lê toe 'n paar mooi bossies van die kaapse vissies. Vra ons vrind aan
die visverkoper in sy mooiste r�nde uitspraak:
'Ag sê my, wat kos die bruinerige vissies 'n bossie?'
Laat waai die kypie: 'Nei my oubie, djy ka' ma' sê hotnosvis. Ons praat nog
altyd van he boe' papoen'
Nog een:
Die taal puris reis per motor na die kaap. By Laingsburg word stil gehou
vir 'n uitspanning.
Die popmjoggie is ook gou by.
"Ag my vrind, sal jy asb vir my hier onder die enjinkap inloer en gou nagaan
of die olievlak in die oliepan nog reg is. En terwyl jy daar kyk,
kontroleer ook sommer die elktrolietvlak in die akkumulator en ook die
verkoelmiddel in die verkoeler. Terloops, is hier dalk 'n gekwalifiseerde
meganikus? Ek vermoed my knormoer is defek.'
Hy loop sy draai en terug by sy ryding is die pompjoggie net klaar.
"Oubie, ek het die dipstick uitgetrek en die olie is nog OK in die sump, die
béterie acid is nog OK en die coolant innie rydiytir is ook OK. Maar die
ounooi slaap nou so lekker, ek het haar maar eers so gelos!"