Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Die oorsprong van "corral."

Wed, 07 July 1999 00:00

Nou die dag maak ek 'n interessante taalondekking.
In ons American Heritage Dictionary word die oorsprong
van die woord "corral" as volg verklaar:
"An enclosure for confining livestock...to drive into or
hold in a corral.... Spanish, probably of Hottentot
origin. See also 'kraal.'
Ek het altyd gedink dat die Amerikaanse "corral" van Spaanse
afkoms is. Van Spanje, en van die Amerikas. Nooit gedink dit
het verband met Suidelike Afrika nie.
Ek slaan toe "kraal" in die Heritage Dictionary na. Die
oorsprong daarvan word aangedui as "from Portuguese "curral",
perhaps of Hottentot origin. So die redakteurs van die Heritage
Dictionary wys op Hottentot oorspronge vir beide die Portugese
en Spaanse woorde.
Die English South African Dictionary dui die oorsprong van
"kraal" net aan as "Afrikaans, from early Dutch "koraal" from
Portuguese curral/corral...." Dit lyk vir my hulle dink die woord
het uit Portugees in Hollands en dus in Afrikaans ingekom. Ek
wonder wie is reg.

Gloudina

Afrikaans, ons taal | 7 kommentare

Re: Die oorsprong van "corral."

Wed, 07 July 1999 00:00

[originele posting in soc.culture.south-africa.afrikaans, crosspost naar nl.taal]

In article , wrote:
> Nou die dag maak ek 'n interessante taalondekking.
> In ons American Heritage Dictionary word die oorsprong
> van die woord "corral" as volg verklaar:
> "An enclosure for confining livestock...to drive into or
> hold in a corral.... Spanish, probably of Hottentot
> origin. See also "kraal."
> Ek het altyd gedink dat die Amerikaanse "corral" van Spaanse
> afkoms is. Van Spanje, en van die Amerikas. Nooit gedink dit
> het verband met Suidelike Afrika nie.
> Ek slaan toe 'kraal' in die Heritage Dictionary na. Die
> oorsprong daarvan word aangedui as 'from Portuguese "curral",
> perhaps of Hottentot origin. So die redakteurs van die Heritage
> Dictionary wys op Hottentot oorspronge vir beide die Portugese
> en Spaanse woorde.
> Die English South African Dictionary dui die oorsprong van
> 'kraal' net aan as "Afrikaans, from early Dutch 'koraal' from
> Portuguese curral/corral...." Dit lyk vir my hulle dink die woord
> het uit Portugees in Hollands en dus in Afrikaans ingekom. Ek
> wonder wie is reg.
>
> Gloudina

Fascinerende materie....betekent dit dat corral *en* kraal in het
Engels/Amerikaans gebruikelijk zijn? En koraal alleen als Nederlands?

Btw, kraal (sierraad, ronde steen/stenen aan ketting) en koraal (leven
organisme of steen) en nog steeds gangbaar in het Nederlands.

--
Bye,

Willem-Jan Markerink

The desire to understand
is sometimes far less intelligent than
the inability to understand


[note: 'a-one' & 'en-el'!]

Afrikaans, ons taal | 1 kommentaar

"In die Slamse Buurt" deur I.D. du PLESSIS

Wed, 07 July 1999 00:00

IN DIE SLAMSE BUURT
I.D. du Plessis

Die maan sit in die mik gevang
Van 'n afgeleefde appelboom
Wat met vermaerde vingers
Krampagtig aan die hemel klou.
Die rooi en swart kofijas buk
Om uit die resonante snaar
'n Trillende akkoord te pluk.
Die lig flits op 'n geel kitaar;
En soos 'n duiwetrop wat swenk,
Swyg al die sangers,
Met vae leed bevange.
Nog net een oue kreun
'n Halfvergete melodie
Van hartseer en verlange.

Prosa & poësie | 0 kommentare

"Vlamme" deur FERDI GREYLING

Tue, 06 July 1999 00:00

VLAMME
Ferdi Greyling

Jy is 'n terugflits
na blou berge soos tande teen die lug,
na die verligting van donderstorms,
as somer oor die veld vlam,
'n swembad in die somer
met jong mense wat speel
en grootword.

As jy nou weer sou verskyn
na al die jare;
jy wat ek geken het
en verloor het
in die elegansie van liefde.
(Die wêreld draai vinniger
as wat ons ooit kon vermoed.)

Al wat ek sal kan sê
as jy weer sou verskyn,
is dat die bougainvilleas
in Oudtshoorn se stowwerige somer
heeltemal op hulle eie
soos pers vlamme brand.

Prosa & poësie | 0 kommentare

Wat sê Gloudienks se Kanada?

Tue, 06 July 1999 00:00

Uit 'n onlangse beeld:

Die Kanadese regering het ook 'n waarskuwing uitgereik aan sy burgers nadat sy
kommisaris in Suid-Afrika 'n "veiliger" pos aanvaar het in Canberra, Australie.

Die kommisaris, mnr. James Bertleman, is in Februarie vanjaar in sy Seepuntse
hotelkamer aangeval en beroof.
Luidens die Kanadese regering se waarskuwing op die internet kom rooftogte op
straat , moorde en verkragtings algemeen voor in Suid-Afrika.
Johannesburg, Pretoria, Kaapstad, Durban, Pietermaritzburg en Port Elizabeth
word uitgesonder as "besonder gevaarlike" plekke.

Tot so ver die aanhaling. Gloudina, lewer vir ons kommentaar,jong!

Koeitjies & kalfies | 14 kommentare

Adres verandering

Tue, 06 July 1999 00:00

Dagsê,

Aan al die mense wat graag net wil gesels en stories vertel,
ek bewonder julle. Ek sit nou al taamlik lank hier aan die stil
kant van die nuus groep, en lewer so elke nou en dan 'n opienie
of twee, maar ek kan dit nou wragtig nie meer doen nie.

Die taal van ons sal maar altyd 'n lekker praat taal vir my bly,
en al gooi ek ook nou so hier en daar 'n engelse woord in, bly
die idee altyd die selfde. dit is net jammer dat die ou folk nie
die son kan sien opkom behalwe oor hul eie koppe nie. Geen wonder
dat so baie mense hier van die groep af verdwyn nie.

Soos ek die spul bekyk, gaan iemand tog sobyso my kop af byt net
omrede ek iets te sê het. In elk geval, neuk maar voort, maar ek klim
hier van die bus af. Die groep laat my wonder oor my eie mense. Ek
het altyd gedink ons ou Afrikaner folkie het meer sin vir humor en
gemoedlikheid. Behalwe vir mense soos Omie en sy aanhangers, is daar
net haat en nyd op die groep. Die een wil altyd beter wees as die ander.

Hopenlik skrik party mense wakker voor dit te laat word.
My beste wense, en sterkte aan die deelnemers wat regtig net goeie geselskap
soek. Die res van julle ......................... ag wat, voltooi die sin
mar self.

Strandjakkals sonder heimat ! ! ! !

.......hierdie vis plek van jou is , vol vet kabeljou,
en die steenbras en galjoene ..................
noord van Hentiesbaai.

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Re: borsslag..!

Tue, 06 July 1999 00:00

Het julle gehoor!

Na 'n hele dag se swemgala is daar 'n gelykop uitslag vir die eerste plek.
Die beamptes en die vroue kom toe ooreen dat hulle die probleem gaan oplos
met een finale lengte borsslag. Die drie (gelykop) swemmers, 'n swartkop, 'n
rooikop en 'n blondine tree toe aan en spring weg dat die water spat. Die
swartkop en die rooikop dreun mekaar toe goed op maar die swartkop wen toe
met 'n haarbreedte. Die blondine kom omtrent 'n minuut later by die einde
aan maar met 'n groot gespat van water ...en natuurlik met groot beswaar oor
die ander twee. Die beamptes vra haar toe wat haar beswaar is waarna sy
antwooord..." maar hulle het dan hul arms gebruik!"

Groete

André

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Raad met werksaanbod

Mon, 05 July 1999 00:00

Hallo almal,veral die in Engeland

My wederhelf het 'n aanbod vanaf 'n maatskappy in London ontvang. Graag wil
ons weet: wat is die salaris vir 'n gemiddelde bestaan in London of anders:
die minimum bedrag wat mens sal nodig hê, wanneer slegs die man werk. Die
pond na rand klink na 'baie rand', maar ons weet nie presies wat die
lewensonkostes sal wees nie.

Die met raad en inligting kan aan die e-mail adres skryf. Laat net die
'dot' uit die adres weg.

Baie dankie

Shannon

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

Waar gaan dit heen

Mon, 05 July 1999 00:00

Ek is 'n lektor by 'n tegniese kollege in Katlehong.Die onderwys het die
afgelope 5 jaar so verander dat dit ontrent die enigste plek is waar ek nog
'n bietjie sekerheid het vir 'n pos.

Ongelukkig help baklei nie om geld in jou huis in te bring nie. En daarom
moet ons eers sorg vir ons self. Gelukkig kan ek met groot selfvertroue se
dat ek weet dat ons Afrikaners kan saam staan in moeilike tye, ongelukkig
gaan dit nog nie sleg genoeg nie. Of sal ek se met sekere van ons gaan dit
nog nie sleg genoeg nie.

Wanneer gaan ons oe oop gaan en ons besef dat dit wit man nou die
uitgeworpene persoon in vandag se samelewing. Kan ons nie vir ons self begin
sorg en die wat voel soos ek en jy nie. Die toekoms is nog nie so donker
nie, want die oneerlikes kom nog aan die lig aloewel niks aan hulle gedoen
word nie. Wat gaan gebeur as alles net gesmoor word en ons nie meer sal weet
van die oneerlike dinge wat gebeur nie.

Bongo

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

Genoeg is genoeg

Mon, 05 July 1999 00:00

Daar kom 'n tyd wanneer 'n mens hande in die lug moet gooi en erken dat jy
nie kan wen nie; wanneer 'n mens so keelvol word dat jy nie meer kan sluk
nie, en slegs 'n slegte smaak in die mond oorbly; wanneer al jou pogings op
niks uitloop nie. Natuurlik is die gevaar altyd daar wanneer 'n mens se
verwagtinge te hoog is; wanneer jy dink dat jy dalk 'n verskil kan maak aan
die soort gesprek wat plaasvind; en wanneer jy dink dat, al kan jy nie iets
verander nie, jy ten minste iets kan leer. Sien, ek soek altyd geleentheid
om te groei; om myself op een of ander manier te verbeter as mens. Daarom
het ek aangebly, ten spyte van my gevoel aan die begin dat dit seker nie die
moeite werd sal wees nie.

Maar die enigste ding wat op hierdie nuusgroep kan floreer, is nyd, en
bitterheid, en agterdog. Presies dieselfde dinge wat my in Suid-Afrika in
'n web vasgevang het, en my amper in 'n aggressiewe, neerslagtige persoon
laat verander het. Voordat dit kon gebeur, het ons ons droom gevolg en
onsself betyds uit daardie greep losgeruk. Ek het met opgewondenheid die
nuusgroep ontdek, maar nou moet ek erken dat houdings nooit verander nie; en
dat sekere mense altyd 'n rede sal vind om jou te beledig en af te kraak.
En ongelukkig is dit diesulkes wat so 'n sterk houvas op die groep het -
niemand en niks sal dit kan verander nie. Hoogmoedige, alleswetende,
onverdraagsame mense - die oorheersende indruk wat mense van Suid-Afrikaners
het. Selfs hier kan mens hulle op 'n afstand identifiseer. Nie veel het
verander in die nuwe Suid-Afrika nie - en ek wil nie met sulke mense
geassosieer word nie. En ek het geen begeerte om weer in dieselfde web
vasgevang te word nie.

Ja, ek kan die "Hoera!" en die "Amen!" en die "Good Riddance!" in die
agtergrond hoor. Spaar julle asem - ek gaan beslis nie op die randjie
huiwer om reaksies dop te hou nie. Ek stel net nie meer belang nie. Ek
verkies om hier in my pragtige paradys op die mooie te konsentreer - om die
wilde varings en palmbome te sien groei, die kookaburras te hoor lag en die
papegaaie, kokketiele en lorikiete in my tuin te sien eet en die magpies se
klokkespel te geniet.

En miskien eendag, wanneer ek die gevaar loop om al hierdie dinge as
vanselfsprekend te aanvaar, sal ek weer vinnig inloer om myself te herinner
daaraan hoe aaklig dinge kan wees. Miskien, in die jaar 3003.

Eva uit Queensland - die Blond van Brisbane

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1838): [ «    1191  1192  1193  1194  1195  1196  1197  1198  1199  1200  1201  1202  1203  1204  1205  1206    »]
Tyd nou: Sat Jan 18 07:38:53 UTC 2025