Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

"Foto" deur FERDI GREYLING

Di., 20 Julie 1999 00:00

FOTO
Ferdi Greyling

Dis die bleek maan wat die getye draai ;
die water spoel soos tyd daar oor die strand.
Blou bult die see by Mosselbaai.

Ek en jy speel op die grofgeel sand,
die Outenikwaberg bruin in die agtergrond.
Dis die bleek maan wat die getye draai.

Hierdie was eens die Strandlopers se land.
Hulle lê nou wit in grotte se diep grond.
Blou bult die see by Mosselbaai.

Hulle wat heuning uit die steil kant
van die Outenikwa kon rook en brand.
Dis die bleek maan wat die getye draai.

Ons lag in die branders - hand aan hand
waar die bruin rivier in die see in mond,
blou bult die see by Mosselbaai.

Jy soet soos heuning uit die berg gebrand,
en ek : saam op Kleinbrakrivier se strand.
Dis die bleek maan wat die getye draai
en die see blou bult by Mosselbaai.

Prosa & poësie | 0 kommentare

"Villanelle" deur BREYTEN BREYTENBACH

Di., 20 Julie 1999 00:00

VILLANELLE
(vir Paul Verlaine)
Breyten Breytenbach

wat sê jy, reisiger, van die stasies en die lande?
is hierdie dwase onskuld nog nie genoeg gestraf?
nou hou jy, jonker, gebreek die veertjie in jou hande

ver het jy geloop, verloop, jou voeteval die wande
wat die swartspore hou van jou drome se draf
wat sê jy, reisiger, van die stasies en die lande?

veel het jy gesien, die glimlag wat met tande
in die ruimte byt, maar die spuiteinde lag was laf
nou hou jy, jonker, gebreek die veertjie in jou hande

dood het jy in jou asem geproe, die amandel
smaak van miere, bouende aan die donker, af
wat sê jy, reisiger, van die stasies en die lande?

en oor al jou landskappe kruip die brande
van die ysseisoen, ons dae is wit al kaf
nou hou jy, jonker, gebreek die veertjie in jou hande

skryf, skryf, pronker, soos 'n eendvoël rou om die rande
sy snoerspoor moet borduur om die graf:
wat sê jy, reisiger, van die stasies en die lande?
nou hou jy, jonker, gebreek die veertjie in jou hande

Prosa & poësie | 0 kommentare

Hulle Byt

Di., 20 Julie 1999 00:00

On Tue, 20 Jul 1999 16:11:32 GMT, sb...@my-deja.com wrote:

|Jy is reg, hulle but ontsettend. Dit regtig seer. Maar dit is nie huisvliee
|nie. Ek dink hulle word "barnflies" genoem maar ek is nie seker nie. Hulle
|byt juis op die water. Hulle pak jou beet as jy swem en sal sommer jou hand
|gryp sodra jy hom bo die water uitsteek. Gelukkig is dit maklik om hulle te
|klap, hulle is nie rats nie. Maar dan moet jy maar aanhoudend slaan en hande
|afspeol... Die baie stekende en bytende insekte in Noord Amerika maak dit
|regtig ondraaglik met tye, veral omdat dit so asemrowend mooi kan wees.
|
|Ek het eenmaal op n rots gesit en lees. Dit was in die dae voordat ek geweet
|het dat die goed so kan byt. Die blackflies het my so bygedam dat my hemp
|oortrek was van die bloed. Mens voel hulle nie byt nie, jy sien net die gate
|later in jou vel. Dan kom die groot pyn...
|
Hier by ons is besonder min huisvliee en ek het aanvaar dis die koue winters se
skuld. Maar die byt vliee, of soos Billy dit noem, but vliee, het seker al
aangepas by die koue winters....

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Koos Kombuis-bongo

Di., 20 Julie 1999 00:00

Ek is bly om te sien hier is nog 'n paar Koos Kombuis fans. Wel ons
kultuurvarke moet saam staan en nie kak vat nie. Taal verander deur die jare
en ons Afrikaners is geneig om te stagneer en altyd terug te kyk.

Ek daag julle uit die 30ste Julie tree koos Kombuis op by The Ring naby
Hartebeespoortdam en dit gaan 'n partytjie van partytjies wees.

Sien Julle daar

Bongo

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Zillertal (was : Waar kry `n mens die beste ...)

Di., 20 Julie 1999 00:00

Wil jy vir my se die Zillertal bestaan nog? Ek onthou hoe ons daar
gaan jol het as "kampers." Dis nou die weermag dae toe ons nog
verpligte kampe gedoen het (tagtiger jare) by 4 VRP en 61 Base
Workshop. Oeee dit was eintlik bad, bad news. Veral as die mammies by
die huis begin uitvind het waar pappie vanaand nou eintlik "wagstaan"

Bestaan Porkies nog? Wilde dae broer, wilde dae. Ag nouja....

Alwyn - uit Perth

Willem-Jan Markerink skryf in boodskap news:7mvvjf$jih$5@news.a1.nl...
> In article ,
> "Riaan" wrote:
>> Lovie wrote in message
>> news:7mfqfa$8sp$1@news3.saix.net...
>>> Help asseblief
>>
>> As jy in Pretoria bly, besoek die Zillertal. Ja dit is dieselfde plek waar
>> die program "sing country" opgeneem was.
>>
>> Die girls daar is so los soos Tastic rys.
>>
>
> 'Zillertal'?
> Met lederhosen?....8-))
> (voor de niet-Teutoons aangelegden onder ons: lederen korte broek a la
> Oostenrijkse folklore)
>
>
> --
> Bye,
>
> Willem-Jan Markerink
>
>
> The desire to understand
> is sometimes far less intelligent than
> the inability to understand
>
>
>
> [note: 'a-one' & 'en-el'!]

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Afrikaans to English

Ma., 19 Julie 1999 00:00

Hi all. Sorry to be speaking English, but I need a little help.

This may sound strange, but my Afrikaan friend has a nick name "Big Girl".
I think the Afrikaans is "Groot Dogter" but I am unsure of how to pronounce
it correctly.

Would someone be able to email me and tell me how to do pronounce, by
spelling it back to phoenetically?

Thanks!

Bret.

Language Help/ Taalhulp/ Sprachhilfe | 1 kommentaar

Re: Afrikaans to English

Ma., 19 Julie 1999 00:00

Wish I knew; Not familiar with the English phonetic alphabet. Would you like
to help?

Bret Hillier wrote in message ...
> Hi all. Sorry to be speaking English, but I need a little help.
>
> This may sound strange, but my Afrikaan friend has a nick name "Big Girl".
> I think the Afrikaans is "Groot Dogter" but I am unsure of how to pronounce
> it correctly.
>
> Would someone be able to email me and tell me how to do pronounce, by
> spelling it back to phoenetically?
>
> Thanks!
>
> Bret.
>

Language Help/ Taalhulp/ Sprachhilfe | 0 kommentare

zuid-afrika reizigers gezocht

Ma., 19 Julie 1999 00:00

Hallo iedereen die dit leest

ik ben van plan om in februarie 2000 naar zuidafrika te gaan
zijn er mensen die daar ervaring in hebben of is er misschien ter plekke die
wel wat wil mailen ?
we...@wish.net is mijn email adres dus graag reacties

groetjes nico

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

werkaanbod in Cape Town

So., 18 Julie 1999 00:00

Enkele vraagjes in verband met het leven in Cape Town.

Ik woon in België en heb een werk aanbod gekregen voor Cape Town ( +/- 2
jaar)
Hoe is het leven in Cape Town, zowel financieel(wonen, belastingen,...) als
cultureel?
Waar moet ik opletten als ik dit aanbod zou aanvaarden?

Stuur maar op, alles wat u weet.
Alvast bedankt

marc....@village.uunet.be

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Verengelsing van taal

Sa., 17 Julie 1999 00:00

Waarom de nederlandse taal eerder uit zal sterven dan Afrikaans??????!!!!!!

Zie www.koster37.freeserve.co.uk/eng.html

Verloedering van het nederlands. (met internet radio)

Interessant komentaar van een zuid-franse hugenoten (Chevallier) afkomstige,
in Engeland opgegroeide, nederlander.

Beste wensen,

Alex Koster,
Groot-Britannië

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Bladsye (1834): [ «    1187  1188  1189  1190  1191  1192  1193  1194  1195  1196  1197  1198  1199  1200  1201  1202    »]
Tyd nou: Vr. Mrt. 13 09:37:27 UTC 2026