Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Re: Massamedia - nuwe propaganda-glo jy dit?

Vr., 23 Julie 1999 00:00

Hallo almal !

Het julle die nuutste nuus gehoor omtrent die "daling van rentekoerse omdat
die ekonomie sg. kerngesond is"

Waarom dink julle daal die rentekoerse so vinnig - is dit benoude katte wat
benoude spronge uitvoer?

Ek het 'n vermoede dat die regering "goeie nuus" plant om die dreigende
chaos in die land te probeer toesmeer.

Waarom het Anglo, SAB en andere uit ZA "onttrek"?

Dit voel vir my of ZA binnekort in totale chaos gedompel gaan word - wat
dink jy?

Wantrouige-, Afropessimistiese-, Paranoidale-

-André

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Massamedia - en ander goed waarvoor ek gatvol is

Vr., 23 Julie 1999 00:00

Ek het nou so te sê die hele relaas oor Gloudina se uitsprake (sowel as die kritiek daarop) gelees. Man, dit maak my siek. Laat ek dan nou maar ook soos sy maak. Naamlik om totaal ongegronde - ekskuus, gegrond op wat ons in die massamedia lees/sien/hoor - onverantwoordelike en oningeligte uitsprake te maak in die hoop dat nie een van julle intelligent genoeg is om deur dit te sien nie.

Nee! Helaas ek sal nie. Dit is nou maar so dat daar oningeligte mense is! Dit is ongelukkig die realiteit en om dit te ontken sal frustrasie te weeg bring. Dit is juis hieroor dat die massamedia so suksesvol is. "Ons verslaggewer op die toneel sal u op hoogte hou van gebeure soos wat dit gebeur". Ha, bleddie ha. In vertaalde vorm lyk dit heel anders: "Ons verslaggewer, wat ons teen aansienlike koste op die toneel geplaas het, sal aan u al die sensasionele gebeurtenisse bring, gegrond op sy/haar persepsies en die persepsie wat ons graag wil voorhou as die waarheid, met dien verstande dat ons die reg voorbehou om enige situasie uit te buit om dit sensasioneel te laat voorkom wanneer dit ons pas. Dit is ook nie nodig om die feite 100% reg te hê nie solank ons dit net later regstel (verskoning aangeheg) nadat die skade reeds gedaan is. Sodoende kan ons die uitgawe kwalifiseer". U sien, die media is uiteindelik totaal onverantwoordelik maar aanspreeklik. Dit bring dus 'n situasie teweeg waar kinders met vuurhoutjies langs 'n kruitvat speel, en aanspreeklikheid aanvaar wanneer dit ontplof. Kortom: roekeloos.

Ek het oor die afgelope paar weke drie spioenasie boeke gelees. Smiley's people van Le Carre, The Devil's alternative van Frederick Forsythe, en The Aquitaine Progression van Rober Ludlum. Ek kan dus sonder skroom sê dat Le Carre die beste spioenasie skrywer van die drie is. Wat ek egter nie kan doen nie is om te sê dat:
Le Carre die heel beste skrywer is (wat die media doen)
Forsythe en Ludlum swak skrywers is (ontbloot van alle waarheid - wat die media doen)
Al Le Carre se boeke goed is (wat die media doen)
Dat ek, Marius, die W^ereld se kenner is op spioenasie boeke (glad nie waar nie - wat die media doen)

Die feit is dat ek wel kennis het oor hierdie boeke, en dat ek redelik betekenisvol kan saamgesels. Dit is egter waar die kleitjie stop. Tweedens is ek volwasse en intelligent genoeg (let wel: genoeg) om die impak van die massamedia op my eie denkwyse te evalueer. Dit is dan ook die probleem met quasi-intelligensie en diesulkes; Naamlik dat hulle maar doodgewoon aanpas om by hulle omgewing aan te pas en dus nooit werklik emosioneel selfstandig word nie. Dit is dan ook interresant om te merk dat die scenarios hierbo (wat die media doen) nie so onannvaarbaar LYK nie. Le Carre IS dalk die beste skrywer. Forsythe en Ludlum IS dalk swak skrywers. Dit KAN so wees. Dit is juis dít wat so deur die media uitgebuit word. Dit KAN so wees en daarom IS dit so.

Ek wil graag aan Gloudina en ander die uitnodiging rig om tog maar 'n bietjie te besin. Kyk 'n bietjie minder TV en lees meer - daardeur sal jy jou EIE denkwyse verryk. Benewens dit sal jy aan jouself 'n sportiewe geleentheid bied om sinvol aan 'n gesprek mee te doen, sonder dat jy jouself belaglik maak.

Koeitjies & kalfies | 41 kommentare

Re: Gloudina weet dalk iets!

Vr., 23 Julie 1999 00:00

Gloudina

Gaan bestudeer bietjie die ewolusie wetenskap en daarna gaan kyk jy bietjie
wat die Westerse mense reeds in 1450 (Leonardo Da Vinci) vermag het - en dan
verduidelik jy vir ons almal waarom die Afrika mense nog nie in 1999
ontwikkel het tot op die 1450 vlak van Westerlinge nie.

Wanneer dink jy sal hulle (Afrikamense) by 1450 se vlak van ontwikkeling
uitkom?

Ek wil werklik weet!

Opregte groete

André

Koeitjies & kalfies | 42 kommentare

"Fabel" deur D.J. OPPERMAN

Do., 22 Julie 1999 00:00

FABEL
D.J.Opperman

Onder misbredie
in die reën uitgestrek,
voer twee erdwurms
'n spits gesprek

oor "ek" en "jy"
en "my kontrei",
oor "hier was eerste
my krot van klei."

'n Toevallige graaf
het toevallig gesak,
die twee erdwurms
middeldeur gekap:

Vier erdwurms
ruk slymerig voort -
die "ek's" en die "jy's"
twyfel waar hulle hoort.

In digter bredie
by die herontmoet
het elkeen beleef
homself gegroet.

Prosa & poësie | 0 kommentare

Antw: zuid-afrika reizigers gezocht

Wo., 21 Julie 1999 00:00

Misschien kun je wat duidelijker zijn Nico? Wat wil je daar gaan doen,
waarom, voor hoe lang, waar wil je naar toe, enz. enz. Dan praat het stukken
makkelijker en krijg je misschien ook wat meer reacties. Zo is het niet zo
duidelijk.

groetjes

Martijn

----------
In artikel , "nico van der weele"
schreef:

> Hallo iedereen die dit leest
>
> ik ben van plan om in februarie 2000 naar zuidafrika te gaan
> zijn er mensen die daar ervaring in hebben of is er misschien ter plekke die
> wel wat wil mailen ?
> we...@wish.net is mijn email adres dus graag reacties
>
> groetjes nico
>

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Belangrik????

Wo., 21 Julie 1999 00:00

Dit is nou wel in engels maar ek dink dit is belangrik.

The government looks set to introduce the most ludicrous new legislation
banning most law-abiding people from private firearm ownership.
How angry would YOU be if you were told tomorrow to hand in your weapon at
the nearest police station, with no compensation, or face a jail term?
Think about it.
PLEASE take the time to click on the link below which will take you to an
on-line petition and fill in your details in order to sign the petition.
Don't procrastinate. Do it now! It'll take maybe two minutes of your time
and could save your life later.
http://www.shooting-online.co.za/legislation/petition_post.h tm
If you want more detail, you can follow the link below.
http://www.shooting-online.co.za/legislation/default.htm

Frikkie

Koeitjies & kalfies | 13 kommentare

Re: Belangrik????

Wo., 21 Julie 1999 00:00

Frikkie

Wil jy nie eendag iets pos wat nie polities is nie,
bv. waar jy woon en waarvan jy hou ens, want jy sien,
meeste van ons gril bietjie vir jou politieke denke, en
wil nie betrokke raak met jou ver-regse agenda nie.

Pat

Frikkie Potgieter wrote in article
...
> Dit is nou wel in engels maar ek dink dit is belangrik.
>
> The government looks set to introduce the most ludicrous new legislation
> banning most law-abiding people from private firearm ownership.
> How angry would YOU be if you were told tomorrow to hand in your weapon at
> the nearest police station, with no compensation, or face a jail term?
> Think about it.
> PLEASE take the time to click on the link below which will take you to an
> on-line petition and fill in your details in order to sign the petition.
> Don't procrastinate. Do it now! It'll take maybe two minutes of your time
> and could save your life later.
> http://www.shooting-online.co.za/legislation/petition_post.h tm
> If you want more detail, you can follow the link below.
> http://www.shooting-online.co.za/legislation/default.htm
>
>
> Frikkie
>

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: Bongo- hartseer

Wo., 21 Julie 1999 00:00

Het jy al ookgevoel dat jy graag wil hartseer wees en verlang na iemand wat
jy nie eers ken nie. Daardie groot gevoel wat oor jou spoel en net Koos Dup
kan dit in note om sit. Is daar nog iemand wat vannaand so voel.

Om weg te kom van die lelikheid van die dag. Weg van baklei oneenigheid
kompetisie en seer maak woorde. Dat jy in jou bakkie kan inspring en weg ry
na jonk wees toe alles nog vol kleur was.

Waar jy kan lag en huil en skree tot alle hartseer uit juo vloei en net jy
oor bly. Jy en die nag en Koos Dup en 'n goeie glasie rooiwyn.

En ek voel hartseer

Bongo

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: Serious Warning

Wo., 21 Julie 1999 00:00

On Wed, 21 Jul 99 20:18:17 GMT, pe...@psyche.demon.co.uk ("Peter H.M. Brooks") wrote:

|These urban legends turn up from time to time. You can tell them because
|they are always much the same and they always happen to somebody just
|two or three removed from the person telling the story 'friend's co-worker'
|rather than 'friend' in this case.
|
|Just think about it for a moment. If this was really true, along with
|the other ancient legends about needles specially hidden in 'phone booths,
|wouldn't you have read about it in the newspaper?
|
Is maar 'n sad waarneming van ons samelewing wat hier gemaak word - die feit dat
daar nie meer mooi onderskeid is tussen sulke urban legends en die werklikheid
nie!

Gelukkig het meeste van die urban legends tegniese foute in - soos die feit dat
die aids virus nie vir langer as 'n paar minute buite die liggaam kan leef nie.

Ons is nou die oggend toegespreek deur 'n omie wat 'n tehuis vir vigs gevalle
hou - nuutste "trends" is nogal negatief.

Hy sê 'n simptoom wat deesdae al meer en meer tevoorskyn kom, is dementia, met
of sonder ander klassieke simptome. Dan help die cocktails blykbaar, maar net
tot op 'n punt en dan gaan die ouens vinnig dood. Die ander negatiewe punt was
dat die versprieding van vigs in die westerse wereld nou die vinnigste is onder
wit tienerdogters - daar is steeds die indruk dat dit net ouer gay mans is wat
die siekte opdoen en dat dit dan in ieder geval net 'n kroniese siekte is en nie
dodelik nie.

Koeitjies & kalfies | 8 kommentare

east london

Di., 20 Julie 1999 00:00

half november ga ik naar east london. ik heb het hele net al afgezocht maar
er is daar niets te beleven. (buiten de vrienden die ik zal bezoeken)
Wonen daar mensen??? valt er iets te beleven in e. london ?
Is er eventueel iemand die samen met mij een wagen wil huren om dan naar JHB
te trekken.

see you

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Bladsye (1834): [ «    1186  1187  1188  1189  1190  1191  1192  1193  1194  1195  1196  1197  1198  1199  1200  1201    »]
Tyd nou: Vr. Mrt. 13 10:36:09 UTC 2026