Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Re: Dit gaan beter in SA onder die nuwe regering , NOT!

Ma., 20 Maart 2000 00:00

Julian de Beer wrote in message ...

> Uit die Die Burger 20/03/00
>
> Cosatu kortsigtig

(snip, snip)

> Eenvoudige logika sê vir 'n mens... (snip, snip)

> Met 'n werkloosheidsituasie wat al krisis-afmetinge aangeneem het, getuig
> dit van algehele ekonomiese kortsigtigheid om aan te dring op maatreëls wat
> (dalk) sal keer dat dit vererger.

Wie verstaan watse punt hierdie ou probeer maak?

Of is daar 'n blinke [blinde?] kol in sy logika.

Swart Simon

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Toekoms Advies vir: Verhoogde kliente verhoudinge in die VSA

Ma., 20 Maart 2000 00:00

Wil graag die Regering van die VSA, asook elders op die Planeet,
gelukwens vir die super sukses wat bereik is sover, asook vir
die toekoms. Vir die Persone van ons Paradys, asook elders op
die Planeet. Veral vir die deursettings vermoë en
vasberadenheid. Asook vir deurlopende stabiliteit van stelsels,
veral vanaf 1 Januarie 2000. En om die Regering van ons Paradys,
en elders op die Planeet te ondersteun, om hulle doelwitte te
bereik. En nog baie meer. :) Byvoorbaat baie dankie. Dit word
inniglik waardeer.

Wil graag die KKK gelukwens vir die super sukses wat bereik is
sover, asook vir die toekoms. :) Vir die Persone van die VSA,
asook elders op die Planeet. Veral vir die deursettings vermoë
en vasberadenheid. Veral vir die lewering van menige bydraes vir
'n beter sosiale lewe in die VSA, en elders op die Planeet. En
om die Regering van die VSA, en elders op die Planeet te
ondersteun, om hulle doelwitte te bereik. En nog baie meer. :)
Byvoorbaat baie dankie. Dit word inniglik waardeer.

Het 'n vermoede daar is 'n Organisasie, wat met dieselfde naam
en baniere funksioneer, wat verantwoordelik is, en die KKK
valslik beskuldig. 'n Uitnodiging word gereik aan enigiemand,
wat aan die Hof enige wettiglike aanvaarbare bewyse lewer, wat
kan bewys die KKK is skuldig.

'n Saak wat na aan die hart raak, is om die toekoms van die KKK
'n kwantum sprong vorentoe te neem. Behou geloof, hoop en
liefde. Onthou U oomblik het aangebreek om eksponensieel te
groei. Verstaan enige advies hier word gegee in die gees van
Vryheid van Keuse. Enige persoon het die reg om dit te gebruik
net soos dit is, en / of te verander na vrye wil.

Wil graag voorstel KKK lede verhoog besprekings van die toekoms
van die KKK. Asook metodes om voordelige kliente verhoudinge in
die VSA te verhoog. Vanuit die oogpunt van beide die diens
verskaffer en die klient.

Die volgende is 'n aanbevole weg, om sekere van die aspekte van
hoë geestelike beingsels in die sosiale lewe te verhoog:

Lede van die KKK kan GTAHA - "Growing Towards A Honest America"
- begin. As 'n nie-winsmotiveerde Organisasie, met 'n
konstitusie van staal. Om te funksioneer as 'n Organisasie wat
'n gratis diens verskaf, om die situasie aan die klient vanuit
beide oogpunte verduidelik. Asook wat opstaan vir die regte van
beide diens verskaffer en klient. Kliente kan verduidelik word
dat dit GTAHA is wat die diens lewer.

Die houding van die publiek teenoor GTAHA kan gedurig gemonitor
word. Asook die benodighede van kliente, om gebiede vas te stel
waar kliente die meeste aandag benodig.

Wanneer genoegsame aanvraag bestaan, kan adverteer word dat
GTAHA gevorm is, asook die doelwitte. Onderhoude kan gevoer word
met applikante wat in GTAHA Kliente Diens Sentrums gaan werk. 'n
Leuen naspeur toets kan ook gebruik word, indien nodig.

Kliente Diens Sentrums kan dan gestig word. Die GTAHA diens kan
gratis aan kliente gelewer word - om te verseker 'n regverdige
diens word aan kliente gelewer - in die menige aspekte van die
samelewing. Dus kan GTAHA neutraal bly: Om enige saak te kan
aanvaar, afhangende van personeel beskikbaar. Die saak kan eers
ondersoek word. Al die feite kan evalueer word voordat met die
saak voortgegaan word. Diegene wat in hulle sake belangstel -
wat hulle boodskappe beantwoord, kan prioriteit gegee word. 'n
Hoë standaard van geestelike beginsels kan vasgelê word. Onthou
daar kan diegene wees wat die beginsels tot die uiterste op die
proef kan stel.

'n Lys van Kliente Diens Sentrums kan ook op die Internet
publiseer word, of d.m.v. die Media, vir die publiek om na te
verwys.

Klient dienslewering kan daarna intensief bestudeer word. 'n
Neutrale standpunt kan ingeneem word - om ondersteuning aan
beide die diens verskaffer en die klient te lewer. Vra vir 'n
Kliente Diens Beskermings Wet om ingestel te word, indien dit
nie alreeds bestaan. Aanpassings aan hierdie Wet kan op 'n
latere stadium aangevra word, namate diens aan kliente groei na
ander gebiede.

Die hoofkantoor van GTAHA kan na aan die middel van die VSA
geplaas word. Om as middelpunt te dien van 'n netwerk om
ondersteuning te lewer aan alle sentrums oos en wes daarvan.

Daar kan dan vir 'n bestuurder vir elke Staat in die VSA
adverteer word. Verkieslik iemand met rekenaar ondervinding. Die
funksie kan wees om die lys van registreerde sentrums vir die
Staat waarvoor verantwoordelik is, asook addresse en telefoon
nommers, op 'n enkele rekenaar by te werk, wat verborge is, en
los staan van ander rekenaars. Lede en personeel van GTAHA kan
verantwoordelik wees om bewyse van lidmaatskap by te werk, in
geval van navrae. Asook die verwysing van die persoon wat
lidmaatskap aanbeveel het.

Waar gaan die geld vandaar kom ? Donasies, natuurlik. Persone
wat ondersteuning ontvang, en tevrede is met die diens, kan
donasies gee indien hulle wil. Kommunikeer dit duidelik aan die
publiek asb. Dit is die eind doel wat saak saak - verhoogde
kliente diens by uitnemendheid. Aanvaar donasies alleenlik
indien dit kan help om die eind doel te bereik.

Wil hoogstens aanraai, nadat GTAHA gevorm is, en/of Kliente
Diens Sentrums gestig is, lede wat verantwoordelik is vir GTAHA,
om te bedank by die KKK en by GTAHA aan te sluit.

Dit word hoogstens aangeraai om goeie verhoudinge met die KKK te
onderhou. GTAHA kan gesien word as die volgende stap van groei
vir KKK lede. Bofbal hoede, en T-hempies met die GTAHA embleem
kan ook ontwerp word. Om deur die hele familie gedra te word.
Lede kan ondersteunings groepe vorm, indien hulle wil.

Wanneer 'n persoon gewerf word, kan hy / sy registreer word op
die stelsel, d.m.v. "social security number" identifikasie.
Indien enige nuwe sentrum geopen word, kan die sentrale data
basis bygewerk word. Asook die data basis vir die hele VSA.
Hierdie data basis kan maandeliks aan alle takke van GTAHA
gestuur word. Om sentrums te ondersteun wanneer groot volumes
van oproepe ondervind word.

Enige persoon wat navraag doen oor individue of sentrums, se
oproep kan geneem word en aangestuur word. Die antwoord kan
later terug gevoer word, nadat kontak gemaak is. Deur hierdie
metode kan dit moeilik maak om sentrums en/of dokumente te
dupliseer, sonder om uitgevang te word.

Twee persoonlike rekenaars kan gebruik word: een vir die
internet, en een vir die sentrale data basis. Lg. behoort nooit
aan die internet gekoppel word. Gereelde berging van data kan
ook geneem word, en gestoor word waar niemand, behalwe die
bestuurder vir die Staat in die VSA weet.

Suksesse kan in die Media adverteer word - om meer kliente te
trek. Hoop u word net so beroemd soos die engele van 911.

Kyk na die asemrowende resultate - bo alle verwagtinge. :) Die
KKK en GTAHA kan langs mekaar bestaan vir 'n lang tyd. :) Die
KKK en GTAHA kan met mekaar saam werk om GTAHA die super sukses
te maak, wat dit verdien om te wees. :) Suksesse bereik deur KKK
lede kan super suksesse word onder GTAHA. :) Eerlikheid en
regverdigheid kan asemowend verhoog word in menige gebiede. :)
Individue wat GTAHA probeer inkrimineer kan dit moeilik vind om
dit te doen. :) Die toekoms van GTAHA, en lede wat aan GTAHA kan
behoort, kan bepaal word deur die bestuur van GTAHA en/of die
KKK. :) Familie lede kan aan GTAHA behoort, indien die bestuur
wil. :) KKK en/of GTAHA kan asemrowende groei ondervind. :)
Respek vir die KKK kan asemrowend verhoog word. :)
Gemeenskaplike belange kan alle partye geweldig bevoordeel. :)
Vrede en voorspoed in die VSA kan asemrowend toeneem. :) En 'n
beter lewe kan vir almal in die VSA word. :)

Eendrag maak mag. Persone wat mekaar ondersteun, oorleef saam in
'n beter wereld. Hierdie is die poging om 'n pad te skep na die
21e Eeu d.m.v. grootheid, goedheid en grasie. Love all Serve
all.

Hoop dit help. :) Saam vir 'n beter toekoms. :) Een vir almal en
Almal vir een. :) Word 'n magiese Persoon en help om 'n Paradys
en Planeet te skep waar almal gelukkig is en bevry is van pyn en
leiding. :)

Presteer Voluit om die Verstand, Vlees en Voorspoed van die
Persone van die VSA, en elders op die Planeet, met Prag en
Praal, Passie, asook Profytvol te kan Volhou, sodat hulle na
hulle Prys, hulle Piek, kan Peil. :)

Ns. Indien enige sissende slange aan enigiemand hier ge-uiter
word, is dit a.g.v. 'n blinke kol in die logika, wat reggestel
sal word wanneer dit raakgesien is. Apologie word noual
aangeteken daarvoor. Vergewe asb.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Ou Paul Vettie

Ma., 20 Maart 2000 00:00

Jy is loshande die grootste aap wat die nuusgroep NOG besoek het! Jy
laat Squirrel na 'n intellektueel lyk.

Koeitjies & kalfies | 8 kommentare

Toekoms Advies vir: miv+, vigs, en miv+/vigs

Ma., 20 Maart 2000 00:00

Wil graag die Regering van ons Paradys, asook elders op die
Planeet, insluitend Individue, Organisasies, en Regerings, wat
deel neem aan die Afrika Renaissance, gelukwens vir die super
sukses wat bereik is sover, asook vir die toekoms. Vir die
Persone van ons Paradys, asook elders op die Planeet. Veral vir
die deursettings vermoë en vasberadenheid. Asook inisiatiewe wat
geneem word deur die ANC, veral President Thabo Mbeki, Staats
departmente en die Private Sektor, ten bate van miv+/vigs
navorsing in ons Paradys, en elders op die Planeet. Insluitend
die menige bydraes wat gelewer word aan die Afrika en Suid
Afrika Renaissance. En nog baie meer. :) Byvoorbaat baie dankie.
Dit word inniglik waardeer.

Wil graag die volgende deel:

Urine Terapie kan baie siektes genees. Insluitend kanker, TB en
melaatsheid. Urine Terapie kan miv+ en/of vigs, heel waarskynlik
vigs, genees. Hierdie siekte kan gesien word as 'n uitdaging wat
oorkom kan word deur diegene wat bereid is om saam te werk vir
'n beter toekoms.

'n Uittreksel van die boek: Hidden Mysteries, ETs, Ancient
Mystery Schools and Ascension, deur Dr. Joshua David Stone,
Ph.D. ; Bladsy 9: People ARE being cured of aids. Hanna Koeger,
a herbalist from Colorado, has come up with a cure for aids, and
many other doctors dealing with energetic medicine and holistic
medicine are having marvellous results, too.

Bg. boek besit ook inligting aangaande ruimte wesens, en ander
lewens vorme. Asook die funksie van godsdiens in die gemeenskap.
En 'n verwysing na Nicola Tesla se uitvindsel, van 'n lugdraad
bo-op die dak van 'n huis of gebou, om elektrisiteit te kan
ontvang. Vir diegene wat belangstel.

Navorsing word huidiglik gedoen oor die bydraes van Hanna
Kroeger. En sal gedeel word wanneer dit afgehandel is. Na
Januarie 2001, kan medies-wetenskaplike feite verwag word, om
die effek op miv+/vigs van kruie en Urine Terapie tesame te
bring, indien moontlik.

Wanneer 'n geneesmiddel vir miv+/vigs heel moontlik her-ontdek
is d.m.v. Urine Terapie, teen 2004, kan President Thabo Mbeki
heel moontlik bekendheid verwerf as die grootste vegter vir
mense regte wat die Planeet nog ooit gesien het.

Eendrag maak mag. Persone wat mekaar ondersteun, oorleef saam in
'n beter wereld. Hierdie is die poging om 'n pad te skep na die
21e Eeu d.m.v. grootheid, goedheid en grasie. Love all Serve
all.

Hoop dit help. :) Saam vir 'n beter toekoms. :) Een vir almal en
Almal vir een. :) Word 'n magiese Persoon en help om 'n Paradys
en Planeet te skep waar almal gelukkig is en bevry is van pyn en
leiding. :)

Presteer Voluit om die Verstand, Vlees en Voorspoed van die
Persone van ons Paradys, en elders op die Planeet, met Prag en
Praal, Passie, asook Profytvol te kan Volhou, sodat hulle na
hulle Prys, hulle Piek, kan Peil. :)

Ns. Indien enige sissende slange aan enigiemand hier ge-uiter
word, is dit a.g.v. 'n blinke kol in die logika, wat reggestel
sal word wanneer dit raakgesien is. Apologie word noual
aangeteken daarvoor. Vergewe asb.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Treffend

Ma., 20 Maart 2000 00:00

Jammer vir die advertensie, maar "so what", hierdie is treffend:

"Die Griekwapsalms en annerlike goeterse yt die Woord yt"
deur Hans du Plessis

Psalm 121

"Ek slat my twee oge op
my kyk vang die verste kop:
waarvanaf sal my hulp nou kom?
My hulp is van die Jirre, van hom:
Hy't nou die jimmel an Prieska gekom maak.
Sonner lat jou voete klipperse raak,
is hy skoene agterrie skaap.
Hy dink nooit nie eers oor slaap.
Sontyd is Hy hoed op jou kop,
innie nag hou Hy gevaarlikheit dop.
Hy's mos nou da om jou op te pas:
jou siel hou Hy tissen jou ribbes vas.
Gan jy nou in of gan jy nou yt:
Hy's oor jou vi ewig en vi altyd."

Ek is sommer lus en plaas al die tekse maar sal seker probleme met kopiereg
kry.

Die boekie kan by die skrywer bestel word by:

Molenstraat 47
POTCHEFSTROOM
2531
Tel. Internasionaal 2718 2991783.
RSA 018 2991783
Koste is R10.00 per boekie.

Nee, ek is nie familie van die skrywer nie, ken hom nie eens nie. Net
toevallig op die boekie afgekom en dit vir familie en vriende begin stuur.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Geen diskriminasie in RSA , NOT!

Ma., 20 Maart 2000 00:00

Uit Beeld 20/03/00 vir die persone met rooskleurige brilletjies oor wat in
SA aangaan.

SA kan 'diktator Ramsamy nie bekostig'
Politieke Redaksie

Kaapstad. - Suid-Afrika kan nie langer bekostig om 'n sportdiktator soos
mnr. Sam Ramsamy aan die hoof van Noksa te hê nie. Sy omstrede bemoeienis
met die rassesamestelling van Suid-Afrikaanse sportspanne en die ras van
individuele atlete kan Suid-Afrika se kanse ernstig benadeel om by die
Olimpiese Spele te presteer of in 2006 sokker se wêreldbekertoernooi aan te
bied.

Sê het politieke partye gister gereageer op die nuutste storm wat om Ramsamy
se kop losgebars het nadat dit bekend geword het dat Noksa besluit het
Suid-Afrika se beste ritmiese gimnas, Michelle Cameron, nie later vanjaar
aan die Olimpiese Spele in Sydney mag deelneem nie.

Cameron is een van slegs 24 ritmiese gimnaste ter wêreld en die enigste uit
Afrika wat vir deelname aan die Oplimpiese Spele gekwalifiseer het.

Vroeër het Noksa aangekondig dat die manshokkiespan, een van die wêreld se
sewe topspanne, nie aan die Spele mag deelneem nie omdat sy kans skraal is
om 'n medalje te wen en sy rassesamestelling onaanvaarbaar is.

Hoewel die Internasionale Gimnastiekfederasie onlangs by Noksa navraag
gedoen het waarom Cameron ondanks haar kwalifikasie nie na die Spele gaan
nie, hou Noksa eg ter vol dat geen Suid-Afrikaanse gimnas gekwalifiseer het
nie.

Mnr. Graham Abrahams, woordvoerder van mnr. Ngconde Balfour, minister van
sport en ontspanning, het by navraag gesê hy weet nog net wat in die
koerante oor Cameron geskryf is. As Gimnastiek SA vir Balfour vra om in te
gryp, sal die minister net soos met die manshokkiespan met Noksa in gesprek
tree. Balfour wag nog om van Noksa te hoor wanneer die gesprek oor die
hokkiespan gaan plaasvind.

Adv. André Gaum, NNP woordvoerder, het gesê Ramsamy en Noksa se weiering om
Cameron na die Olimpiese Spele te stuur, is deel van 'n vendetta wat in
sekere sportkringe teen Gimnastiek SA gevoer word weens sy beweerde
gebrekkige ontwikkelingswerk.

Einde verlede jaar het die parlement se ANC - oorheerste portefeuljekomitee
oor sport en ontspanning die verteenwoordigers van Gimnastiek SA aan ure
lange uittrapsessies oor dié kwessie onderwerp. Dit is duidelik dat
Gimnastiek SA se vyande met Ramsamy in verbinding was, het hy gesê.

Pleks dat Ramsamy hom besig hou met die ontwikkeling van alle opkomende
sportsterre, bemoei hy hom sê met rassekwotas dat dit die moreel van
Suid-Afrika se atlete kan knak. Dit sal daartoe lei dat Suid-Afrika nog
swakker as vier jaar gelede by die Olimpiese Spele vaar.
Omstredenheid in Suid-Afrikaanse sport, soos dié wat Ramsamy veroorsaak, kan
ook die land se sokkerbod vir 2006 ernstig benadeel.

Dr. Louis Luyt, FA-leier, het gesê mense soos Ramsamy is besig om met
verskuilde politieke agendas sport in Suid-Afrika dood te maak. Noksa se
eensydige toepassing van sportkwotas druis teen die Grondwet en handves van
regte in wat onregverdige diskriminasie op grond van ras verbied.

--
Julian & Karin de Beer
117 Newell Rd RD3
Tamahere
Hamilton
New Zealand

+64 7 858 3183 fax +64 7 858 3184
jgde...@clear.co.nz

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Petrol Prys

So., 19 Maart 2000 00:00

Die petrol prys ruk nou waaragtig hand uit. Die mense wat die 6 - 8 April
2000 petrol staking reel is reg. Komaan mense en neem bietjie aksie teen die
hoe petrol pryse wat wereld wyd kop uitsteek vir geen rede meer as die bou
van mag en geld nie. Petrol is 'n monopolistiese industrie waarsonder die
wereld regtig kon sonder klaar kom.

Kom ons almal, van Kaapstad tot in die noorde staan saam en bogger die
gierige blikemmers.

Het iemand al opgelet dat daar nie meer privaat Petrol stasies is nie? Het
iemand al agter gekom dat BP garages die land vol is. Het iemand al agter
gekom dat Engen garages die wereld vol is? Hierdie stasies word beheer deur
die olie boor maatskappye. Hulle dring nou slefs in op ander besighede wat
kruideniersware verkoop.

Sien niemand hoe hulle besig is om hulle in ons lewens in te wriemel nie.
Petrol maatskappye mag deesdae kruideniersware verkoop, maar die
kruidenierswinkels mag nie petrol verkoop nie. Hoe eronies.

Ek is amper lus en se ons moet Petrol maatskappye aanval en onder die klippe
steek maar ek is (lyk dit my, ek begin twyfel) meer beskaafd as hulle.

As enige studente leiers hierdie brief lees, kontak my so gou moontlik dat
ons 'n nasionale studente betoging in Suid Afrika asook oorsee kan reel. Ons
moet ons toekoms besware aan niemand minder as die president self oorhandig
nie.

Dan het die verdomde petrol maatskappye nog die vermetelheid om ons as dom
verbruikers te beskou.

Wie het die radio berig gehoor wat die ouens uitgesaai het? Ons onderbetaal
en daarom moet die prys opgestoot word. Hoe gemaklik. Dit is alles ons
skuld. Maar min mense weet dat ons ons buurlande se petrol lae petrol pryse
ondersteun met ons hoe prys. Wie het geweet dat meer as 60% van ons petrol
prys uit belasting bestaan?

Ons betaal nie net ons eie petrol nie, maar 'n groot gedeelte van die 3de
wereld s'n ook.

Maar nee, ons ONDERBETAAL.

Dalk is ons dom. Dalk is ons so dom dat hulle seker maar weer met hierdie
doellose verhoging gaan wegkom. Want soos nog altyd in die verlede, net
sodra die 3de wereld op die been kom dan stoot hulle die petrol prys op
sodat ons maar kan k@k en betaal. Want as ons dit regkry om bo uit te kom is
die wereld nie meer so lekker vir daai blikemmers daar bo nie.

Viva die petrol staking. Komaan ondersteun dit en moet nie soos 'n droe drel
gaan staan en petrol koop tussen die 6 en 8ste April 2000 nie. Steek bietjie
die ouens onder die spreekwoordelike klippe vir hulle k@k plan.

Opreg
Antowan

Koeitjies & kalfies | 25 kommentare

Re: Gloudina/ProPacem/@home.com/Tannie

So., 19 Maart 2000 00:00

En skielik is daar stilte . . .

Ongelooflik, ne, hoe mense se stemme dik is wanneer hulle veilig voel agter
al hierdie "tegnologie" van ons. Maar nie 'n idee het hoe dit regtig werk
nie.

Jy sien, Liewe Tannie met die vonke in haar oge, die mense daar op JOU
vasteland het hard baklei vir iets nl. "Freedom of Information Act".

Met die gevolg dat dom boomrokers sommer lekker kan partytjie hou op ander
mense se krediet kaarte . . .

Koeitjies & kalfies | 17 kommentare

Ferdi Grilling

Sa., 18 Maart 2000 00:00

Ek is optimisties in my obserwasie dat jy uiteindelik Gloudina se rang
bereik het:

Luitenant Poephol!

Kom ons kyk na jou eentonige uitbasering:

1. SA is nou 'n land van geleikheid en regverdigheid!
Volgens jou MOET ons almal dit aanvaar of anders sit jy vir Gloudina op
ons. (daar poep ek sommer in my broek)

2. Jy geniet die feit dat jou mede wit, Afrikaans sprekende landsgenote se
toekoms maar bra bleek lyk
Volgens jou is dit die regverdige ding,

Ferdi, ek wens ek kon jou 'n vraag vra en 'n eerlike antwoord kry, maar jy
sal dit in jou onintelligente manier verdraai, maar kom ons vat 'n kans:

Q. "Wie het in jou testtube gespoeg?"

Koeitjies & kalfies | 22 kommentare

Life changing Opportunity in South Africa only.

Vr., 17 Maart 2000 00:00

Hoekom is die sap nie gewoon op winkelrakke te koop nie?
Daar is honderde soortgelyke produkte. Hoekom sal hierdie een spesiale
verkoopstegniek vereis? Tupperware, Golden Products-styl?

> Here is a little opportunity I would like you to know about.
>
> please read the attachment, and then tell me what you think.
>
> the attachment is in Afrikaans and English.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Bladsye (1834): [ «    1101  1102  1103  1104  1105  1106  1107  1108  1109  1110  1111  1112  1113  1114  1115  1116    »]
Tyd nou: Do. Mrt. 12 09:21:05 UTC 2026