Ek het 'n toetsie op my eie gedoen juis met die dat die nuwe wet in
werking getree het en hier is die resultaat.
Ek het gisteraand kroeg toe gestap (let wel) en daar 3 dubbel Klippies
bestel en gedrink. Daarna 2 dubbel Klippies bestel en gedrink.Toe vra ek
net een enkel Klippie en my vrou moes my daarna kom oplaai met die
bakkie.
Gevolgtrekking: hoe minder ek drink hoe dronker raak ek. Sal vorentoe
maar hou by 3 dubbels of meer.
Wat is julle ervaring??
Christo
Daar gaan weer gereis word. Om omtrent eerskomende Woendsdag
aand, 9/8/2000, terug te keer. Om die groen lig vir verhoogde
bydraes te ontvang, soos bespreek.
Indien geen ontmoetings tydens hierdie reis plaasvind, sal dit
as 'n groen lig vir verhoogde bydraes interpreteer word.
Hoop dit help.
Saam vir 'n beter toekoms.
Een vir almal en Almal vir een.
Die meisie vandag by die Decorex uitstalling by Gallagher
Estates wat vir my geknipoog, haar lippe getuit en toe vir
my 'n soentjie gegooi het terwyl my vrou weggekyk het, was
dit j� Elaine?
* Sent from AltaVista http://www.altavista.com Where you can also find related Web Pages, Images, Audios, Videos, News, and Shopping. Smart is Beautiful
Ek was in Kaapstad op skool, en ons skool se koshuis het talle
kinders van Namakwaland gehad, so ook destydse Suid-Westers
met hulle bree aksente. Altyd vir my mooi gewees. Ek het
familie in Namakwaland gehad (O'kiep, ek dink dit beteken half mens) en ek
het die plat
Afrikaans en die mense baie spesiaal gevind.
So ook die Bolandse brei, veral
in die Swartland streek. Hier in die Suide het mens
baie verskillende aksente, en dit is vir my lekker om
op te let hoe die aksente verskil, en dan te probeer
uitvind waar hulle vandaan kom. Ek hou veral van
die New Orleans en Charleston aksente.
Pat
skryf in boodskap news:398B61DE.73BFC3C6@home.com...
> Pat wrote:
>
>> Jy's heeltemaal reg Gloudina. Dit is geskryf deur Prof. Hans du Plessis, en
>> kom
>> uit sy boek "Gewete van Glas". Hulle noem dit "voorbeelde van
>> Griekwa-Afrikaans" , en
>> hy het ses Griekwapsalms in die bundel. Psalm 23 is ook aan my gestuur, ek
>> kan
>> dit pos as iemand daarvan hou. Ek wonder of dit grens aan rassisme, m.a.w.
>> verkleineer mens die Griekwas se taalvermoee met so iets?
>>
>> Pat
>>
>
> Wel, as ek 'n Griekwa was (met 'n universiteitsgraad
> en dies meer) sou my hart ook krimp elke keer as ek
> so-iets hoor, net soos my hart elke keer gekrimp het
> as ek hoor hoe die mense spot met Namakwalanders
> se manier van praat. My pa was in Namakwaland
> gebore, en het sy jeug daar deurgebring. Hy het nooit
> "soos Namakwalanders" gepraat nie. Ek wonder
> hoekom het Professor Hans du Plessis sy boek
> "Gewete van Glas" genoem? Waaroor gaan die boek?
> Die Griekwapsalms is in die afgelope tyd, veral op
> die Internet, herwaarts en derwaarts gestuur. Ons is
> dit al van meer as 'n halfdosyn kante aangestuur. Ek
> weet nie hoekom ek geen entoesiasme daarvoor kan
> oproep nie. Wanneer Adam Small Kleurling-Afrikaans
> gebruik, vind ek dit aanneemlik (miskien omdat Small
> dit meestal ironies gebruik) Maar hierdie Griekwa-
> psalms klink vir my tog 'n poging om te verklaar: hulle
> is anders as ons, ons is nie dieselfde nie.
>
> Gloudina
>
Ons kerk het verlede Sondag 'n oesfees gehad en almal moes hul sakke skud
vir die betaling van 'n pas voltooide administrasie gebou op die
kerkgronde. Die preek het ook gehandel oor jou 10 de elke maand.
Ek hior graag van julle hoe julle die 10 de saak benader.
----- Original Message -----
From: Willo
To: Alex Koster
Sent: 03 August 2000 10:41
> Beste Alex,
>
> Mein Nederlands ben niet te goed. Kan je dalk in de toekoms in Engels of
> Afrikaans schrijven?
>
> Ek verstaan de laaste sinnetje glad niet.
> (.......)
>
> Groete,
>
> Willo
--------------------------------
Dagsê Willo,
Baie dankie vir jou e-pos, Willo. Ek spreek Engels, Nederlands en Duits.
Ek verstaan Afrikaans, maar spreek die taal nie baie goed nie! Maar 'n
Nederlandstalige kan vinnig 'n bietjie Afrikaans leer skryf deur
Afrikaanstalige na te doen. Ek kan vinnig Afrikaanse woorde leer deur
Afrikaans te lees. Ek verstaan wel, maar spreek egter nie Afrikaans nie.
That's my attempt at Afrikaans! Its nice if someone tries to speak your own
language, especially when foreigners rarely try to do this, that's my
feeling!
No problem, Willo! Thanks.
I rarely have problems understanding Afrikaans, but I guess the Dutch
grammar and spelling may put Afrikaans speakers off more. I think it's
probably easier for a Dutch speaker to understand Afrikaans than the other
way around, sometimes.
i.e.,
Ik ben, Jij bent, hij is, wij zijn, jullie zijn.
Ek is, Jy is, hy is, ons is, julle is
I generally don't have much of a problem following written Afrikaans, but if
I hear someone speaking Afrikaans, I have to get used to the accent and
he/she has to speak slowly. This has more to do with the fact that Dutch
speakers from the low countries rarely hear Afrikaans being spoken, its a
question of getting used to the pronunciation and different words, the
meaning of which usually becomes clear to Dutch speakers in the context of a
sentence. But its still nice to almost share a common language in a foreign,
far away country.
I'm Dutch but I've lived in England since I was five. I've a number of
(historic) links with the Boers, including my French Huguenot connections.
For various personal reasons there are many aspects of Boer history which
also appeal to me. So, although I'm not an Afrikaner/Boer, I do have
Afrikaner/Boer sympathies.
Riaan se idee dat motoriste 'n toestel behoort te hê om hul
eie alkohol perk te toets verwys
Nie R10 maar selfs R5 is genoeg soos die toestel wat ek
gebruik Riaan. Vanmiddag om twaalf het ons ná 'n
vergadering besluit om vleis te braai en 'n paar biere (en
natuurlik bietjie rooi wyn) saam met die vleis te geniet.
Ek gebruik 'n pen en my notaboek om myself te toets en hiér
is vandag se uitslag om te wys hoë effektief dit is.
12uur Sal net 'n paar biere drink en huis toe ry
12:30 Mmmm die drank
raak my nie eens nie!
1:40 Snaaks
dat ek vanmiddag so
nugter bly
3:45 Haai
ek't lankl
a
as my skrif getoets
maar ek vo
el nog
oraait!
4:15
Kannie glo
dattek
so nug
ter
blyyy
5.00nm Het moss gesjê
datj ejk drank
kan vat! Eks nie
sjoos die anner wat gesuippp ry nie. Ek sktyf biekie
skeefff maaar dis maar omlat ek ingedagte en ontspanne is
Eks bly dat ek 'n
toesthel het ommy eie
kondisjie tetoets
Nee ek stem saam met jou, ek dink die hele gemeente moet besluit wat met die
geld gedoen moet word. Ons kerk is maar 200 mense sterk en het baie skuld,
maar ek moet se die geld word eerste aan die behoeftiges in die gemeente
gegee en daarna aan kinderhuise (Abraham Kriel) en daarna vir kweekskole en
evangelisasie. Dit gaan maar knap, maar die bybel se ons moet ons deel vir
die kerk gee (onthou die storie van die weduwee wat haar laaste paar sent
vir die kerk gegee het), so ek dink die ou wat die geld aan behoeftiges gee
en nie ook aan die kerk nie, is dalk verkeerd, maar dan aan die anderkant
moet die kerk daai fondse korrek aanwend en nie die geld gebruik om op
vakansie te gaan nie. As hulle die geld nie reg gebruik om behoeftiges in
die gemeente te help nie, kan ek dalk jou vriend se standpunt verstaan.
Kerke is nie meer wat dit was nie, dit lyk of die hele spul nou net 'n
geldmaak besigheid wil bedryf
Elaine
Krokkie skryf in boodskap news:398a772a$0$229@hades.is.co.za...
> Ek's in die NG kerk.
>
> My probleem het baie te doen met die aanwending van die fondse. Sondahg het
> hulle voor die diens vir ons die state gewys en gese hulle wil die nuwe
> kantoorblok van R1.5 miljoen kontant betaal. So ons moet hoes. Die kerk is
> redelik groot so ek dink nou 8000 lidmate. Hulle redeneer(dis nou waar seker
> nie moet stry nie) dat jy jou 10de van jou inkomste net so moet gee, maar
> is dit nou voor belasting of daarna?. Verder wys hulle op hul begroting dat
> hulle die vorige jaar R4 miljoen aan uitreik aksies spandeer het. Dit is
> nou wanneer in baie gevalle klomp lidmate op "vakansie gaan" oorsee ens op
> die kerk se onkoste om sekere geestelike werk te verrig. Alles goed en wel,
> maar moet die kerk nie eers in sy eie gemeente alle "lyding en nood" verlig
> nie? Ek voel immers so. 'n Vriend van my se hy gee sy bydrae vir behoeftige
> familielede. Is dit reg ? of kan net die kerk self besluit oor die
> aanwending van sy fondse. ?
>
> Krokkie
>