Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Die laaste Arikanerheld: JAAP MARAIS

Wo., 09 Augustus 2000 00:00

Hoe kan 'n persoon wat bykans sy politieke lewe lank beledigings as 'n
v�r-regse en verkrampte Afrikaner uitgekryt was, 'n liefhebber wees van
Keats en T.S.Elliott en selfs gepoog het (of het hy daarin geslaag), om
Shakespeare na Afrikaans te vertaal?

Jaap Marais was 'n persoon wat uiteindelik 'n onkeerbare geloof in sy saak
gehad het tesame met 'n onge�wenaarde respek en liefde vir volkswaardes. Hy
het dit geniet om daarvoor te veg!! Hy het geweet dat die Opregte Afrikaner
enige gevare, hetsy Swart-, Rooi-, Moslem-, Jingo- of wat ookal kon
trotseer, maar hy het ook geweet dat die "Achillis-heel" van die Afrikaner
in sy eie geledere gelê het. Dit was die laasgenoemde wat tot die ondergang
van die Blanke se regte hier en die einde van die Afrikaner se roemryke
voortbestaan gelei het.

Daar gebeur deesdae hoegenaamd niks wat enig iemand sal oortuig dat
Suid-Afrika nie op pad is om net nog 'n ellendige, armsalige, Godverlate
Afrika-staat te word nie. Net 'n moroon sal anders glo. Tog het Jaap Marais
die oortuiging deurgaans gehad dat die Afrikaner sy vryheid weer eendag in
hierdie land sal terugvat.

As daar ooit 'n era van Opregte Afrikaners was en daardie era het tot sy
einde gekom, kan ons met oortuiging sê: Jaap Marais was ons laaste held!

Koeitjies & kalfies | 52 kommentare

Aan Elaine

Di., 08 Augustus 2000 00:00

Ek wou jou ook maar net bietjie roer en ek baklei met niemand nie of ten
minste nie sommer nie.
Dis net ou Gloudina. Die ou bok is seker ookal lank in die tand en sy
kan enige mens se gal omkrap.
Christo

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

Tolla se begrafnis

Di., 08 Augustus 2000 00:00

Tolla se begrafnis is Vrydag 11 Augustus 2000 om 2:30 :-(

www.eep.co.za

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

aaaaggg lekker 'n vakansiedag!

Di., 08 Augustus 2000 00:00

Aan almal wat nog in die goeie ou Suid Afrika sit. Geniet julle vakansiedag
môre. Aan almal wat nie meer hier is nie - lekker werk.
Suid Afrika is die land met die meeste vakansiedae en ek geniet elke een!!!

Groetnis

Elaine

Reis & vakansie | 2 kommentare

braaivlees in ede

Ma., 07 Augustus 2000 00:00

hi almaal

weet iemand dalk waar die sa klub in nederland is omgeving gelderland ek
het ver neem daar is een braai hier in ede en ek wil graag soon toe gaan
groete sandra

Emigrasie & buiteland | 1 kommentaar

! TOLLA IS DOOD !

Ma., 07 Augustus 2000 00:00

Tolla van der Merwe, Suid-Afrika se top komediant, is vandag Maandag 07
Augustus, 2000 om ongeveer 12
middag oorlede. :~(

www.eep.co.za

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Tolla oorlede in kar ongeluk

Ma., 07 Augustus 2000 00:00

Paar minute gelede gehoor van die tragedie. Blykbaar het hy en 3 ander mense
in 'n trok vasgery wat ge"jack-knife" het in digte mis. Ek sal hom defnitief
mis.

Die Engelsman

Nuus | 1 kommentaar

DVD - Pink Floyd, The Wall

Ma., 07 Augustus 2000 00:00

Hallo daar

Ek weet dat hierdie nie 'n DVD nuusgroep is nie (dis tog altyd lekkerder as
jy in afrikaans kan praat), maar wil graag hoor of een van julle miskien al
die DVD gesien het.

Enige ander DVD kykers op hierdie groep?

Pink

Musiek & liriek | 2 kommentare

Re: DVD - Pink Floyd, The Wall

Ma., 07 Augustus 2000 00:00

Gaan kyk by www.theshoppingmatrix.com ten spyte die .com is dit 'n Suid
Afrikaanse bladsy en koop jy in Rand. Jy kan die geld direk in hul
bankrekening oorbetaal of met jou kredietkaart koop. Daar's 'n paar opsies.
Dalk het hulle die DVD waarna jy soek. Daar's in elk geval 'n hele klomp
goed daar waarin jy dalk kan belangstel.

Elaine

Pink skryf in boodskap news:E8wj5.6211$63.135833@zonnet-reader-1...
> Hallo daar
>
> Ek weet dat hierdie nie 'n DVD nuusgroep is nie (dis tog altyd lekkerder as
> jy in afrikaans kan praat), maar wil graag hoor of een van julle miskien al
> die DVD gesien het.
>
> Enige ander DVD kykers op hierdie groep?
>
> Pink
>

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Re: ! CHEERS FROM JEREMY !

Ma., 07 Augustus 2000 00:00

Die twee is darem nie dieselfde nie, by die pikkewyne kan hulle nie gerob,
gerape of vermoor word nie..

Krokkie

T de Wet wrote in message ...
> Mooi so 'klein' Jeremy! (Hy's 'n groot ou die Jeremy)
> Dankie vir die mooi gebaar en bereidwilligheid om die pikkewyne te help.
>
> Wonder nou net: Sal hulle (die vrywilligers) ook wil help om die krisis op
> die Kaapse Vlakte ook op 'n vrywillige basis te kom help oplos. Daar's mos
> hoeka so 'n 'tekort' aan polisiemanne.
> Thys wat sit en wonner oppie Bos
> www.eep.co.za wrote in message ...
>> Cheers from Jeremy
>>
>> Boeing loads of penguin volunteers, led by keen animal welfare supporter
>> Jeremy Mansfield, have flown into Cape Town to assist in the rehabilitation
>> effort of some of the 23 000 African Penguins oiled in the recent MV
>> Treasure oil spill.
>>
>

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Bladsye (1834): [ «    1041  1042  1043  1044  1045  1046  1047  1048  1049  1050  1051  1052  1053  1054  1055  1056    »]
Tyd nou: Wo. Mrt. 11 17:09:59 UTC 2026