Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Suid Afrikaanse Mans

So., 13 Augustus 2000 00:00

Ek is mal oor mans, ek's mal oor hulle geselskap en ek's mal oor hoe hulle
ruik en die maai diep klank van hulle stemme. Moenie my verkeerd verstaan
nie, ek's nie 'n flerrie nie, en ek slaap nie rond nie, ek dink net mans
maak vir goeie geselskap. Maar dit het altyd vir my gelyk asof meeste van
die mans wat ek mee bevriend word, in varke verander sodra daar emosies
bykom, en dat ons mans sommer 'n klomp idiote is, wat nie hulle vrouens
waardeer nie, plak homself voor die televisie neer met 'n bier in die een
hand en die "remote" in die anner hand, terwyl vroulief net moet sorg. My
man is seker een van die selfsugtigste mans wat ek ken en ek moet van die
more tot die aand sy vuil onderbroeke en sokkies agter hom optel, maar dis
klein goetertjies in vergelyking wat ander vrouens oorkom.
Vrouens van Suid Afrika - waardeer julle mans!!!!! Ek weet, ek weet dis nie
altyd maklik nie, maar hoor bietjie wat doen die Europese mans.
In Griekeland is dit algemene praktyk dat hulle mans rondloop en rondslaap
en die vrou mag niks se nie, sy moet daarmee saamleef of sy kry 'n goeie
loesing.
In Turkeie, mag die hoof manlike gesinslid vrouens vermoor hulle noem dit
"honour killings", en word gewoonlik of sy dogters of niggies gepleeg as
hulle iets doen waarvan die Pa of Oupa nie hou nie. 'n Jonger manlike lid
van die gesin moet die moord pleeg as Pa of Oupa besluit het dit moet gedoen
word. En dis heeltemal wettig.
In Saudi-Arabie word 'n vrou wat verkrag is tronk toe gestuur, en as sy
swanger is word sy ter dood veroordeel.
Regoor die wereld lees en hoor 'n mens van hierdie rillers, en meeste mense
regoor die wereld is dit eens dat ons mans van die mees bedagsame en
vriendelik mans is.

Moenie my verkeerd verstaan nie dames, ek praat nie hier van Suid Afrikaanse
mans wat hulle vrouens aanrand of verkragters nie. Ek praat van die ander
90% van ons mans wat (al is hulle vol foute, net soos ons) ware galante here
is. Ons is gelukkig in vergelyking met vrouens in ander lande.
Volgende keer as jy jou man se vuil sokkies moet optel, dink aan al jou
klein irritasies en dink aan jou susters in minder bevoorregte posisies.

Groete
Elaine

Koeitjies & kalfies | 9 kommentare

Verkeerd, Grahame

Sa., 12 Augustus 2000 00:00

Grahame skryf elders: "Daar is die Amerikaanse opsie. Het die
Amerikaanse setlaars nie die inheemse Rooihuide afgemaai soos
wat hulle dit gedoen het nie, is dit statisties bewys dat
Amerika vandag ten minste 80 miljoen Rooihuide sou gehad het."

Die immigrante uit Europa het ongetwyfeld groot getalle Indiane
afgemaai - by dosyne doodgeskiet en na "bounty hunters" gebring
vir betaling. Maar dis nie hulle wat die inheemse bevolking
feitlik uitgewis het nie. Die "Native Americans" is afgemaai
deur siektes wat saam met die Europese immigrante na Amerika
gebring is. Iewers lees ek onlangs dat ongeveer 100 miljoen
Indiane dood is aan siektes soos masels, waarteen hulle geen
weerstand gehad het nie.

Netsoos die groot griep, of "Spanish Lady" van 1918, wat die
eintlike oorwinnaar was in die Eerste Wêreldoorlog. Meer mense
(insluitend soldate) is daaraan dood as op al die slagvelde van
Europa saam. Dit het die einde van die oorlog verhaas. Dit was
die mees vernietigende griepvirus ooit. Indien dit vandag sou
uitbreek, sal die dodetal astronomies wees. As biologiese wapen
sou dit meer as die helfte van die planeet se bevolking uitwis.
Gelukkig is die griepvirus egter baie onstabiel en onselektief;
dit muteer voortdurend - daarom dat ons elke jaar 'n ander
griepvirus het en elke jaar opnuut ingeënt moet word.
Wetenskaplikes veg 'n nimmereindigende stryd daarteen, want
Virusse kan nie vernietig word nie; hulle loop hulle pad en
sterf naderhand self. Antibiotika is nutteloos teen
virusinfeksies. Ons kan slegs daarteen ingeënt word, en die
vaksiene kan slegs gemaak word nadat die virus geïdentifiseer is.

Nogal skrikwekkend.

-----------------------------------------------------------

Got questions? Get answers over the phone at Keen.com.
Up to 100 minutes free!
http://www.keen.com

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

WAAROM (1)

Sa., 12 Augustus 2000 00:00

Jou intelligensie word gemeet aan die soort dinge in die lewe wat jy geniet;
jou integriteit aan die soort mense wat jy vereer. Om nou lykskouing te hou
oor wat met ons volk gebeur het en wie se skuld dit is dat die Afrikaner
vandag 'n nasie sonder identiteit of bestaansreg in sy eie land is, gaan ons
nie noodwendig baie vér bring nie. Ons kan maar net dit oordink wat was en
wat kon gewees het. Ek was daar voordat dit gebeur het en hopelik sal ek
daar wees nadat dit alles verby is.

Ek was daar as 'n trotse jeugdige in 1948 toe die Afrikaner die bewind in
hierdie land oorgeneem het. Ek was daar toe Dr. D.F.Malan sy gevleuelde
woorde "Glo in jou God, glo in jou Volk, glo in jouself" op die harte van
elke opregte Afrikaner gelê het. Ek was daar as 'n jong Kapenaar toe die
Leeu van die Noorde die leisels oorgeneem het en ek het hom bewonder. Ek
was daar in elke verkiesing- en tussenverkiesingstryd betrokke toe Dr.
H.F.Verwoerd Suid-Afrikaanse Engelssprekendes by hul duisende na die
Nasionale Party oorgewen het. Ek was daar onder die dansende en jubelende
skare in Port Elizabeth toe Dr.Verwoerd ons na 'n Volkseie Republiek gelei
het.

(Waar was Ferdie?)

Ek was daar tydens Verwoerd se bewind toe ons ons vriende en vyande in die
oë kon kyk, ons ons skuld met klinkende munt kon betaal en op die koop toe
ook binne die twintig rykste lande in die wêreld getel het; toe die Rand
meer werd was as die Amerikaanse Dollar; toe ons deur die wêreld
gerespekteer was, nie vanweë ons Apartheidsbeleid nie, maar ten spyte
daarvan.

As daar ooit 'n nasie was wat "disadvantaged" was dan was dit die Afrikaner
toe hy hier aan bewind gekom het. Die Engelse "die-hards" wat Engeland nog
as hul "home"gesien het, het openlik erken dat hulle hulself saans aan die
slaap gehuil het net om te dink wat nie alles NOU van hierdie land gaan
gebeur nie. Maar Malan, Strijdom en Verwoerd was LEIERS! Godvresend,
beginselvas, pligsgetrou, nugter, eerlik, opreg, lojaal, dienaars van hul
volk en manne van hul woord en getrou aan hul huwelksmaats en hul families.

(Waar WAS die Ferdie, jong?)

U sien, hulle het die leisels oorgeneem van die kolonialers. Hulle het 'n
land oorgeneem waar die "African" niks meer was as juis dit nie:'n
"African",'n bediende, 'n houtkapper en 'n waterdraer, 'n mynwerker, 'n
goedkoop middel tot 'n doel, en die doel was om te sorg dat die son nooit,
ooit oor die empire ondergaan nie. Aandklokreëls, onderbetaling,
onderdanigheid, werkreservering, lokasies, minderwaardige skoling en rasse
diskriminasie het bestaan lank reeds voordat enige Nasionalis aan die woord
"apartheid" gedink het.

Setlaars het verskillende opsies tot hulle beskikking wanneer hulle 'n land
betrek.

Daar is die Amerikaanse opsie. Het die Amerikaanse setlaars nie die
inheemse Rooihuide afgemaai soos wat hulle dit gedoen het nie, is dit
statisties bewys dat Amerika vandag ten minste 80 miljoen Rooihuide sou
gehad het.

Daar is die Kolonialer opsie. Trek in, vat alles wat jy kan uit die grond,
uit die minerale rykdom, buit die inheemse bevolking uit tot die maksimum,
sit niks terug nie en trek uit. Skitterende voorbeelde: Die Afrika state
ten Noorde van ons.

Dan is daar die sendeling opsie. Kom in, vat niks wat nie joune is nie,
leer die inheemse mense om te bou en te handhaaf en oor hulle self te
beskik en gaan huistoe. Hoe het ons nie ons plig versuim nie!

As ons eerste Party-leiers leiers sedert Afrikaner oorname eerlik met
hulself was, (en ek is seker hulle was), dan het hulle 'n probleem gehad.
Hulle was nóg Amerikaners, nóg kolonialers, nóg sendelinge. Hulle was
sekerlik ook nie setlaars nie want ten spyte van al die "bewyse tot die
teendeel", was die inboorlinge/naturel-le/bantoes/swartes maar baie skraal
versprei oor hierdie mooi land toe die Witman hier aangeland het.

Daar was dus die een gevolgtrekking, of was dit twee? Een, hierdie was van
Dag Een Witmansland en, behalwe vir die Engelse in ons midde, het ons gekom
om te bly. Twee, die inboorlinge, ens. wat na die stede getrek het, het nie
gekom om te bly nie; hulle moes na die "tuislande" terug gemotiveer word.
Hoe om 'n balans tussen menslikheid en Afrika-styl oorlewing te behou? Die
Nasionale Party-regering van Malan, Strijdom en Verwoerd was in staat om dit
reg te kry, maar daar was sekere faktore wat teen die voortbestaan van
Afrikaner, Blanke bewind ingewerk het wat nooit ooit vir altyd teëgewerk kon
word nie. Hierdie faktore het na 1967 hyl lelike gesigte begin wys. Wat
daarna gebeur het het vrae laat ontstaan wat lank nadat
Afrikanernasionalisme oor die horison van wêreldgeskiedenis verdwyn het,
indringende antwoorde aan ons kinders verskuldig sal wees.

Waarom is Verwoerd vermoor?

Waarom het Vorster, wat soveel belofte vir ons voortbestaan gehou het,
skielik gat teen die juk gedraai? Wie het 'n houvas op die arme drommel
gehad?

Waarom het Henry Ford Jnr. hier 'n draai kom gooi kort na Vorster se
oorname?

Waarom is die Verwoerd ge-inisiëerde suksesvolle boikot van Ford produkte
met groot geheimhouding opgehef en tamaai groot regeringsbestellings, veral
Polisiebestellings, by Fordmaatskappy geplaas? Dit lei dan ook tot verdere
kwellende vrae wat soebat om geantwoord te word.

Waarom was Dr. Albert Hertzog en sy span met die eerste lig van hul
wenkbroue met soveel geweld uit die parlement geboender, hul protes met
soveel beplande boewery gesnoer? Wat van die Inligting"skandaal", waar pas
dit rêrig in?

Miskien het Ferdie sommige van die antwoorde.

Dit gaan lekker wees om op my oudag net te bespiegel, maar dan wil ek eers
Gary Allen se boek "None Dare call it Conspiracy", daar uit die kartondoos
in die garage uithaal en dit weer versigtig deurlees voordat ek met my
gevolgtrekkings vorendag kom. En moet nie verbaas wees as ek skielik myself
in 'n betonblok aan die bodem van die Wemmerpan bevind nie.

Tot dan.

Koeitjies & kalfies | 11 kommentare

WAV Files

Sa., 12 Augustus 2000 00:00

Ek is op soek na 'n site waar 'n mens lekker lag "sound files" kan aflaai,
veral Afrikaanse's.
Help asb.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Iets van die HNP

Vr., 11 Augustus 2000 00:00

Van hulle webblad. Oor vroue.
Lyk vir my baie soos Jaap Marais se styl.
Het hy dit dalk self geskryf?

------------------------------------------------------------ ----------------------------

Vroueregte en feministe -- 'n teken van die tye

IN die week wat kom vier die ANC-regime weer hul humanistiese
"Nasionale vrouedag". Almal van ons weet dat dit vir hulle nie veel te
doen het met die regte van vroue nie, want in die Swart kultuur
bestaan daar nie werklik so-iets nie. Dit gaan maar net daaroor om die
dag in herinnering te roep toe 'n groep Swart vroue in die
vyftigerjare teen die destydse regering van adv. JG Strijdom 'n
protesoptog gehou het om teen die paswette te protesteer.

Daar kan vandag baie oor die paswette gesê word, onder andere dat dit
dalk die beste oplossing vir ons huidige misdaadprobleem kan wees.
Maar, dit daargelaat, kom ons kyk liewer weer na die kwessie van
"vroueregte".

Volgens die Bybel is die vrou as hulp vir die man geskep. Daar word
baie duidelik op talle plekke in die Bybel genoem dat die vrou aan
haar man onderdanig moet wees en dat hy oor haar moet heers. Ek is
geen oordrewe manlike chauvinis nie. Maar die nuwe orde se fiminisme
en skewe "vroueregte" staan my nie juis aan nie. Ek het geen probleem
met 'n vrou wat uitstyg in die beroepswêreld en 'n sukses maak van
enige professionele loopbaan nie. Solank dit net nie ten koste van
haar man en haar kinders gebeur nie!

Daar is baie beroepslyne waar vroue onontbeerlik, soos byvoorbeeld in
die onderwys. Daar is sekere opvoedingstake in die lewe wat deur die
eeue die plig van die moeder in 'n gesin was. Die balans tussen 'n
vaderfiguur en 'n moederfiguur moet egter ten alle koste behou word.
Daar is sekerlik niks so ongesond in 'n huishouding as kinders wat
blootgestel word aan 'n moeder wat die vader oorheers en domineer nie.

Die groot geheim wat die meeste feministe natuurlik vergeet is dat
vroulikheid seker 'n vrou se beste wapen kan wees. Maar hulle vermy
hierdie deel van hulle bestaan, omdat hulle kwansuis op gelyke voet
met die man wil verkeer. En dit is dan juis wat die manne weer
afstoot.

Die Voortrekkervroue, wat wêreldroem behaal het met hulle aandeel in
die Groot Trek en ook in die Vryheidsoorloë van die Afrikanervolk, was
deurgans 'n toonbeeld van onderdanige moeders. Nooit het hulle probeer
om hulself in te wurm en op te dring by die pligte en leierskap van
die mans nie. Hulle het hulle plek en pligte geken en te midde van al
die ontberinge kon hul steeds hul waardigheid as vroue en moeders
behou. 'n Besoek aan die Vrouemonument in Bloemfontein sal dit
bevestig. Daar kan 'n mens weer die afgryslikheid en die vernedering
van die Afrikanervroue tydens die Tweede Vryheidsoorlog beleef. Maar
jy kom ook weer van vooraf onder die indruk van watter stoffasie die
moeders van ons volk werklik gemaak is.

Die moed, durf, geloof en dapperheid van ons volksmoeders is 'n
duidelike voorbeeld vir elke Afrikanervrou wat vandag agter die krete
van die nuwe orde se feministe wil aanloop.

Waardigheid en vroulikheid mag nooit in gevaar kom met die optrede van
die vrou in enige spektrum van die samelewing nie. En dit is juis net
hier waar die groot probleem inkom by al die feministe wat deesdae so
graag hul stem wil laat hoor. In sekere sosiale kringe word die balans
tussen vroulikheid en waardigheid al hoe meer verkrag. In ander
gevalle bestaan daar geen balans meer nie. Ons sien dan tot deesdae in
die koerante hoe vroue selfs deelneem aan 'n kontaksport soos rugby!

My grootste probleem met die mannetjiesagtige feministe van ons
samelewing is dat die mans die meeste skuld daaraan het dat dié dames
so ontaard het. Die man het ook sekere opdragte in die Bybel ontvang
waarvolgens hy oor die vrou moet heers. En vandat die man hierdie
opdragte begin verontagsaam het en meer aandag aan humanistiese
wêreldneigings begin gee het, het die hele wanbalans begin intree.

Feminisme is dus indirek die man se skuld. As die man nie meer sy vrou
met die nodige waardigheid en respek behandel soos dit behoort gedoen
te word nie, sal sy uit die aard van die saak begin ontaard. As die
man dus toelaat dat sy vrou die neigings van die humanistiese wêreld
bo die Bybelse voorskrifte begin stel, sal die volgende geslagte van
daardie gesin onvermydelik in die onsmaaklike wanbalans van ons
huidige samelewing verval.

So lank as wat die man sy eie rol reg en waardig vervul, sal die vrou
haar rol as vrou, moeder en volksgenoot ook met waardigheid kan
vervul, sonder om 'n bedreiging vir die man op sy gebied te word. Dan
sal ons nie nodig hê om 'n Nasionale vakansiedag vir die vrou uit te
roep met al die verwerplike humanisme wat daarmee gepaard gaan nie.
Dan sal ons die kern van die volk gesond hou -- die kern gebou om die
gesinslewe, waar die vrou en moeder se rol onontbeerlik is

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Jy's naief Elaine!

Vr., 11 Augustus 2000 00:00

In die gesprek oor: MEET GIRLS FROM DIFFERENT CULTURE...

Elaine sê:
Ek wil nou net iets weet hierso asb. Hoeveel van julle stel
belang in hierdie "site" en hoeveel van julle het al daarna
gaan kyk?

Davie Davis sê:
Ai Elaine, meeste van ons is ordentlik maar hier is ook
swakker mense onder ons, onthou. En wanneer ons
ordentlikes daarheen gaan is dit slegs om oor eerstehandse
inligting te beskik wanneer ons ons vriende daarteen
waarsku

Elaine sê toe:
Ek het so gedink. Ek wou maar net weet of daar iemand is
wat belangstel in so iets.

**************************

Elaine, dink jy werklik dat ons sulke engeltjies is?

Gisteraand in Hiilbrow het ek en Reeenen Van Niekerk een
van ons maandelikse 'night out's gehad. In een van die
hotelle daar sê Reenen toe my "As Elaine ons nou moet sien!"

* Sent from AltaVista http://www.altavista.com Where you can also find related Web Pages, Images, Audios, Videos, News, and Shopping. Smart is Beautiful

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

tolla

Vr., 11 Augustus 2000 00:00

Dankie TV 2 vir die mooi huldeblyk aan Tolla van der Merwe vanaand. Hy het
al soveel deel van so baie Suid-Afrikaanse huisgesinne geword dat dit moelik
is om te glo dat daardie vriendelike gesig en uitbundige humor nie meer
daar is nie.

Sterkte aan Ollie en Koos Meyer. Julle en Tolla se familie is almal in ons
bede.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Kosmosfees 2000 op Reënboogplotplakkersland

Vr., 11 Augustus 2000 00:00

Weet jy van die grootpad na nêrens?
Die enigste grootpad in die land sonder tolhekke, waar jy binne 'n paar
minute van die Kaap tot in ou Transvaal kan reis en dan weer van Natal tot
in die Vrystaat of deur die Karoo tot in die Bosveld.
Kry rigting na die Reënboogplotplakkersland.

Ons gemeente, die Nederduitsch Hervormde gemeente Kempton Park-Oos is
bevoorreg om deur die genade van die Here te kan groei op drie gebiede: na
bo, na binne en na buite. Om dit te kan doen sonder om die werk onder die
behoeftiges te staak, beplan ons vanjaar weer 'n reuse fees op 2 September
2000 (Kosmosfees 2000). Daar is besluit op die volgende tema: Die Grootpad
na nêrens. Ons nooi almal wat Gautvol is vir misdaad, kapings, moord, roof,
hoë belasting, kwaai skoonma's of wat ookal in Gauteng of waar ook al, om
dié besondere grootpad te kom vat. Hierdie grootpad sal jou uitbring by ons
eie Reënboogplotplakkersland! Kan jy glo? Binne bestek van 'n paar honderd
meter kan jy vanaf die Weskaap tot bo in Gauteng stap, of na Kwazulu-Natal,
die Vrystaat, die Bosveld of tot in Hillbrow! Jy kan smul aan die lekkernye
van elke streek in ons wonderlike land of jy kan iets koop wat eie is aan
elke streek.
Met 'n deel van die opbrengs van die komende fees wil ons, ons hulp uitbrei
van Felicitas skool asook die Beskermde werksplek. Dit is beide instansies
wat na verstandelik gestremdes omsien. Felicitas sien om na verstandelik
gestremde kinders en die Beskermde werkplek sien om na verstandelik
gestremde volwassenes. Beide hierdie instansies voer 'n oorlewingstryd omdat
staatsubsidies drasties ingekort is. Met die ander deel van die opbrengs van
die fees wil ons ook graag ons kerkterrein verder verfraai. Ons meld ook
graag dat ons tydens die fees ruim geleentheid gaan gee om aan die Bibliaton
2000 deel te neem.

http://www.oocities.org/Athens/Olympus/6118/fees.htm

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Waarskuwing

Vr., 11 Augustus 2000 00:00

Lees aangehegte stuk

N mens wonder wat van die samelewing word

Reenen van Niekerk
Subject: FW: URGENT! PLEASE READ AND WATCH OUT
Importance: High

READ AND WATCH OUT
Dear All,
For what it is worth, I received this warning today.
This is VERY serious. Last night I went to see a
friend who fell into this trap in a movie house last week.

Read it and tell ALL your friends about it.
There are some really angry people out there.
CapeTown is seriously going mad.
BE CAREFUL! NOT A JOKE!
BE CAREFUL AT MOVIE THEATRES! PLEASE CHECK YOUR CHAIRS
WHEN GOING TO THE MOVIE THEATRES!
An incident occurred when a friend's co-worker went to sit
in a chair and something was poking her. She then got up
and found that it was a needle with a little note at the end.It
said, "Welcome to the real world, you're "HIV POSITIVE".

Doctors tested the needle and it was HIV POSITIVE.
"BE CAUTIOUS WHEN GOING TO THE MOVIES!!!!!"
IF YOU MUST GO TO THE MOVIES, PLEASE,PLEASE CHECK!!!!!

One of the safest ways is by NOT sticking your hands
between the seats, by moving the seat part way up and down a few times
and REALLY LOOK!!!!! Most of us just plop down into the seats.....The
following information was RE-E-Mailed to all employees of the Police

Departments all over the country this morning.
Pay Telephones Drug users are now taking their used needles
and putting them into the coin return slots in public phones.
People are putting their fingers in to recover coins or just to check
if
anyone left change.They are getting stuck by these needles and infected

with hepatitis, HIV and other diseases. This message is posted to make

everyone aware of this danger.
Be aware! The change isn't worth it!
This information came straight from phone company wokers,through
tHe MTN instructor. Make sure you share this information with your
family and anyone else you can!

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

'n Meerdoelige woord soos min!

Vr., 11 Augustus 2000 00:00

Seker een van die mees interessante woorde in Afrikaans, is die woord "Fok".
Dit is 'n wonderbaarlike woord wat deur sy klank alleen dinge soos pyn,
plesier, liefde en haat beskryf. Die woord "fok" kan ook in 'n klomp
grammatikale kontekse gebruik word.

Dit kan as 'n werkwoord gebruik word (Jan fok Koos op)
En kan na die verlede tyd verwys (Jan het vir Koos opgefok),
Asook na die toekoms (Jan gaan vir Koos opfok).
Dit kan ook in die lydende vorm gebruik word (Koos is deur Jan opgefok).
Dit kan ook as aksie werkwoord (Jan gee fokken om)

Of passiewe werkwoord (Jan gee nie eintlik 'n fok om nie).
Dit word ook gebruik as 'n selfstandige naamwoord (Ek's gefok)
Of 'n bywoord (Sarie is fokken mooi),
'n Tussenwerpsel (My fok, dis laat)
Of saam met ander woorde (Sarie is dom, fok, sy's onnosel).
Soos u kan sien het min woorde die aanpasbaarheid van die woord fok.

Behalwe die seksuele konnotasie kan die woord baie situasies beskryf soos:
01. Groete - Hoe de fok gaan dit met jou?
02. Opdrag - Kyk fokken voor jou.
03. Opgee - Ag nee, fokkit.
04. Moeilikheid - Nou's ons gefok.
05. Aggressie - Fok jou!
06. Afguns - Fok my!
07. Verwarring - Wat de fok ?..?
08. Sukkel - Ek fokken verstaan nie.
09. Wanhoop - Fokkit tog.
10. Bewondering- Dis befok.
11. Misnoee - Wat de fok gaan hier aan?
12. Verlore - Waar de fok is ons ?
13. Ongeloof - Ongefokkenlooflik.
14. Retaliasie - Jou fokken gat, man.
15. Ontkenning - Ek weet van fokkol.
16. Pyn - Eina fok! Of Dis fokken seer!
17. Onsimpatiek - Wie gee 'n fok om.
18. Suspisie - Wie de fok is jy ?
19. Paniek - Maak dat julle fokken wegkom.
20. Aanwysings - Fok weg !
21. Teenstand - Not 'n fok !
22. Instemming - Ag OK, fok.

T.o.v.

Tyd: "Half fokken tien"
Politiek: "Die fokken NP"
Besigheid: "Hoe de fok het jy die werk gekry ?"
Anatomie: "Jou fokken gat !"

Dis ook al deur baie bekende mense in bekende situasies gebruik:

"Waar kom al die fokken Zoeloes vandaan ?" Bloedrivier
"Waar kom al die fokken water vandaan ?" Kaptein van die Titanic
"Dis nie 'n regte fokken mes nie" Verwoerd
"Wie gaan fokken uitvind ?" Dirk Coetzee
"Koppe gaan fokken rol" Die Franse Revolusie
"Laat die fokken vrou bestuur" Kaptein van die Challenger
"Watter fokken kaart ?" Moses in die woestyn
"Enige fokken idioot kan dit verstaan" Einstein
"Man, dit fokken lyk soos sy" Picasso
"Hoe die fok werk jy dit uit ?" Pythagoras
"Jy wil wat op die fokken plafon he ?" Michaelangelo
"Hoekom? Want dis fokken daar" Edmund Hillary
"OK, vat die fokken kar" Tydens 'n highjack
"Verspreide buie my fokken gat" Noag
"Is jy seker die fokken kondome is oraait ?" Zuma
"Die fokken perd is befok, man!" Eugene Terreblanche
"Jy's seker nie fokken ernstig nie" Goliat
"Die fokken berg het al baie so gemaak" Pompei
"Wat die fok was dit ?" Hiroshima
"Watter fokken helikopter ?" Joe Modise
"Ek's fokken jammer" Tyson
"Dis nie my fokken handskoen nie" OJ Simpson
"Watse fokken orgaan?" Chris Barnhard
"640k is fokken genoeg vir enigiemand" Bill Gates
"Tiek! Plons! Fok!" Gary Player
"Watse fokken blou vlag is dit ?" Jacques Villenueve
"Dis nie fokken tamatiesous nie" Gorbachev
"Ag, die fokken ou slooitjie" Evil Knievel
"Ek kom fokken terug" Schwartzenegger
"Nie geroer nie, fok, geskud!" Roger Moore
"Maak my fokken dag!" Clint Eastwood
"Het iemand 'n fokken lighter ?" Laaste oomblikke op die Hindenburg
"Watse fokken grimering ?" Nataniel
"Watse fokken nosejob ?" Barbara Streisand
"Pasop die fokken pilaa....." Dodi Al-Fayed en Princess Di

Afrikaans, ons taal | 4 kommentare

Bladsye (1834): [ «    1039  1040  1041  1042  1043  1044  1045  1046  1047  1048  1049  1050  1051  1052  1053  1054    »]
Tyd nou: Wo. Mrt. 11 17:09:50 UTC 2026