Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Re: Cubans from etc

Ma., 14 Augustus 2000 00:00

In article , pedro martori
wrote:
>
> *************************************************
> Date: Sun, 13 Aug 2000 22:15:31 EDT
> To: cuba...@multimania.com
> From: LavozdeC...@aol.com
> Subject: Se asilan en Canada dos miembros del equipo de baseball juvenil
> de Cuba.
>
>
> TORONTO, Aug 13 (Reuters) - Two top members of Cuba's junior national
> basebal

mega text (snip snip)

I don't care ! Ek praat nie spaans nie. Wat het dit met hierdie NG ?
fokol ! P

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Cowboys en Kroeks

Ma., 14 Augustus 2000 00:00

Cowboys en kroeks

Dit reën buite. Hard. En dit behoort hoegenaamd nie te reën nie. Hierdie is
'n somerreënvalstreek. Die streek het al sy reën gehad vir die jaar. Eintlik
meer as genoeg daarvan. Daar was selfs vloede verder oos, wat so erg was dat
'n vrou bo in 'n boom gekraam het, omdat daar nie 'n kolletjie droë grond
vir haar was nie. En nou hierdie harde koue reën. In die winter.

Die vrou sit in die middel van die dubbelbed, met houers foto's oral om
haar. Op so'n dag is daar nie veel meer wat 'n mens kan doen om die tyd te
verwyl nie. Buite reën dit en binne raas die TV.

Die res van die huishouding se aandag word verdeel tussen 'n krieket
skandaal en 'n rugby toets.

"Wat doen jy?" roep iemand uit die woonkamer uit. "Ek werk bietjie aan die
foto's" antwoord sy hard terug. Maar niemand reageer daarop nie. Miskien het
hulle nie gehoor nie, of al klaar weer vergeet dat sy nie daar is nie. Sy
wil in elk geval nie daar wees nie. Dit lawaai te veel. Die blikkerige klank
van 'n TV kon sy nog nooit gewoond raak nie. Sy sal maar wag tot iemand haar
kom soek. En dan sal sy gaan tee maak.

Sy wou jare lank al probeer om een of ander storie te maak uit die gesin se
foto's. 'n Manier kry om daarna te kyk sodat dit sin maak, maar dit is nogal
moeilik. Deur die jare het die formaat van die foto's verander soos wat die
kamera's en die finansiële omstandighede van die gesin verander het. Dit
beperk mens. Nie alle albums is ewe geskik nie, daarom is die enigste
oplossing om maar meer as een storie te vertel. En miskien is dit beter,
want dis tog hoe dit is. Daar is altyd meer as een storie.

Sy sorteer die foto's min of meer volgens 'n nuttige orde. Daar is die
troufoto's uit 'n album wat nie oorleef het nie, baba-foto's, doopfoto's,
verjaarsdagfoto's, kersfees-foto's, vakansiefoto's. En dan 'n paar van haar
eie. 'n Paar uit die dae toe sy nog net haarself gehad het. Sy kyk een vir
een na die foto's. Meestal wit en swart. Sy ken, of is dit herken? haarself
byna nie meer nie. Die foto's skuif sy weg. Dit pas nêrens in die storielyn
in nie. Sy sal later maar probeer om daarmee iets te doen.

So sit sy ure en organiseer aan die albums. En soms wil dit maar net nie 'n
verstaanbare verhaal vorm nie. Hier was haar dogtertjie se doop. Daar die
eerste hond, die een wat doodgery is voor hulle huis. En hier het hulle gaan
kamp drie jaar gelede. Hulle en 'n klomp vriende. Dan-dit is al skemer, en
sy moes eintlik al die lig aangesit het, en sy het die kinders hoor groet,
dus die wedstryd is verby- dan sien sy die foto'tjie, (nog in 'n klein dowwe
formaat) van haar oudste seun met sy speelgoedgeweertjie in sy cowboy-klere.
Dit was min of meer uit die dae toe hulle in hierdie huis ingetrek het.
Hierdie groot, koue huis. Lank gelede. Sy steek haar hand uit om dit op te
tel van die ander foto's waarby dit lê. Iets maak onverwags haar vinger
seer, en toe sy kyk, toe sien sy dat dit bloei. Moet een van die foto's wees
wat so skerp was. Dit gebeur. Sy glimlag wrang. So much vir skerp foto's.

So, met die vinger wat bloei, sit sy lank in die skemer vertrek. Die vinger
bloei baie meer as wat sy ooit sou kon dink. Later is die deken rondom haar
letterlik bloed-bloed rooi, maar sy bly maar so sit, totdat sy, half
onnadenkend, haar hand uitsteek na die kind in sy cowboy-pak. Sy vat sy
geweer by hom en stadig lig sy dit op tot teen haar slape. Lank sit sy weer
so. So stil, met die geweer teen haar kop.

Skielik besef sy hoe donker dit al geword het. Sy laat die geweer sak, staan
stadig op en stap met die gang op woonkamer toe. Toe sy in die woonvertrek
kom, kyk hy dadelik op. Sy sien die angs in haar man se oë. Of sou dit
gewoon verbasing wees? Of dalk sy bekende spottende kyk? Dit moes angs wees,
want asof verlam sit hy daar terwyl sy emosieloos op hom afstap, die geweer
sekuur op hom rig en dan die sneller trek. Sonder om verder te kyk wat
gebeur, gooi sy die geweer by sy voete neer, loop voordeur toe, maak dit oop
en loop met afgematte, afgemete tree weg.

Koeitjies & kalfies | 8 kommentare

Vraag aan Riaan

Ma., 14 Augustus 2000 00:00

Wie is die vriende van my waarna jy verwys. Hoekom e-pos jy hulle nie
sommer regstreeks nie?

Koeitjies & kalfies | 21 kommentare

Re: Vraag aan Riaan

Ma., 14 Augustus 2000 00:00

O jy's vol van jouself! En as jy vir Phati wil aanvat
oor 'n vocken spelfoutjie, kom ons kyk na jou eie grammatika
in brief 3 van die Jaap Marais afdeling waar jy stert
tussen die bene gevlug het:

Ferdi Greyling sê:
.... en 'n ongeewenaarde minagting van die
menswaardiugheid van mense wat nie swart velle gehad het
nie.
Hy was 'n rassis wat swartmense sy hele lewe lank onmenslik
behandel het.

Lees mooi wat jy gesê het. 'n Mens spel eerstens
nie 'menswaardigheid' vockenwil so nie en tweedens
weerspreek jy jouself in een parrragraaf.

In article ,
ferd...@icon.co.za (Ferdi Greyling) wrote:
> On Mon, 14 Aug 2000 14:37:31 GMT, "phatti"
> wrote:
> het nie die guts .
> .. . guts
>> . . .guts . . .vocken guts . . .>>
> Vettie. Jy kan nie fokken spel nie en John Cale is 100
> keer wat jy is.
> Het jy mooi nuwe rokke in Dublin gekoop?

* Sent from AltaVista http://www.altavista.com Where you can also find related Web Pages, Images, Audios, Videos, News, and Shopping. Smart is Beautiful

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Suid Afrikaanse Vroue

Ma., 14 Augustus 2000 00:00

Na aanleiding van Elaine se uitwei oor mans, en die aangehaalde stuk oor
vrouens (vanuit HNP-kringe)

Hulle't gisteraand oor Radio Pretoria een en ander kwytgeraak oor vrouens
tydens die Engelse oorlog. Boeta, ek sê vir jou die vrouens van ons
boerenasie skop jy beslis nie onder enige bossie uit nie! O.a. was dit die
vrouens wat die mans aangemoedig het (somtyds teruggejaag het) om weer na
die slagveld terug te keer, nadat Kitchener begin het om plase en huise af
te brand. In ander gevalle het die vroue alleen op die plase aangegaan met
boer. Daardie beeldgroep van van Wouw by die Vrouemonument met die twee
vroue en die lykie op die een se skoot is waaragtig 'n versmelting van ALLES
wat ons vroue vir ons beteken, deur 'n meestervakman se oë gesien.

Groete,
Dries

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Bakgat spinnerakker2

So., 13 Augustus 2000 00:00

Soos Davie Davis sê, kom ons maak dit 'n nuwe tema. Ek wil net vir Sas
spesifiek sê:
Ek dink jy is jonk en bedorwe en daarom gebruik jy eerstens sulke taal
en tweedens het jy nie 'n idee wat ek bedoel het in my pos oor die
armgat afrikaners wat uit die gemors opgestaan het nie want jy was toe
nog nie eers 'n gedagte nie. Vra jou pa wat swaarkry was want ek glo hy
het ook maar gesukkel dat dit vrek om te kom waar hy vandag is. Niks het
in enigiemand se skoot geval nie. Jy moet liewer stilbly want lyk my jy
ry op jou pa se rug.
Gaan lees gerus Grahame se pos ook, laaitie.
Christo

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Travel through South Africa

So., 13 Augustus 2000 00:00

Hello,

My names is Marco (from Amsterdam) and next moth I want to visit your
country.
I only have 3 weeks to do so, where should I go?
Is public transport enough or should I rent a car?

Any information and tips are welcome

thanks

Marco

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: Travel through South Africa

So., 13 Augustus 2000 00:00

Je kan in ieder geval kijken naar een discussie over gevaren voor
toeristen in SA gestart onder mijn naam (plusmin een maand geleden). Er
werden ook aardige tips voor bezienswaardigheden gegeven.

Probeer het trouwens eens in het Nederlands: Afrikaans ligt zo dicht
bij het Nederlands dat Afrikaners je nog redelijk kunnen begrijpen.

P van M

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Pennevriendin,penpals

So., 13 Augustus 2000 00:00

Hallo mijn naam is Daniel,
Ik ben 43 jaar,en gelukkig gehuwd.
Ik woon in België,mijn hobby's zijn koken ,wandelen,en gezellige bezigheden
met het gezin.
Graag zou ik corresponderen met een Afrikaanse vrouw,om iets meer te weten
te komen,van het mooië Afrika.

Groetjes.

Hi,
I be loocking for one female penpal.
I be 43 years old and live in Belgium,
My hobby is cooking,walking,and have good time with my family.
When you are intrest,in writing,you be welkom.

greetings

Daniel

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

aardklop

So., 13 Augustus 2000 00:00

Wie is in die bevoorregte posisie om hierdie jaar die aardklopfees in
Potchefstroom by te woon.......... ek is baie nuuskierig om die dramastuk
van Pieter Fourie betreffende "Boeta-is-die-bliksem-in" te sien/ervaar!!!

dottie

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1834): [ «    1038  1039  1040  1041  1042  1043  1044  1045  1046  1047  1048  1049  1050  1051  1052  1053    »]
Tyd nou: Wo. Mrt. 11 17:09:53 UTC 2026