Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Vraag aan Riaan

Ma., 14 Augustus 2000 00:00

Wie is die vriende van my waarna jy verwys. Hoekom e-pos jy hulle nie
sommer regstreeks nie?

Koeitjies & kalfies | 21 kommentare

Re: Vraag aan Riaan

Ma., 14 Augustus 2000 00:00

O jy's vol van jouself! En as jy vir Phati wil aanvat
oor 'n vocken spelfoutjie, kom ons kyk na jou eie grammatika
in brief 3 van die Jaap Marais afdeling waar jy stert
tussen die bene gevlug het:

Ferdi Greyling sê:
.... en 'n ongeewenaarde minagting van die
menswaardiugheid van mense wat nie swart velle gehad het
nie.
Hy was 'n rassis wat swartmense sy hele lewe lank onmenslik
behandel het.

Lees mooi wat jy gesê het. 'n Mens spel eerstens
nie 'menswaardigheid' vockenwil so nie en tweedens
weerspreek jy jouself in een parrragraaf.

In article ,
ferd...@icon.co.za (Ferdi Greyling) wrote:
> On Mon, 14 Aug 2000 14:37:31 GMT, "phatti"
> wrote:
> het nie die guts .
> .. . guts
>> . . .guts . . .vocken guts . . .>>
> Vettie. Jy kan nie fokken spel nie en John Cale is 100
> keer wat jy is.
> Het jy mooi nuwe rokke in Dublin gekoop?

* Sent from AltaVista http://www.altavista.com Where you can also find related Web Pages, Images, Audios, Videos, News, and Shopping. Smart is Beautiful

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Suid Afrikaanse Vroue

Ma., 14 Augustus 2000 00:00

Na aanleiding van Elaine se uitwei oor mans, en die aangehaalde stuk oor
vrouens (vanuit HNP-kringe)

Hulle't gisteraand oor Radio Pretoria een en ander kwytgeraak oor vrouens
tydens die Engelse oorlog. Boeta, ek sê vir jou die vrouens van ons
boerenasie skop jy beslis nie onder enige bossie uit nie! O.a. was dit die
vrouens wat die mans aangemoedig het (somtyds teruggejaag het) om weer na
die slagveld terug te keer, nadat Kitchener begin het om plase en huise af
te brand. In ander gevalle het die vroue alleen op die plase aangegaan met
boer. Daardie beeldgroep van van Wouw by die Vrouemonument met die twee
vroue en die lykie op die een se skoot is waaragtig 'n versmelting van ALLES
wat ons vroue vir ons beteken, deur 'n meestervakman se oë gesien.

Groete,
Dries

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Bakgat spinnerakker2

So., 13 Augustus 2000 00:00

Soos Davie Davis sê, kom ons maak dit 'n nuwe tema. Ek wil net vir Sas
spesifiek sê:
Ek dink jy is jonk en bedorwe en daarom gebruik jy eerstens sulke taal
en tweedens het jy nie 'n idee wat ek bedoel het in my pos oor die
armgat afrikaners wat uit die gemors opgestaan het nie want jy was toe
nog nie eers 'n gedagte nie. Vra jou pa wat swaarkry was want ek glo hy
het ook maar gesukkel dat dit vrek om te kom waar hy vandag is. Niks het
in enigiemand se skoot geval nie. Jy moet liewer stilbly want lyk my jy
ry op jou pa se rug.
Gaan lees gerus Grahame se pos ook, laaitie.
Christo

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Travel through South Africa

So., 13 Augustus 2000 00:00

Hello,

My names is Marco (from Amsterdam) and next moth I want to visit your
country.
I only have 3 weeks to do so, where should I go?
Is public transport enough or should I rent a car?

Any information and tips are welcome

thanks

Marco

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: Travel through South Africa

So., 13 Augustus 2000 00:00

Je kan in ieder geval kijken naar een discussie over gevaren voor
toeristen in SA gestart onder mijn naam (plusmin een maand geleden). Er
werden ook aardige tips voor bezienswaardigheden gegeven.

Probeer het trouwens eens in het Nederlands: Afrikaans ligt zo dicht
bij het Nederlands dat Afrikaners je nog redelijk kunnen begrijpen.

P van M

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Pennevriendin,penpals

So., 13 Augustus 2000 00:00

Hallo mijn naam is Daniel,
Ik ben 43 jaar,en gelukkig gehuwd.
Ik woon in België,mijn hobby's zijn koken ,wandelen,en gezellige bezigheden
met het gezin.
Graag zou ik corresponderen met een Afrikaanse vrouw,om iets meer te weten
te komen,van het mooië Afrika.

Groetjes.

Hi,
I be loocking for one female penpal.
I be 43 years old and live in Belgium,
My hobby is cooking,walking,and have good time with my family.
When you are intrest,in writing,you be welkom.

greetings

Daniel

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

aardklop

So., 13 Augustus 2000 00:00

Wie is in die bevoorregte posisie om hierdie jaar die aardklopfees in
Potchefstroom by te woon.......... ek is baie nuuskierig om die dramastuk
van Pieter Fourie betreffende "Boeta-is-die-bliksem-in" te sien/ervaar!!!

dottie

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Suid Afrikaanse Mans

So., 13 Augustus 2000 00:00

Ek is mal oor mans, ek's mal oor hulle geselskap en ek's mal oor hoe hulle
ruik en die maai diep klank van hulle stemme. Moenie my verkeerd verstaan
nie, ek's nie 'n flerrie nie, en ek slaap nie rond nie, ek dink net mans
maak vir goeie geselskap. Maar dit het altyd vir my gelyk asof meeste van
die mans wat ek mee bevriend word, in varke verander sodra daar emosies
bykom, en dat ons mans sommer 'n klomp idiote is, wat nie hulle vrouens
waardeer nie, plak homself voor die televisie neer met 'n bier in die een
hand en die "remote" in die anner hand, terwyl vroulief net moet sorg. My
man is seker een van die selfsugtigste mans wat ek ken en ek moet van die
more tot die aand sy vuil onderbroeke en sokkies agter hom optel, maar dis
klein goetertjies in vergelyking wat ander vrouens oorkom.
Vrouens van Suid Afrika - waardeer julle mans!!!!! Ek weet, ek weet dis nie
altyd maklik nie, maar hoor bietjie wat doen die Europese mans.
In Griekeland is dit algemene praktyk dat hulle mans rondloop en rondslaap
en die vrou mag niks se nie, sy moet daarmee saamleef of sy kry 'n goeie
loesing.
In Turkeie, mag die hoof manlike gesinslid vrouens vermoor hulle noem dit
"honour killings", en word gewoonlik of sy dogters of niggies gepleeg as
hulle iets doen waarvan die Pa of Oupa nie hou nie. 'n Jonger manlike lid
van die gesin moet die moord pleeg as Pa of Oupa besluit het dit moet gedoen
word. En dis heeltemal wettig.
In Saudi-Arabie word 'n vrou wat verkrag is tronk toe gestuur, en as sy
swanger is word sy ter dood veroordeel.
Regoor die wereld lees en hoor 'n mens van hierdie rillers, en meeste mense
regoor die wereld is dit eens dat ons mans van die mees bedagsame en
vriendelik mans is.

Moenie my verkeerd verstaan nie dames, ek praat nie hier van Suid Afrikaanse
mans wat hulle vrouens aanrand of verkragters nie. Ek praat van die ander
90% van ons mans wat (al is hulle vol foute, net soos ons) ware galante here
is. Ons is gelukkig in vergelyking met vrouens in ander lande.
Volgende keer as jy jou man se vuil sokkies moet optel, dink aan al jou
klein irritasies en dink aan jou susters in minder bevoorregte posisies.

Groete
Elaine

Koeitjies & kalfies | 9 kommentare

Verkeerd, Grahame

Sa., 12 Augustus 2000 00:00

Grahame skryf elders: "Daar is die Amerikaanse opsie. Het die
Amerikaanse setlaars nie die inheemse Rooihuide afgemaai soos
wat hulle dit gedoen het nie, is dit statisties bewys dat
Amerika vandag ten minste 80 miljoen Rooihuide sou gehad het."

Die immigrante uit Europa het ongetwyfeld groot getalle Indiane
afgemaai - by dosyne doodgeskiet en na "bounty hunters" gebring
vir betaling. Maar dis nie hulle wat die inheemse bevolking
feitlik uitgewis het nie. Die "Native Americans" is afgemaai
deur siektes wat saam met die Europese immigrante na Amerika
gebring is. Iewers lees ek onlangs dat ongeveer 100 miljoen
Indiane dood is aan siektes soos masels, waarteen hulle geen
weerstand gehad het nie.

Netsoos die groot griep, of "Spanish Lady" van 1918, wat die
eintlike oorwinnaar was in die Eerste Wêreldoorlog. Meer mense
(insluitend soldate) is daaraan dood as op al die slagvelde van
Europa saam. Dit het die einde van die oorlog verhaas. Dit was
die mees vernietigende griepvirus ooit. Indien dit vandag sou
uitbreek, sal die dodetal astronomies wees. As biologiese wapen
sou dit meer as die helfte van die planeet se bevolking uitwis.
Gelukkig is die griepvirus egter baie onstabiel en onselektief;
dit muteer voortdurend - daarom dat ons elke jaar 'n ander
griepvirus het en elke jaar opnuut ingeënt moet word.
Wetenskaplikes veg 'n nimmereindigende stryd daarteen, want
Virusse kan nie vernietig word nie; hulle loop hulle pad en
sterf naderhand self. Antibiotika is nutteloos teen
virusinfeksies. Ons kan slegs daarteen ingeënt word, en die
vaksiene kan slegs gemaak word nadat die virus geïdentifiseer is.

Nogal skrikwekkend.

-----------------------------------------------------------

Got questions? Get answers over the phone at Keen.com.
Up to 100 minutes free!
http://www.keen.com

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1835): [ «    1038  1039  1040  1041  1042  1043  1044  1045  1046  1047  1048  1049  1050  1051  1052  1053    »]
Tyd nou: Vr. Des. 26 22:50:49 UTC 2025