Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Re: Wavver vrouens praat jy van Dawie ?

Tue, 15 August 2000 00:00

In article , "foilcut"
wrote:
> Ek ken nie sulkes nie ? Wonder maar net oor agter
> elke vrou staan 'n man
> ......

Hierrie lotjie oppie aarde foilcut.

Lyk my jy kom saammet daai Reisiger ou van annerkant die
bult.

Dawie

* Sent from AltaVista http://www.altavista.com Where you can also find related Web Pages, Images, Audios, Videos, News, and Shopping. Smart is Beautiful

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: Die bakgat spinnerakker - www.eep.co.za

Tue, 15 August 2000 00:00

Teresa,

Dit hang seker af wat jy beskou as armgat, maar ek het so grootgeword, en my
Pa-hulle ook. My Oupa was 'n bywoner. Jy moet miskien kom laat ek jou
bietjie in Pretoria-Noord gaan wys waar bly armgat Afrikaners. Net omdat jy
dalk beskermd en in 'n middelklas of beter huis grootgeword het, moenie die
aanname maak dat almal so grootgeword het nie.

Dries

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Die nuwe SA krimmenele

Tue, 15 August 2000 05:49

Ek kry sopas 'n oproep van my suster wat nou alweer deurgeloop het deur die
nuwe SA.
So 'n maand of wat terug het swartes ingebreek en goed gesteel. Hulle het
toe geelektrifiseerde heinings regrondom hulle huis laat sit. Sy bel my
vanoggend en se dat hulle hulle hek voor van die spoor afgetel het en die
bakkie op die motorweg gesteel. Dit was so 5 uur vanoggend gewees , glo 5
van hulle. Die buurman oorkant die staat het uitgekom toe hulle die bakkie
in die staat afgestoot het. Die ironie van die saak is dat my swaer
gewoonlik 5 uur Vrystaat toe ry , maar vanoggend het hy verslaap. Dus het
hulle vir hom gewag om die garage deure oop te maak en al die karre te steel
en die bakkies vol te laai. Hulle bly in Kempton Park , 'n plek waar mens
nou nie meer moet kom nie.

In 94 is 'n rots in die water gegooi en die kringe begin nou al hoe nader
kom. Dit SAL ons almal eendig bereik , net 'n kwessie van tyd.

Krokkie

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Suid Afrikaanse Vrouens

Mon, 14 August 2000 00:00

Suid Afrikaanse vrouens is skoon mense. Huisvrouens by wie
jy skaapafval by kan eet want jy weet sy het nie die oog en
harsings daarin gefoeter nie. En jy weet haar huis en
skottelgoed is skoon. En jy weet die vadoeke is nie half
gewas nie maar...

Suid Afrikaaanse vrouens is so onrealisties as kan kom.
Ek is in 'n finansiële beroep wat die gevolg het dat
vrouens dikwels hul probleme by my bekla.

Voorbeelde:
Sy kla oor 'n huwelik waarvan die maanskyn en rose lankal
nie meer so blink is nie . Sy noem die feit dat sy nié die
opleiding het om op haar eie voete te staan nie wat beteken
dat sy maar in die huwelik moet voortploeter.
Vyf jaar later hoor ek dieselfde storie weer by dieselfde
vrou en dan is haar kwalifikasies steeds presies dieselfde.
Sy het dus zero gedoen om haar lot te verbeter en aanvaar
dat dit haar lot is so 'just to bad'.

Hulle doen al die finansiële beplanning op die man se naam.
Sy self beklee 'n heel statusvolle beroep, en elke keer wat
haar man verplaas word (of van werk verander) koop sy haar
eie pensioen af, bestee dit op die huis, en begin weer van
voor met 'n pensioen. Want eendag gaan hulle saam aftree.
Dan skei hulle wanneer hulle in die middel veertigs is want
die buurvrouens is somtyds net sulke vriendelike mense. En
dan kla sy op my skouer- want sy moet twintig jaar voor
aftrede met 'n aftreebeplanning begin. Al die beplanning is
tot nou toe op sy naam gedoen.
Sowat 'n driekwart (plus) huwelike hou nie en ek praat
statistiek.

Of sy moet trou... nié omdat sy skielik begin gewig aansit
nie, m��r omdat sy nooit die moontlikheid voorsien het dat
sy skieik 'n weduwee kan word nie. En sy moet uit die
maatskappy huis. En sy moet eet. En sy moet aantrek. En sy
moet drie klein mondjies voed.

Sy weet haar man gaan eendag aftree. Sy weet hy gaan 'n
pensioen kry. Sy weet sy is veertig jaar oud en bly in 'n
maatskappy huis. Vra jy aan haar hoe gesond gaan hulle
aftrede finansieel gewyse wees en sy sê dat sy nie weet nie
maar haar man weet.

Is julle werklik so naief?

* Sent from AltaVista http://www.altavista.com Where you can also find related Web Pages, Images, Audios, Videos, News, and Shopping. Smart is Beautiful

Koeitjies & kalfies | 21 kommentare

Re: Suid Afrikaanse Vrouens

Mon, 14 August 2000 00:00

Ja Davie ons is so naief. Hoekom? Want ons Pa's en Oupa's het ons geleer
dat 'n vrou se plek in die huis is en sy moet huis maak, want manlief sal
voorsien. Jou enigste doel op aarde is om kinders te kry en die huishouding
te hanteer. Ons ma's het dit gedoen, en hulle ma's het dit gedoen en hulle
ma's het dit gedoen. Dis maar eers onlangs dat vrouens begin agterkom het
dat mans nie so wonderlik is nie, en hulle vir hulleself kan sorg.
As jy iemand soek om te blameer vir ons naiewiteit, blameer die samelewing,
want my eie man wil he ek moet ophou werk die dag as ek kinders het. Wat
word dan van my pensioen en my polisse, wat nou op my naam is? Sit ek dit
oor op sy naam of stuur ek hom is sy glorie in en hou aan werk.
Ek dink ons mans moet oor die hele "mindset" kom dat hulle die broodwinners
is, dan sal dit dalk beter begin gaan. Ek glo vas die egskeiding syfer is
so hoog omdat vrouens geen bevrediging uit die rol van tuisteskepper kry
nie, en sy haarself begin verwaarloos, want "vir wie en wat moet sy haarself
mooi maak?" En haar man begin belangstelling verloor want sy lyk nie meer
so goed aan die einde van 'n lang dag waarin sy agter stout kleuters moes
aanhol, die baba moes versorg, huis skoonmaak en nog moet sorg dat hy 'n
ordentlike bord kos kry wanneer hy by die huis kom nie, want dis sy reg en
haar voorreg as vrou dat hy dit kry.
Miskien moet ons mans begin aanvaar dat vrouens nie net verstand gekry het
om resepteboeke te lees nie, maar dat hulle ook in goeie en bevredigende
werksposisies hulle plek kan volstaan.
Elaine


> Davie Davis wrote in message
> ...
>>
>> Suid Afrikaanse vrouens is skoon mense. Huisvrouens by wie
>> jy skaapafval by kan eet want jy weet sy het nie die oog en
>> harsings daarin gefoeter nie. En jy weet haar huis en
>> skottelgoed is skoon. En jy weet die vadoeke is nie half
>> gewas nie maar...
>>
>> Suid Afrikaaanse vrouens is so onrealisties as kan kom.
>> Ek is in 'n finansiële beroep wat die gevolg het dat
>> vrouens dikwels hul probleme by my bekla.
>>
>> Voorbeelde:
>> Sy kla oor 'n huwelik waarvan die maanskyn en rose lankal
>> nie meer so blink is nie . Sy noem die feit dat sy nié die
>> opleiding het om op haar eie voete te staan nie wat beteken
>> dat sy maar in die huwelik moet voortploeter.
>> Vyf jaar later hoor ek dieselfde storie weer by dieselfde
>> vrou en dan is haar kwalifikasies steeds presies dieselfde.
>> Sy het dus zero gedoen om haar lot te verbeter en aanvaar
>> dat dit haar lot is so 'just to bad'.
>>
>> Hulle doen al die finansiële beplanning op die man se naam.
>> Sy self beklee 'n heel statusvolle beroep, en elke keer wat
>> haar man verplaas word (of van werk verander) koop sy haar
>> eie pensioen af, bestee dit op die huis, en begin weer van
>> voor met 'n pensioen. Want eendag gaan hulle saam aftree.
>> Dan skei hulle wanneer hulle in die middel veertigs is want
>> die buurvrouens is somtyds net sulke vriendelike mense. En
>> dan kla sy op my skouer- want sy moet twintig jaar voor
>> aftrede met 'n aftreebeplanning begin. Al die beplanning is
>> tot nou toe op sy naam gedoen.
>> Sowat 'n driekwart (plus) huwelike hou nie en ek praat
>> statistiek.
>>
>> Of sy moet trou... nié omdat sy skielik begin gewig aansit
>> nie, m��r omdat sy nooit die moontlikheid voorsien het dat
>> sy skieik 'n weduwee kan word nie. En sy moet uit die
>> maatskappy huis. En sy moet eet. En sy moet aantrek. En sy
>> moet drie klein mondjies voed.
>>
>> Sy weet haar man gaan eendag aftree. Sy weet hy gaan 'n
>> pensioen kry. Sy weet sy is veertig jaar oud en bly in 'n
>> maatskappy huis. Vra jy aan haar hoe gesond gaan hulle
>> aftrede finansieel gewyse wees en sy sê dat sy nie weet nie
>> maar haar man weet.
>>
>> Is julle werklik so naief?
>>
>>
>> * Sent from AltaVista http://www.altavista.com Where you can also find
> related Web Pages, Images, Audios, Videos, News, and Shopping. Smart is
> Beautiful
>

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Vraag aan Ferdi & Friende

Mon, 14 August 2000 00:00

Ferdi ons almal hier weet hoe baie lofliedere jy sing oor die nuwe regering,
en hoe jy kan uitvaar teenoor dit wat die vorige regering gedoen het. Ek sal
net graag by jou wil weet of die huidige regering al enigiets gedoen of gesê
het waarvan jy NIE gehou het, of mee saamgestem het nie.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: Cubans from etc

Mon, 14 August 2000 00:00

In article , pedro martori
wrote:
>
> *************************************************
> Date: Sun, 13 Aug 2000 22:15:31 EDT
> To: cuba...@multimania.com
> From: LavozdeC...@aol.com
> Subject: Se asilan en Canada dos miembros del equipo de baseball juvenil
> de Cuba.
>
>
> TORONTO, Aug 13 (Reuters) - Two top members of Cuba's junior national
> basebal

mega text (snip snip)

I don't care ! Ek praat nie spaans nie. Wat het dit met hierdie NG ?
fokol ! P

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Cowboys en Kroeks

Mon, 14 August 2000 00:00

Cowboys en kroeks

Dit reën buite. Hard. En dit behoort hoegenaamd nie te reën nie. Hierdie is
'n somerreënvalstreek. Die streek het al sy reën gehad vir die jaar. Eintlik
meer as genoeg daarvan. Daar was selfs vloede verder oos, wat so erg was dat
'n vrou bo in 'n boom gekraam het, omdat daar nie 'n kolletjie droë grond
vir haar was nie. En nou hierdie harde koue reën. In die winter.

Die vrou sit in die middel van die dubbelbed, met houers foto's oral om
haar. Op so'n dag is daar nie veel meer wat 'n mens kan doen om die tyd te
verwyl nie. Buite reën dit en binne raas die TV.

Die res van die huishouding se aandag word verdeel tussen 'n krieket
skandaal en 'n rugby toets.

"Wat doen jy?" roep iemand uit die woonkamer uit. "Ek werk bietjie aan die
foto's" antwoord sy hard terug. Maar niemand reageer daarop nie. Miskien het
hulle nie gehoor nie, of al klaar weer vergeet dat sy nie daar is nie. Sy
wil in elk geval nie daar wees nie. Dit lawaai te veel. Die blikkerige klank
van 'n TV kon sy nog nooit gewoond raak nie. Sy sal maar wag tot iemand haar
kom soek. En dan sal sy gaan tee maak.

Sy wou jare lank al probeer om een of ander storie te maak uit die gesin se
foto's. 'n Manier kry om daarna te kyk sodat dit sin maak, maar dit is nogal
moeilik. Deur die jare het die formaat van die foto's verander soos wat die
kamera's en die finansiële omstandighede van die gesin verander het. Dit
beperk mens. Nie alle albums is ewe geskik nie, daarom is die enigste
oplossing om maar meer as een storie te vertel. En miskien is dit beter,
want dis tog hoe dit is. Daar is altyd meer as een storie.

Sy sorteer die foto's min of meer volgens 'n nuttige orde. Daar is die
troufoto's uit 'n album wat nie oorleef het nie, baba-foto's, doopfoto's,
verjaarsdagfoto's, kersfees-foto's, vakansiefoto's. En dan 'n paar van haar
eie. 'n Paar uit die dae toe sy nog net haarself gehad het. Sy kyk een vir
een na die foto's. Meestal wit en swart. Sy ken, of is dit herken? haarself
byna nie meer nie. Die foto's skuif sy weg. Dit pas nêrens in die storielyn
in nie. Sy sal later maar probeer om daarmee iets te doen.

So sit sy ure en organiseer aan die albums. En soms wil dit maar net nie 'n
verstaanbare verhaal vorm nie. Hier was haar dogtertjie se doop. Daar die
eerste hond, die een wat doodgery is voor hulle huis. En hier het hulle gaan
kamp drie jaar gelede. Hulle en 'n klomp vriende. Dan-dit is al skemer, en
sy moes eintlik al die lig aangesit het, en sy het die kinders hoor groet,
dus die wedstryd is verby- dan sien sy die foto'tjie, (nog in 'n klein dowwe
formaat) van haar oudste seun met sy speelgoedgeweertjie in sy cowboy-klere.
Dit was min of meer uit die dae toe hulle in hierdie huis ingetrek het.
Hierdie groot, koue huis. Lank gelede. Sy steek haar hand uit om dit op te
tel van die ander foto's waarby dit lê. Iets maak onverwags haar vinger
seer, en toe sy kyk, toe sien sy dat dit bloei. Moet een van die foto's wees
wat so skerp was. Dit gebeur. Sy glimlag wrang. So much vir skerp foto's.

So, met die vinger wat bloei, sit sy lank in die skemer vertrek. Die vinger
bloei baie meer as wat sy ooit sou kon dink. Later is die deken rondom haar
letterlik bloed-bloed rooi, maar sy bly maar so sit, totdat sy, half
onnadenkend, haar hand uitsteek na die kind in sy cowboy-pak. Sy vat sy
geweer by hom en stadig lig sy dit op tot teen haar slape. Lank sit sy weer
so. So stil, met die geweer teen haar kop.

Skielik besef sy hoe donker dit al geword het. Sy laat die geweer sak, staan
stadig op en stap met die gang op woonkamer toe. Toe sy in die woonvertrek
kom, kyk hy dadelik op. Sy sien die angs in haar man se oë. Of sou dit
gewoon verbasing wees? Of dalk sy bekende spottende kyk? Dit moes angs wees,
want asof verlam sit hy daar terwyl sy emosieloos op hom afstap, die geweer
sekuur op hom rig en dan die sneller trek. Sonder om verder te kyk wat
gebeur, gooi sy die geweer by sy voete neer, loop voordeur toe, maak dit oop
en loop met afgematte, afgemete tree weg.

Koeitjies & kalfies | 8 kommentare

Vraag aan Riaan

Mon, 14 August 2000 00:00

Wie is die vriende van my waarna jy verwys. Hoekom e-pos jy hulle nie
sommer regstreeks nie?

Koeitjies & kalfies | 21 kommentare

Re: Vraag aan Riaan

Mon, 14 August 2000 00:00

O jy's vol van jouself! En as jy vir Phati wil aanvat
oor 'n vocken spelfoutjie, kom ons kyk na jou eie grammatika
in brief 3 van die Jaap Marais afdeling waar jy stert
tussen die bene gevlug het:

Ferdi Greyling sê:
.... en 'n ongeewenaarde minagting van die
menswaardiugheid van mense wat nie swart velle gehad het
nie.
Hy was 'n rassis wat swartmense sy hele lewe lank onmenslik
behandel het.

Lees mooi wat jy gesê het. 'n Mens spel eerstens
nie 'menswaardigheid' vockenwil so nie en tweedens
weerspreek jy jouself in een parrragraaf.

In article ,
ferd...@icon.co.za (Ferdi Greyling) wrote:
> On Mon, 14 Aug 2000 14:37:31 GMT, "phatti"
> wrote:
> het nie die guts .
> .. . guts
>> . . .guts . . .vocken guts . . .>>
> Vettie. Jy kan nie fokken spel nie en John Cale is 100
> keer wat jy is.
> Het jy mooi nuwe rokke in Dublin gekoop?

* Sent from AltaVista http://www.altavista.com Where you can also find related Web Pages, Images, Audios, Videos, News, and Shopping. Smart is Beautiful

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Bladsye (1838): [ «    1037  1038  1039  1040  1041  1042  1043  1044  1045  1046  1047  1048  1049  1050  1051  1052    »]
Tyd nou: Thu Mar 13 07:45:23 UTC 2025