Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Die bakgat spinnerakker - www.eep.co.za

Di., 15 Augustus 2000 01:43

Liewe Christo,

EEN: Jy dink weereens hopeloos verkeerd.

TWEE: Daar is nie en was nog nooit iets soos "armgat Afrikaners" nie. Dis
alles in jou kop.

DRIE: Moenie weer soos 'n laatie kwaad word nie, dink hierdie keer eers mooi
voor jy antwoord, okei?

Soet seuntjie, ek soen jou sommer op jou neus!
Teresa :)

Chr...@eskom.co.za wrote in message ...
> Soos Davie Davis sê, kom ons maak dit 'n nuwe tema. Ek wil net vir Sas
> spesifiek sê:
> Ek dink jy is jonk en bedorwe en daarom gebruik jy eerstens sulke taal
> en tweedens het jy nie 'n idee wat ek bedoel het in my pos oor die
> armgat afrikaners wat uit die gemors opgestaan het nie want jy was toe
> nog nie eers 'n gedagte nie. Vra jou pa wat swaarkry was want ek glo hy
> het ook maar gesukkel dat dit vrek om te kom waar hy vandag is. Niks het
> in enigiemand se skoot geval nie. Jy moet liewer stilbly want lyk my jy
> ry op jou pa se rug.
> Gaan lees gerus Grahame se pos ook, laaitie.
> Christo
>

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Ek vra maar net...ek sê maar net....

Di., 15 Augustus 2000 00:00

Ek is baie onseker betreffende sekere sake en sal waardeer indien iemand
baie mooi aan my kan verduidelik....

Vraag 1: Waarom word die woord fok (of die verskanste vorm "vocken"),
waarvan die betekenis geensins verbandhou met een van die gesprekslyne nie,
deur seker lede hierdie nuusgroep so aanhoudend gebruik? Dit is 'n woord
wat oorbruik word deur sogenaamde sterk macho manne in derderangse
Amerikaanse "movies". Ek kry skielik hierdie beeld voor my geestesoog van
'n man wat op 'n Saterdag inkopies doen .... plakkies/kaalvoet, kort broekie
en dan daardie alewige help-my-sterk-lyk frokkie. Daar is volgens my 'n
definitiewe korrelasie.

Vraag 2: Ek wil ook graag weet of dié nuusgroep se missie die volgende is:
'n Platform wat geskep is , sodat elkeen sy/haar opinie kan lug en 'n
heerlike gesonde debat daaromtrent kan voer?
Indien dit die geval is, waarom word sekere opinies met "help-my-sterk-lyk"
woorde in ander persone kele afgedruk en op hierdie manier 'n moontlike
situasie waar almal van mekaar kan leer, bederf?

Die lewe is 'n wedloop .... 'n hindernis wedloop. Dit is net hier waar die
kruks van die lewe lê ....hoe elkeen die hindernis hanteer. Die keuse
ontstaan op hierdie punt naamlik of ons logies of bepland bo-oor die
hindernis gaan of onderdeur kruip. Om bo-oor te gaan is die moeilikste maar
die beste. Die hoe om oor dit versperring te kom, word verkry vanuit elkeen
se verwysingraamwerk. Dit is 'n erkende feit dat geen twee persone in
hierdie lewe se verwysingsraamwerk dieselfde is nie en elkeen het 'n
Godgegewe verantwoordelikheid om sy/haar verwysingsraamwerk uit te brei en
te versterk. Dit word gedoen vanuit die verlede (lees hier geskiedenis).
Die verlede kan nie verander word nie - dis verby, maar deur elke vorige
situasie te neem, 'n POSITIEWE les daaruit uit te leer, dit dan gebruik om
beter besluite te neem wat in die toekoms meer positiewe dividende sal
oplewer.

Die resies in ons wonderlike land is soos 'n drie-beenresies, maar daar is
egter een probleem, naamlik die paar miljoen van ons se bene is aan mekaar
vasgemaak. Met die gevolg dat ons almal SAAM oor die hindernisse MOET kom.
Wanneer daar 'n dwarstrekkery is - 'n klomp wil die ou regime hê, die ander
klomp kies die nuwe regime, sommiges se keuse val op 'n tussenin regime,
ander kies die derde mag, 'n groep wil net vat omdat vat vat is en dan is
daar nog die op die grond bly sit met die houding van laat Godswaters oor
Godsakkers gaan - kry ons 'n groot katestrofe. Presies wat nou aan die gang
is.

Dit bring my nou by die volgende vraag:
Waarom kan ons - en praat ek van al die inwoners van Suid-Afrika - nie uit
die foute van die verlede (onder andere dat dwarstrekkery nie werk nie) leer
en die huidige negatiewe situasie positief benader nie?

Aan die komplekse samestelling van ons sonskyn land kan niemand verander
nie, maar indien ons ELKEEN die Drie-eenigheid in ons harte toelaat en met
opregte onvoorwaardelike liefde na die persoon langs ons uitreik, sal en kan
en gaan die situasie verander. Dit is die eenvoudige boodskap/opdrag wat
Jesus in Sy Woord vir ons gee. Dit is ook belangrik dat elkeen besef dat
die verantwoordelikheid vir eerste uitreik by hom- of haarself lê en nie by
die buurman nie,,,

Ja ek hoor sommer klaar: "Ja dit is waar, maar......" sien daar is die
KERN van die gemors ... die ou klein woordjie - "maar", Daar is altyd
voorwaardes aan alles, ek hoef nie eers voorbeelde hier te noem nie. Die
voorwaardelike liefde is 'n definitiewe No-No. Kom ons vat mekaar se hande
en gaan saam oor die hindernis/se.

Die situasie in ons land en sy mense is definitief nie uniek nie, aangesien
dit wil voorkom of die koerantartikels van vandag uit die Bybelboek Habukuk
gekopie�r is.

Kom ons leer by mekaar en onthou asseblief ons het almal kinders wat in die
toekoms as volwassenes bitter gaan voel oor die foute wat ons VANDAG gemaak
het .................

Ek vra maar net ..... ek sê maar net
Dottie

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Re: Ek vra maar net...ek sê maar net....

Di., 15 Augustus 2000 00:00

Jy het groot waarhede hier gespreek Dot, maar... (grappie!)

Dottie is die waarheid dat ons in 'n te klein wêreldjie
probeer leef.

(amper sê ek maar!) jy moet tog oplet dat heelwat van wat
gesê word is ligsinniger as wat jy (miskien) dink.

Kom ons vat nou Ferdi Greyling. Ek dink die man werk dalk
vir die AWB Intelligensie. En hy hou hom under cover en
maak of hy aan die ander kant is.

**********************************

Dot, moet asselief vir geen oomblik dink dat ek dit wat jy
sê ligsinnig benader nie. Ek gee die KONING al die eer en
ek weet weet weet dat ons so klein is dat dit 'n wonder is
dat Hy hom werklik aan ons steur. En kan jy glo dat dié
klein wesens na Sy Ewebeeld geskape is... Die kroon van die
skepping is... dat Jesus aan die kruis vir ons gesterf
het... Vir ons wat is wat ons is.

DD

* Sent from AltaVista http://www.altavista.com Where you can also find related Web Pages, Images, Audios, Videos, News, and Shopping. Smart is Beautiful

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Het Gloudina die emmer geskop . . .

Di., 15 Augustus 2000 00:00

of moet ek my opgewondenheid op hold sit?

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Re: Wavver vrouens praat jy van Dawie ?

Di., 15 Augustus 2000 00:00

In article , "foilcut"
wrote:
> Ek ken nie sulkes nie ? Wonder maar net oor agter
> elke vrou staan 'n man
> ......

Hierrie lotjie oppie aarde foilcut.

Lyk my jy kom saammet daai Reisiger ou van annerkant die
bult.

Dawie

* Sent from AltaVista http://www.altavista.com Where you can also find related Web Pages, Images, Audios, Videos, News, and Shopping. Smart is Beautiful

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: Die bakgat spinnerakker - www.eep.co.za

Di., 15 Augustus 2000 00:00

Teresa,

Dit hang seker af wat jy beskou as armgat, maar ek het so grootgeword, en my
Pa-hulle ook. My Oupa was 'n bywoner. Jy moet miskien kom laat ek jou
bietjie in Pretoria-Noord gaan wys waar bly armgat Afrikaners. Net omdat jy
dalk beskermd en in 'n middelklas of beter huis grootgeword het, moenie die
aanname maak dat almal so grootgeword het nie.

Dries

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Die nuwe SA krimmenele

Di., 15 Augustus 2000 05:49

Ek kry sopas 'n oproep van my suster wat nou alweer deurgeloop het deur die
nuwe SA.
So 'n maand of wat terug het swartes ingebreek en goed gesteel. Hulle het
toe geelektrifiseerde heinings regrondom hulle huis laat sit. Sy bel my
vanoggend en se dat hulle hulle hek voor van die spoor afgetel het en die
bakkie op die motorweg gesteel. Dit was so 5 uur vanoggend gewees , glo 5
van hulle. Die buurman oorkant die staat het uitgekom toe hulle die bakkie
in die staat afgestoot het. Die ironie van die saak is dat my swaer
gewoonlik 5 uur Vrystaat toe ry , maar vanoggend het hy verslaap. Dus het
hulle vir hom gewag om die garage deure oop te maak en al die karre te steel
en die bakkies vol te laai. Hulle bly in Kempton Park , 'n plek waar mens
nou nie meer moet kom nie.

In 94 is 'n rots in die water gegooi en die kringe begin nou al hoe nader
kom. Dit SAL ons almal eendig bereik , net 'n kwessie van tyd.

Krokkie

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Suid Afrikaanse Vrouens

Ma., 14 Augustus 2000 00:00

Suid Afrikaanse vrouens is skoon mense. Huisvrouens by wie
jy skaapafval by kan eet want jy weet sy het nie die oog en
harsings daarin gefoeter nie. En jy weet haar huis en
skottelgoed is skoon. En jy weet die vadoeke is nie half
gewas nie maar...

Suid Afrikaaanse vrouens is so onrealisties as kan kom.
Ek is in 'n finansiële beroep wat die gevolg het dat
vrouens dikwels hul probleme by my bekla.

Voorbeelde:
Sy kla oor 'n huwelik waarvan die maanskyn en rose lankal
nie meer so blink is nie . Sy noem die feit dat sy nié die
opleiding het om op haar eie voete te staan nie wat beteken
dat sy maar in die huwelik moet voortploeter.
Vyf jaar later hoor ek dieselfde storie weer by dieselfde
vrou en dan is haar kwalifikasies steeds presies dieselfde.
Sy het dus zero gedoen om haar lot te verbeter en aanvaar
dat dit haar lot is so 'just to bad'.

Hulle doen al die finansiële beplanning op die man se naam.
Sy self beklee 'n heel statusvolle beroep, en elke keer wat
haar man verplaas word (of van werk verander) koop sy haar
eie pensioen af, bestee dit op die huis, en begin weer van
voor met 'n pensioen. Want eendag gaan hulle saam aftree.
Dan skei hulle wanneer hulle in die middel veertigs is want
die buurvrouens is somtyds net sulke vriendelike mense. En
dan kla sy op my skouer- want sy moet twintig jaar voor
aftrede met 'n aftreebeplanning begin. Al die beplanning is
tot nou toe op sy naam gedoen.
Sowat 'n driekwart (plus) huwelike hou nie en ek praat
statistiek.

Of sy moet trou... nié omdat sy skielik begin gewig aansit
nie, m��r omdat sy nooit die moontlikheid voorsien het dat
sy skieik 'n weduwee kan word nie. En sy moet uit die
maatskappy huis. En sy moet eet. En sy moet aantrek. En sy
moet drie klein mondjies voed.

Sy weet haar man gaan eendag aftree. Sy weet hy gaan 'n
pensioen kry. Sy weet sy is veertig jaar oud en bly in 'n
maatskappy huis. Vra jy aan haar hoe gesond gaan hulle
aftrede finansieel gewyse wees en sy sê dat sy nie weet nie
maar haar man weet.

Is julle werklik so naief?

* Sent from AltaVista http://www.altavista.com Where you can also find related Web Pages, Images, Audios, Videos, News, and Shopping. Smart is Beautiful

Koeitjies & kalfies | 21 kommentare

Re: Suid Afrikaanse Vrouens

Ma., 14 Augustus 2000 00:00

Ja Davie ons is so naief. Hoekom? Want ons Pa's en Oupa's het ons geleer
dat 'n vrou se plek in die huis is en sy moet huis maak, want manlief sal
voorsien. Jou enigste doel op aarde is om kinders te kry en die huishouding
te hanteer. Ons ma's het dit gedoen, en hulle ma's het dit gedoen en hulle
ma's het dit gedoen. Dis maar eers onlangs dat vrouens begin agterkom het
dat mans nie so wonderlik is nie, en hulle vir hulleself kan sorg.
As jy iemand soek om te blameer vir ons naiewiteit, blameer die samelewing,
want my eie man wil he ek moet ophou werk die dag as ek kinders het. Wat
word dan van my pensioen en my polisse, wat nou op my naam is? Sit ek dit
oor op sy naam of stuur ek hom is sy glorie in en hou aan werk.
Ek dink ons mans moet oor die hele "mindset" kom dat hulle die broodwinners
is, dan sal dit dalk beter begin gaan. Ek glo vas die egskeiding syfer is
so hoog omdat vrouens geen bevrediging uit die rol van tuisteskepper kry
nie, en sy haarself begin verwaarloos, want "vir wie en wat moet sy haarself
mooi maak?" En haar man begin belangstelling verloor want sy lyk nie meer
so goed aan die einde van 'n lang dag waarin sy agter stout kleuters moes
aanhol, die baba moes versorg, huis skoonmaak en nog moet sorg dat hy 'n
ordentlike bord kos kry wanneer hy by die huis kom nie, want dis sy reg en
haar voorreg as vrou dat hy dit kry.
Miskien moet ons mans begin aanvaar dat vrouens nie net verstand gekry het
om resepteboeke te lees nie, maar dat hulle ook in goeie en bevredigende
werksposisies hulle plek kan volstaan.
Elaine


> Davie Davis wrote in message
> ...
>>
>> Suid Afrikaanse vrouens is skoon mense. Huisvrouens by wie
>> jy skaapafval by kan eet want jy weet sy het nie die oog en
>> harsings daarin gefoeter nie. En jy weet haar huis en
>> skottelgoed is skoon. En jy weet die vadoeke is nie half
>> gewas nie maar...
>>
>> Suid Afrikaaanse vrouens is so onrealisties as kan kom.
>> Ek is in 'n finansiële beroep wat die gevolg het dat
>> vrouens dikwels hul probleme by my bekla.
>>
>> Voorbeelde:
>> Sy kla oor 'n huwelik waarvan die maanskyn en rose lankal
>> nie meer so blink is nie . Sy noem die feit dat sy nié die
>> opleiding het om op haar eie voete te staan nie wat beteken
>> dat sy maar in die huwelik moet voortploeter.
>> Vyf jaar later hoor ek dieselfde storie weer by dieselfde
>> vrou en dan is haar kwalifikasies steeds presies dieselfde.
>> Sy het dus zero gedoen om haar lot te verbeter en aanvaar
>> dat dit haar lot is so 'just to bad'.
>>
>> Hulle doen al die finansiële beplanning op die man se naam.
>> Sy self beklee 'n heel statusvolle beroep, en elke keer wat
>> haar man verplaas word (of van werk verander) koop sy haar
>> eie pensioen af, bestee dit op die huis, en begin weer van
>> voor met 'n pensioen. Want eendag gaan hulle saam aftree.
>> Dan skei hulle wanneer hulle in die middel veertigs is want
>> die buurvrouens is somtyds net sulke vriendelike mense. En
>> dan kla sy op my skouer- want sy moet twintig jaar voor
>> aftrede met 'n aftreebeplanning begin. Al die beplanning is
>> tot nou toe op sy naam gedoen.
>> Sowat 'n driekwart (plus) huwelike hou nie en ek praat
>> statistiek.
>>
>> Of sy moet trou... nié omdat sy skielik begin gewig aansit
>> nie, m��r omdat sy nooit die moontlikheid voorsien het dat
>> sy skieik 'n weduwee kan word nie. En sy moet uit die
>> maatskappy huis. En sy moet eet. En sy moet aantrek. En sy
>> moet drie klein mondjies voed.
>>
>> Sy weet haar man gaan eendag aftree. Sy weet hy gaan 'n
>> pensioen kry. Sy weet sy is veertig jaar oud en bly in 'n
>> maatskappy huis. Vra jy aan haar hoe gesond gaan hulle
>> aftrede finansieel gewyse wees en sy sê dat sy nie weet nie
>> maar haar man weet.
>>
>> Is julle werklik so naief?
>>
>>
>> * Sent from AltaVista http://www.altavista.com Where you can also find
> related Web Pages, Images, Audios, Videos, News, and Shopping. Smart is
> Beautiful
>

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Vraag aan Ferdi & Friende

Ma., 14 Augustus 2000 00:00

Ferdi ons almal hier weet hoe baie lofliedere jy sing oor die nuwe regering,
en hoe jy kan uitvaar teenoor dit wat die vorige regering gedoen het. Ek sal
net graag by jou wil weet of die huidige regering al enigiets gedoen of gesê
het waarvan jy NIE gehou het, of mee saamgestem het nie.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1834): [ «    1037  1038  1039  1040  1041  1042  1043  1044  1045  1046  1047  1048  1049  1050  1051  1052    »]
Tyd nou: Wo. Mrt. 11 17:10:02 UTC 2026