Is dit net ek of het September vir julle ook verby gevlieg? Ek's mal oor
die lente, en al is dit juis nou die tyd vir hooikoors en goed is ek gek oor
die gevoel wat ek kry wanneer die bome begin bot en die voëltjies weer
lekker sing.
Ek begin ook rondom hierdie tyd daai regte "christmas" gevoel kry, en ek
begin uitsien na my verjaarsdag en - ag sommer baie lekker dinge lê voor,
asook 'n lekker 3 week vakansie.
Ek loop met 'n permanente smile op my gesig en my arme man kan nie met my
huis hou nie (ek sal maar nie daarop ingaan nie).
Nou wonder ek of dit waar is. Hulle sê hoe ouer 'n mens raak hoe gouer gaan
die tyd om. Dis so waar, en dis jammer, want vandag geniet ek die lewe, en
wil dit nie vreeslik graag baie gou verlaat nie. Die goeie (of slegte) nuus
is dat experts nou glo dat as jy kan leef tot die jaar 2010 die
lewensverwagting 125 jaar sal wees en as jy nog so 20 jaar kan vasbyt tot
die jaar 2030 sal die lewensverwagtig 250 wees. Ek wonner of ek so oud wil
word.
Die Transvaal is toe alreeds annekseer, dus die Britte het Pres. Kruger as
"Ex." beskou.
Dries
"Steve Hayes" skryf in boodskap news:39d56cce.10987968@news.saix.net...
> On Fri, 29 Sep 2000 14:26:33 GMT, @home.com wrote:
>
>> On September 29, 1900 the Globe and Mail reported
>> that Great Britain sent a note to the Dutch government
>> advising that if Dutch warships bringing ex-president
>> of the Transvaal Paul Kruger to Europe carried any
>> of his government's archives or gold, it would be
>> regarded as a breach of neutrality.
>
> On a point of historical accuracy it should be noted that the was not the "ex"
> President until 31 May 1902, when the Peace of Vereeniging was signed - or am
> I missing something here?
dink weer aan die dorpsdam
en die rivier wat daardeur vloei
dink vir oulaas in september
aan die droë geel gras
die populierbome se blare
wat raas in die wind
dink aan die wilde eende,
die waterhoendertjies, die reier,
die bontkiewiet in die veld daaragter
dink aan die teerpad
wat onder die brug deur draai
aan gister se stemme
dink aan die wolke
en die son agter die wolke
dink daaraan
vergeet dan die voëls, die teerpad, die brug, die wolke, die bome
die son
die gras
en gister
vergeet alles, maar onthou
onthou die wind op die blink water
Dis alles baie oulik. Ek het dit vreeslik geniet
Maar jy moet maar versigtig wees met prentjies en goete post hierso want dis
nie 'n binaries ng nie en dit vreet ongelukkig baie bandwidth. Persoonlik
is ek nie gepla nie, maar ander mense is wel