Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Kanada

Ma., 27 November 2000 00:00

Lees hierdie interessante brief

Harry

Besoek gerus ons twee webbladsye:

www.egafrikaans.co.za en
www.stuursms.co.za

/\/\/\/\/\/\/\/\/\/\/\/\/\/\/\/\/\/\/\/\/\/\/\/\/\/\/\

OUENS IN DIE BUITELAND:

Gerrilene vertel:

Ek's regtig so bevoorreg om in 'n eerste wêreldland te kan bly, dat ek graag
my ervaringe hier in Vancouver, Kanada met julle wil deel. Ons stad is
maklik een van die mooiste stede in die wêreld...veral as 'n mens op 'n
wolkelose dag, in die winter, vir die eerste keer in Vancouver land...is
die sneeu op die berge, so ver as wat jy kan sien, voorwaar 'n pragtige
gesig. Die Amerikaanse grens is so 40 minute se ry van die middestad af en
Seattle is net meer as 2 ure se ry suid van Vancouver.

Ek sal graag hier wil oud word. Die mense leef lank, want dis 'n goeie,
rustige kwaliteitlewe en dit maak die Groot Trek hierheen beslis die moeite
werd. Ek ervaar hier baie minder stres as in SA. Die mense is uiters
beskaafd, beleefd, baie vriendelik, vreeslik verdraagsaam, hulpvaardig en
net plein 'nice' om mee saam te leef. Hier voel ek waarlik vry, ek kan
laataand, vrou alleen, ver gaan stap sonder om een keer om te kyk. Amper
niks bedreig my lewe, my eiendom of my privaatheid hier nie.

As jy 'n huis/meenthuis/woonstel hier koop of huur dan kry jy gewoonlik die
5 elektriese masjiene saam met die huis, maw jy trek nie hier rond met jou
skottelgoedwasser, yskas, stoof, wasmasjien en droër nie. Hier is ook geen
TV antennes op die dakke nie, die "cable" soos ons dit ken, is maklik....as
jy intrek, prop jy net jou TV in die muur in en die beeld is dadelik 100 %
reg. Jy maak een oproep en nog dieselfde dag is jou TV konneksie lewendig.
Ons betaal vir die aantal kanale, hier is meer as 60 om van te kies....maw
meer kanale, meer geld per maand, 'n baie regverdige stelsel. Ook as jy
aansoek doen vir 'n telefoon .... dis net een oproep en nog dieselfde dag
het jy 'n lewendige lyn en 'n nommer. Alle plaaslike oproepe is gratis en
hier is 'n keuse tussen ten minste 4 langafstand
telefoondiensverskaffers.....dis net so maklik om hier te woon. Die
"stelsel" werk en diensverskaffing is 'n prioriteit.

Alle huise het 'n 'furnace' ... 'n wonderlike sentrale verhittingstelsel wat
warm lug deur 'n gaatjie in die vloer in elke vertrek inblaas .... dan moet
al die vensters natuurlik toe wees ... heelwat van die warmwatersilinders en
'furnaces' werk op natuurlike aardgas.

Ons het dadelik die Kanadese gewoonte aangeleer om ons skoene by die
voordeur uit te trek en in die kas by die voordeur te bêre. Alle warm klere
soos jasse, serpe en handskoene word ook daar opgehang. Ook gaste wat kom
kuier trek hul skoene in die voorportaal uit en dan loop almal op hulle
sokkies in die huis. Die gewoonte kom oorspronklik van die sneeuprovinsies
af ..... as jy met sneeu aan jou skoene, in 'n warm verhitte huis loop, dan
smelt die sneeu en los orals sulke klein waterplassies en omrede die huise
lekker warm binne is, is dit net natuurlik om jou warm jas, ens uit te trek
sodra jy binneshuis is.

Ons is baie gelukkig hier en hoor gereeld Afrikaans op straat en in die
winkels....hier is letterlik duisende Suid Afrikaners, sommige meen hier is
al meer as 30 000, en soveel van hulle kan nie verkeerd wees nie !

Julle is baie welkom om my te vonkpos met navrae of sommer net om te gesels
g...@attcanada.net

Groete uit Vancouver

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Re: Vir Glaudina - Bush :-)

Ma., 27 November 2000 00:00

Sue schreef...

> http://www.gwbchimp.8m.com/
>

Baie oulik! Maar chimpanzee?? Ek het vir die prentjie met die orang oetangs
gestem :)

Arthur

Koeitjies & kalfies | 23 kommentare

Re: Bespotlike polisiehond voorval

Ma., 27 November 2000 00:00

As Suid Afrika oor al die misdaad in die land moet berig sal daar nie een
boom in die wereld oor wees nie binne n maand. Daar sal seker 5 kanale moet
wees om nuus uit te saai elke dag.

Hulle hou dit uit die media omdat hulle bang is hulle jaag oorseese mense
weg wat hier wil bele.

Die koerante van vandag publiseer net politiek

Reenen van Niekerk

Elaine skryf in boodskap news:3a225c9a.0@news1.mweb.co.za...
> Dink so daar aan Pietie.....plaasmoorde is ou nuus - dit verkoop nie meer
> nie. Behalwe as die vrou so te sê dood is, maw kaal langs die pad met haar
> kop amper van haar lyf af gesny, is dit ook maar ou nuus. So kort soos twee
> jaar terug is plaasmoorde nog intensief op die nuus uitgesaai, maar die
> mense het dik geraak daarvoor. Solank die storie verkoop word dit
> uitgesaai, plaasmoorde en verkragtings verkoop nie meer nie. So eenvoudig
> soos dit. En voor julle dink ek weet nie waarvan ek praat nie, my eie oom
> is so 5 jaar terug op sy plaas vermoor. Hulle het om uit die rivier uit
> gehaal. Al die bewys was weg en die moordenaars is nooit gevang nie.
> En buitendien....stories van swartes wat wittes dood maak, is nie goeie nuus
> vir die nuwe SA nie.
>
> Elaine
>
> Piet Pompie wrote in message
> news:8vss5d$rd8$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Die media het die afgelope tyd bossies gegaan oor drie onwettige
> immigrante
>> wat deur honde aangeval en gebyt is. Al drie lewe nog en is nog in die
> land.
>>
>> Daarteenoor is al 900 boere in die ses jaar van die nuwe bedeling op plase
>> vermoor. Dit is 1 moord elke derde dag vir ses jaar! Wanneer 'n Cosatu
> optog
>> deur die strate van Johannesburg loop met "Maak die Boere dood!" in swart
>> taal op baniere geskryf, word hulle nie eers oor die vingers getik nie.
>>
>> In die oostelike voorstede van Pretoria sak vyf swartes 'n huis in. Die pa
>> word met draad vasgebind terwyl die ma uit die bad sitkamer toe gesleep
> word
>> en aangerand word. 'n Veertienjarige dogter word na die badkamer gesleep
>> waar die vyf beurte maak.
>> Niemand is nog aangekeer nie.
>>
>> Ek sou nog die media kon ernstig opneem as daar 'n vlaag van simpatie en
>> meegevoel oor hulle gespoel het vir die Afrikaners wat daagliks met hulle
>> fisiese en geestelike lewens moet boet sodat ons veilig kan TV kyk.
>>
>

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Wie is 'n Afrikaaner?

Ma., 27 November 2000 00:00

Nou, die vraag het ek baie keer gehoor vra. Maar, wat is die antwoord?

Afrikaaner families is:

1) Die families in SA wat hulle voorgeslagte kan navors en, gevestig is
voor die 1700 of, miskien voor 1820 (voor die Britse settelaars).

2) Dit is alle families wat in SA woonagtig is wat Afrikaans sprekend is

3) Dit is families wat volgens die Apartheid era gklasifisieer as blank
en Afrikaans sprekend was

4) Dit is families wat voorvaders het wat in die Groot Trek deelgeneem
het

5) Dit is geen van die bogenoem gevalle nie

6) Dit is al die bogenoemde gevalle

Wat dan is 'n Boer?

1) Dit is 'n persoon wat 'n plaas besit

2) Dit is 'n persoon wat land en akkerbou beoefen

3) Dit is 'n subgroep Afrikaaners (selektief gekies)

4) Dit is 'n groep wat 'n familid het wat in die 32ste batallion (baie
soos die Selloos (sp)  Scouts) geveg het.

6) Dit is almal wat wraaksigtig rassisties is teenoor almal wat nie van
dieselfde ras as hulle is nie (wat ookal die ras mag beteken)

6) Dit is geen van die bogenoem gevalle nie

7) ) Dit is al die bogenoemde gevalle

So, wat betek hierdie terme dan?

Koeitjies & kalfies | 8 kommentare

SAW in Angola?

Ma., 27 November 2000 00:00

Hi

Ek wonder of enige iemand hier diensplig in Angola/Kaprivi gedoen het
gedurende die Oorlog.

Ek is opsoek na die NAME van al die Weermag basisse wat ons daar bo gehad
het.

Ek kan drie onthou :

1) Undangwa
2) Oshakati
3) Ruakana
4) ?
5) ?
6) ?
ens.

Ek is seker dat die spelling van bg. ook verkeerd is, ek sal dit waardeer as
iemand dit vir my kan regstel.

Thanx!

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Re: 'On'Skriftuurlike Blommetjie ? [Ha Ha]

Ma., 27 November 2000 00:00

Meer arrogant as dom. Maar nou ja, jou stelling oor dom - ek dink jy moet
'n bietjie meer van jouself dink. Onthou net 50% van die bevolking het
ondergemiddelde intelligensie.

"Blommetjie" skryf in boodskap news:3a21bc26$0$233@helios.is.co.za...
> O ja, en ek haal daar graag aan uit die "ge-breinspoelde"
> boek wat jy ook "Die Bybel" noem. -Gaan kyk maar self.
>
> Onthou : -Ek is Dom, ... Baie Dom. [duhhhhh !]
> - Dis nou ek daardie. (grin)
>
> He he he he he. ;-)
>

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Re: Mnr Gelderblom aka Blommetjie

So., 26 November 2000 00:00

As ek vinnig kyk na die families van tot en by die 1800 dan is daar nog
nie Gelderblom wat uitstaan nie. So, dit is nog bekend as 'n Afrikaaner
famile van ouds nie. Of die familie nou hier was (en moontlik as matroos
gedros het) dis mooilik om te sê tensy in diepte ingegaan word op die
saak. Maar, miskien is dit een van die families wat hulle families baie
ver kan navors (tot so met die die tweede wêreld oorlog. Ek het tog nie
tyd daarvoor nie.

"Sue" skryf in boodskap news:MPG.1489d1d63755c197989797@news...

> Ernest, is jy lus om vir ons die Gelderblom familie hier op die nuusgroep
> vir ons uit te pluis?

Genealogie & famieliesake | 1 kommentaar

Re: AG seën wense vir JULLE AMAL

So., 26 November 2000 00:00

Koos ...... Koos, nee a boeta, los nou die kêrel in Adderley
str., ek het hom al lankal al ge-'file-13' en nou wil ek
lees wat jy skrywe en nou herhaal jy wat hy sê..... as jy sy
lelike woorde herhaal met joune nog bygesit, sal ek jou ook
moet 'file-13'
Groetnis

~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~~

koos swore in message ...
:---- lelike woordjies uit geknip vir die kinders se
onthalwe -------

:"Mel" swore in message

!@#*&^%$ etc, etc, etc.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

swak bestuurs vermoë

So., 26 November 2000 00:00

Kom ons gesels oor ons irritasies. Dan weet ék waar frustreer ek jòu
en jy verstaan daai kyk wat ek jou gee!

Ek vind byvoorbeeld die bestuurder wat dertig treë voor die draai,
nadat hy rééds spoed verminder het en werklik rééds begìn draai het,
en dàn eers die flikkerlig aanskakel om te wys dat hy gaan draai, byna
nét so erg as die ou wat verbysteek om onmiddelik reg voor jou, spoed
te verminder om af te draai.

Of die mens wat van baan verander en presies dieselfde tyd flikkerlig
aanskakel of selfs nàdat hy reeds in die ander baan is!
Is jy ook een van daardie bestuurders wat dink dat die flikkerlig en
stuurwiel dieselfde tyd gebruik word?

Is jy ook een van daai ouens wat in die nag as jy by my verby steek,
ligte verskerp (bright)? Hoekom doen jy dit? Wat sê jy vir my? Indien
jy sê 'hallo' is die skerp ligte wat jy van my af terug kry ook 'n
'hallo'.
Of sê jy dalk, "ek weet dat jy nog al die pad reguit ry, maar moet
asseblief nie links(regs?) swaai terwyl ek verbysteek nie? Dan sê die
skerp ligte wat jy van my af in jou truspieël terugkry, 'toemaar ek
sal nie".

Of myl na myl ry jy agter my om skielik verby te steek en dan
dieselfde spoed voor my te ry.

Of (verdomp!) so vermetel is om by die stopstraat bò op die
voetoorgangstrepe stil te hou terwyl die voetgangers om jou kar moet
stap?

Om op te krop is nie lekker nie. Ek voel sommer ligter nou.


DD

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Re: swak bestuurs vermoë

So., 26 November 2000 00:00

On Sun, 26 Nov 2000 19:28:31 GMT, Sue wrote:

> In article , davie...@email.com
> says...
>
>> Kom ons gesels oor ons irritasies. Dan weet ék waar frustreer ek j�u
>> en jy verstaan daai kyk wat ek jou gee!
>
> Dit was nou lekker lees! Ek voel jou pyn DX2! :-)
> Jy moet ook sommer vra wat is die bedoeling van een hooflig in die
> aand/nag? Ek neem aan dis darem seker beter as geen hoofligte nie?. :-)
> Of is dit nie so groot probleem daar by julle nie?

Een hooflig sê jy Sue? Dit is nie werklik 'n probleem nie so lank die
lig aan die binnekant van die pad is en nie buite nie. Dit is wel 'n
probleem as daardie een hooflig nié 'n dompstelling het nie en al die
pad moet jy langs die pad kyk tot hy verby is.
Of die motorfietsryer wat (let wel, ek my Kawa verkoop!) nie weet waar
stel jy die ligte (dim en bright) nie. Hulle is 'n irritasie tot
helder oordag!

Haai dié site kan nogal terapeutiese waarde hê nè!

Dx2

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Bladsye (1834): [ «    993  994  995  996  997  998  999  1000  1001  1002  1003  1004  1005  1006  1007  1008    »]
Tyd nou: Wo. Mrt. 11 05:34:43 UTC 2026