Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

" die posisie aan die einde van " deur GERT VLOK NEL

Sa, 13 Mei 2006 14:48

die posisie aan die einde van
Gert Vlok Nel

die gang was donker, gepriem.
die blokkiesvloer het peristaltiese bewegings gemaak.
maar net in my alewige verbeelding.
"kom saggies," het Ma gesê. "Pa slaap."
(op pad huis toe, oor die oop stukke veld,
het ons opgekyk: die berg was besig om noukeurig te brand.)

"hoe was die fliek." die fliek was nie.
"i riller." (wanted: bybysitter.) "dit was goed."
goed. Ma maak koffie. in die kombuis.
halfeen. die gezoem van die yskas.
"oom Jakkie het..."
Pa geslaan.
sê Ma.
"hoekom Ma?" het Altus met gewaarmerkte pyn
geëkwisiteer. hy's nou i sendeling in outjo, namibië
niemand moer jou pa nie, Ma, was die strekking,
veral nie iemand soos oom Jakkie nie
relatief gesigloos in die kaap, hier in voldonge
sterre & wenteling, dorpsdronkaard.
"kak," het ek gesê vir die rekord.

moenie so vloek nie het Ma gesê "oom jakkie
is oom Jakkie." en Pa was Pa. "Pa is ons Pa, Ma."
het ons gesê dalk. oom Jakkie is my broer (Ma)
"maar Pa is jou man, Ma." ja
Ma was so oud, afgeskei, so 40.
"die berg brand, het julle gesien?" ja Ma.
die buitenste verband, het ek dit gesien?
"nee," skryf ek

oom Jakkie was al weg, af in die straat. "gaan slaap," sê Ma.
die huis sou ons insluk, ek kan nie meer onthou
nie, o.a. Pa was i tier in die huis
Ma dikwels i prooi. in die berg was tiere uitgewis.
ek onthou & ek onthou. oom Jakkie het gesterf
en Ma en Pa is op sylyne ingesjant
Ma mooi, Pa in sy mees godsverbitterde verband.
(die rym is vir Pa)

maar oom Jakkie het akuut gesterf, in 1978.
die voorbereide aarde het hom in deskant ingeneem
soos die wind die gesang, teer en koud nes die seisoen.
ek onthou, met deernis, die nag van gepriemde gange
hoedat ek en oom Jakkie na mekaar moes
kyk, vanuit ons unieke posisies van stilte
& verset, aan die eindpunte van die lang straat:
lampe, bome, huise die
volmaakte woede van die lug bo,
die huise, bome, lampe.

Prosa & poësie | 0 kommentare

Mark Twain

Sa, 13 Mei 2006 03:54

Ek loop die stukkie waarheid van Mark Twain raak - ek sal dit maar hier
op die witbord plak:

"I notice that you use plain, simple language, short words and brief
sentences. That is the way to write English -- it is the modern way and
the best way.
Stick to it; don't let fluff and flowers and verbosity creep in. When
you catch an adjective, kill it. No, I don't mean utterly, but kill
most of them -- then the rest will be valuable. They weaken when they
are close together. They give strength when they are wide apart.
An adjective habit, or a wordy, diffuse, flowery habit, once fastened
upon a person, is as hard to get rid of as any other vice."

Letter by Mark Twain to D. W. Bowser, 3/20/1880

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Survivor SA: Panama

Do, 11 Mei 2006 14:45

Ek sien hulle beplan 'n Survivor reeks met mededingers
uit Suid-Afrika. Maar hoekom sê dit aan die einde "Panama"?
Gaan hulle dit tog in Panama hê?
Dis die laaste week van Survivor Panama hier by ons.
Vanaand is daar een program, en dan sluit dit glo af op
Sondag. ( Daar is nou vier mededingers oor.)
Kry julle ook die reeks op datum. Of sien julle nog
die vorige een?
Ek kyk gewoonlik nie die soort TV programme nie.
Maar Survivor is vir ons nogal interessant en ek mis dit nie
maklik nie.

Gloudina

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Angelina Jolie - waar in Namibië is sy?

Do, 11 Mei 2006 14:36

Hoekom is Suidwester so stil oor haar teenwoordigheid
in sy koninkryk?

Tant Hessie van die Nossob

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

Zuma vra verskoning

Wo, 10 Mei 2006 03:30

Zuma het het onvoordaardelik verskoning gevra dat hy onbeskermde seks
gehad het op 09 Mei 2006. Dit is natuurlik vanwee die feit dat die
media hom daarvoor veroordeel het.

Maar - beide die pers en Zuma slaan die bal mis. Zuma is 'n getroude
man. Om die waarheid te se, by die laaste telling had hy vyf (5)
vrouens. So - hy behoort eintlik verskoning te vra vir owerspel. Maar
sy moraliteit is so laag dat hy verskoning vra dat hy bloot nie 'n
kondoom gebruik het nie.

Wel - in lyn met protokolreels is ek een van vele ander wat nie sy
verskoning aanvaar nie.

Ek het, ongeveer twee-jaar terug 'n tv-onderhoud gesien waarin Zuma die
feit dat hy 5 vrouens het geregverdig deur vol te hou dat dit hom sou
weerhou om oor die tou te trap.

Om op 62-jaar oud van verkragting aangekla te word is nie 'n
persoonlike skande nie. Suid-Afrika se naam is beswadder.

Maar - wie het beter verwag van ANC-amptenary wat gedy in bedrog en
diefstal.

Van der Merwe, die regter, is een van 'n bedreigde spesies. Blanke
regter word uitgefasseer en vervang met onbevoegde regter - sommige wat
betaling ontvang van instansies oor wie hulle uitsprake moes lewer.
(Verwys na Kaapse Hoofregter Hlope en Oasis.) Eienaardig dat nie een
van die groepe 'n swart regter wou gehad het nie - 'n wit Afrikaner se
kredietwaardigheid was egter aanvaarbaar.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Zuma vra verskoning

Wo, 10 Mei 2006 03:30

Zuma het het onvoordaardelik verskoning gevra dat hy onbeskermde seks
gehad het op 09 Mei 2006. Dit is natuurlik vanwee die feit dat die
media hom daarvoor veroordeel het.

Maar - beide die pers en Zuma slaan die bal mis. Zuma is 'n getroude
man. Om die waarheid te se, by die laaste telling had hy vyf (5)
vrouens. So - hy behoort eintlik verskoning te vra vir owerspel. Maar
sy moraliteit is so laag dat hy verskoning vra dat hy bloot nie 'n
kondoom gebruik het nie.

Wel - in lyn met protokolreels is ek een van vele ander wat nie sy
verskoning aanvaar nie.

Ek het, ongeveer twee-jaar terug 'n tv-onderhoud gesien waarin Zuma die
feit dat hy 5 vrouens het geregverdig deur vol te hou dat dit hom sou
weerhou om oor die tou te trap.

Om op 62-jaar oud van verkragting aangekla te word is nie 'n
persoonlike skande nie. Suid-Afrika se naam is beswadder.

Maar - wie het beter verwag van ANC-amptenary wat gedy in bedrog en
diefstal.

Van der Merwe, die regter, is een van 'n bedreigde spesies. Blanke
regter word uitgefasseer en vervang met onbevoegde regter - sommige wat
betaling ontvang van instansies oor wie hulle uitsprake moes lewer.
(Verwys na Kaapse Hoofregter Hlope en Oasis.) Eienaardig dat nie een
van die groepe 'n swart regter wou gehad het nie - 'n wit Afrikaner se
kredietwaardigheid was egter aanvaarbaar.

Nuus | 4 kommentare

Zuma voorbladnuus in Globe and Mail

Di, 09 Mei 2006 14:43

Vandag se Globe and Mail gee groot aandag op hulle voorblad
aan die nuus oor die vryskelding van Zuma in die verkragtings-
saak. Dit het 'n goeie analise oor Zuma se posisie in die ANC
se leierskap-firmament.
Ek is persoonlik bly dat dit die uitspraak was. Hy is 'n
ongure karakter, maar die vroumens wat hom aangekla het,
het 'n agenda gehad. ( Wonder of sy hom wou "entrap" vir
politieke doeleindes.
Die feit dat die regter wat die uitspraak gelewer het,
Zuma se prokureur en die staatsaanklaer almal Afrikaanse
name het, laat my wonder hoekom mense so kla dat
Afrikaners uitgesluit word in die Nuwe Suid-Afrika.

Gloudina

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

In Memoriam: Stella Sigcau 1937-2006

Di, 09 Mei 2006 12:38

Anesca Smith
Kaapstad. - 'n Dogter van Afrika.


Dít is hoe pres. Thabo Mbeki gister die afgestorwe minister van
openbare werke, me. Stella Sigcau, beskryf het. Sy het Sondagaand in 'n
Durbanse hospitaal, St. Augustine, gesterf.

Sy is dood twee weke nadat sy in die waakeenheid opgeneem is vir nier-
en hartverwante probleme.

Sigcau het al geruime tyd aan 'n hartkwaal gely. Sy gaan 'n
staatsbegrafnis kry, het die presidensie gister bevestig.

'n Datum en plek is nog nie vasgestel nie.

Die nasionale vlag sal van vanoggend halfstok gehys word by alle
regeringsgeboue tot die aand van die begrafnis.

"Sy het haar lewe gewy in diens van Suid-Afrika se mense," het Mbeki
oor Sigcau gesê.

"Die regering het met groot hartseer van haar dood verneem. In haar
ministeriële rol het sy 'n beduidende bydrae gemaak tot die
bevordering van die regering se heropbou- en ontwikkelingsprogram - ook
tot swart ekonomiese bemagtiging en die bevordering van vroue en
landelike gemeenskappe.

"Ons bedank die Qawukeni-koningshuis, waarvan sy 'n prinses was, vir
die voorreg om te deel in die lewe van dié onderwyser, politikus en
onbaatsugtige gemeenskapswerker," het Mbeki gesê.

Volgens die UDM-leier mnr. Bantu Holomisa was Sigcau 'n moederfiguur
vir baie in die land. "Ek onthou dat sy my altyd as 'jong man'
aangespreek het. Sy sal sonder twyfel gemis word. Die regering het een
van sy langdienendste en ervare kabinetslede verloor."

Die ANC, waarvan Sigcau 'n uitvoerende raadslid was, het gesê sy sal
onthou word as 'n leier van die demokratiese beweging en 'n toegewyde
kabi netslid wat Suid-Afrika in drie agtereenvolgende demokratiese
administrasies gedien het.

Die DA, IVP, OD en ACDP het ook medelye uitgespreek.

Sy is op 14 Januarie 1937 as 'n prinses van die Qawukeni-koningshuis in
die Oos-Kaap gebore. Sy was die oudste dogter van die oud-president van
die voormalige Transkei, hoofman Botha Sigcau.

Voor sy kabinetslid geword het, het Sigcau onderwys gegee aan verskeie
skole in KwaZulu-Natal.

Sy het in 1954 'n onderwysdiploma verwerf aan die Lovedale-instituut en
'n BA-graad aan die Universiteit van Fort Hare in 1959.

Sy het die politiek in 1968 in die voormalige Transkei betree deur die
Lusikisiki-setel te wen en het, ná verskeie ministeriële poste, in
1987 die Transkei se derde eerste minister geword.

In 1994 is sy deur oudpres. Nelson Mandela as minister van openbare
ondernemings aangewys en in 1999 as minister van openbare werke, waarin
sy tot op hede 'n tweede termyn gedien het.

Koeitjies & kalfies | 7 kommentare

Bloubulle - ware kleure

Sa, 06 Mei 2006 04:45

Die ou Engelse kleuter-gediggie het gisteraand my weereens opgeval:"And
when the boys came out to play, Georgie Porgie ran away ..."

Die flagrante vuilspel wat die Sharks vroeg in hulle wedstryd met die
Bloubulle ontwrig het, het toe nie gisteraand gewerk nie. Dit was maar
'n patetiese vertoning van die span wat die top-RSA span in die Super
14. Stampkar, verbeeldinglose rugby.

Sport & ontspanning | 9 kommentare

In Memoriam P.J. PHILANDER

Do, 04 Mei 2006 22:46

PJ Philander
(25 November 1921 - 7 Februarie 2006)
Daniel Hugo

Sommige skrywers lê nader aan 'n mens se hart as ander, omdat hulle
jou eie ervarings en herinnerings help verwoord. PJ (Peter John)
Philander is vir my so 'n skrywer. Hy is op 25 November 1921 op Caledon
in die Overberg gebore en het later onderwys gegee op Genadendal, 'n
buurdorp van Caledon. In 1960 het my skoolloopbaan vyf kilometer
daarvandaan op Greyton begin, waar my pa die NG-predikant was.

Van my vroegste herinnerings is besoeke aan Genadendal - die oudste
sendingstasie in Suid-Afrika. Toe het ek nog niks geweet van die digter
van die Overberg wat alreeds in 1955 (my geboortejaar!) met sy besonder
sterk bundel Uurglas gedebuteer het nie. In daardie bundel staan die
onvergeetlike vers "Aand op Genadendal". Maar ek sou eers op hoërskool
in Windhoek daarmee kennis maak en dit onmiddellik eien as deel van my
bewussyn. Veral die laaste twee strofes, met die subtiele simboliek oor
ons tranerige, kortstondige aardse bestaan ("die donker Dal") met die
hoop op 'n ewige saligheid (die "Sondereindrivier") bly my by:

Oumense kom van die nagwaak en praat
oor enkele lanterns hier en daar nog op straat,
wat swik met elke swaai in die stolpe ...
Ja, klein is die liggies en onbeholpe.

Deur die donker Dal uit Baviaanskloof hier
vloei die stroom na die eeu-oue Sondereindrivier,
terwyl Wonderklippe teen die noordewind waak
en die vuurvliegies een-een uitgedoof raak.
Baie jare later verskyn Philander se kortverhaalbundel Hoefyster vir
die hart (1983), en weer herken ek met vreugde en heimwee die
Overbergse milieu. Die "hoefyster" van die titel verwys na Genadendal
se U-vormige uitleg rondom die Baviaansrivier wat net buite die dorp by
die Sondereindrivier aansluit.
PJ Philander was egter veel meer as 'n kontreiskrywer. Omdat hy in die
ou bedeling die rasseklassifikasie "Kleurling" gekry het, was hy van
vroeg af sosiaal en polities bewus. Dit sien 'n mens veral in die
deurlopende motief van die "slaaf" wat alreeds in Uurglas voorkom. Sy
latere bundels bevat uitgesproke politieke versetverse, soos "Doring in
die horing" (Ostrakon, 1986), waarin hy die verslawende dopstelsel op
die wingerdplase aanval. Van die leë wynbottel word uiteindelik 'n
petrolbom gemaak.

Philander se bekommernis oor die uitgebuite arbeider blyk verder uit sy
poëtiese byskrifte by prente van sy Plettenbergbaaise oudleerling, die
grafiese kunstenaar AA Langdown. Dit is in 1965 uitgegee as Die bruin
kokon. By 'n potloodtekening van 'n visserman en sy vrou staan die
volgende vers:

Agter stoot die see
met troffelveë
nader oor die strand
na ons huis se kant.

Die dreuning van die see
kom oor ons drumpel mee
tot in die kamer waar ons asiel
kry teen die storms as ons kniel.

Ver agter kom nog soveel aan
met dolpenne en roeispaan;
ons kinders gaan verlore
in ons eie spore.
Hierdie politieke verse is dikwels satiries en selfs humoristies van
aard, soos in "Luistervink" (Konka, 1978):
Luister met jou stetoskoop
hoe oorspanne dit deur my are loop;
my hart in donker kamponge
klop om vars lug uit die longe.
En, as ek 'n klop of twee
oorhaastig is, moet jy toegee:
Ek loop as beeswagter
meer as drie eeue agter.
'n Mens lees hierdie gedig sedert 7 Februarie 2006 met 'n wranger
glimlag, want dit is die dag waarop PJ Philander in die VSA aan sy hart
dood is. Hy het al in 1969 saam met sy vrou Alice en drie seuns George,
Dennis en Peter na die VSA geëmigreer vanweë die apartheidsbewind in
Suid-Afrika. Hy het sedert 2001 by sy jongste seun, Peter, in Las Vegas
gewoon.
Philander het verse met 'n politieke strekking bly skryf tot en met sy
laaste bundel, Trialoog (2002). Ongelukkig is sy blik van buite op die
Suid-Afrikaanse samelewing daarin nogal verouderd. Dit blyk onder meer
uit sy onbekommerde gebruik van die terme outa en aia. Vir hom is swart
en bruin mense nog altyd onderdruktes wat hulle bitter lot à la Adam
Small op 'n kitaar "uittjingel" (vergelyk die gedig "Outa in sy kaia").


Buiten die verse van verset en sosiale bewoënheid vind 'n mens by
Philander 'n groot verskeidenheid temas: jeugherinneringe,
natuurgedigte, reisindrukke, in memoriams, liefdesverse,
ouderdomsgedigte, ballingskapverse en lang historiese gedigte soos
Vuurklip (1960) en Zimbabwe (1968).

In 1996 het ek 'n bloemlesing uit Philander se gedigte saamgestel ter
viering van sy 75ste verjaarsdag: PJ Philander: 'n keur uit sy gedigte.
Die bundel bevat ook 'n afdeling "Nuwe gedigte", met onder meer 'n hele
aantal in memoriam-verse vir sy vrou, wat in 1988 oorlede is. Die
volgende vers het haar naam as titel en tema:

Alice

Nou na jou dood
kan ek die simboliek
van die dotjie in jou naam,
'n stippeltjie afsonderlik
in die ruim geprik,
'n titseltjie beter verstaan.
Hierdie gestroopte gedig bevat nie 'n lettergreep te veel nie.
In die kwatryn "Heimwee" in Trialoog word die verlange na sy vrou ewe
eenvoudig en ontroerend beskryf:

In 'n stiller wyk van Las Vegas
sit ek stoksielalleen op my voorstoep,
luister ek, ja, luister ek tot ek my misgis,
ek hoor Alice van ver af na my roep.
Die trefkrag van hierdie "min maar suiwer woorde" word verhoog deur
daardie wrange "tot ek my misgis", wat soveel sterker is as die normale
"tot ek my verbeel".
Philander het egter nie net na sy vrou verlang nie, hy het ook na sy
land gehunker - soos blyk uit die kwatryn "Heimwee":

Die winde huil rondom my huis,
al wat vermis word is die Suiderkruis
bo Swartberg, Grootkop, Outenikwas
waar daar altyd brandhout vir my kaggel was.
Die bergname dui die plekke aan waar hy in Suid-Afrika gewoon en gewerk
het: Caledon (Swartberg), Genadendal (Grootkop) en Plettenbergbaai
(Outenikwas). Wat hier kort, is verwysings na Kaapstad, Malmesbury en
Calvinia, waar hy ook skoolgehou het. Oor Calvinia het hy wel 'n deels
outobiografiese roman geskryf met 'n bergnaam as titel: Rebunie (2000).

PJ Philander se digkuns het aanvanklik sterk invloede van DJ Opperman
vertoon. Vanaf die bundel Konka (1978) is daar egter geen sprake meer
van Oppermaniaanse klanke nie. In Trialoog reken hy finaal met Opperman
af in die vers "Torteldigter":

Oornag word my lied opgekrop
en deur te luister na die wind verfyn
tot dit diep binne-in my begin skryn
as houtkappers my teen dagbreek opklop
waar, sieligalleen op 'n tak Totiaans,
ek uiting gee aan iets minder ondermaans.
Hy voel hom duidelik meer verwant aan die teruggetrokke en geestelike
digter Totius as aan die nasionalistiese en aardse Opperman. Dit
beteken dat hy eerder identifiseer met Totius se tarentaal wat sy maat
verloor het as met Opperman se bombastiese "tortels van die modder" wat
"uit die slym/ berg en ster berym".
Opperman se karakterisering van Totius se poësie as "tintinkietaal"
kan ewe goed op Philander se beste verse van toepassing gemaak word.
Een van daardie verse is ongetwyfeld "Haar uitvaart" wat dateer uit die
Genadendalse tyd en handel oor die dood van sy dogtertjie:

Al oor my dak het hul gemaal ...
dié voëltjies het vir haar kom haal.

Half-toegevoue vuisies klein
het ylings na die doodsgordyn

gegryp en dan weer moeg verslap ...
die sweet het langs haar slapies afgetap.

Haar ogies sien ek duidelik nog,
hul het vir my gesmeek om tog

te help ... die pyn te stil,
maar ek was magteloos teen Sy wil,

en halfweg na die hospitaal
het, asemloos, die dood ons ingehaal.
Ek sal Peter Philander altyd onthou as 'n ouwêreldse gentleman met 'n
vonkel in die oog. Hy het bewys dat medemenslikheid en beskaafdheid
politieke onreg kan oorleef. Met sy poësie het hy vir ons 'n blywende
alternatief verskaf.
PJ Philander is sedert 1955 'n onmisbare stem in die Afrikaanse
letterkunde en hy sal dit bly solank Afrikaans gelees word.

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Bladsye (1839): [ «    1673  1674  1675  1676  1677  1678  1679  1680  1681  1682  1683  1684  1685  1686  1687  1688    »]
Tyd nou: Vr Nov 15 08:20:01 MGT 2024