Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » In Memoriam: Stella Sigcau 1937-2006
In Memoriam: Stella Sigcau 1937-2006 [boodskap #4701] Di, 09 Mei 2006 12:38 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Anesca Smith
Kaapstad. - 'n Dogter van Afrika.


Dít is hoe pres. Thabo Mbeki gister die afgestorwe minister van
openbare werke, me. Stella Sigcau, beskryf het. Sy het Sondagaand in 'n
Durbanse hospitaal, St. Augustine, gesterf.

Sy is dood twee weke nadat sy in die waakeenheid opgeneem is vir nier-
en hartverwante probleme.

Sigcau het al geruime tyd aan 'n hartkwaal gely. Sy gaan 'n
staatsbegrafnis kry, het die presidensie gister bevestig.

'n Datum en plek is nog nie vasgestel nie.

Die nasionale vlag sal van vanoggend halfstok gehys word by alle
regeringsgeboue tot die aand van die begrafnis.

"Sy het haar lewe gewy in diens van Suid-Afrika se mense," het Mbeki
oor Sigcau gesê.

"Die regering het met groot hartseer van haar dood verneem. In haar
ministeriële rol het sy 'n beduidende bydrae gemaak tot die
bevordering van die regering se heropbou- en ontwikkelingsprogram - ook
tot swart ekonomiese bemagtiging en die bevordering van vroue en
landelike gemeenskappe.

"Ons bedank die Qawukeni-koningshuis, waarvan sy 'n prinses was, vir
die voorreg om te deel in die lewe van dié onderwyser, politikus en
onbaatsugtige gemeenskapswerker," het Mbeki gesê.

Volgens die UDM-leier mnr. Bantu Holomisa was Sigcau 'n moederfiguur
vir baie in die land. "Ek onthou dat sy my altyd as 'jong man'
aangespreek het. Sy sal sonder twyfel gemis word. Die regering het een
van sy langdienendste en ervare kabinetslede verloor."

Die ANC, waarvan Sigcau 'n uitvoerende raadslid was, het gesê sy sal
onthou word as 'n leier van die demokratiese beweging en 'n toegewyde
kabi netslid wat Suid-Afrika in drie agtereenvolgende demokratiese
administrasies gedien het.

Die DA, IVP, OD en ACDP het ook medelye uitgespreek.

Sy is op 14 Januarie 1937 as 'n prinses van die Qawukeni-koningshuis in
die Oos-Kaap gebore. Sy was die oudste dogter van die oud-president van
die voormalige Transkei, hoofman Botha Sigcau.

Voor sy kabinetslid geword het, het Sigcau onderwys gegee aan verskeie
skole in KwaZulu-Natal.

Sy het in 1954 'n onderwysdiploma verwerf aan die Lovedale-instituut en
'n BA-graad aan die Universiteit van Fort Hare in 1959.

Sy het die politiek in 1968 in die voormalige Transkei betree deur die
Lusikisiki-setel te wen en het, ná verskeie ministeriële poste, in
1987 die Transkei se derde eerste minister geword.

In 1994 is sy deur oudpres. Nelson Mandela as minister van openbare
ondernemings aangewys en in 1999 as minister van openbare werke, waarin
sy tot op hede 'n tweede termyn gedien het.
Re: In Memoriam: Stella Sigcau 1937-2006 [boodskap #4702 is 'n antwoord op boodskap #4701] Di, 09 Mei 2006 14:35 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
bouwer skryf

> Dít is hoe pres. Thabo Mbeki gister die afgestorwe minister van
> openbare werke, me. Stella Sigcau, beskryf het. Sy het Sondagaand in 'n
> Durbanse hospitaal, St. Augustine, gesterf.

Dis effens onnatuurlik as die onderwyser die leerling
oorleef. Ek was Stella se Afrikaanse en Geskiedenis
onderwyser in 1955 op Adams Mission. Ek onthou haar
as 'n stil meisie wat amper foutloos Engels geskryf het
en haar Afrikaans ook goed geken het.

Gloudina
Re: In Memoriam: Stella Sigcau 1937-2006 [boodskap #4707 is 'n antwoord op boodskap #4702] Wo, 10 Mei 2006 03:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Anti - miskien moes jy haar geleer het om nie omkoop geld te vat nie.
Re: In Memoriam: Stella Sigcau 1937-2006 [boodskap #4711 is 'n antwoord op boodskap #4702] Wo, 10 Mei 2006 14:25 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On 9 May 2006 07:35:56 -0700, bou...@rogers.com wrote:
<<>bouwer skryf
>> Dít is hoe pres. Thabo Mbeki gister die afgestorwe minister van
>> openbare werke, me. Stella Sigcau, beskryf het. Sy het Sondagaand in 'n
>> Durbanse hospitaal, St. Augustine, gesterf.
>
> Dis effens onnatuurlik as die onderwyser die leerling
> oorleef. Ek was Stella se Afrikaanse en Geskiedenis
> onderwyser in 1955 op Adams Mission. Ek onthou haar
> as 'n stil meisie wat amper foutloos Engels geskryf het
> en haar Afrikaans ook goed geken het.
>
> Gloudina>>

Sy was ook een van die pilare van apartheid.
Minister van 'n bantustan wat apartheid toegepas het, ANC-aktiviste
laat aankeer het en 'n vet tjek van Sol Kerzer gevat het in ruil vir
casino-regte in Transkei.

Soos Piet Koornhof, het sy egter - volgens aanduidings - die vermoe
gehad om net eenvoudig aan te gaan asof die verlede deur iemand anders
gepleeg was.
Re: In Memoriam: Stella Sigcau 1937-2006 [boodskap #4718 is 'n antwoord op boodskap #4711] Do, 11 Mei 2006 02:33 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
En Ferdietjiekie. Jy het nooit apartheid ondersteun nie. Jy't seker in
koekoekland grootgeword? Jy was seker een van die befaamde
dienspligontduikers gewees. Of, het jy die "lig" gesien toe jou
ANC-meesters die kitaar begin slaan het?

Stella, glo ek, was soos die res van haar kollegas - korrup in merg en
been.
Re: In Memoriam: Stella Sigcau 1937-2006 [boodskap #4729 is 'n antwoord op boodskap #4707] Ma, 15 Mei 2006 05:13 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Otterkop  is tans af-lyn  Otterkop
Boodskappe: 378
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
lol

"Jonas" wrote in message news:1147231984.632154.91350@i39g2000cwa.googlegroups.com...
> Anti - miskien moes jy haar geleer het om nie omkoop geld te vat nie.
>
Re: In Memoriam: Stella Sigcau 1937-2006 [boodskap #4730 is 'n antwoord op boodskap #4718] Ma, 15 Mei 2006 05:14 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Otterkop  is tans af-lyn  Otterkop
Boodskappe: 378
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
indien hy daar was was hy beslis 'n K6

"Jonas" wrote in message
news:1147314807.972145.34710@i39g2000cwa.googlegroups.com...
> En Ferdietjiekie. Jy het nooit apartheid ondersteun nie. Jy't seker in
> koekoekland grootgeword? Jy was seker een van die befaamde
> dienspligontduikers gewees. Of, het jy die "lig" gesien toe jou
> ANC-meesters die kitaar begin slaan het?
>
> Stella, glo ek, was soos die res van haar kollegas - korrup in merg en
> been.
>
Re: In Memoriam: Stella Sigcau 1937-2006 [boodskap #4735 is 'n antwoord op boodskap #4730] Ma, 15 Mei 2006 12:24 Na vorige boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
My fok, is dit nog steeds "Jonas" wat hier pos.
Kon hy nog nie 'n ambassade kry wat sy immigrasie-vorm wou aanvaar
nie!


On Mon, 15 May 2006 07:14:29 +0200, "Otterkop" wrote:

> indien hy daar was was hy beslis 'n K6
>
> "Jonas" wrote in message
> news:1147314807.972145.34710@i39g2000cwa.googlegroups.com...
>> En Ferdietjiekie. Jy het nooit apartheid ondersteun nie. Jy't seker in
>> koekoekland grootgeword? Jy was seker een van die befaamde
>> dienspligontduikers gewees. Of, het jy die "lig" gesien toe jou
>> ANC-meesters die kitaar begin slaan het?
>>
>> Stella, glo ek, was soos die res van haar kollegas - korrup in merg en
>> been.
>>
>
Vorige onderwerp: Angelina Jolie - waar in Namibië is sy?
Volgende onderwerp: Re: Thanks Peter :-) was Re: A lyrical and beautiful language
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 12:12:41 MGT 2024