Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Zuma voorbladnuus in Globe and Mail
Zuma voorbladnuus in Globe and Mail [boodskap #4703] Di, 09 Mei 2006 14:43 na volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Vandag se Globe and Mail gee groot aandag op hulle voorblad
aan die nuus oor die vryskelding van Zuma in die verkragtings-
saak. Dit het 'n goeie analise oor Zuma se posisie in die ANC
se leierskap-firmament.
Ek is persoonlik bly dat dit die uitspraak was. Hy is 'n
ongure karakter, maar die vroumens wat hom aangekla het,
het 'n agenda gehad. ( Wonder of sy hom wou "entrap" vir
politieke doeleindes.
Die feit dat die regter wat die uitspraak gelewer het,
Zuma se prokureur en die staatsaanklaer almal Afrikaanse
name het, laat my wonder hoekom mense so kla dat
Afrikaners uitgesluit word in die Nuwe Suid-Afrika.

Gloudina
Re: Zuma voorbladnuus in Globe and Mail [boodskap #4708 is 'n antwoord op boodskap #4703] Wo, 10 Mei 2006 12:51 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
O - so die keuse van Regter Van der Merwe bewys nou dat Afrikaners nie
uitgesluit is nie.
O, die insig en wysheid! Waarom het ek dit nie besef nie.....

Die waarheid is bloot dit Anti - die swartes vertrou nie swart regters
en magistrate nie.
Re: Zuma voorbladnuus in Globe and Mail [boodskap #4710 is 'n antwoord op boodskap #4708] Wo, 10 Mei 2006 14:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bouer  is tans af-lyn  bouer
Boodskappe: 4803
Geregistreer: Desember 2003
Karma: 0
Senior Lid
Jonas skryf
> Die waarheid is bloot dit Anti - die swartes vertrou nie swart regters
> en magistrate nie.

Kan mens jou eie regter in SA kies. Ek
is amper seker jy praat bog.

Gloudina
Re: Zuma voorbladnuus in Globe and Mail [boodskap #4713 is 'n antwoord op boodskap #4703] Wo, 10 Mei 2006 14:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On 9 May 2006 07:43:06 -0700, bou...@rogers.com wrote:


Zuma se prokureur en die staatsaanklaer almal Afrikaanse[/color]
> name het, laat my wonder hoekom mense so kla dat
> Afrikaners uitgesluit word in die Nuwe Suid-Afrika.
>
> Gloudina>>


Goeie punt, mar een wat ongelukkig nie goed sal afgaan by bv. 'n 22
jarige wit man wat eenvoudig gese word om nie eers aansoek te doen om
as vlieenier opgelei te word nie "want jy is wit". (Werklike geval)
Re: Zuma voorbladnuus in Globe and Mail [boodskap #4714 is 'n antwoord op boodskap #4710] Wo, 10 Mei 2006 14:49 Na vorige boodskap
Ferdi Greyling  is tans af-lyn  Ferdi Greyling
Boodskappe: 1232
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Senior Lid
On 10 May 2006 07:19:27 -0700, bou...@rogers.com wrote:

Jonas skryf[/color]
>
>> Die waarheid is bloot dit Anti - die swartes vertrou nie swart regters
>> en magistrate nie.
>
> Kan mens jou eie regter in SA kies. Ek
> is amper seker jy praat bog.
>
> Gloudina>>

Allermins.
Jou saak kom op 'n rooster onder beheer van die betrokke hoofregter
van die afdeling.
In Zuma se geval was Van der Merwe derde op die senioriteitslys. Die
ou heel bo-aan sowel as die ou tweede van bo het hulle onttrek omdat
die Zuma-verdediging dalk sou kon sê hulle het 'n belang by die saak.
In die een geval het Zuma 'n kind verwek by die regter se suster of so
iets. Die ander geval kan ek nie onthou nie.
Die volgende regter op die lys was toe Van der Merwe.
Vorige onderwerp: Zuma vra verskoning
Volgende onderwerp: Survivor SA: Panama
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 03:56:28 MGT 2024