Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Zuma vra verskoning
Zuma vra verskoning [boodskap #4706] Wo, 10 Mei 2006 03:30
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Zuma het het onvoordaardelik verskoning gevra dat hy onbeskermde seks
gehad het op 09 Mei 2006. Dit is natuurlik vanwee die feit dat die
media hom daarvoor veroordeel het.

Maar - beide die pers en Zuma slaan die bal mis. Zuma is 'n getroude
man. Om die waarheid te se, by die laaste telling had hy vyf (5)
vrouens. So - hy behoort eintlik verskoning te vra vir owerspel. Maar
sy moraliteit is so laag dat hy verskoning vra dat hy bloot nie 'n
kondoom gebruik het nie.

Wel - in lyn met protokolreels is ek een van vele ander wat nie sy
verskoning aanvaar nie.

Ek het, ongeveer twee-jaar terug 'n tv-onderhoud gesien waarin Zuma die
feit dat hy 5 vrouens het geregverdig deur vol te hou dat dit hom sou
weerhou om oor die tou te trap.

Om op 62-jaar oud van verkragting aangekla te word is nie 'n
persoonlike skande nie. Suid-Afrika se naam is beswadder.

Maar - wie het beter verwag van ANC-amptenary wat gedy in bedrog en
diefstal.

Van der Merwe, die regter, is een van 'n bedreigde spesies. Blanke
regter word uitgefasseer en vervang met onbevoegde regter - sommige wat
betaling ontvang van instansies oor wie hulle uitsprake moes lewer.
(Verwys na Kaapse Hoofregter Hlope en Oasis.) Eienaardig dat nie een
van die groepe 'n swart regter wou gehad het nie - 'n wit Afrikaner se
kredietwaardigheid was egter aanvaarbaar.
Re: Zuma [boodskap #104000 is 'n antwoord op boodskap #4706] Di, 21 Junie 2005 13:39 Na vorige boodskap
Frika  is tans af-lyn  Frika
Boodskappe: 53
Geregistreer: Januarie 2008
Karma: 0
Volle Lid
Ek persoonlik dink hier steek baie meer agter die saak as wat ons
vermoed. My rede is dat die ANC altyd met al die korrupsie wat aan die
gang is en hulle die mense uitvang gese dat sodra hulle skuldig bevind
word dan eers sal hulle afgedank word. Met Zuma word hy sommer skielik
sumier afgedank. Wat is die verskil tussen hom en die ander lede.

Tweedens dink ek nie hy sal sommer onskuldig bevind word nie. Een van
die getuies (Shabier se sekretaresse) was in die kantoor toe Chippy vir
Shabier gebel het en gese het hy moet Zuma bel om die een of ander
kontrak goed te keur. Shabier het toe onmiddelik Zuma gebel en die
kontrak is goedgekeur. Net met daardie stukkie getuienis kan hulle hom
al klaar skuldig bevind. Daar is bevind dat die sekretaresse baie
geloofwaardig is.
Vorige onderwerp: oud-SABC man
Volgende onderwerp: Zuma voorbladnuus in Globe and Mail
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 06:29:51 MGT 2024