Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » oud-SABC man
oud-SABC man [boodskap #110105] Do, 13 April 2006 12:42 na volgende boodskap
Deneneile  is tans af-lyn  Deneneile
Boodskappe: 65
Geregistreer: November 2005
Karma: 0
Volle Lid
Nou die dag sien ek op TV nuus dat die gay partner van een groot-oud-SABC
gees sleg uitgevaar het teen ons land en sy mense. Hy het ons almal
uitgekryt as 'n nasie wat nie die lewe respekteer en geen waarde heg aan 'n
mens se lewe nie en belowe hy sal nooit weer sy voete hier sit nie en dat hy
terug gaan Amerika toe. Die SABC-man was dood geskiet in wat bleikbaar lyk
soos 'n roof in die huis langsaan die gay paar se huis.
Re: oud-SABC man [boodskap #110107 is 'n antwoord op boodskap #110105] Vr, 14 April 2006 08:24 Na vorige boodskapna volgende boodskap
PietR  is tans af-lyn  PietR
Boodskappe: 3341
Geregistreer: Julie 2003
Karma: 0
Senior Lid
Misdaad teenoor enige persoon word as sleg ervaar en wie moet bedank word
vir die misdaadsyfer? Die regering. Dis hulle wat dit nie kan beheer
nie. Niemand anders nie. Solank die huidige regering aan bewind is, sal
dit ook so wees. 'n Wonderwerk sal nie veroorsaak dat die misdaad gaan
stop nie.....net 'n wil om te werk en die mense om dit mee te doen. Nie
die sterk punte van enige van die huidige swart regerings in Afrika nie!

"Deneile" skryf in boodskap news:e1lguu$a5o$1@ctb-nnrp2.saix.net...
> Nou die dag sien ek op TV nuus dat die gay partner van een groot-oud-SABC
> gees sleg uitgevaar het teen ons land en sy mense. Hy het ons almal
> uitgekryt as 'n nasie wat nie die lewe respekteer en geen waarde heg aan
> 'n mens se lewe nie en belowe hy sal nooit weer sy voete hier sit nie en
> dat hy terug gaan Amerika toe. Die SABC-man was dood geskiet in wat
> bleikbaar lyk soos 'n roof in die huis langsaan die gay paar se huis.
>
Re: oud-SABC man [boodskap #110109 is 'n antwoord op boodskap #110107] Vr, 14 April 2006 08:58 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Een van my kliënte gister beweer dat Ken Kisten glo etlike jare gelede
onder 'n wolk uit SA weg is na die VSA toe. Hy en sy lewensmaat het glo 6
jaar in die VSA gebly, voordat hulle 3 jaar gelede terug gekom het.
Ek is nie daarvan bewus van die wolk nie.

Wat my bietjie onderkry is hoe iemand wat in 'n veiligheidskompleks woon so
goedsmoeds op die gronde doodgeskiet word.

Iewers is daar alweer 'n slang in die gras.
Hierdie was nie sommer jou gewone of garden variety moord nie.

--
Groetnis
Annette
"Suidwester" wrote in message
news:M4mdnUc1CcTA06LZRVn-jA@is.co.za...
> Misdaad teenoor enige persoon word as sleg ervaar en wie moet bedank word
> vir die misdaadsyfer? Die regering. Dis hulle wat dit nie kan beheer
> nie. Niemand anders nie. Solank die huidige regering aan bewind is, sal
> dit ook so wees. 'n Wonderwerk sal nie veroorsaak dat die misdaad gaan
> stop nie.....net 'n wil om te werk en die mense om dit mee te doen. Nie
> die sterk punte van enige van die huidige swart regerings in Afrika nie!
> "Deneile" wrote in message
> news:e1lguu$a5o$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>> Nou die dag sien ek op TV nuus dat die gay partner van een groot-oud-SABC
>> gees sleg uitgevaar het teen ons land en sy mense. Hy het ons almal
>> uitgekryt as 'n nasie wat nie die lewe respekteer en geen waarde heg aan
>> 'n mens se lewe nie en belowe hy sal nooit weer sy voete hier sit nie en
>> dat hy terug gaan Amerika toe. Die SABC-man was dood geskiet in wat
>> bleikbaar lyk soos 'n roof in die huis langsaan die gay paar se huis.
>>
>
Re: oud-SABC man [boodskap #110114 is 'n antwoord op boodskap #110109] So, 16 April 2006 12:23 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jonas  is tans af-lyn  Jonas
Boodskappe: 1070
Geregistreer: September 2001
Karma: 0
Senior Lid
Annette - ek wil saamstem. Iets klink nie pluis nie - miskien is die
verslaggewing in hierdie saak te karig. Maar dis asof die persentasie
geweld nie verband hou met dit wat met die misdaad bereik is nie.
Ek sal graag hierdie saak in die media wil volg. Ongelukkig is SA
joernalistiek so swak dat ek twyfel of mens gou agter die kap van die
byl gaan kom. Sou ek die ondersoeker in so 'n saak wees sal ek baie
graag 'n indiepte-onderhoud met die geliefde(s) wil he^.

Annette wrote:
> Een van my klieënte gister beweer dat Ken Kisten glo etlike jare gelede
> onder 'n wolk uit SA weg is na die VSA toe. Hy en sy lewensmaat het glo 6
> jaar in die VSA gebly, voordat hulle 3 jaar gelede terug gekom het.
> Ek is nie daarvan bewus van die wolk nie.
>
> Wat my bietjie onderkry is hoe iemand wat in 'n veiligheidskompleks woon so
> goedsmoeds op die gronde doodgeskiet word.
>
> Iewers is daar alweer 'n slang in die gras.
> Hierdie was nie sommer jou gewone of garden variety moord nie.
>
>
> --
> Groetnis
> Annette
> "Suidwester" wrote in message
> news:M4mdnUc1CcTA06LZRVn-jA@is.co.za...
>> Misdaad teenoor enige persoon word as sleg ervaar en wie moet bedank word
>> vir die misdaadsyfer? Die regering. Dis hulle wat dit nie kan beheer
>> nie. Niemand anders nie. Solank die huidige regering aan bewind is, sal
>> dit ook so wees. 'n Wonderwerk sal nie veroorsaak dat die misdaad gaan
>> stop nie.....net 'n wil om te werk en die mense om dit mee te doen. Nie
>> die sterk punte van enige van die huidige swart regerings in Afrika nie!
>> "Deneile" wrote in message
>> news:e1lguu$a5o$1@ctb-nnrp2.saix.net...
>>> Nou die dag sien ek op TV nuus dat die gay partner van een groot-oud-SABC
>>> gees sleg uitgevaar het teen ons land en sy mense. Hy het ons almal
>>> uitgekryt as 'n nasie wat nie die lewe respekteer en geen waarde heg aan
>>> 'n mens se lewe nie en belowe hy sal nooit weer sy voete hier sit nie en
>>> dat hy terug gaan Amerika toe. Die SABC-man was dood geskiet in wat
>>> bleikbaar lyk soos 'n roof in die huis langsaan die gay paar se huis.
>>>
>>
>>
Re: oud-SABC man [boodskap #110166 is 'n antwoord op boodskap #110105] Vr, 05 Mei 2006 08:42 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gerald Latimer  is tans af-lyn  Gerald Latimer
Boodskappe: 2
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Junior Lid
Die ou voer aan dat ONS niks respek vir mense se lewens het nie en toe
se hy dat hy Amerika toe wil gaan. Dit is soortgelyk aan om te se dat
omdat daar te veel dwelmgebruik in Vredefort is trek ek liewer Hillbrow
toe.

Die Amerikaanse regering verdien die wereld se veragting. Hulle
president is 'n magbehepte, krygssugtige leuenaar wat sy leer misbruik
om oorlog te voer vir die gewin van sy vriende in die wapenbedryf. Nou
noem hy homself "Commander-in-Chief" en gedra hom in 'n manier wat 'n
mens aan 'n Suid-Amerikaanse piesangrepubliekdiktator laat dink en nie
met die waardigheid wat mens van 'n opvolger van George Washington sou
verwag.

Hoeveel Amerikaners moet nog in bomaanvalle sterf in lande waar die
bevolking hulle nie soek nie? Hoeveel Iraqui, Afghaan en Serbiese mense
moet nog deur Amerikaanse uraankoeels vermink word en sterf voordat die
Amerikaanse volk tot hulle besinning kom en van hulle verkose diktator
en die onsinnige tweepartystelsel ontslae raak?

Die moord van die SAUK-man was 'n afgryslike daad - maar kan mens beter
verwag as die wereld se selfverkose 'polisieman' so 'n voorbeeld stel?

Die uwe

Gerald Latimer
Re: oud-SABC man [boodskap #110167 is 'n antwoord op boodskap #110166] Vr, 05 Mei 2006 16:27 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Gerald Latimer" skryf:

> Die ou voer aan dat ONS niks respek vir mense se lewens het nie en toe
> se hy dat hy Amerika toe wil gaan. Dit is soortgelyk aan om te se dat
> omdat daar te veel dwelmgebruik in Vredefort is trek ek liewer Hillbrow
> toe.
>
> Die Amerikaanse regering verdien die wereld se veragting.

Twak!!!
Die REGERING verdien alle veragting en meer. Maar die KULTUUR en die
MENSE wat hier woon, kan geensins ooit vergelyk word met jou
dwelmgebruik vergelyking tussen Vredevort en Hillbrow nie. My
maggiestraat!!
Slegs 34% op die meeste, maar so min as 24% volgens sekere polls
ondersteun hierdie korrupte reign of errors wat ons tans moet
deurleef.
Kom by ou seun - kom by!
Re: oud-SABC man [boodskap #110183 is 'n antwoord op boodskap #110167] Ma, 08 Mei 2006 19:41 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gerald Latimer  is tans af-lyn  Gerald Latimer
Boodskappe: 2
Geregistreer: Mei 2006
Karma: 0
Junior Lid
Wanneer het ek gese dat die Amerikaanse volk vir die sondes van hul
regering moet tereg staan? Maar ek moet se dat die amptelike media in
Amerika baie stil was toe daai apie (Bush) met sy leuens oor
massavernietegingswapens gekom het.

Die meeste Duitsers was seker ook in 1937 opregte mense, maar sou dit
toe eties wees om emigrasie daarnatoe te steun?
Re: oud-SABC man [boodskap #110184 is 'n antwoord op boodskap #110183] Ma, 08 Mei 2006 20:53 Na vorige boodskap
Waaierstertmuis  is tans af-lyn  Waaierstertmuis
Boodskappe: 1592
Geregistreer: Oktober 2001
Karma: 0
Senior Lid
"Gerald Latimer" skryf:

> Wanneer het ek gese dat die Amerikaanse volk vir die sondes van hul
> regering moet tereg staan?

Wat jy gesê het, was: "Die ou voer aan dat ONS niks respek vir mense
se lewens het nie en toe se hy dat hy Amerika toe wil gaan. Dit is
soortgelyk aan om te se dat omdat daar te veel dwelmgebruik in
Vredefort is trek ek liewer Hillbrow toe"
Kom nou....Ek is 'n Amerikaner wat NIE vir die skobbejak gestem het
nie, en ek reken daardie stelling van jou was onnodiglik krities en
sinies oor Amerikaners in die algemeen.

> Maar ek moet se dat die amptelike media in
> Amerika baie stil was toe daai apie (Bush) met sy leuens oor
> massavernietegingswapens gekom het.

Aan wie dink jy behoort die groot gros van die media hier en elders?
Sou daardie antwoord nie dalk ook verklaar waarom die media so stil
was en is nie? En waarom die Demokrate in so slegte lig gestel word,
en nooi die geleentheid kry om hulle saak te stel nie, sodat hulle
soos swakkellinge lyk en beskryf word deur onkundiges wat hulle nuus
slegs van ons eensydige nuusstasies kry - insluitend CNN.

> Die meeste Duitsers was seker ook in 1937 opregte mense, maar sou dit
> toe eties wees om emigrasie daarnatoe te steun?

Waarom sou dit nie eties wees nie?
Albert Camus het geskryf, "We all carry within us our places of
exile, our crimes, our ravages.
Our task is not to unleash them on the world; it is to transform
them in ourselves."
Vorige onderwerp: Re: Meidag 2006
Volgende onderwerp: Zuma vra verskoning
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mei 02 04:00:46 MGT 2024