Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Status van Afrikaans: Klaery doen skade

Sa, 20 Januarie 1996 00:00

Afrikaans kan nie amptelik 'n beter posisie verwag as enige van die ander
inheemse tale in ons land nie. Nie in die SAUK, Staatsdiens of enige ander
plek nie. Om realisties te wees behoort ons, soos Namibië, Engels as amptelike
voertaal te aanvaar en die ander tale te hanteer volgens hehoefte, bv in skole
om onderrig in moedertaal te verseker, in die regstelsel om aangeklaagdes of
getuies in hulle moedertaal te bedien, ens.

Verder word die aanvaarbaarheid van 'n taal deur sy sprekers bepaal en
sal taalbelange bevorder word deur die gebruikers wat daarvoor omgee. Nie deur
wetlike beskerming of bevoorregting nie.

Die gekerm en gesanik in sommige Afrikaanse koerante, soos Die Burger, doen na
my mening die belange van Afrikaans baie skade aan. In my beperkte kring het
verskeie anderstaliges wat Afrikaans goedgesind is reeds simpatie verloor met
Afrikaans as gevolg van hierdie kinderagtige gekerm wat sy wortels het in
die bedorwenheid van die bevoorregte verlede.

Afrikaans is 'n pragtige taal en verbruikersvriendelik. Die engheid waarmee
sekere instansies en groepe dit nou probeer beskerm is 'n verleentheid vir
menige Afrikaanssprekendes en simpatiseerders van die taal. 'n Positiewe, oop
en bevryde benadering tot hierdie kwessie sal baie meer vir die taal beteken
en sal die taal se status as brugbouer tussen 1ste en 3de wêreld bevorder. Die
toekoms van die taal lê in die gebruik daarvan en daarom moet ons nie vyande
maak vir die taal nie.

Afrikaans is ook nie 'n blanke taal nie. Meer nie-blankes praat die taal as
blankes en hulle, meer as enige ander belangegroep, sal die voortbestaan en
bevordering van Afrikaans verseker.

Chris
Kaapstad

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Franse teenwoordigheid in Noord-Amerika

Sa, 20 Januarie 1996 00:00

Vir die bespreking oor die hede en toekoms van Afrikaans
in die nuwe Suid-Afrika, mag dit miskien interessant wees
om te kyk na Frans en die Franse teenwoordigheid in Noord-
Amerika.
In Kanada is daar drie belangrike konsentrasies van Frans-
sprekendes: In Manitoba (die afstammelinge van die Franse
voyageurs en pelshandelaars, vermeng met die lokale Indiane
om die Metis-groep te vorm), in Quebec (nie alleen Franse
setlaars nie, maar ook groot getalle van nie-blankes uit Frans-
sprekende lande soos Haiti), en in New Brunswick (deel van die
oorspronklike Acadia, wat ontstaan het as gevolg van die Franse
teenwoordigheid in Noord-Amerika voordat die Engelse aangeland
het en alles probeer oorneem het. Almal is seker bekend met die
hartverskeurende geskiedenis van die Acadians wat nie die "oath
of allegiance" wou sweer aan die Engelse Kroon na die Treaty of
Utrecht in 1713 nie, en toe uitgeskop is. Hulle het suidwaarts
getrek en in Louisiana se bayous hulself gevestig, waar hulle nog
Cajun praat, Cajun musiek maak en Cajun kook.)
In die poging om te verhoed dat Frans ondergaan in die
omringende see van Engels in Noord-Amerika, is daar twee denk-
skole onder die Franssprekendes self. Dit is essensieel wat op
die oomblik aan die gang is in Kanada, en wat in die proses dreig
om Kanada miskien op te breek op die patroon van byvoorbeeld
die Tsjeggiese Republiek en Slovakia. Aan die een kant staan die
Franse wat binne Kanada 'n sterk teenwoordigheid vir Frans soek.
Dit het in die laaste twintig jaar, veral onder Trudeau en later, baie
sukses gehad met wette wat dit nodig maak dat amptenare beide Engels en
Frans moet kan praat, en dat daar "French Immersion" klasse moet wees
vir daardie Engelse ouers wat hulle kinders Frans wil laat leer.
Teen hierdie Federalistiese groep (vandag onder die leiding van
eerste minister Jean Chretien) staan die Parti Quebecois wat
nie kan omgee wat in die res van Kanada aangaan nie, maar hulle eie
onafhanklike staat wil he. (Ongelukkig vir hulle is twee-derdes
van die provinsie bevolk deur die Cree en
ander Indiaanse stamme en verder noord die Inuit. Daar is ook 'n
groot getal mense in Montreal en verder wes wat nie van Kanada
wil afskei nie.) Die P.Q. het in 'n vorige periode toe hulle in
beheer was, drakoniese wette gemaak om Frans te handhaaf -
soos byvoorbeeld dat alles net in Frans moet wees, binne en buite
besighede, en alle verkeerstekens. Alle kinders moes in Frans
skoolgaan, tensy hulle kon bewys dat hulle ouers albei Engels
is. So moes alle Haitiers dus in Franse skole skoolgaan, selfs al
wou hul ouers dat hulle Engels moet leer.
In New Brunswick (wat een-derde Frans is) is daar 'n baie
sagter en suksesvolle toestand van sake. New Brunswick is die
enigste provinsie in Kanada wat offisieel tweetalig is. Daar het
die lokale Franse bevolking 'n suksesvolle alliansie met beide
die vorige Konserwatiewe party en die huidige Liberale party,
en almal is gelukkig, behalwe daardie gewoonlik effens onnosel
afstammelinge van die Engelse wat later op die toneel verskyn
het as die Franse en dink die hele wereld behoort aan hulle.
Dit is natuurlik nodig om te vra : En waar pas die lokale groepe
van Maliseet en Micmac in die prentjie? Dit is 'n ander storie.
So dit is nou die toestand hier in Kanada. Dit lyk vir my asof
die enigste oplossing sal wees om die federale regering se magte
al hoe meer af te takel, totdat die provinsies van Kanada amper
soos die state van die V.S.A. sal wees. Dan, beweer die mense
in die Federale hoek, verloor ons miskien dinge soos Medicare,
wat vrye toegang voorsien vir almal in Kanada, arm of ryk.
Daar is baie mense in Kanada wat wil he die Quebeckers moet
nou maar loop, en sommige verklaar nog ook "good riddance."
Ek persoonlik hou van die Franse element in die Kanadese prent.
Hulle is, net soos die Afrikaners in Suid-Afrika, baie op hul tone
en intelligent en emosioneel en kunstig. Hulle produseer goeie
toneel en letterkundige werke. Montreal is die jaarlikse mekka
vir komediante van oor die hele Noord-Amerika wat hulle self wil
adverteer, en wanneer daar 'n Olimpiese Spele is, is meer as die
helfte van die medaalwenners mense met Franse name. ( Gloudina)

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Huigenoot '50s Argief

Sa, 20 Januarie 1996 00:00

Ek het nou die dag sekere verwysings teë gekom van artikels geskryf
vir Huisgenoot gedurend die vyftige jare van my moeder onder die naam
"Cornelia" en "Corrie Garvie".

Ek wil graag afdrukke van die in die hande kry. Het Huisgenoot 'n
argief? Waar skryf ek? Wat van e-pos?

Dankie

Colin Garvie

------------------------------------------------------------ -------------------
\:. Colin George Garvie .:/
\;, ,;\\\,, PO Box 50216,Musgrave,Durban 4062,South Africa ,,///;, ,;/
\\\;;:::::::o gar...@iafrica.com o:::::::;;///
///;;::::::::< >::::::::;;\\\
/;' "'/////'' "The garvie sprat" ''\\\\\'" ';\
------------------------------------------------------------ -------------------

Boeke, tydskrifte & koerante | 2 kommentare

DS: [AFRIKAANS:5637] Die Ekonomie in SA

Vr, 19 Januarie 1996 00:00

----------
Van: a...@rmbmain.rmb.co.za[SMTP...@rmbmain.rmb.co.za]
Verzonden: vrijdag 19 januari 1996 15:06
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5637] Die Ekonomie in SA


Op die oomblik probeer almal vir almal oortuig dat SA se ekonomie nou groei en
dat die land vooruit streef. Dit lyk nie of die groei janalleman veel gaan help
nie. Die volgende het in vandag se Business Day verskyn:

Opskrif: Brain drain worsens

Na aanleiding van 'n ondersoek, wat 84 maatskappye vanoor die hele ekonomiese
spektrum insluit, bevind hulle die volgende:
1) Bedankings as gevolg van emigrasie was in 1993 1% op, 4% meer in 1994 en 8%
meer in 1995.

2) 66% van die maatskappye beskryf die beskikbaarheid van topbestuurmense,
middelbestuurmense en spesialiste as "baie skaars".

2) 41% van die maatskappye gaan vanjaar hul personeelkorps vergroot (2% minder
as verlede jaar) en 35% gaan personeel besnoei (6% meer as verlede jaar).

Antonie

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

DS: [AFRIKAANS:5631] AW: Re: AW: Re: AW: Re: (Fwd) Re: Vir die

Vr, 19 Januarie 1996 00:00

----------
Van: G P L Van der Linde[SMTP:V...@alpha.unisa.ac.za]
Verzonden: vrijdag 19 januari 1996 9:50
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5631] AW: Re: AW: Re: AW: Re: (Fwd) Re: Vir die

nuwe -Reply

Robert Wagenaar verwys na hoe leerlingtalle as 'n wenslikheid aan
Afrikaanse skole. Ek kan slegs praat van voorbeelde waarvan ek weet: by
die skool waar my kind is, was daar 29 kinders in die graad 1-klas, en het
hulle die eerste dag 'n ekstra onderwyseres aangestel - uit die skoolfonds,
vermoed ek - om dit af te bring na 21 per klas, in lyn met die beleid van
klein klasse. By 'n ander baie groter skool is die ratio so 26 per
onderwyseres, ook in graad 1, en is daar sewe klasse, nie vier soos by die
eerste skool nie. Hierdie skole beskou hulleself sekerlik as vol. Nou is die
vraag of hulle gedwing gaan word om die getalle op te skuif, selfs al betaal
hulle (die eerste een in elk geval) van die onderwysers uit skoolgeld?
Sover ek verstaan, word baie van die sportafrigting daar ook deur ouers
gedoen, en baie dinge kom uit hulle sakke uit: die skool is vir baie dinge
nie van die Staat afhanklik nie.

Gerhard.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

DS: [AFRIKAANS:5623] Re: Afrikaans vs Nederlands/vlaams mutual intelligibility

Vr, 19 Januarie 1996 00:00

----------
Van: Abel du Plessis
Verzonden: vrijdag 19 januari 1996 8:25
Aan: 'afri...@unseen.aztec.co.za'
Onderwerp: RE: [AFRIKAANS:5623] Re: Afrikaans vs Nederlands/vlaams =
mutual intelligibility

Redgy schreef:

In Belgi-e / Vlaanderen sal jy met 'dikwels' (=dikwijls, dikkels, west
Vlaams di?ls, ?=glottal stop) geen snaakse opmerkinge kry nie ...

Robert antwoord:

In Nederland ook niet hoor, 'vaak' wordt weliswaar vaker :-) gebruikt dan 'dikwijls',
maar 'dikwijls' wordt ook wel eens gebruikt. En het heeft in ieder geval geen
bijbetekenis (of er moet mij iets ontgaan zijn de laatste 23 jaar).


'n Vriendin in Boeselingheliede (naby Badhoevedorp) vertel dat 'n
kollega van haar goed uitgelag is op 'n vergadering (hulle werk daar vir
Filmnet) toe hy gevra het of die vergadering hom sou verskoon. Op die
vraag hoe lank, het die ongelukkige kêrel geantwoord: "O ek gaan net
vir 'n 'rukkie'..."
Dit is blykbaar 'n eufimisme vir masturbasie ;-)

Groetnis

Abel du Plessis

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

DS: [AFRIKAANS:5632] Re: DS: Re: (Fwd) Re: Vir die nuwe SA -

Vr, 19 Januarie 1996 00:00

----------
Van: G P L Van der Linde[SMTP:V...@alpha.unisa.ac.za]
Verzonden: vrijdag 19 januari 1996 9:56
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5632] Re: DS: Re: (Fwd) Re: Vir die nuwe SA -

Ek dink hierdie Koos verdien 'n koos!

Gerhard.

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

DS: [AFRIKAANS:5635] Re: Afrikaanse Spinnerakbladsy op Internet.

Vr, 19 Januarie 1996 00:00

----------
Van: new...@icon.co.za[SMTP:...@icon.co.za]
Verzonden: vrijdag 19 januari 1996 10:54
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5635] Re: Afrikaanse Spinnerakbladsy op Internet.

Aan alle Afrikaners (Junior Rapportryers en Rapportryerhaters ingesluit).

Daar is 'n nuwe bladsy beskikbaar vir afrikaanse gedigte. Hoop julle geniet
dit en ek hoop ook dat dit Afrikaans sal bevorder.

"Ek is net een en tog is ek een, ek kan nie alles doen nie maar ek
kan iets doen en dit wat ek kan doen dit behoort ek ook te doen en
dit sal ek deur die genade van God doen." ... Chales M Sheldon(?)


Http://www.icon.co.za/~newark/afrikaan.html


Groete uit 'n nat Pretoria.

Gert van Eeden
__________________________________
Naam : Gert van Eeden
E-pos: new...@mail.icon.co.za
Http://www.icon.co.za/~newark/afrikaan.html
Http://www.icon.co.za/~newark/gcve.html
Http://www.icon.co.za/~newark/welcome.html
Datum: 01/19/96
Tyd: 09:39:18

Rekenaars & selfone | 5 kommentare

DS: [AFRIKAANS:5630] Re: DS: Re: (Fwd) Re: Vir die nuwe SA -

Vr, 19 Januarie 1996 00:00

----------
Van: a...@rmbmain.rmb.co.za[SMTP...@rmbmain.rmb.co.za]
Verzonden: vrijdag 19 januari 1996 9:27
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5630] Re: DS: Re: (Fwd) Re: Vir die nuwe SA -



> inrigting
>> gaan wel wetende dat dit Afrikaans is, en dan 'n bohaai maak omdat hulle
>> nie die taal magtig is nie, bo verdenking? Dit sou immers onnosel wees om
>> na 'n Engelse of Duitse of Joodse skool te gaan en te kla dat jy net
>> Afrikaans verstaan.
>> G.>>>

> Die mense klink vir my net soos diegene wat so kerm oor die SAUK!

Nou moet jy bietjie verduidelik waarom jy so sê. Moerdertaalonderrig is 'n
aanvaarbare praktyk en staan ook so in die grondwet. Daar is Engelse skole
waarheen mense wat in Engeles onderrig wil word heen kan gaan. Daar is dus 'n
keuse wat hul kan maak.
Die SAUK is die openbare (staats) uitsaaier en MOET almal in die land bedien.
Daar is net een openbare uitsaaier; ek het dus geen keuse nie. Hulle strewe moet
dus wees om die diversiteit van die land weer te gee in hul uitsendings. Dit
beteken dus dat Engels nie bo enige ander taal voorgetrek moet word nie.

Antonie

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

DS: [AFRIKAANS:5615] Re: AW: Re: AW: Re: (Fwd) Re: Vir die nuwe SA

Do, 18 Januarie 1996 00:00

----------
Van: Freek Eek[SMT...@knersus.nanoteq.co.za]
Verzonden: donderdag 18 januari 1996 15:42
Aan: Multiple recipients of list
Onderwerp: [AFRIKAANS:5615] Re: AW: Re: AW: Re: (Fwd) Re: Vir die nuwe SA

Robert skryf:

> Waarskynlik is die beste verdediging van die Afrikaanse skole die aanval: aktief
> swarte leerlinge werf, en hulle (gratis en hoe" kwaliteit) oorbruggingskursusse
> aanbied, wanneer hulle nie genoeg kennis van Afrikaans het nie.

Dit is ook al gedoen, maar enige ekstra kursusse word afgemaak as
diskriminerend teen die leerlinge. Daar word beweer dat dit net nog
'n manier is om sekere groepe minderwaardig te laat voel.
=======================================================
Freek Eek

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Bladsye (1839): [ «    1663  1664  1665  1666  1667  1668  1669  1670  1671  1672  1673  1674  1675  1676  1677  1678    »]
Tyd nou: So Okt 06 10:20:47 MGT 2024