Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Re: [AFRIKAANS:6090] Wat gebeur daar met die universiteit van Wes-Kaapland?

Di, 13 Februarie 1996 00:00

Robert Wagenaar wrote:
>
> Ek het enige dage terug 'n klein beriggie gelees in die koerant oor
> die universiteit van Wes-Kaapland. Hulle sê dat die universiteit
> gesloten is als gevolg van wanbetaling en onluste door studente?
>
> Wat is die hele verhaal? Ek denk dat dit 'n baie groot verlies is,
> as die enige (oorspronklik) nie-blanke Afrikaanssprekende universiteit
> gesloten sou word.
>

UWK - Afrikaans ? Die probleem is dat die meeste studente daar
regtig nie veel geld het nie. Hulle het tot een of ander vergelyk
gekom met die universiteitsowerheid.

JP

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

[AFRIKAANS:6110] Re: Vlaams-Waals

Di, 13 Februarie 1996 00:00

Johan Bollen skryf:

> Nu zijn de scherpe kantje er dus wat van af, maar voor de generatie van=

> mijn ouders en grootouders was het heel wat ernstiger: het ging over je=

> job, je welvaart, je maatschappelijke status: geen spelletjes dus. Na
> jarenlange politieke strijd zijn veel van de Vlaamse eisen inzake respe= kt
> voor onze taal en kultuur echter ingewilligd en het is niet langer een
> schande of een maatschappelijk nadeel om Nederlandstalig te zijn
> (integendeel!).
> Daarbij ligt de algemene welvaart hier nu stukken hoger, en dan reagere= n de
> mensen sowieso al wat minder fanatiek. Als het in Belgie of in Vlaander= en
> ekonomisch heel slecht zou gaan zouden de gemoederen al sneller verhit
> kunnen geraken. Dan zou het terug om brood gaan in plaats van de spelen=
=2E

Dit was inderdaad ook hier die geval in die "stryd tussen Boer en
Brit", asook die "stryd tussen wit en swart". Die Angel-saksers het,
veral in die vroeër helfte van die eeu, ekonomies die botoon gevoer.
Afrikaners het veral in die politiek en staatsdiens in die tweede
helfte van die eeu die oorhand begin kry, alhoewel vooruitgang op
ekonomiese gebied ook stelselmatig gemaak is. Nou het swart
Suid-Afrikaners (en hier is daar ook klas- en etniese aksente wat nie
geringskat moet word nie) in die politiek en staatsdiens die hef in die
hand.

> Een andere faktor is dat men hier overgestapt is van unitaire,
> gemeenschappelijke staatsinstellingen en heeft gekozen voor het opsplit= sen
> van die instellingen naargelang de verschillende taal-groepen. Zo heb j= e
> minder konflikten omdat je niet langer de verschillende groepen laat
> vechten voor rechtmatige vertegenwoordiging in 1 en dezelfde instelling= =2E
> Als ik die geschiedenis van de SAUK zie, doet het me wel eens denken aa= n
> het Belgie van 20 jaar geleden: wij hadden toen ook nog veel
> staatsinstellingen die, zogezegd, tweetalig waren maar waar in de prakt= ijk
> 1 van de gemeenschappen een overwicht had verworven of probeerde te
> verwerven. Langzamerhand is men beginnen in te zien dat je die instelli= ngen
> moet splitsen naar taalgroep om zo de konflikten te verminderen. De
> staatstelevisie, de politieke partijen, de adminstratie, de universitei= ten
> enz. zijn nu allemaal opgesplitst in onafhankelijke Nederlandstalige e= n
> Franstalige delen. Dat heet dan pacifikatie: je minimaliseert de kansen= op
> 'kontakt' om de kansen op konflikt te verminderen.
> Het resultaat is wel een beetje duurder en bovendien groeien de twee
> bevolkingsgroepen erg snel uit elkaar, elk opgesloten in hun twee
> gescheiden 'werelden'.

Hierdie beskrywing pas ook die ervaring in Switserland, alhoewel hulle
daar nooit werklik deur 'n unitëre stadium gegaan het nie - altans
nie in dieselfde mate as baie ander lande nie. Die uitmekaar-
groeiproses is blykbaar daar ook nie so 'n ernstige probleem nie. Hier
het die redelikheid van outonomie vir verskeie landstreke nog nie tot
ons politici deurgedring nie. 'n Meesterplan vir die ganse Suid-Afrika
klink tog soveel aanlokliker. Gesonde verstand sal seker eers heelwat
later kom.

> Zou er in Zuid-Afrika geen Afrikaanse SAUK en een Engelse SAUK, als twe= e
> gescheiden entiteiten, kunnen opgericht worden zoals wij de RTBf (Radio=

> Television Belge Francophone) en BRTn (Belgische Radio en Televisie-
> Nederlands) hebben? Is dat geen beter idee dan te vechten voor de
> gelijkberechtiging van het Afrikaans op die 'SABC'?

Die situasie is meer ingewikkeld as gevolg van aansienlik meer tale,
waarvan elk aanspraak maak op 'n aandeel in die uitsaaiwese. Jy het
egter gelyk in die sin dat die probleem deels by die bestaan van 'n
sentrale staats- of openbare uitsaaier lê.

--
Reinier de Vos Internet: de...@aqua.ccwr.ac.za
Computing Centre for Water Research Tel: Int+27 331 260-5179
c/o University of Natal, P/Bag X01 Fax: Int+27 331 61896
Scottsville, South Africa, 3200 http://www.ccwr.ac.za/
#include
------------------------------------------------------------ -----------
Ons spaar die duiwel baie moeite
- C J Langenhoven

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

[AFRIKAANS:6106] Re: Reinier, HELP!

Di, 13 Februarie 1996 00:00

Leendert skryf:

> Die Suid-Afrikaanse demokrasie word amptelik gekwalifiseer as 'n
> "open democratic society, based on freedom and equality". Daar is
> heelwat mense wat "equality" verwar met "uniformity", maar ek dink
> nie die Grondwetlike Hof sal maklik daardie fout laat deurglip nie.

Laat my dink aan Lord Acton se stelling:

"One of the finest opportunities in history was lost because the
passion for equality made vain the hope for freedom".

Ek kan nie juis die konteks in herinnering roep nie - dit klink egter
uiters geskik vir die situasie in ons land. Hierdie strewe na
"equality" was altyd voorop in Fasciste en Sosialiste se dogma.

> 'n Argument wat ek gebruik is dat "freedom and equality" sekerlik ook
> beteken "equally free". M.a.w. die individu moet net so vry wees om
> 'n keuse te maak wat verskil van die keuse wat die meerderheid maak,
> as wat hy/sy vry is om dieselfde keuse te maak as die meerderheid -
> anders is daar ongelykheid in die vryhede wat die meerderheid geniet
> teenoor die vryhede wat individue geniet wat nie lede van die
> meerderheid is nie.

As jy die nuwe voorgestelde klousules in die grondwet sien, wat
*private* diskriminasie in die ban probeer doen, weet ek nie of die
grondwetlike hof veel hond haaraf gaan maak nie. Hoe die edelagbare
regters dit teen die reg tot vryheid van assosiasie gaan opweeg, moet
nog gesien word. Sal die individu vry wees om 'n "rassis" te wees (ons
veronderstel hier dat die hof klinkklare definisies van rassisme kan
gee)? Een van die grondwetlike regters, Albie Sachs, maak in sy boek
oor "menseregte" uitsprake wat myns insiens rassisties is. Sal sy boek
verbied word volgens die voorgestelde klousule wat "racist and hate
speech" verbied? Ek twyfel. Aangesien definisies van rassisme en
haatspraak uiters buigbaar is, kan ons verwag dat slegs die staat se
vyande gemuilband sal word, terwyl die staat rustig sal kan voortgaan
met sy eie amptelike, polities-korrekte rassisme. Regters wat te veel
moeilikheid maak, sal aanvanklik 'n probleem skep, maar kan ook
geleidelik vervang word met mense wat "korrekte" uitsprake lewer, soos
nou in die VSA se Hooggeregshof gebeur - Roosevelt het hierdie tradisie
begin deur regters aan te stel wat sy "New Deal" goedgesind was.
--
Reinier de Vos Internet: de...@aqua.ccwr.ac.za
Computing Centre for Water Research Tel: Int+27 331 260-5179
c/o University of Natal, P/Bag X01 Fax: Int+27 331 61896
Scottsville, South Africa, 3200 http://www.ccwr.ac.za/
#include
------------------------------------------------------------ -----------
Ons spaar die duiwel baie moeite
- C J Langenhoven

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Beskrywing van plekke - Gloudina se idee

Di, 13 Februarie 1996 00:00

Daar is baie plekke wat ek graag weer wil sien, of wat ek gesien het en interesant
gevind het. Een plek is iewers in nou Mpumalanga (reg gespel?). As jy van Hoedspruit
oos ry tot iewers in die - soos my Oupa gese het : gramadoelas - kom jy op 'n klein
verlate en seker nou nog meer spook dorp af. Blykbaar was daar vroee"r
jare florerende diamant delwerye. Daar het ek afgekom op 'n - ek dink - Maroela boom
waarvan die stam se omtrek so groot is, dat daar 'n klein kroegie in was. Die
kroegie bestaan nie meer nie (hulle bedien nou net spook bier en spook asem), maar
die tekens is nog daar.

Wie weet van nog sulke plekke ?

Groetnis
Martin ;-)

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

E-Posbom aan SAUK

Di, 13 Februarie 1996 00:00

Chris Claassen skryf:

> Oor (1) is daar nie twyfel nie. Die blote eentalige naam van die
> "openbare" uitsaaier (Es Ei Bee Sie) se alles. Ek het hoeka vanaand ewe=

> pateties (Dins) 'n afspraak met die TV, want die program lees: "20:00
> News (in Afrikaans)" (nogal). Terloops: as hulle aan die Quebecers doen=

> wat nou aan die Afrikaner gedoen word, was daar sweerlik 'n rewolusie
> in Quebec. Hulle het volle outonomie; Frans verplig in skole; ens en
> nogtans voel hulle so verdruk dat hulle so te se stem vir afskeiding.

Ek lees nou koerante en tydskrifte wat 'n Vlaamse vriend gestuur het
(lees je mee, Willem?) en dit lyk asof die Vlaams-Waalse stryd daar ook
redelik fel kan wees, maar mens kry ook die gevoel dis 'n speletjie
vergeleke met wat hier gebeur. Miskien kan die Vlaamse intekenaars op
die lys meer hieroor uitwy.

> Oor (2): Myns insiens was daar 'n verbetering in die programme, veral o= p
> NNTV (SABC3). Ek het laaste paar aande na hoogs interessante
> programme oor Joegoe-Slawie, Jung, ens ens gekyk, al sy dit dan in
> Ingels. Herinner aan beste intellektuele TV wat 'n mens by die BBC kry= =2E
> (Die term "intellektuele TV" is natuurlik 'n contradictio in terminis i= n die
> VSA, ten minste op die netwerke; hulle PBS het darem pit.)
> =

> So, wees eerlik: is die SABC se programinhoud werklik so power?

Nee, die SABC3 - die bietjie waarna ek al gekyk het - het inderdaad 'n
aantal goeie programme - ek het ook die Jung-program geniet - oorle' ma
was 'n groot Jung bewonderaar (moet dit nog klaarkyk - dis op video
opgeneem). Die SABC1 en 2 se Engels is suiwer snert - Tot dusver het
ek slegs Amerikaanse sitcoms gesien, en maar gou die dêm ding
afgeskakel. Ek moet nog ontdek wanneer Afrikaans glad en geheel te
sien is.

Gelukkig verleer ek nou gou enige neiging om na TV te kyk, en verdiep
my maar in leesstof, goeie musiek en so af en toe, radio. Daar is 'n
goeie artikel in vandeesweek se 'Insig' oor televisie. Die artikel
haal 'n Amerikaanse kommunikasiekundige aan, wat al my voorbehoude
en vooroordele oor televisie (die nuwe westerse altaar?) bevestig.

Gelukkig het ek ook nou genoeg Vlaamse leesstof om my vir 'n week
of meer besig te hou! :-)
--
Reinier de Vos Internet: de...@aqua.ccwr.ac.za
Computing Centre for Water Research Tel: Int+27 331 260-5179
c/o University of Natal, P/Bag X01 Fax: Int+27 331 61896
Scottsville, South Africa, 3200 http://www.ccwr.ac.za/
#include
------------------------------------------------------------ -----------
Ons spaar die duiwel baie moeite
- C J Langenhoven

TV, flieks & vermaak | 4 kommentare

Valenteinsdag: Liefdesgedigte

Di, 13 Februarie 1996 00:00

Ek sien nou die dag 'n verwysing na Fanie Olivier se _Die Mooiste
Afrikaanse Liefdesgedigte_. Is die bundel nog beskikbaar?

Een van die mooi gedigte is *Kamer* deur Ronnie Belcher:

Jy't saggies die gordyne diggetrek,
en toe jy omdraai en jou kleed afgly
het ek die hand begerig uitgestrek
na sagte ronding van jou bors en dy.
Teen myne was jou liggaam diep, jong grond
wat oorgee aan die ploeg se diep insteek
en tussen ruigsels hare was jou mond
'n pruim wat in die somer soet oopbreek.
Seisoene het die nag verbygegaan
van ek en jy en sterre wit gesaai,
en voordag het 'n vroeë hoenderhaan
êrens op 'n werf vergeefs gekraai.

Na my mening is dit een van ons mooiste erotiese-gedigte. Graag wil ek
weet van andere Afrikaanse ,,Walt Whitmans''.

Colin Garvie
gar...@iafrica.com

Prosa & poësie | 0 kommentare

Visie van die Swartberge

Ma, 12 Februarie 1996 00:00

Vir 'n persoonlik visie van die Swartberge naby Oudtshoorn en foto's,
gaan na die web site http://www.icon.co.za/~ferdig

...en moontlik een van die eerste private publikasies in kuberruimte
van "iets" in Afrikaans?

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

'n Antwoord vir Koos oor sy mening van nuwe parlement skilderye en nog ander

Ma, 12 Februarie 1996 00:00

Jy skryf oor die martleing van Biko en dies meer. Die huidige regering is net so
skuldig aan dieselfde misdade as waarvan die ou regering nou so beskuldig word.
Hoeveel mense wat nie saamgestem het met hulle, is vermoor nie? Die ou regering het
sy "teestanders uitgewis", hy het nie die mense vir wie hy baklei het, uitgewis nie.
Dis hoekom ek gese het, ek kan van links en regs kritiek kry. Die huidige is net so
skuldig soos die vorige. Ook 'n baie goeie rede hoekom ek dink die sogenaamde
"waarheids komisie" is in werklikheid 'n klug. Die huidige wil probeer om homself
goed te laat lyk ten koste van die vorige. Dieselfde taktiek as die vorige ?

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

[AFRIKAANS:6098] Vlaamse berig oor Boesak

Ma, 12 Februarie 1996 00:00

'n Vlaamse vriend het so pas vir my 'n spul Vlaamse koerante gestuur.
In die beeldstormende "'t Pallieterke", verskyn hierdie beriggie:

Dominee Boesak
--------------

Het Deense blad Jyllands Posten van 17 Januari (wat lezen wij niét?)
meldt dat het gerechtelijk onderzoek in de Ds. Boesak-affaire is
afgesloten.

De Zuidafrikaanse politie heeft het onderzoek beéindigd in verband
met de zwendel door Ds. Allan Boesak van bijstandsgelden geschonken
door de Noordse landen. Dit onderzoek startte naar aanleiding van een
klacht van het Deense Folkekirkens N=F8dhjaelp en andere Skandinavische
hulporganizaties.

Gebleken was dat het fonds voor Vrede en Rechtvaardigheid geleid door
Ds. Allan Boesak aan 7 medewerkers van het fonds in het totaal
ca. 24 miljoen frank had , waarvan niet minder dan
9 miljoen frank aan direkteur Ds. Allan Boesak zelf.

--
Reinier de Vos Internet: de...@aqua.ccwr.ac.za
Computing Centre for Water Research Tel: Int+27 331 260-5179
c/o University of Natal, P/Bag X01 Fax: Int+27 331 61896
Scottsville, South Africa, 3200 http://www.ccwr.ac.za/
#include
------------------------------------------------------------ -----------
Ons spaar die duiwel baie moeite
- C J Langenhoven

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Wav's in Afrikaans wanted

Ma, 12 Februarie 1996 00:00

Hello,

My sister is a school-teacher and wants to do a project on her school
about South Africa and Afrikaans.
Text and image-material won't be a problem. But it would be nice to
have some sounds in Afrikaans too.
Does anyone know any sites where you can download wav-files with
speach in Afrikaans? Short stories, poetry, children-songs?

Baaie dankie,

Peter Mouton, Holland

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Bladsye (1839): [ «    1648  1649  1650  1651  1652  1653  1654  1655  1656  1657  1658  1659  1660  1661  1662  1663    »]
Tyd nou: So Okt 06 13:30:33 MGT 2024