Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Beskrywing van plekke - Gloudina se idee
Beskrywing van plekke - Gloudina se idee [boodskap #5776] Di, 13 Februarie 1996 00:00
Martin Knoetze  is tans af-lyn  Martin Knoetze
Boodskappe: 6
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Junior Lid
Daar is baie plekke wat ek graag weer wil sien, of wat ek gesien het en interesant
gevind het. Een plek is iewers in nou Mpumalanga (reg gespel?). As jy van Hoedspruit
oos ry tot iewers in die - soos my Oupa gese het : gramadoelas - kom jy op 'n klein
verlate en seker nou nog meer spook dorp af. Blykbaar was daar vroee"r
jare florerende diamant delwerye. Daar het ek afgekom op 'n - ek dink - Maroela boom
waarvan die stam se omtrek so groot is, dat daar 'n klein kroegie in was. Die
kroegie bestaan nie meer nie (hulle bedien nou net spook bier en spook asem), maar
die tekens is nog daar.

Wie weet van nog sulke plekke ?

Groetnis
Martin ;-)
Vorige onderwerp: KOM ONS BESKRYF PLEKKE
Volgende onderwerp: [AFRIKAANS:6110] Re: Vlaams-Waals
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 13 21:17:22 MGT 2024