Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: [AFRIKAANS:6091] Huldiging aan Robert
Re: [AFRIKAANS:6091] Huldiging aan Robert [boodskap #5759] So, 11 Februarie 1996 00:00 na volgende boodskap
Robert Wagenaar  is tans af-lyn  Robert Wagenaar
Boodskappe: 385
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Jeffery Zucker schreef:

> Leendert skryf:
>
>> Is dit nie tyd dat die Akademie, Rapportryers of iemand vir Robert 'n
>> toekenning gee vir sy toegewyde werk aan Afrikaans op die internet
>> nie?
>>
>> Voorlopig : 'n Mosie van dank en hulde aan Robert - sekondante?

Dankie vir die dank :-), ek is bly julle waardeer my besighede. Dis
beslis meer waard dan 'n erkenning deur 'n of andere organisasie,
nog onafhanklik van die vra of ek met so 'n organisasie geassosieer
wil word.

Robert.
--

Robert se Afrikaanse bladsy: http://www.xs4all.nl/~wagenaar
Re: [AFRIKAANS:6091] Huldiging aan Robert [boodskap #5760 is 'n antwoord op boodskap #5759] So, 11 Februarie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Jeffery Zucker wrote:

[/color]
>> Is dit nie tyd dat die Akademie, Rapportryers of iemand vir Robert 'n
>> toekenning gee vir sy toegewyde werk aan Afrikaans op die internet
>> nie?
>>
>> Voorlopig : 'n Mosie van dank en hulde aan Robert - sekondante?

> Ek sekondeer!
> Unaniem aangeneem?

> Jeff>>

Ek is nie 'n rapportryer nie. Wil ook nie een wees nie. Ek is maar net
iemand wat Afrikaans praat.
EK se dankie.
En distasieer myself van enige organisasie wat namens my probeer praat
net omdat ek dieselfde taal praat.
(....Hoekom vra julle nie ook die oorwegend Afrikaans sprekende tak
van die ANC in Pretoria om hom te bedank nie?)
Re: [AFRIKAANS:6091] Huldiging aan Robert [boodskap #5773 is 'n antwoord op boodskap #5759] Di, 13 Februarie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
oos...@scientia.up.ac.za (Leendert van Oostrum) wrote:

af van die vermoe" om ironie uit die teks self te lees. Kyk hoe hap ons na so[/color]
> 'n asie :-)))>>>

OK so dit was 'n stukkie aas wat uitgehou was om te kyk wie byt. Ek
het gedink dit was 'n poging om Robert te bedank vir die werk wat hy
doen.
Jammer dat ek goed so mis kon lees.
Ek wil in elk geval vir Robert dankie se.

(By the way, vereis geskrewe ironie nie dat genoeg inligting gegee
moet word sodat die leser in kennis gestel kan word dat hier ironie
op die tafel is nie?
Ek meen, as ek se: "Toe skryf Bill Gates 'n visie oor hoe rekenaars
vandag die draers van inligting is en druk dit net in doodgewone
boekvorm!" is die ironie duidelik.
Ek kan ek nie net se: "Bill Gates het 'n visie gepubliseer" nie. Of:
"'n Ryk Amerikaner het 'n boek geskryf".
Die stuk inligting wat die ironie "maak", is mos afwesig?
Help my asseblief Leendert. Is ek op die regte spoor om geskrewe
ironie te verstaan?)

(....Hoekom vra julle nie ook die oorwegend Afrikaans sprekende
tak
>> van die ANC in Pretoria om hom te bedank nie?)

> Hoekom nie - wil jy nie die daad by jou woord voeg nie? :-)))))))))>>>

Ek het nie die gewoonte om organisasies te vra om mense namens my te
bedank nie. Ek doen dit in my persoonlike hoedanikheid.
Re: [AFRIKAANS:6091] Huldiging aan Robert [boodskap #5774 is 'n antwoord op boodskap #5759] Di, 13 Februarie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum[2]  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article fe...@is.co.za (Koos) writes:

> Jeffery Zucker wrote:

> >
>>> Is dit nie tyd dat die Akademie, Rapportryers of iemand vir Robert 'n
>>> toekenning gee vir sy toegewyde werk aan Afrikaans op die internet
>>> nie?
>>>
>>> Voorlopig : 'n Mosie van dank en hulde aan Robert - sekondante?

>> Ek sekondeer!
>> Unaniem aangeneem?

>> Jeff>>

> Ek is nie 'n rapportryer nie. Wil ook nie een wees nie. Ek is maar net
> iemand wat Afrikaans praat.
> EK se dankie.
> En distasieer myself van enige organisasie wat namens my probeer praat
> net omdat ek dieselfde taal praat.

Dit lyk my die gebruik van "emoticons" op die internet stomp mense heeltemal
af van die vermoe" om ironie uit die teks self te lees. Kyk hoe hap ons na so
'n asie :-)))

> (....Hoekom vra julle nie ook die oorwegend Afrikaans sprekende tak
> van die ANC in Pretoria om hom te bedank nie?)

Hoekom nie - wil jy nie die daad by jou woord voeg nie? :-)))))))))

Groete, :-)))))))
Leendert :-(((((((
Re: [AFRIKAANS:6091] Huldiging aan Robert [boodskap #5786 is 'n antwoord op boodskap #5759] Wo, 14 Februarie 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum[2]  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article fe...@is.co.za (Koos) writes:


> (By the way, vereis geskrewe ironie nie dat genoeg inligting gegee
> moet word sodat die leser in kennis gestel kan word dat hier ironie
> op die tafel is nie?
> Ek meen, as ek se: "Toe skryf Bill Gates 'n visie oor hoe rekenaars
> vandag die draers van inligting is en druk dit net in doodgewone
> boekvorm!" is die ironie duidelik.
> Ek kan ek nie net se: "Bill Gates het 'n visie gepubliseer" nie. Of:
> "'n Ryk Amerikaner het 'n boek geskryf".
> Die stuk inligting wat die ironie "maak", is mos afwesig?
> Help my asseblief Leendert. Is ek op die regte spoor om geskrewe
> ironie te verstaan?)

Jy is goed op pad. Jy moet nog net leer van intertekstualiteit. 'n Boodskap
wat volg op 'n lang reeks argumente oor die "reg" van groepe om namens
individue te praat, en wat verwys na sommige van die groepe kan ten minste
hoop om in die konteks van sy voorgangers gelees te word.

> (....Hoekom vra julle nie ook die oorwegend Afrikaans sprekende
> tak
>>> van die ANC in Pretoria om hom te bedank nie?)

>> Hoekom nie - wil jy nie die daad by jou woord voeg nie? :-)))))))))>>>

> Ek het nie die gewoonte om organisasies te vra om mense namens my te
> bedank nie. Ek doen dit in my persoonlike hoedanikheid.

Dis jou reg. Maar dalk wil hulle (en die Akademie, Rapportryers en Mev Dominie
se Woendagmiddag-naaiklassie) dit in hul eie (organisatoriese)
hoedanigheid doen, sonder om voor te gee dat hulle namens jou praat? Dit was
per slot van rekening jou voorstel dat hulle genader word.

Groete, Leendert
Re: [AFRIKAANS:6091] Huldiging aan Robert [boodskap #5797 is 'n antwoord op boodskap #5759] Do, 15 Februarie 1996 00:00 Na vorige boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
oos...@scientia.up.ac.za (Leendert van Oostrum) wrote:

individue te praat, en wat verwys na sommige van die groepe kan ten minste[/color]
> hoop om in die konteks van sy voorgangers gelees te word.>>>

Ek is bevrees ek sal altyd dom bly.
Ek sal nooit sensitief genoeg wees in die kop om die presiese oomblik
te snap wanneer 'n argument wat op MY oog af baie ernstig gevoer word
oor dinge soos taal en voortbestaan omslaan in 'n giggelende grappie
nie.
Ou dommes soos ek vereis maar dat aan ons aangedui word wat in die
gemoed van die skrywer is.
Ek admireer mense so vreeslik baie wat sommer net so uit woorde op 'n
skerm kan aflei dat die skrywer se gemoed nou anders is hoewel hy
presies dieselfde woorde as vroeer in die "argument" gebruik.
Dit moet 'n wonderlike gawe wees.

(....Hoekom vra julle nie ook die oorwegend Afrikaans
sprekende
>> tak
>>>> van die ANC in Pretoria om hom te bedank nie?)

>>> Hoekom nie - wil jy nie die daad by jou woord voeg nie? :-)))))))))>>>

>> Ek het nie die gewoonte om organisasies te vra om mense namens my te
>> bedank nie. Ek doen dit in my persoonlike hoedanikheid.

> Dis jou reg. Maar dalk wil hulle (en die Akademie, Rapportryers en Mev Dominie
> se Woendagmiddag-naaiklassie) dit in hul eie (organisatoriese)
> hoedanigheid doen, sonder om voor te gee dat hulle namens jou praat? Dit was
> per slot van rekening jou voorstel dat hulle genader word.>>> ^^^^^^
^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^
Leendert! Jy slip op! Selfs jy is feilbaar! Daar is hoop vir my!
Jy het die intertekstualiteit hier gemis!!!!!!!!
Vorige onderwerp: boring
Volgende onderwerp: Hoe zit het met het afrikaans in Zuid-Afrika
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 06:44:19 MGT 2024