Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

'n Gedig oor die Noordkaap deur George Weideman

Ma, 22 Julie 1996 00:00

George Weideman se ``Pella le 'n kruistog ver'' ('n voorlopige
rekonstruksie van 'n denkbeeldige gesprek tussen Pella se eerste
Rooms-Katolieke sendeling en sy reisgids, anno 1875) is vir
my 'n sterk poging om nie net die landskap en hitte van daar-
die deel van die Noordkaap te beskryf nie, maar ook 'n insig
te gee in die rassemengsel van mense uit Europa en lokale
inwoners wat uniek was aan daardie deel van die wereld in
die 19de eeu.

EX AFRICA SEMPER ALIQUID NOVI

u moenie kla oor die hitte nie, Vader Gaudeul,
dis nog nie naastenby die somer nie
en nou al le die vuurklip en smeul
hier moet u maar die sagte groen van Lyons
uit die gedagtes weer
hier is die enigste groen perdalks die soom
van die verbeeldingstroom
varswater sal u, as balling hier,
uit die vate van die geheue moet tap
of wag tot eendag as daar na die reen
syferwater uit 'n oog opwel

hier sal jy die sin van jou roeping leer ken
tot in die oerbetekenis: geofferde, oblatus
geoffer aan die son van Afrika geoffer
aan die smeuling van die amper-woestyn
(kan die brandstapel feller wees
as Pella in Desember? sou die Hindoes
dit warmer aan die sole he?) geoffer
aan die slu klein slangogies
listig soos die xnabbo self
geoffer aan khoikhoinse spraakverwarring
ja - te veel rooiwyn; nee - te veel soetwyn
maar die maak jou jou vergeet vergeet!
geoffer aan die dors land
wat sobyso net brakwater ken
(hier sal jy dalk moet wolfsmelk drink!)
ook jy sal die brak smaak se nabitter proe
jy vra dat ek moet vertel, van Pella -
hier staan alles bloot, oblatus:
winterstyd is son en wind weer kop-in-een-mis
as die veld julienagte oopgesper en wyd le en wit
en alles blootgewaai word
deur suidewind en oostewind
en wit vuursteen en bruin graniet
uiteindelik blus;
hier sal jy ook moet vure slaan
en blare en barste balsem gee
ysblomme van die oe smelt.....

Afrika is wyd en groot
fonteine min - ons sal u leer gorra maak
kleimisvloer smeer witgatwortel maal
daardie plante daar? word ``halfmense''
genoem hier langs die rivier is baie
hoe goed kan u skiet? hiers nog tiers
in die berge en boesmans hel! die boesmans
en moenie Pella se skepsels vergeet nie...

o u weet wat skepsels is? nou ja die soort
onthou maar: vir 'n geweer
is hulle skytbang amper soos vir die bomeesterslang
en natuurlik die basilisk

nee, u moenie sug oor die hitte nie, Vader Gaudeul,
hierdie is maar ons voorland, die Voor-Boesmanland
ons moet die hinterland nog in
voor die son so menshoog staan
moet ons
die Here weet
vir Vagevuurskloof nog deur

Ek het grootgeword minder as tweehonderd kilometers
van Pella af, maar het nooit daar uitgekom nie. Vir my
was die name Pella, Onseepkans, Vioolsdrif gehul in 'n
misterie wat ek gelees het op die taai gesigte en in die
veraf kyk in die oe van die mense wat daarvandaan ge-
kom het. En die hitte in daardie streke is legendaries.
Een somer het daar by ons in die middel van die nag 'n
warm wind begin waai uit die weste, daar uit Pella se rig-
ting. Ons het aanvanklik buite geslaap, maar moes in die
huis ingaan omdat dit so warm was twaalfuur in die nag.
Die volgende dag hoor ons dat dit by Onseepkans daardie
dag 120 F was (dis nou omtrent 49 C.)

Gloudina Bouwer

Prosa & poësie | 0 kommentare

RE. Atlanta wys vir ons hoe kitsch ens ens ens

Ma, 22 Julie 1996 00:00

> Gloudina skryf:
>
> Knip
>
> Die grootste skok vir my was die amper geheel wit
> groep atlete van Suid-Afrika. Ek weet dat dit die beleid
> was om nie volgens kleur atlete te kies nie, en dis 'n baie
> goeie ding. Maar ek was nogtans teleurgestel deur die
> meerderheid wit lede van die span. Ek het gehou van hul
> uniforms...
>
> Knip
>
> Gloudina Bouwer
>

Ja ou sus

Alweer die ou kleur storie ne^, sou jy as die hele span swart was ook 'n vraag
gevra het? Bogger die kleur storie nou man, miskien moet ons die hele ou spul
groen kleur volgende keer, of soos Kaapse klopse aantrek, of Afrika Maskers
opsit of iets. Die feit dat jy eers die ou kleur storie raak gesien het ...

Lou

PS. Nou net 'n briljante idee gehad - Kom ons polariseer die ou spul, wittes
een rigting swartes 'n ander - dan sit jy nou jou swart gepolariseerde
brilletjie op en all die wittes verdwyn, (so een vir jou Gloudina), en vir die
HNP en die perre gee ons 'n wit een - sodat al die swartes vir hulle verdwyn.

Is dit nou nie blerrie briljant nie, demmit ek beter nou onmiddellik die idee
gaan patenteer hier is 'n spul geld te make, reken net 'n driekwart lee
parlement, lee minibus taxis wat op die hoof wee op en af jaag, lee
noordelike voorstede (sal die behuising kwessie onmiddellik oplos,want dan kan
verskillende kleure huise deel ... he he), die moonlikhede is legio.

Hmm, nou as ons iets oor die 11 tale kan doen....

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Re: Atlanta wys vir ons, hoe kitsch Amerika is.

So, 21 Julie 1996 00:00

In article , says...
>
> Ek het gewonder of ons iets besonders gaan sien,
> miskien n "spielberg" invloed, maar ek het verwag
> dat ek amerika se kultuur in alle waarheid sou
> aanskou.

Ek stem ten volle met jou saam. Atlanta sal nie
'n goue medalje kry nie. Hulle moes die hele ding
met omtrent twee uur verkort het. Vyftien minute
van daardie krullerige goed was genoeg vir my.
Ek objekteer nie teen die kore nie. Atlanta is in die
"bible belt" en ek dink hulle moes meer gemaak het
van die 'negro spirituals' en van jazz en van cajun
musiek.
Dit wat my as die onnodigste getref het, was die
lied wat Celine Dion gesing het, geskryf en begelei
deur David Forster. Hulle is albei Kanadese. Wat
soek hulle soort kitsch musiek daar in die suide,
die bakermat van jazz, en van rock en roll, en van die
blues?
So hier en daar was daar geniale momente: toe daar-
die oudste Olympian so opwals op die podium op, om
te staan en kyk hoe Mohamed Ali die vlam aansteek.
Myns insiens was die keuse van Atlanta nie 'n goeie
keuse nie. Waarom, in die hoogsomer, 'n plek kies wat
so ver suid en dus so warm is, 'n streek ook so bekend
vir ongestadige weer?
Die grootste skok vir my was die amper geheel wit
groep atlete van Suid-Afrika. Ek weet dat dit die beleid
was om nie volgens kleur atlete te kies nie, en dis 'n baie
goeie ding. Maar ek was nogtans teleurgestel deur die
meerderheid wit lede van die span. Ek het gehou van hul
uniforms. Hulle lyk "with it." En dis ook koel.
Nou vir vanaand, en die (hopelik) goue medalje van
Penelope Heyns! Watter ander Suid-Afrikaanse atlete
moet ek dophou?

Gloudina Bouwer

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Soek werk in Kanada.Kan iemand my asb.help?

So, 21 Julie 1996 00:00

Hallo
Ek's 23,en tans n rekenaar operateur op IBM hoofraam rekenaars.
Ek stel ook belang in persoonlike rekenaars en sal graag ook verder in
hierdie rigting wil leer.
Om die waarheid te se sal ek enigiets doen net om n voet in die deur
te kry.
Hoop enige Suid-Afrikaanse Kanadese kan my help.

Groete
Henri

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Afrikaans op SABC

Vr, 19 Julie 1996 00:00

Kan iemand vir my sê wat die persentasie afrikaans op die SABC is. Ek
het dit iewers gelees en kan nie weer my hande op die stukkie inligting
le^ nie.

Beste
Arno

TV, flieks & vermaak | 1 kommentaar

Die Afrikaner as swerwer

Wo, 17 Julie 1996 00:00

Mens wonder soms of die Afrikaner 'n genetiese
predisposisie het vir trek, vir swerf. Die eerste
Afrikaners was meestal matrose van die H.O.I.K.
wat besluit het om vryburgers te word. Dis 'n be-
kende feit dat die matrose uit ander dele van Europa
gekom het (in die sewentiende eeu geplaag met gods-
dienstige oorloe). Die Nederlanders was op daardie
stadium so ryk dat hulle nie op die skepe wou werk
nie. Aan die Kaap was net die toonaangewende elite
soos Jan van Riebeeck en 'n paar ander families van
Nederlandse oorsprong. Die eerste Afrikaners was dus
al in die sewentiende eeu, by hulle aankoms hier te
lande, swerwers in murg en been.

Opperman praat oor hulle in "Joernaal van Jorik,"
'n bundel van Opperman uit sy eksistensialistiese
periode. Hy le die volgende woorde in die mond van

Jorik:
Is ek weer Rijger na die onbekende
... en onbewus in boeg en lende
die sade van 'n volk in my bewaar?
Daar is by Jorik die besef dat wat hy kies, hy ook vir sy
volk kies, want "aan jou dade grens...ewigheid." Hy bid:
Santa Maria, laat hier ook u besluit
geskied, met al die wrede prag van krans
en dier en wilde mens in stukke huid -
dit vul die eerste oe met 'n angs.

Later sou Jorik besef dat die mense van Europa al voor
1652 reeds skuldig was:
Dan het ek hom van die begin verloen,
want voor die boorlinge metaal en doek
op vreemde strande sku aan my kon toon,
het ek die Goue Stad alreeds gesoek.

In die gedig het Jorik 'n gids, Manuel, wat hom waarsku:
Onthou, jy moet terwille van die doel
jouself, soos ek eenmaal, gewillig offer.

Jorik, die Afrikanernasie, word dus gebore in die Christe-
like tradisie, aanvanklik daar in die moederstad :
O fort, kasteel, vyfpuntige gebou
straalsteen in die suidelike donker..
altyd 'n gidsster in die groot stryd
wat binnelande in Sy naam ontdek.

"Joernaal van Jorik" word dus 'n oorsig van die Afrikaner
se geskiedenis, tot in die vyftigerjare van hierdie eeu. Wat
Opperman gedink het van wat in die drie dekades daarna
gebeur het, kan 'n mens raai. Dis nie toeval dat sy grootste
gedig (myns insiens ) "Kroniek van Kristien" gaan oor 'n vrou
wat haarself as sakrament opgeoffer het sodat "wit, bruin en
swart...onbesorg eet...die wyn en brood van haar bros lyf."

Om terug te keer: is die Afrikaner nie maar van die begin
af 'n swerwer nie: eers na Afrika. Toe die Groot Trek, die
Dorslandtrek, die trekke na Kenia, Tanganyika, Argentinie.
Die afgelope dekades, eers mense wat vlug van apartheid af,
nou mense wat vlug omdat daar nie meer apartheid is nie,
na Australie, New, Zealand, Kanada, Paraguay...

En is dit moontlik dat in die kuberruimte daar 'n kuber-
Afrikaner besig is om te ontwikkel, wat die diaspora van
die Afrikaner uitkanselleer?

Gloudina Bouwer

Koeitjies & kalfies | 9 kommentare

Re: AFRIKANER: KULTUUR en SNOBISME - OHOPOHO

Di, 16 Julie 1996 00:00

Ek wil 'n bietjie 'n draad optel in die nuusgroep
oor Afrikaner-snobisme ens. want dit interesseer my.
Die Afrikaner het nog altyd hierdie ding gehad oor bo-dorp en
onderdorp ens. 'n Snobisme wat ons by die engelse geleer het.
(En hulle het maar dikwels op die Afrikaner neergesien).

Gloudina skryf oor die ou wat sneeu oplaai:
> Ek weet nie hoekom die beeld my so diep
> getref het nie. Die Afrikaner, met die onverwagte wit
> kosbaarheid wat uit die lug neerdaal, doen wat enige Afri-
> kaner sal doen : laai dit op sy bakkie en gaan wys dit vir
> sy mense.

Lou skryf:
> Jy het maar nog die selfde ou Superieure mentaliteit -
> veralgemeen alweer die Afrikaner ...

Lou het 'n punt beet, maar hier is sy beskuldiging misplaas.
Dit is vir my 'n baie mooi beeld. Dit bring deernis op.
Ons het dit ook gedoen. In die Drakensberge ingery,
'n sneeuman op die kar se kap gebou, en versigtig teruggery
om vir die ander in die dorpie te wys. Dit was 'n mooi gebaar.

Verder word in die buiteland die mannewales van Eugene Terblanche
op TV uitgebeeld asof DIT die Afrikaner is. (Hy is dalk een,
maar hy maak die res van ons se naam gat).

In die briewewisseling oor De Kat/Huisgenoot skryf ons oor
"Kwaliteit" stories teenoor "Mills and Boon" ens.
(Ek stem saam, De Kat is beter kwaliteit letterkunde ja).

Ons moet egter versigtig wees (ook nie nie oorgevoelig) dat ons
die Afrikaner of sommige Afrikaners dalk as "COMMON" beskou sal
word oor wat hul doen en lees ens. nie.
Die Afrikaner mag dalk EENVOUDIG wees, maar nie "common" nie.
Die Afrikaner was nog meestal 'n eerlike,
plat-op-die-aarde mens, wat nie doekies omdraai nie, en beslis
nie 'n farisieer nie, wat volgens sy beginsels gehandel het
(...behalwe met Apartheid natuurlik), en nie skaam was daarvoor nie.

Wat is 'n goeie woord vir "common"??
Om "common" te wees is om met oorverdowende musiek deur die strate
te ry, dit het niks te doen met hoe ryk of slim of verkramp jy is nie.
Arm mense mag eenvoudig wees (en nie De Kat kan bekostig nie),
maar hulle is nie "common" nie. Ek kom nou eers agter,
hier in Australie, dat ons Afrikaners 'n "diepte" het,
wat baie ander nasies nie het nie. Ons geskiedenis het ons geslyp.

Ons dominee vertel van een van ons kerk se sendelinge wat hier in Australie
onder die "outback" boeregemeenskap sendingwerk doen: van meer as
tien mense het slegs een hom ingenooi. Dit is nou na lank se ry in die
stof en hitte. Vergelyk dit nou maar met ons boeregrasvryheid.
(Wat, so terloops, dink ek, van die Hollanders af kom).

Is dit nie juis die mense in die platteland (ook die swartes)
wat die sout van die aarde is in hul eenvoud nie ? Wat nog aan dieper
waardes vasklou, al is sommige verkramp en "agter die klip".
Baie Afrikaner-juppies mag polities liberaal wees, maar het hul
beginsels en hul taal lankal deur hul gat getrek. Hulle is "common".
In daai geval drink ek wragtag eerder 'n dop saam met E.T. en Jaap Marais.

Terloops, pos tog die vlg gedig as julle dit ken: (ek onthou net stukke)
(Dit het my nog altyd aan die Afrikaner laat dink).

Ek hou van 'n man wat sy man kan staan,
wat se oog nie wyk, 'n bars kan kyk...

groete.

Koeitjies & kalfies | 52 kommentare

Demokrasie: Wat presies beteken dit?

Ma, 15 Julie 1996 00:00

Is daar iemand wat my aub kan se wat die politieke term "demokrasie"
beteken, of dit 'n sinvolle stelsel is, of dit regverdig toegepas kan
word en of dit die aangewese stelsel vir die RSA is? Ek wil nie gorrel
nie, ek sou graag 'n ernstige gesprek hieroor wil voer. ALP.

Koeitjies & kalfies | 16 kommentare

Vlamingen in ZA

Ma, 15 Julie 1996 00:00

Hallo,

Ik ben op zoek naar e-mail adressen van VLAMINGEN in ZUID-AFRIKA.
Indien jij zo iemand, bent, gelieve eens een e-mailtje te schrijven.
Ik denk eraan om een mailing-list op te zetten. Indien zo een mailing
lsit al zou bestaan, gelieve mij het adres mee te delen aub.

Bedankt en vriendelijke groeten.
Emmanuel Lambert

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: Die Afrikaner: SAKP identifiseer Joernaliste as agente

So, 14 Julie 1996 00:00

In article , afri...@hnp.org.za says...

HOW MANY TIMES ARE YOU GOING TO SPAM THIS?

ASSHOLES!

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Bladsye (1839): [ «    1605  1606  1607  1608  1609  1610  1611  1612  1613  1614  1615  1616  1617  1618  1619  1620    »]
Tyd nou: Sa Nov 16 01:21:59 MGT 2024