Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Atlanta wys vir ons, hoe kitsch Amerika is.
Re: Atlanta wys vir ons, hoe kitsch Amerika is. [boodskap #6834] So, 21 Julie 1996 00:00
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article , says...
>
> Ek het gewonder of ons iets besonders gaan sien,
> miskien n "spielberg" invloed, maar ek het verwag
> dat ek amerika se kultuur in alle waarheid sou
> aanskou.

Ek stem ten volle met jou saam. Atlanta sal nie
'n goue medalje kry nie. Hulle moes die hele ding
met omtrent twee uur verkort het. Vyftien minute
van daardie krullerige goed was genoeg vir my.
Ek objekteer nie teen die kore nie. Atlanta is in die
"bible belt" en ek dink hulle moes meer gemaak het
van die 'negro spirituals' en van jazz en van cajun
musiek.
Dit wat my as die onnodigste getref het, was die
lied wat Celine Dion gesing het, geskryf en begelei
deur David Forster. Hulle is albei Kanadese. Wat
soek hulle soort kitsch musiek daar in die suide,
die bakermat van jazz, en van rock en roll, en van die
blues?
So hier en daar was daar geniale momente: toe daar-
die oudste Olympian so opwals op die podium op, om
te staan en kyk hoe Mohamed Ali die vlam aansteek.
Myns insiens was die keuse van Atlanta nie 'n goeie
keuse nie. Waarom, in die hoogsomer, 'n plek kies wat
so ver suid en dus so warm is, 'n streek ook so bekend
vir ongestadige weer?
Die grootste skok vir my was die amper geheel wit
groep atlete van Suid-Afrika. Ek weet dat dit die beleid
was om nie volgens kleur atlete te kies nie, en dis 'n baie
goeie ding. Maar ek was nogtans teleurgestel deur die
meerderheid wit lede van die span. Ek het gehou van hul
uniforms. Hulle lyk "with it." En dis ook koel.
Nou vir vanaand, en die (hopelik) goue medalje van
Penelope Heyns! Watter ander Suid-Afrikaanse atlete
moet ek dophou?

Gloudina Bouwer
Vorige onderwerp: Re: Geldmaak,verhale en De Kat
Volgende onderwerp: Soek werk in Kanada.Kan iemand my asb.help?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 01:29:28 MGT 2024