Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

RE: Verkramptes en die ou vlag

Ma, 12 Augustus 1996 00:00

Wat my stomslaan is die totale gebrek aan selfvertroue by die meeste
Afrikaners.

Ons het mos nie nodig om 'n laermentaliteit aan te hang bloot net
omdat ons so onseker van onsself is nie.

As 'n Afrikaner ( ek soek 'n nuwe omskrywing daarvan) het ek mos nie
nodig om vas te klou aan 'n ou landsvlag en selfs die ou vierkleur
nie. Ek kan net so trots wees op die nuwe vlag. Ek wens die ou
verstoktes - lees die HNP - wil nou begin besef dat dit al 1996 is..

Groete

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

ARMANDO, my ou flame

So, 11 Augustus 1996 00:00

Sun, 11 Aug 1996 12:57:09 -0400 (EDT)
Message-Id: <960812055...@izak.igs.net>

Armando, dis tyd dat ons ons kuberverhouding aan
die wereld bekendmaak. Ek het jou vorige e-pos ge-
ignoreer. Dis tyd dat ek jou antwoord.
Ek stem saam met jou. Ek klink na 'n skooljuffrou.
Eenkeer 'n skooljuffrou, altyd 'n skooljuffrou. Eenkeer
'n opruier, altyd 'n opruier?
Ek gee toe my skryfstyl is miskien 'n bietjie snaaks.
Dis miskien omdat ek nie Afrikaanse woorde soos
"sjarrap" gebruik, soos jy in jou vorige e-pos nie.
Ek stem saam ek skryf teveel op die nuusgroep.
Maar daar is 'n baie goeie rede daarvoor. Sowat 'n
paar maande gelede was hierdie nuusgroep aan die
sterwe. Nou gaan dit beter. Maar as ek sien die by-
draes word min, dan stoot ek iets in om dit uit te
vlees. Jy is seker self bewus dat baie van die lesers
van hierdie nuusgroep buite SA bly (en bly is om te
hoor van nuwe Afrikaanse digters, of gedagtes oor
oues.) Is jy bewus dat hierdie nuusgroep sy ontstaan
te danke het aan 'n Nederlander wat al die aanvoor-
werk daarvoor gedoen het? Is jy ook bewus dat die
kuberopset, wat die nuusgroep moontlik maak, erens
buite Suid-Afrika in hardeware en sagteware gesetel
is? Jy daar in SA besit dus nie die nuusgroep nie.
Hier volg jou tweede brief aan my.
Gloudina

On 4 Aug 1996 20:58:14 GMT, you wrote:

> Gloudina

Jy, met die naam wat aan 'n handdoek herinner, neem jouself en jou eie
wysheid te ernstig op. Jy oorskat jou eie intelligensie en kennis
totaal en al. Ek bedoel, kyk goed na die voorbeeld van jou skryfstyl
(en ek vermoed jy sal so praat ook) hierbo. Waar dink jy staan jy,
voor 'n skoolklas? Hoe is dit moontlik dat iemand hom so kan verbeel
soos jy telkens doen? Jy het 'n eier te le oor elke denkbare onderwerp
in die nuusgroep. Staak dit, asseblief, jy raak irriterend. "Konsep",
nogal!
Jy dra in jou, as jy nie, soos in die artikel hierbo doen, lieg deur
die waarheid te verswyg nie, die gene van die lede van die AB en van
die implimenteerders en voorstanders van apartheid. Jou ma het vir jou
'n uniform aangetrek waarvan jy in jou lewe nie ontslae sal kan raak
nie. En jou striemende, skril veroordeling van apartheid en kruipery
by "swart en bruin" en Fischer (wat jy as jou leier beskou) sal geen
verskil maak aan daardie feit nie.
Soos 'n kind wat van die huis weggeloop het en terugverlang, staan jy
buite by die vensters en steek vir die mense binne tong uit. Feit is
jy het gevlug, jy het besluit om die spel te verlaat, want die reels
pas jou nie en buitendien, jy was besig om te verloor, nes 'n kind!
Dit maak jou 'n buitestaander. Jy kan kritiseer soos jy wil maar jy
doen dit van buite.
Jou hoogheilige redes, die gewetensbesware, die "Ag, ek kan dit nie
meer vat nie"s, niks maak die feit ongedaan dat jy gehardloop het nie.
Jy beredeneer dit en rasionaliseer dit as hoogs moreel verdedigbaar,
en intussen het jy al die tyd stert tussen die bene ingetrek en
geskoert! Jy's 'n lafaard, jy's wat iemand in 'n koerant noem 'n
poefter en paaier.
Die Afrikaner het meer gely in hierdie land as enige ander volk. As jy
dan iemand wil betig van iets, is die Engelse goeie kandidate vir jou
onsinnighede. Hulle het darem erger gedoen as sneeu op 'n bakkie laai,
jou kleingeestige ploert wat nogal van snobisme durf praat.
ALP

Ai Armando,
Ek is jammer vir jou in die Nuwe Suid-Afrika,
waar regte Afrikaners met name soos Verwoerd
vreugdevol help bou aan 'n reenboognasie.
Dis die begin van die 21ste eeu, Armando. Al
ons Afrikaners in die buiteland immigreer in die
volksbewussyn in deur die telefoonlyne. Ons kinders
begin weer fisiese bande smee met Suid-Afrika.
Ek dink julle manne sal weer moet trek, Armando.
Suid-Afrika is nie meer die plek vir neo-kolonialiste
nie.

Gloudina Bouwer

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Regte Afrikaners

So, 11 Augustus 1996 00:00

Kan iemand asb. aan my verduidelik hoe Afrikaners hulleself as
gasvry kan beskou en terselftertyd aan 'n laertrek-mentaliteit kan ly?

Wie is destyds as die "regte" Afrikaner beskou? Dis nou in "Die
Genootskap van Regte Afrikaners?"

As ek die HNP se stukkie lees lyk dit asof hulle dink hulle weet!

Griet.

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Ou Suid-Afrika se Vlag en Rugby

So, 11 Augustus 1996 00:00

Sies, Gironkie du Plessis, opportunis, simbool van verloopte
Afrikanerdom! Besef jy hoeveel is gegee aan die vlag wat jy so minag?
En besef jy nie hoe min die Y-op-sy-sy enigsins as hul eie sien nie?
ALP

Sport & ontspanning | 0 kommentare

Springbokke

Sa, 10 Augustus 1996 00:00

Raai raai hoekom het die bokke vandag verloor?

Daar was nie genoeg ou landsvlae nie!

Sport & ontspanning | 0 kommentare

Wie is MARK BEHR?

Sa, 10 Augustus 1996 00:00

In hierdie week se TIME verskyn die volgende
aanhaling uit die verklaring van Mark Behr voor
die Waarheidskommissie:

I've become a symbol of everything
that was ever wrong in South Africa -
of betrayal, false beliefs, of complete
and utter culpability.


Wie is Mark Behr? Skryf hy goed?
Is dit 'n poging om reklame vir homself te
maak deur die Waarheidskommissie te ge-
bruik as 'n verhoog? (Soos toentertyd ons
vriend Riaan Malan met "My Traitor's
Heart" ?) Of is hy opreg?

Gloudina Bouwer

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Die Afrikaner: Francois Pienaar, Morn‚ du Plessis verleentheid vir Blankes

Vr, 09 Augustus 1996 00:00

Uittreksel vanuit die nuutste uitgawe van die Afrikaner.

Die volledige Internetuitgawe is beskikbaar by

http://www.hnp.org.za/afrikaner

************************************************************ ******

Francois Pienaar, Morn‚ du Plessis verleentheid vir Blankes

DIE politieke spel wat Francois Pienaar, die kaptein, en Morn‚
du Plessis, die bestuurder van die Springbokke speel, is al
lankal vir die Blanke in Suid-Afrika 'n verleentheid. Die wyse
waarop hulle hulle distansieer van dit wat altyd vir die
Afrikaner lief en dierbaar was, plaas hulle vierkantig binne die
sport-gees van die ANC. Daar is al lankal stemme wat opgaan dat
veral Francois Pienaar 'n vreemde gees uitstraal wat nie
verteenwoordigend is van die gevoel en emosies van die
rugbypubliek nie.
Francois Pienaar en Morn‚ du Plessis het na Saterdag se toets
in Bloemfontein waar daar meer Oranje-Blanje-Blou vlae te sien
was as die bont Yebo-vlae van die Nuwe Suid-Afrika, die opmerking
gemaak dat die vlae vir hulle 'n verleentheid was. Hulle swyg
egter daaroor dat die Springbokke se spel vir die rugbyliefhebber
'n verleentheid was. Dit was tog hulle eerste
verantwoordelikheid om te sorg dat daar Springbokrugby van
gehalte gespeel word, maar hulle is so politiek-behep dat die
gehalte van hulle spel van mindere betekenis word.
Dat Francois Pienaar en Morn‚ du Plessis sover gaan om 'n
verklaring uit te reik oor ondersteuners wat die "verkeerde" vlag
swaai, is 'n aanduiding van hoe polities skeef Suid-Afrikaanse
rugby reeds is. Hulle gaan sover as om te sˆ dat die swaai van
die regte vlag nie as ondersteuning vir die bokke vertolk moet
word nie, en dat dit hulle nie aanmoedig nie. Dit is vir hulle
'n verleentheid en ontstel glo sommige van die spelers. Hulle
beskou nie daardie mense as hulle ondersteuners nie.
Intussen was dit weer so opmerklik dat toe daar na die wedstryd
met Francois Pienaar 'n TV-onderhoud gevoer is, en die
onderhoudvoerder dit in Afrikaans gedoen het, Pienaar in die
middel van 'n sin na Engels oorgeslaan het, so asof hy skielik
besef het dat die onderhoud in 'n vreemde taal gevoer word.
Daar word van die Springbokke verwag om die politiek te laat
los, en eerder hulle aandag op hulle spel toe te spits.
Toentertyd met Pienaar as kaptein het die Transvaalse rugbyspan,
toe rugby 'n professionele sport geword het, soveel aandag aan
hulle geldsakke gegee wat selfs met 'n boikotaksie gepaard gegaan
het, dat Transvaalse rugby in 'n moeras beland het waaruit hulle
tot vandag toe nog nie kon kom nie. Van die groot rugbybonde is
dit net die Oostelike Provinsie wat swakker as hulle vaar.
As hierdie soort politiekery so voortgaan, bestaan die gevaar
dat dieselfde ook met die Springbokke gaan gebeur.
Oor Radio Pretoria het mnr. Meinhard Peters, die HNP se
woordvoerder oor sport, laat blyk dat die optrede van Pienaar en
Du Plessis niks anders is as 'n gekruip voor die ANC nie. Die
publiek se lojaliteit teenoor die ou vlag en verwerping van die
nuwe vlag moet gesien word in die lig van die mislukking van die
Nuwe Suid-Afrika waarop geen denkende mens kan trots wees nie.
Hulle eis dat die ou vlag laat vaar moet word, moet gesien word
as 'n openlike uitdaging aan die Afrikaner deur mense wat bewys
het dat hulle alles in hul vermo‰ sal doen om in die goeie
boekies te bly van die ANC-regime
Ook die Karmel-aksie het daarop gewys dat die optrede van
Pienaar en Du Plessis daarop neerkom dat hulle 'n kloof geslaan
het tussen die Afrikaner en die rugby-publiek. Hulle vereer 'n
volksvreemde vlag wat 'n simbool van verdrukking is vir die
Boerevolk.

Koeitjies & kalfies | 15 kommentare

Oor 'n plek wat "Droë Waterval" genoem word

Vr, 09 Augustus 1996 00:00

Die volgende gedig praat nie net oor 'n plek in
Suid-Afrika nie. Dit praat ook van die verlede en
toekoms van persoonlike lewes, die verlede en
toekoms van 'n volk, die verlede en toekoms van
'n kontinent. Merk op hoe die stalagmietvorming
wat daar naby in die Kangogrotte plaasvind, ge-
bruik word om die digter se groeiende jeugbewussyn
te beskryf. Merk ook op hoe subtiel die tema van die
waterval en die eggo's van die water gebruik word,
wanneer die vader besef dat die toekoms alreeds in
sy kinders soos 'n waterval bruis. Dwarsdeur die hele
gedig is die tema van voortreis en uitreik na die toe-
koms dominant, alhoewel dit ook 'n elegie is vir die
verlede, vir dit wat gebeur het, wat agtergelaat word.
Daar is werklik 'n plek wat Droë Waterval genoem
word in die Swartberge.

DROË WATERVAL
Ferdi Greyling

In die Klein Karoo vertel ek my kinders
van die werklikheid wat Oudtshoorn was.
Hier waar die tyd stadig uit die skerp lug
'n lewe om my gedrup het.
Hier was nagte soos koue yster
met die veraf klank van aankomende treine
spierwit velde ryp vroegoggend
om die huis
en my ma
wat soos 'n vreugdevolle wetenskaplike
uitvind
in die nag
het die water 'n klein gletsertjie van ys
by die tuinslang uitgedrup
mense wat veraf in koerante sterf
die geweerskote plat letters op papier
name wat sag weerklink
tussen die beiering van die vier heilige seisoene deur
...Poqo...Mandela...
en aande in die agterkop gaan le^
op die beeld van bruin Hermaans die verwer
'n goeie man
wat bakhand voor die agterdeur
die see"ning van werk by ander met wit velle moes vra
skoonheid wat onverskillig in 'n meisie brand
terwyl die rook van houtvure
vroegaand oor die blou dorp neersak
en net oor die berge die see
'n reuse blou woud vol gevare en geheime
waatlemoene wat rooi in die somer oopbreek
soos soet halfedelgesteentes
klonte bougainvilleas wat in die warmte
teen die dorp se bome gloei.

Ons ry oor die Swartberge
na waar die Groot Karoo wyd en oop le^.
Ek en my kinders.
Hulle luister verveeld uit hulle helder lewens
na die eggo's van my verlede.

Op die berg - uitgeplof deur vulkane
en geplooi deur gletsers -
staan ons soos ander toeriste
en kyk na:

Dro"ewaterval.

'n Mindere geologiese gebeurtenis;
swart oervlekke in strepe teen die rots.
Soos die skaduwee van water.
As jy lank genoeg na die klip staar,
kan jy jou verbeel
Jy hoor water,
'n dun, verbrokkelde stroom
wat soos vloeibare koelte
in spattende eggo's val.

My kinders dink die naam Dro"ewaterval is snaaks.
Ek weet dis laf.
Donker vlekke op rots is nie water nie.

Ons klim in die kar en ry.
My kinders giggel om verveling te besweer.
Agter hulle o"e, diep in die toekoms,
bruis hul dade reeds onkeerbaar oor dae.

(Kyk!
Hulle ry alleen uit oor die oop Karoo
en los my by die gevlekte rotse
van my berg!

Op die dun pad
na Beaufort-wes
en verder noord,
verby Zimbabwe
tot oorkant Olduvai
waar die horing van Afrika
afsplit in 'n nuwe land
ry hulle steeds!

Dit pla hulle nie
dat vroe"e mens en dier
uit die tye van die groen Karoo,
vergete in die gestolde klippe le^
waarmee die dun pad gepak is!)

Ek vind die beskrywing van die see as " 'n blou
woud" asemberowend mooi, miskien omdat 'n
mens ook onthou van die groen woude vol stink-
hout wat daar groei tussen Oudtshoorn en die see.
Die einde van die gedig is vir my ook 'n amper
emosionele skokproses. Die digter, die vader, bly
agter, wil nie totsiens sê nie. Maar die kinders
ry voort, noordwaarts, stop nie by die grense van
die bekende nie, gaan verby Olduvai (daar waar
Robert Leakey in die Skeurvallei die oergeskiede-
nis en die oervoorvaders blootle.) Hulle ry voort
na die Horing van Afrika, daardie deel van Afrika
wat die wetenskaplikes ons vertel eendag sal af-
splits van Afrika en op sy eie voortgaan. Die jeug
ry voort, vreesloos.

Resensie gepos deur Gloudina Bouwer

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

Die Afrikaner: Holomisa roer die pot!

Vr, 09 Augustus 1996 00:00

Uittreksel vanuit die nuutste uitgawe van die Afrikaner.

Die volledige Internetuitgawe is beskikbaar by

http://www.hnp.org.za/afrikaner

************************************************************ ******

Holomisa roer die pot!

DIE beroeringe wat deur die afgesette Bantu Holomisa in die ANC-
regime veroorsaak is, veroorsaak groot verleentheid wat selfs
Nelson Mandela ook impliseer. Die beskuldigings van korrupsie
is besig om die hele regime lam te lˆ, en het tot gevolg dat
Mandela, wat self genoem word dat hy by een van die transaksies
betrokke sou wees, swyg soos die graf. Hy laat dit aan sy ander
genote oor om die kastaiings uit die vuur te krap, maar hulle
beland net al dieper in die warm water.
Ook Sol Kerzner is so diep ge‹mpliseer dat hy nie sonder
ernstige letsels uit die gemors sal kom nie. Aanvanklik het hy
die hele storie as gerugte probeer afmaak waaraan hy hom nie eers
steur nie. Toe bars die nuus los dat hy glo œ6 miljoen (R42
miljoen) aan die Konserwatiewe Party in Brittanje vir hulle
verkiesingsfonds geskenk het.
Dit volg op bewerings dat Zol Kerzner en Sun International R2
miljoen aan die ANC vir hulle verkiesingsveldtog geskenk het, en
dat Nelson Mandela persoonlik daarby betrokke was. In ruil vir
hierdie skenking is daar glo voorsiening gemaak vir dobbelregte
wanneer die dobbelwette aangepas word om ook dobbelhuise buite
die voormalige tuislande op te rig.
Die omkoopbaarheid van die ANC is skerp in die kollig. Sou
hierdie bewerings bewys kon word, maak dit die ANC-regime van
Nelson Mandela die korrupste sedert John Vorster en sy trawante
in skade en skande van die politieke toneel moes vlug na die
Inligtingskandaal van 1977-78. Dit het die koppe ge‰is van John
Vorster self, die kroonprins, Connie Mulder, die Veiligheidshoof,
Hendrik van den Bergh, die van buite ingebringde staatsamptenaar,
Eschel Rhoodie, en talle ander.
Ander voorbokke van die ANC buiten Mandela wat direk
ge‹mpliseer word, sluit in die adjunk-president, Thabo Mbeki en
die Minister van Sport, Steve Tshwete. Albei word daarvan
beskuldig dat hulle persoonlik groot somme omkoopgeld ontvang
het. Sol Kerzner sou dit na bewering aan hulle oorhandig het.
Die doel van hierdie skenkings was glo om hom te beskerm teen
klagtes van omkopery.
Soos te verwagte, het hierdie openbarings gelei tot 'n
onge‰wenaarde modderslingery teen Holomisa omdat hy sy gegewens
bekend gemaak het, maar oor die meriete van die saak word daar
geswyg soos die graf. Dit laat die vermoede ontstaan dat daar
meer agter die storie sit as wat deur die heftige ontkennings te
kenne gegee word.
Die beskuldigings van Holomisa sluit in bewerings dat Kerzner
in 1994 die ANC se verkiesingsfonds met R2 miljoen versterk het
in ruil vir sekere versekeringe. Hy het 'n groot som geld
beskikbaar gestel vir die re‰l van Mbeki se 50ste
verjaardagpartytjie. Steve Tshwete het verskeie kere gratis
hotelakkommodasie verkry tydens sporttoernooie, veral by Sun
City, onder andere die Chris Eubank wˆreldtitelbokstoernooi.
In sy beoordeling van die saak het Holomisa vir Mbeki en
Tshwete aangeraai om uit Sol Kerzner se "boonste laai te
klouter".
Vroe‰r het Holomisa sy voorganger in Transkei, Stella Sigcau
voor die Tutu-kommissie daarvan beskuldig dat sy R50 000
omkoopgeld van Kerzner ontvang het. Uiteindelik is hierdie
storie so bewimpel dat dit nie die korrupte Sigcau is wat in die
beskuldigdebank gestaan het nie, maar Holomisa self. Daardeur
is die Tutu-kommissie ge‹nkrimineer.
Nou gaan daar 'n dissiplinˆre verhoor vir Holomisa gehou word.
Hy het reeds te kenne gegee dat hy nie die objektiwiteit van die
verhoor vertrou nie, en dat hy dit nog moet oorweeg of hy
daarvoor gaan opdaag.
Die Prokureur-generaal van Transkei, mnr. Christo Nel, is tans
besig met 'n ondersoek na die sake van Sol Kerzner. Die nuutste
onthullings maak dit vir hierdie geldmagnaat bitter moeilik. Hy
is tans in die buiteland. Daar sal gesien moet word welke
invloed die huidige onthullings op sy terugkeer sal hˆ.
Dit is egter ironies dat Holomisa dissiplinˆr in die
moeilikheid is, maar nie die persone wat hy ge‹mpliseer het nie.
Die indruk bestaan dat diegene wat van korrupsie beskuldig word,
probeer wegkruip agter die feit dat Holomisa dissiplinˆr aangekla
word.
Hulle sal egter nie vir altyd daaragter kan skuil nie. Hierdie
korrupsie sal hulle ook mettertyd inhaal.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Afrikaans vir Backgammon?

Wo, 07 Augustus 1996 00:00

Wat is die Afrikaanse benaming vir die speletjie bekend as Backgammon?

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Bladsye (1839): [ «    1602  1603  1604  1605  1606  1607  1608  1609  1610  1611  1612  1613  1614  1615  1616  1617    »]
Tyd nou: Ma Okt 07 01:24:20 MGT 2024