Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Wat i sdie naam van die Nuusgroep nou weer?

Di, 10 September 1996 00:00

Ahem

For the non Afrikaans speaking amongst us please read the last paragraph!

Nou vir die Afrikaans magtiges. Was weg 'n week of twee en hier is 'n moerse
probleem homself hier aan't ontwikkel. Wat is die naam van die nuusgroep nou
weer? Ek dink dit was iets soos soc.culture.south-africa.afrikaans of so iets.
Dit moet duidelik iets met Afrikaans en sy sprekers te doen he^ of wat sê ek
alles. Nou die meeste van die goed hierin is 'n spul politiekery en dit nogal
meestal in Ingels. Nie laat ek nou 'n probleem het met die spul souties nie
maar die goed is mos soos kakkerlakke, as jy hulle nie onmiddelik spuit as jy
hulle in die suiker kry nie dan is hulle nou-nou orals. So praat maar Ingels
solank dit oor Aftrikaans gaan. Daar is spesifieke nuusgroepe soos
soc.culture.south-africa, za.politics, za.grime.stop ens as julle nou julle ou
meningtjies oor ander sake wil lug.

Die cross-posting is ook besig om my sitvlak (ek bedoel eintlik iets meer
strategies) te krap, as jy 'n draad wil begin doen dit in die relevante
nuusgroep en as jy nou die een moet gebruik praat asseblief Afrikaans.

Vir die Ingelse ' Catch a wakeup chinas, this is the Afrikaans newsgroup, so
if you want to post something please make sure its in Afrikaans or if you have
to write in English - about Afrikaans language and related cultural type
thingies! Please don't include this group in your cross postings. Most people
will read the other newsgroups if they are interested....' . To sover in
Ingels.

Sela
Lou

Koeitjies & kalfies | 6 kommentare

OUERS!LEES HIER!

Di, 10 September 1996 00:00

AANDAG OUERS !!BELGIESE POLISIE BENODIG AANDAG!

As u besorg is oor die veiligheid van u kinders?
Besoek asb. web bladsy :
http://danae.marques.co.za/users/CHILDID.htm
vir meer inligitng oor hoe u kan help in die stryd om beter veiligheid vir
u kinders.!
Besoek asb. ook vanaf die bladsy die "link" na
National center for missing & exploited children.
vir 'n versoek om hulp van die Belgiese polisie insake 'n internasionale
kinder seks netwerk waarskuwing.!
Kontak my gerus vir meer inligting.
Groete,
Ouer.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Nuwe toevoegings tot Sanlam se webruimte

Di, 10 September 1996 00:00

Hallo daar!

Die volgende is nuut op Sanlam se webruimte:

1. Die Augustus-uitgawe van Sanlam se Ekonomiese Oorsig (in Afrikaans).
2. Drie nuwe kunswerke in ons aanlyn-gunsgalery.
3. Jongste historiese waardes van Sanlam-effektetrusts.

Terwyl julle kyk na die nuwe toevoegings, gebruik die geleentheid om in
te skryf vir Sanlam se gratis effektetrusts-kompetisie. Wen 'n R1 000
met min moeite!

URL: http://www.sanlam.co.za

Groete.

Jean

Ekonomie & geldsake | 0 kommentare

Hoekom skryf mense nie in s.c.s-a.Afrikaans? Kom skrum op die merkie.

Di, 10 September 1996 00:00

Ek het nou my se gese oor die toestand van s.c.s-a.Afrikaans, so nou
moet ek seker uithaal en wys, anders is ek dan mos deel van die
probleem.Minder as 70 hoof opskrifte in n maand en n half, ek weet nie
hoe dit vroeer gegaan het nie, maar hierdie is swak. Hoekom skryf
mense nie?

Bang vir kritiek? Mens hoef maar net za in die algemeen te lees om te
sien hoe wreedardig ons optree oor ander se opinies. Iets wat mens min
in die ander groepe (VSA uitgesluit) sien, daar word die onderwerp
aangespreek, nie die skrywer se opvoeding, karakter, intelligensie of
spelfoute, en as die inhoud n klomp strooi is word dit geignoreer,
soos dit moet wees. Hier gebeur die teenoorgestelde, almal gooi
bietjie twak by iets wat alreeds twak is, en ignoreer die res.
Ongelukkig vergeet baie dat ons bydraes die enigste ding is waarby
ander ons meet. En partykeer is dit beter om jou mond te hou en laat
mense dink jy's n idioot, as om dit oop te maak en dit te bewys.
Ons moet maar aanvaar dat ons persoonlike menings nie altyd reg of in
n ander man se keelgat afgedwing kan word nie. om verkeerd te wees is
nie om minderwaardig te wees nie, mense verskil en beredenering is
opvoedig en gesond. n Persoonlike aanval oor iets wat nie met jou
lekker sit nie se baie oor jou eie opvoeding, leer vir jou en ander
niks nie, en skep n moontlike vyand wat dieselfde kinderagtigheid gaan
na-aap al skryf jy of ander n meesterstuk. Om af te breek is geen kuns
nie.

Het ons niks om vir mekaar te se nie? Het ons hoe muure, alarms,
veiligheidshekke en toe deure veroorsaak dat ons nou afloerders
in n insulere familie en vriende wereld geraak het? Ek lees nou die
dag n artikel oor "die skrywer wat in Parys is" en hy praat oor
Afrikaans, dat dit SY taal is, en hy hou sy taal langs sy hart,
gekoester, soos n geheim, net syne, om te gebruik wanner hy wil.
Soos n kode in die land waar hy nou is, wat net hy kan verstaan, en
dat dit hom gelukkig maak. Baie mooi om te lees, maar gaan dit nou ook
in hierdie nuusgroep gebeur?

Gee ons eintlik om? Is dit die ou Suid Afrikaanse dooierigheid wat ter
spraake is, as daar n artikel is, sal ek dit lees, as daar nie een is
nie , sal ek nie lees nie, maar bydrae lewer? Vergeet daarvan. Sal
maar net gebruik maak daarvan en as dit more nie meer daar is nie, sal
ek iets anders vind om te lees. Maar boeta, ek gaan my stem dik maak
as dit wel verdwyn ! Kan dit werklik so wees?

Gee ander om? Ongelukkig nie, hierdie verantwoordelikheid is net
ons'n, as ons dit wil he.

Dit is nou n Soutie se mening wat vandag meer Afrikaans geskryf het as
in die laaste jaar, ek geniet die nuusgroep maar is altyd
terleurgesteld deur sy volume, en ek kan nie glo dat daar so min van
julle daar buite is nie.

Barry /\/~~~~\/\

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Afrikaanse Skrywers: Foto's

Di, 10 September 1996 00:00

Foto's van Afrikaanse skrywers te sien by:

http://www-jfd.its.uct.ac.za/

--
_________________________________
Franz Dullaart (021) 650 3053
j...@its.uct.ac.za
http://www-jfd.its.uct.ac.za/
_________________________________
Snoepie oor sy inkleurboek:
"Ek maak altyd die lug blou"

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

'n Gedig van GEORGE WEIDEMAN

Di, 10 September 1996 00:00

In sekere dele van Namakwaland is die reenval baie skaars,
somtyds net omtrent 50 mm per jaar. Daar is egter nog 'n ander
manier waarop vog die plante bereik. Lug wat vanuit die weste
oor die baie koue Benguela seestroom waai, word gekondenseer
tot 'n digte mis wanneer dit oor die land begin beweeg. Dis hier-
van wat daar in die volgende gedig gepraat word:

OOM SAMPIE SE AFSKEIDSLIED
George Weideman

dies my laaste sleepmiswinter
die voornagwindjie stoot snaardun
die ou blootsvoet se breivoetsole
verlang vanaand 'n toemaakding

dies my laaste sleepmiswinter
ou bokveldsberg le dig toegedraai
selfs hantam se uitsoekwaboomkole
kon nog nie my vingers laat katspoor maak

dies my laaste sleepmiswinter
ek voel dit aan my opstaanseer:
as die sleepmis weer so oor die sandveld streep
is dit rus myn siel jou god is koning
en ek le my hoof vir oulaaste neer.

Sommige jare kry die Namakwaland egter baie meer reen
as gewoonlik. Dis wanneer die reen wat in die Boland val
gedurende die winter, verder as gewoonlik na die noorde
val. Dis daardie jare wanneer daar velde en velde blomme
in Namakwaland staan. En as die winterreen nog verder
noord val ook in die Boesmanland, dan is daar klein wit
blommetjies oral in die skaduwees van die rotse in die
lente, en die driedorings blom vir die eerste keer in baie jare.

Gloudina Bouwer

Prosa & poësie | 1 kommentaar

SHANIA TWAIN - met 'n Suid-Afrikaanse konneksie?

Ma, 09 September 1996 00:00

Ek is nou nie eintlik 'n liefhebber van "country and
western" musiek nie. Hier en daar vang 'n lied vol passie
soms my oor, maar gewoonlik verkies ek iets anders:
jazz, rock, klassiek. Oor die afgelope maande het ons
egter hier in Kanada 'n country en western sangeres
ontwikkel wat my 'n bietjie bekeer het - Shania Twain.
Aanvanklik was ek in haar geïnteresseerd omdat sy
'n lid van 'n "First Nation" is. Sy kom van Timmins,
Ontario. So stadigaan het ek ook begin besef, sy is
baie populêr, nie net in Kanada nie, maar ook in die
res van die wêreld. Haar album "The Woman in Me"
het 'n verkope van 8 miljoen gehad sover.
Nou lees ek die anderdag in die koerant dat sy ses
maande gelede getroud is met 'n Suid-Afrikaner,
Robert John (Mutt) Lange, iemand wat ook gehelp
het met die produksie van sulke mense soos AC/DC,
Def Leppard, en ons eie Bryan Adams. Is Lange se
werk ook bekend in Suid-Afrika? Dit lyk of Lange
verantwoordelik is vir die produksie van "The Woman
in Me." Kry 'n mens Shania Twain se videos te siene
in Suid-Afrika?

Gloudina Bouwer

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

NEW BRUNSWICK - 'n Kanadese suksesverhaal

Sa, 07 September 1996 00:00

New Brunswick is die tweede-kleinste provinsie van Kanada.
Dit kan omtrent heel in die Kruger Nasionale Park inpas. Sy
bevolking is maar omtrent 'n halfmiljoen. Dit is tot 'n groot mate
omring deur water. Die grens met die VSA is die staat van Maine.
Tot so omtrent 'n dekade gelede was New Brunswick (in die
Kanadese Maritieme provinsies) beskou as een van die "have not"
provinsies van Kanada. Mense het daaraan gedink as die plek
waar die beroemde Miramichi-rivier is - een van die beste visvang-
plekke in die wereld. Dit was ook die plek waar die hoogste getye
in die wereld is (in die Bay of Fundy.) Meeste mense het probeer
'n bestaan maak in die visnywerheid (wat al hoe meer bedreig is
deur visskaarstes) of in die bosboubedryf. Meeste jong mense,
nadat hulle klaargemaak het in N.B. se universiteite, moes buite
die provinsie gaan om werk te kry.
Toe, in die middel van die tagtigerjare, het New Brunswick 'n
premier gekry wat dinge laat verander het. Frank McKenna het
besluit dat daar nog 'n ander ding is wat New Brunswickers besit
en wat benut kon word : die feit dat een-derde van die bevolking
Akadiese Franse is en meestal ten volle tweetalig. McKenna het
besluit dat hierdie mense kon werk op die "Information Superhigh-
way." Hy het aktief begin om hierdie ideaal 'n werklikheid te
maak. N.B. was die eerste provinsie wat 'n "Minister of Informa-
tion Technology" aangestel het. As 'n piloot-projek met Northern
Telecom is die hele provinsie se telefoonnetwerk gedigitaliseer,
die enigste politieke entiteit (staat of provinsie) in Noord-Amerika
tot dusver. As gevolg hiervan lok McKenna al hoe meer interna-
sionale besighede om hulle "call centres" in New Brunswick te
plaas. Hy probeer baie aktief om ander soorte besighede ook aan
te lok. Dit irriteer en vervul die premiers van die ander provinsies
met bewondering.
McKenna hoop dat daar voor die einde van die eeu in elke
huis 'n rekenaar sal wees. Kort gelede het sy regering aangekondig
dat enigiemand wat voor die einde van die jaar 'n rekenaar koop,
$250 se belastingvryskelding sal kry. Terselfdertyd sal een van die
banke lenings teen lae rentekoerse aanbied, en NBTel sal vir drie
maande vry Internet-inskakeling verskaf. Hy hoop deur hierdie
maatreels dat hy die bevolking rekenaarkundig sal kan maak,
van die oudste tot die jongste.
New Brunswick het in die afgelope jare 'n soort toetsgrond
geword vir allerhande soorte beleidsrigtings. McKenna het by-
voorbeeld die hele gesondheidsstruktuur hervorm (meestal deur
van top en middelbestuurders ontslae te raak, en die wat oorbly
harder te laat werk omdat hulle oor groter areas moes opereer.)
Hy het die skoolsisteem ingrypend verander en baie verbeelding-
ryke planne begin uittoets om mense van welvaart af te neem en
hulle weer in die werkstruktuur in te skakel.
McKenna is kort en met 'n onskuldige oop gesig, wat 'n
mens kan laat vergeet hoe 'n meedoenlose besigheidsman hy in
werklikheid is. Hy het eenkeer verklaar dat sy enigste ideaal was
om professioneel yshokkie te speel. Enigiets anders wat hy nou
doen, is ietwat van 'n tweede keuse. Maklik om dit te se vir
'n man wat in sy eerste verkiesing al die 56 setels in NB gewen
het vir die Liberale Party, sodat daar vir vier jaar geen offisiele
opposisie was nie.
NB se provinsiale blom is die viooltjie. Dis daardie soort
viooltjie wat jy in SA oral in tuine kan kweek. Maar in NB
groei hulle wild. Toe ons nog daar gebly het, was dit elke lente
sulke agonie om jou eerste gras te moet sny, en al hierdie klein
blommetjies staan nog daar op jou grasperk. En al is daar meer
en meer rekenaars in die huise, buite moet jy nog versigtig ry
om nie somtyds in die aande 'n moose of 'n beer raak te ry nie.
En jy dink jy is in die hemel as jy 'n salmon van die Mira-
michi of 'n Noord-Atlantiese kreef kan eet. Of "fiddleheads,"
die jong lof van 'n varing wat in die riviere groei in die lente.

Gloudina Bouwer

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Deeltekens en dies meer

Vr, 06 September 1996 00:00

Hallo almal!

Hierdie deeltekens en dies meer kom mos nie uit nie, en die aanvaarde
manier op die Internet is mos om kappie-e bv. as [e^] te tik.

Is dit so, en gebruik mense dit gereeld?

Groetnis van Witbank
Johan van Noordwyk

Rekenaars & selfone | 3 kommentare

Twee gedigte van HENNING PIETERSE

Vr, 06 September 1996 00:00

Hier volg twee gedigte van Henning Pieterse
uit "Alruin" (1989).

HUIS

'n Vreemde huis het sy mond oopgemaak
toe ek na hom terugkom in die reën.
Sy stof wou my nie ken nie en het verby
my gegly toe ek daaraan raak.

Ek het my stofkop geskud en probeer vriende maak
met die muf in die hout en die muur;
in die kaste was daar motte, spindrade
en 'n ou portret wat na niks tuur.

Na die water kon ek luister. Stadig kruip
dit langs die vensters af. Ingesluk, onverteer is ek.
Ek soek nog na jou spoor in die stof op die bed
voor jy ook op reënvoete na buite sluip.

ELEGIE

Die bougainvillaea bloei 'n vrolike rooi,
het jy die dag gesê voor jy weg is.
Ook: ek verstaan jou nie. Verstaan jou nie.

Langsaan het spreeus
die pruimboom kaal gesteel.
Hulle het soos ek dit nie verstaan nie.

Die formasies van voëls in die rooi middae
kon ek natrek
en die niks bewonder.

Tussendeur het jy laat weet van bloed
wat opdroog. Droë blomme
kon ek nooit begryp nie.

Op 'n dag vat die jakaranda
blou vlam by die venster
sonder dat hy dit verstaan.

Toe was die bougainvillaea uitgebloei.
Sy hang, sonder om te verstaan,
tussen spreeus in die jakaranda.

Ingetik op die nuusgroep deur Gloudina Bouwer

Prosa & poësie | 0 kommentare

Bladsye (1839): [ «    1595  1596  1597  1598  1599  1600  1601  1602  1603  1604  1605  1606  1607  1608  1609  1610    »]
Tyd nou: Ma Okt 07 03:27:51 MGT 2024