Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » SHANIA TWAIN - met 'n Suid-Afrikaanse konneksie?
SHANIA TWAIN - met 'n Suid-Afrikaanse konneksie? [boodskap #7195] Ma, 09 September 1996 00:00
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Ek is nou nie eintlik 'n liefhebber van "country and
western" musiek nie. Hier en daar vang 'n lied vol passie
soms my oor, maar gewoonlik verkies ek iets anders:
jazz, rock, klassiek. Oor die afgelope maande het ons
egter hier in Kanada 'n country en western sangeres
ontwikkel wat my 'n bietjie bekeer het - Shania Twain.
Aanvanklik was ek in haar geïnteresseerd omdat sy
'n lid van 'n "First Nation" is. Sy kom van Timmins,
Ontario. So stadigaan het ek ook begin besef, sy is
baie populêr, nie net in Kanada nie, maar ook in die
res van die wêreld. Haar album "The Woman in Me"
het 'n verkope van 8 miljoen gehad sover.
Nou lees ek die anderdag in die koerant dat sy ses
maande gelede getroud is met 'n Suid-Afrikaner,
Robert John (Mutt) Lange, iemand wat ook gehelp
het met die produksie van sulke mense soos AC/DC,
Def Leppard, en ons eie Bryan Adams. Is Lange se
werk ook bekend in Suid-Afrika? Dit lyk of Lange
verantwoordelik is vir die produksie van "The Woman
in Me." Kry 'n mens Shania Twain se videos te siene
in Suid-Afrika?

Gloudina Bouwer
Vorige onderwerp: Re: Die Afrikaner, Afrika en Afrikaans
Volgende onderwerp: re kultier en so en al dit
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 13 21:59:44 MGT 2024