Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

oorsprong van het woord baie

Vr, 27 September 1996 00:00

Kan iemand mij vertellen waar het woord baie vandaan komt. Het lijkt
niet op een Nederlands woord noch kan ik het in verband brengen met een
Engels woord.

Bij voorbaat bedankt
--
Arie Oudman oud...@lingsoft.fi
Lingsoft, Inc

Afrikaans, ons taal | 9 kommentare

'n Gedig van LINA SPIES

Vr, 27 September 1996 00:00

Somtyds sit jy in 'n wagkamer êrens en tel 'n tydskrif op wat nou regtig
oud is. Dan lees jy 'n artikel wat geskryf is voor die Berlynmuur geval het, of
voor die U.S.S.R. opgebreek het. Dan kry jy so 'n snaakse gevoel op jou maag.
En jy vra vir jouself: droom ek dit alles - dat die Muur geval het, dat Duitsland
nou weer net een land is, dat Suid-Afrika uiteindelik 'n werklike demokratiese
land geword het? Somtyds lees jy stories of gedigte wat geskryf is in daardie tyd
wat almal nou wil vergeet. Dan voel jy so 'n spesiale hartseer. Was dit nou nodig
dat soveel mense van alle kleure soveel moes gely het? En vir wat? Hier volg 'n
gedig wat sulke gevoelens by 'n mens wakker maak:

'n Paternoster vir Suid-Afrika
Lina Spies

Here, laat die name geheilig word
van al die kinders van die land -

van hulle
wat modderkoekies gebak het uit sy aarde,
dassies skrikgemaak het in sy klowe,
wol getrap het in sy krale.

Ek het asemloos toegekyk:
swart bolywe geboe oor magtelose diere
en skerp skere wat my laat wag het,
bang vir die glip-slag, die bloed, die pyn.
Maar die swart versigtige hande
het selde dieper as die wit geknip
en ek kon die looitjies uitdeel
want die arbeider was sy loon waardig
volgens die aantal wat hy vrygemaak het
om ligvoets teen die somerheuwels uit te wei.

Maar die bale is lankal toegewerk en weggestuur,
die wololie van my voete afgewas,
my bene nie meer lam getrap nie.

Vergewe ons, die vergeetagtiges, die uitgerustes,
soos ons hulle vergewe, die luidrugtiges
wat nooit binne die kraal was nie,
wat nooit rietperd gery
en kaalvoet geloop het nie,

en Here, sien ons hande aan:
Kyk, om my wit pols is 'n armband van gras;
my donker speelmaat het dit kunstig gevleg
soos ek nooit kon nie...

Aan U behoort die land
en die son
en die skape van sy weiding

Gee ons liefdevolle hande, Heer,
en sny U self versigtig aan die belemmerende kleed
dat daar nie onnodig bloed verspil nie

en deel U self die lootjies uit.

(ingetik op die nuusgroep deur gloudina bouwer)

Prosa & poësie | 0 kommentare

Hiep hiep Hoera!!!

Vr, 27 September 1996 00:00

Afrikaners is plesierig!! Dit is 'n plesier om 'n afrikaanse woord soos
"afrikaans" op die WEB op te spoor. Dit is seker my eerste nuusbriefie in
Afrikaans. Ek hoop jy is ook 'n patriot vir my taal en kultuur. Ons land lê
aan skerwe en niemand weet hoe om die situasie te hanteer nie(of wil nie).

Ek is in Goudveld-Hoërskool, Welkom. My rede vir hierdie skrywe is dat ek
groot bekommerd is oor my eindeksamen wat oor 'n paar weke begin. Die
onderwysstesel is absoluut in chaos, en niemand weet wat gaan aan nie. My
finale rooster het nog het nie eers Wiskunde op nie, en ek het nog nie eens
'n eksamennommer nie.

Gelukkig is ons staandaarde in die VS nog hoog, maar gaan ek die punte kry
waarvoor ek gewerk het? Wie weet!!! Dit maak my baie bekommerd.

Dit is moeilik om vir ons land te veg as al ons wapenrustings van ons af
weggeneem word. Ek is net 'n doodgewone pasifis en nie 'n rassis. Ek wil
net hê my taal en kwalifikasies moet iets kan beteken as ek eendag kinders
het.

Ek moet gaan voorberei vir die "belangrike" eksamen, so hoop ek bly dit
tog(belangrik). wie weet wat word van die staandaarde.

Nou ja, totsiens patriot, en gee gerus raad vir 'n desperate matriekseun.

rian...@global.co.za
RIAN CRONJE

Koeitjies & kalfies | 9 kommentare

Houmpeitsj Nieuws/Nuus

Do, 26 September 1996 00:00

Houmpeitsj Nieuws:

1) Boeke gepubliseer Oktober - Desember 1995 nou op die lys

2) Alle boekelyste in tabelvorm om makliker te lees

3) Indekse en soekmasjien beskikbaar vir Outeurs en Titels

4) Fotoalbum (skrywers) nou in raam-vorm ("frames") sowel as
raamloos vir die web-lesers wat raam-gebreklik is.

Groete

Joop

--
_________________________________
Franz Dullaart (021) 650 3053
j...@its.uct.ac.za
http://www-jfd.its.uct.ac.za/
_________________________________
Snoepie oor sy inkleurboek:
"Ek maak altyd die lug blou"

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Houmpeitsj Nuus/News

Do, 26 September 1996 00:00

Houmpeitsj Nuus/News

1) Boeke gepubliseer Oktober - Desember 1995 nou op die lys

2) Alle boekelyste in tabelvorm om makliker te lees

3) Indekse en soekmasjien beskikbaar vir Outeurs en Titels

4) Fotoalbum (skrywers) nou in raam-vorm ("frames") sowel as
raamloos vir die web-lesers wat raam-gebreklik is.

Groete

--
_________________________________
Franz Dullaart (021) 650 3053
j...@its.uct.ac.za
http://www-jfd.its.uct.ac.za/
_________________________________
Snoepie oor sy inkleurboek:
"Ek maak altyd die lug blou"

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

dom afrikaners

Do, 26 September 1996 00:00

Daar is wel mense wat geloofwaardigheid gee aan die opvatting dat
Afrikaners dom, agterlik, onbelese en 50 jaar agter die klip is. Van
hierdie mense het nou die Web betree. Gaan kyk gerus by
http://www.science.gmu.edu/~bwallet/afrikaans.html

Koos

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

dom afrikaners

Do, 26 September 1996 00:00

Daar is wel mense wat geloofwaardigheid gee aan die opvatting dat
Afrikaners dom, agterlik, onbelese en 50 jaar agter die klip is. Van
hierdie mense het nou die Web betree. Gaan kyk gerus by
http://science.gmu.edu/~bwallet/afrikaans.html

Koos

Koeitjies & kalfies | 16 kommentare

Re: RIEKERT se gedig oor kameeldoringpeule + mieliepitte, pampoenpitte en vrot tamaties.....

Wo, 25 September 1996 00:00

|
| ___/////
| / \ /|
| / O \ \/ |
J > / /\ |
\_________/ \|
\\\
Ek stel baie belang in sade, en die gedig wat Gloudina aanhaal
oor sade vang my weer met heimwee.
(sien hieronder), dit val in dieselfde klas as die vorige een,
(OOM SAMPIE SE AFSKEIDSLIED, van George Weideman)

Ek tel graag sade in die veld op,
my 4-jarige seun het ook nou die gewoonte.
Hier in Australie kry jy duisende soorte bloekombome,
elkeen het 'n ander saadpeul. Die rooi blom-bloekomboom
se sade is groot, en lyk soos die kop van 'n pyp - dit kry jy ook in SA.
Ander, soos die van 'n Bottelbrush, is soos 'n mieliestronkie,
jy ryg die saadjies af.

Ons het ook 'n troeteldier-muisie: Valie Veldmuis
(hy is regtig vaal - ek hou nie van wittes met rooi oe nie)
tog te oulik. Hy vreet natuurlik saadjies. Baie interessant hou
hy hulle uitsoek, vashou en eet.

Interessant wat jy skryf oor mielies. Onthou die oorspronklike
oermielies was klein en sade was baie min en het los gesit -
Die natuur wil he^ hul moet redelik los sit, om af te val -
die boer wil he hul moet vaster sit anders oes hy te min.
Dit is oor mielies oor 'n baie lang tyd so gekweek is dat hul so lyk.
Dieselfde geld vir koring.

Die lekkerste mielie is natuurlik die wat al amper hard is,
en wat jy oor die kole braai, tot hy so bruin word.
Jy sit dit op sagte kole, en as die eerste pit klap,
weet jy jy moet hom omdraai.
Hy kry so 'n soet - braaibrood-karamel geur.
Dit het ek leer eet in die Transkei.
Groenmielies (eintlik is party mos geel, die wit soort kry jy
nie maklik in Australie nie), neem ek werk toe.
Ek sit hul met skil, baard en al (sonder water) in die mikrogolf
vir 'n paar minute. Laat hul daarna afkoel en skil af.
My kollegas kyk my snaaks aan,
maar dis maklik, vinnig, gesond, Heerlik !!!

'n Turkse vriendin vertel dat in Turkye hulle die pampoene se vleis
wegsmyt en die pitte droog & eet. Ek meng gekoopte pampoenpitte met
rou grondbone. Lekker! (maar jy poep 'n hond uit 'n bos uit hoor!).

Sommige oosterlinge RUIK natuurlik aan vrugte, in plaas van om
hul pap te druk, soos ons westerlinge. Dit is 'n baie beter manier
om vas te stel of hul ryp/groen/vrot is.
Ek het eenkeer so 'n vrou dopgehou wat ruik-ruik deur die groentewinkel
stap. 'n mens moet natuurlik jou neus 'n bietjie oefen.
Die Australiers hou bv. nie van tamaties as dit nie hard is nie.
Hul dink tamaties is "af" as dit effens sag is.
Die gevolg is dat die boere die tamaties halfgroen pluk.
Hulle pomp blykbaar dan 'n sekere gas daaroor wat die kleur verander.
Tamaties is natuurlik op sy lekkerste as dit bloedrooi en amper sag is.
En hy moet bloedrooi word van die son,
nie oranje en sponsig van in 'n skuur staan nie.
Die natuur laat die tamatie se geur eers uitkom as hy ordentlik ryp is,
seker vir die insekte of so - vir voortplanting, ek weet nie.
Vrugte is op hul lekkerste as hul ordentlik ryp is, verkieslik aan 'n
boom.

Vir die van julle wat die gedig gemis het:

> 'n gedig van Donald Riekert
>
> DIE HERDER
>
> Kleinnooi dit gaan maar swaar
> Eintlik bly die Here maar die herder
> Die jong Tswana vrou bedaar
> beduie met haar oe"
> Ons is net twee
> maar my ou man is bedelaar
> hulle hou hom op hok
> Nou moet ek agter die bok
> Maar die Here bly herder
> Soms verstaan ek die geloof nie
> maar as die bokke honger raak
> gooi ek met die groot klip
> op teen die kameeldoring se mik
> reen dit peule
> op die klip se val

(Terloops Gloudina: jou kappies en deeltekens kom nie goed uit nie,
ek moes so 'n bietjie "panelbeat" aan die gedig.)

Vriendelike groete

Prosa & poësie | 1 kommentaar

AANDAG alle Dokters, Tandartse, Emmigrante en Pasiente..............

Wo, 25 September 1996 00:00

|
| ___/////
| / \ /|
| / O \ \/ |
J > / /\ |
\_________/ \|
\\\
Ek moet nou 'n lansie breek vir ons artse en verpleegsters in SA.
Julle hoef vir niemand terug te staan nie!
Die opleiding en ondervinding wat julle het is uit die boonste rakke.

Ek was verlede week tandarts toe.
(na 'n ex-Suid Afrikaner)
Ek was so beindruk met hoe professioneel hy is.
Na 7 jaar in die buiteland het ek geleer
om te soek vir 'n Suid-Afrikaanse arts.
Oral waar ek was het die buitelandse tandartse my gevra wie my tande
so mooi gestop het. Dit is klein dingetjies wat tel.
Ek vererg my bv. as 'n stopsel nie afgepoets word nie en hy word
sommer net so grof gelos ens. Of 'n tandarts het nie 'n assistent
nie.

Dit is nie oor nostalgie nie, en nie dat die ander so sleg is nie,
(Australie se dokters is in die algemeen goed)
maar ons SA artse is darem maar uitstekend. (oor die algemeen).
Die laaste strooi was toe 'n Australiese dokter my sommer
'n inspuiting gee sonder om my arm eers af te vee met 'n watte.
Of dit nou regtig saak maak weet ek nie, maar dit is wat my betref
nie professioneel nie. Hier was hoeka te veel stories oor:
"breakdown in infection control procedures" - dit is nou 'n mooi woord
hier vir as die dokter te agterlosig was met sy spuitnaalde
en jy kry AIDS of Hepatites.

Terloops, het julle geweet die Australiese Mediese toelatingsraad (?)
is 'n ruk gelede hof toe gesleep, skuldig bevind en met 'n groot som
beboet oor hulle toelatingseksamens vir immigrante-dokters onregverdig
was, moeiliker was as vir hul eie dokters ?

'n gruwelike storie wat die rondte doen is dat ons dokters so goed is
omdat hulle op die swartes "oefen". Ek dink dit is maar net jaloesie.
Ek dink dit is wel waar dat baie siektes ens in Afrika voorkom wat nie
in Europa of Amerika algemeen is nie.

Intussen lees ek dat al die artse uit SA padgee, en hulle word vervang
met Kubaanse dokters. Tragies, tragies tragies !!
En in die S.A. hospitale gaan dit sleg: dis stakings en afdankings en
min geld en toemaak. Dit is nou van 'n regering wat Onderwys en Gesondheid
'n prioriteit wou maak ???????????

Vriendelike groete.

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

FILMS: alweer gemors uit Hollywood ...!

Wo, 25 September 1996 00:00

Hollywood films: Amerikaanse kitch !

Ek het gister "Independance day" gaan kyk en is met 'n slap riem gevang.
Ek is nou al so gatvol vir die tipe flieks.
So nou skryf ek my eie resensie -
(vertrou my, ek word deur niemand betaal nie).

Die Storie: Groot vliegende pierings val die aarde aan.
Deur heldhaftige pogings van Amerikaners word die aanval afgeweer.

Wat my so 'n pyn gee is dat Amerika se "wonderlikheid"
al weer ten toon gestel word,
en die stereotipes wat daarmee gepaard gaan.
Dit is geen wonder dat bv. die Franse wetgewing wil maak om hul
kultuur te beskerm van al die gemors wat uit Hollywood uitkom nie.
Die fliek begin met die Amerikaanse vlag op die maan,
en eindig waar Amerika alweer die wereld red.
Verder gaan dit basies oor die Amerikaanse president,
die White House, die presidentsvliegtuig, die president en sy manne ens.
Die president is selfs 'n oud vegvliegenier,
wat dan onverskrokke saam met sy "manne" saamgaan.
Hy is so 'n wonderlike ou en neem sulke gewigtige besluite
(besluite wat natuurlik die hele mensdom sal raak)
so lief vir sy vrou en hul ou dogtertjie en...
.. en die son skyn uit sy gat uit.

Die oplossing vir die groot krisis, asook die tegnologie
kom natuurlik uit Amerika uit, en al die ander lande
word natuurlik deur Amerika ingelig wat om te doen.
Die president lewer dan 'n hartroerende toespraak
en dan breek die oomlik aan vir die MANNE...
Daar is die stereotipiese:
Vrouens, - slegs daar vir hartstogtelike afskeide
en om die mans by te staan,
'n moffie met 'n piepstem,
die verstrooide wetenskaplike met woeste hare ens.
en aan die einde kry ons flitse van verskillende werelddele wat
so dankbaar is dat hul verlos is, ook die stereotipiese,
paternalistiese prentjie van swart inboorlinge wat juigend in die gras
hardloop met spiese. Selfs die monster is stereotiep.

Die titel van die prent: Omdat die aanval op die 4 Julie afgeweer word,
sal dit van nou af nie net die Amerikaanse vieringsdag wees nie,
maar die hele wereld sal van nou af DIE Amerikaanse dag kan vier
as "independance day".
Om alles te kroon word daar gedurig na Coca-Cola verwys,
(Ek wonder hoeveel het Coke hulle daarvoor betaal)

10 uit 10 vir die "special effects", NUL uit tien vir die stroperige,
soetsappige, patriotiese gemors tussenin.
(Ek sal julle die details spaar).

Die fliek laat my ook dink aan "Hunt for Red October",
wat basies gaan oor 'n russiese duikbootkaptein
se pogings om na die wonderlike Amerika (sy droomland) te ontsnap.
Daar word in detail vertel hoe hy droom
van sy nuwe tuiste daar in Amerika, weg van die aaklige kommuniste,
en die eindtoneel waar hy uiteindelik
(soetsappig, melodramaties) in Amerikaanse waters inseil.

Moet dit nie mis nie - gaan kasty jouself.

TV, flieks & vermaak | 1 kommentaar

Bladsye (1839): [ «    1591  1592  1593  1594  1595  1596  1597  1598  1599  1600  1601  1602  1603  1604  1605  1606    »]
Tyd nou: Ma Okt 07 04:25:47 MGT 2024