Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » AANDAG alle Dokters, Tandartse, Emmigrante en Pasiente..............
AANDAG alle Dokters, Tandartse, Emmigrante en Pasiente.............. [boodskap #7274] Wo, 25 September 1996 00:00 na volgende boodskap
gal...  is tans af-lyn  gal...
Boodskappe: 191
Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
Senior Lid
|
| ___/////
| / \ /|
| / O \ \/ |
J > / /\ |
\_________/ \|
\\\
Ek moet nou 'n lansie breek vir ons artse en verpleegsters in SA.
Julle hoef vir niemand terug te staan nie!
Die opleiding en ondervinding wat julle het is uit die boonste rakke.

Ek was verlede week tandarts toe.
(na 'n ex-Suid Afrikaner)
Ek was so beindruk met hoe professioneel hy is.
Na 7 jaar in die buiteland het ek geleer
om te soek vir 'n Suid-Afrikaanse arts.
Oral waar ek was het die buitelandse tandartse my gevra wie my tande
so mooi gestop het. Dit is klein dingetjies wat tel.
Ek vererg my bv. as 'n stopsel nie afgepoets word nie en hy word
sommer net so grof gelos ens. Of 'n tandarts het nie 'n assistent
nie.

Dit is nie oor nostalgie nie, en nie dat die ander so sleg is nie,
(Australie se dokters is in die algemeen goed)
maar ons SA artse is darem maar uitstekend. (oor die algemeen).
Die laaste strooi was toe 'n Australiese dokter my sommer
'n inspuiting gee sonder om my arm eers af te vee met 'n watte.
Of dit nou regtig saak maak weet ek nie, maar dit is wat my betref
nie professioneel nie. Hier was hoeka te veel stories oor:
"breakdown in infection control procedures" - dit is nou 'n mooi woord
hier vir as die dokter te agterlosig was met sy spuitnaalde
en jy kry AIDS of Hepatites.

Terloops, het julle geweet die Australiese Mediese toelatingsraad (?)
is 'n ruk gelede hof toe gesleep, skuldig bevind en met 'n groot som
beboet oor hulle toelatingseksamens vir immigrante-dokters onregverdig
was, moeiliker was as vir hul eie dokters ?

'n gruwelike storie wat die rondte doen is dat ons dokters so goed is
omdat hulle op die swartes "oefen". Ek dink dit is maar net jaloesie.
Ek dink dit is wel waar dat baie siektes ens in Afrika voorkom wat nie
in Europa of Amerika algemeen is nie.

Intussen lees ek dat al die artse uit SA padgee, en hulle word vervang
met Kubaanse dokters. Tragies, tragies tragies !!
En in die S.A. hospitale gaan dit sleg: dis stakings en afdankings en
min geld en toemaak. Dit is nou van 'n regering wat Onderwys en Gesondheid
'n prioriteit wou maak ???????????

Vriendelike groete.
Re: AANDAG alle Dokters, Tandartse, Emmigrante en Pasiente.............. [boodskap #7280 is 'n antwoord op boodskap #7274] Do, 26 September 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article , gal...@ibm.net says...

> Dit is nie oor nostalgie nie, en nie dat die ander so sleg is nie,
> (Australie se dokters is in die algemeen goed)
> maar ons SA artse is darem maar uitstekend. (oor die algemeen).

> Intussen lees ek dat al die artse uit SA padgee, en hulle word vervang
> met Kubaanse dokters. Tragies, tragies tragies !!

Ekskuus vir my, maar die Kubane is veronderstel om
een van die beste gesondheidstelsels in die wereld te he.
Wat kwaliteit betref, het ek laas naweek iets gehoor
wat my baie treurig en baie kwaad gemaak het. Een van
ons seuns doen aansoek om 'n MBA te loop by die
Universiteit van Kaapstad. Die UCT professor met wie
hy 'n onderhoud moes he in Quebec City vertel hom die
volgende: Die swart studente wat hulle in die program toe-
laat, kom almal uit die res van Afrika, soos Zimbabwe en
Nigeria, waar die sendelingskole 'n goeie werk gemaak
het van die opvoeding. Die swart Suid-Afrikaanse studente
se agtergrond is so sleg dat min van hulle in aanmerking
kom vir toelaat tot die MBA program. Dis die argitekte van
Bantoe-Onderwys wat voor die hof gedaag moet word, of
om vergifnis smeek. Al hierdie ander dinge (soos 'n paar
hier doodskiet, daar ontvoer) is peanuts teen die SONDE
van 'n hele generasie van nie-blanke kinders intellektueel
te vermink. CRY THE BELOVED COUNTRY.

Gloudina
Re: AANDAG alle Dokters, Tandartse, Emmigrante en Pasiente.............. [boodskap #7281 is 'n antwoord op boodskap #7274] Do, 26 September 1996 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Jo  is tans af-lyn  Jo
Boodskappe: 5
Geregistreer: September 1996
Karma: 0
Junior Lid
Galjoen het heeltemal gelyk. Ons medici is klinies en akademies van
die beste ter wereld en nou spog ek defnitief nie sonder rede nie. Ons
mediese studente kry uit die aard van die saak en weens die tipiese SA
opset 'n geweldige blootstelling aan derde- sowel as eerste wereldse
medisyne en dit is juis hier en met die verpligte kliniese werk, itm
buitelandse studente, waar ons ons buitelandse vriende/kollegas verby
steek.
Al wat op die oomblik ontbreek is die fondse en tyd vir ordentlike
navorsing en daarom steek ons effens af rondom hierdie aspek. En JA -
Ons het soveel minder dokters en soveel meer pasiente dat ons
uiteraard meer kliniese ondervinding opdoen - Ek sou dit nie juis
"oefen" noem nie...

Op die oomblik is die mediese wereld in SA snel aan die verander en
steeds baie dokters wil uit die land uit. Die Kubane en Oos-Europese
dokters in die periferie verwys aan die akademiese sentra en kan die
mees eenvoudige prosedures of diagnoses nie maak nie. Die tekort veral
in die plattelandse dele is groot en dan word daar nog jarelange
hospitaalsessies van die SA GP's weggevat en aan die Kubane gegee wat
nie die pyp kan rook nie.

Nietemin, ons druk deur, volhard met soveel "odds" teen ons en gaan
voort met ons akademiese verpligtinge en kongresse. Ons SA dokters
word gelukkig al van vroegs af geleer om deur te druk!!
Herinner die Oz-arts dat ons tenspyte van sommige navorsing nog maar
steeds eerder die optimale vir die pasient doen om moontlike
komplikasies te vermy. Ons in SA gebruik nog alkohol deppertjies voor
inspuitings en doen die werk sonder "attitude" - is net onsself -
doogewone mense met grense!
Ons doen die JOB goed!!!

Is dit nou fyn"brag" of wat?......Eerder 'n klop op die "groot "
skouer??? ; )

spyker

|
> | ___/////
> | / \ /|
> | / O \ \/ |
> J > / /\ |
> \_________/ \|
> \\\
> Ek moet nou 'n lansie breek vir ons artse en verpleegsters in SA.
> Julle hoef vir niemand terug te staan nie!
> Die opleiding en ondervinding wat julle het is uit die boonste rakke.

> Ek was verlede week tandarts toe.
> (na 'n ex-Suid Afrikaner)
> Ek was so beindruk met hoe professioneel hy is.
> Na 7 jaar in die buiteland het ek geleer
> om te soek vir 'n Suid-Afrikaanse arts.
> Oral waar ek was het die buitelandse tandartse my gevra wie my tande
> so mooi gestop het. Dit is klein dingetjies wat tel.
> Ek vererg my bv. as 'n stopsel nie afgepoets word nie en hy word
> sommer net so grof gelos ens. Of 'n tandarts het nie 'n assistent
> nie.

> Dit is nie oor nostalgie nie, en nie dat die ander so sleg is nie,
> (Australie se dokters is in die algemeen goed)
> maar ons SA artse is darem maar uitstekend. (oor die algemeen).
> Die laaste strooi was toe 'n Australiese dokter my sommer
> 'n inspuiting gee sonder om my arm eers af te vee met 'n watte.
> Of dit nou regtig saak maak weet ek nie, maar dit is wat my betref
> nie professioneel nie. Hier was hoeka te veel stories oor:
> "breakdown in infection control procedures" - dit is nou 'n mooi woord
> hier vir as die dokter te agterlosig was met sy spuitnaalde
> en jy kry AIDS of Hepatites.

> Terloops, het julle geweet die Australiese Mediese toelatingsraad (?)
> is 'n ruk gelede hof toe gesleep, skuldig bevind en met 'n groot som
> beboet oor hulle toelatingseksamens vir immigrante-dokters onregverdig
> was, moeiliker was as vir hul eie dokters ?

> 'n gruwelike storie wat die rondte doen is dat ons dokters so goed is
> omdat hulle op die swartes "oefen". Ek dink dit is maar net jaloesie.
> Ek dink dit is wel waar dat baie siektes ens in Afrika voorkom wat nie
> in Europa of Amerika algemeen is nie.

> Intussen lees ek dat al die artse uit SA padgee, en hulle word vervang
> met Kubaanse dokters. Tragies, tragies tragies !!
> En in die S.A. hospitale gaan dit sleg: dis stakings en afdankings en
> min geld en toemaak. Dit is nou van 'n regering wat Onderwys en Gesondheid
> 'n prioriteit wou maak ???????????

> Vriendelike groete.
Re: AANDAG alle Dokters, Tandartse, Emmigrante en Pasiente.............. [boodskap #7297 is 'n antwoord op boodskap #7274] Sa, 28 September 1996 00:00 Na vorige boodskap
Koos[1]  is tans af-lyn  Koos[1]
Boodskappe: 746
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
gal...@ibm.net wrote:

>>[/color]

Nie heeltemal so nie.
Die geld is reeds deur FW se regering weg van openbare gesondheid
geskuif.
Die aksent is meer geplaas op private dienslewering.
Riena Venter het al die guts uit die gesondheidsdiente gehaal.
Nou het ons uitstekende private hospitale (baie met die dokters ook
as eienaars) en openbare hospitale wat gebuk gaan onder budget
cuts ens.
Dis glo goed vir die ekonomie.
Die Kubaanse dokters is onder kontrak hier om poste in die openbare
sektor te vul wat nie deur plaaslike dokters opgeneem wil word nie.
('n Kan noooooit 'n Porsche koop met daai salaris nie).
Die dokters in openbare diens se salarisse was nooit opgeskuif in
jare nie (lees hier ook FW en PW se regerings) en hulle kak bietjie
af.
Daar is dus baie oop poste veral op plekke waar dit nie gewild is om
te werk nie.
Vorige onderwerp: Houmpeitsj Nuus/News
Volgende onderwerp: How is http://www.storage.com/safrica.html in ZA?
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 14 07:09:28 MGT 2024