Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Die Afrikaner: Nuutste Uitgawe: Is FW omgekoop deur Kerzner?

Vr, 11 Oktober 1996 00:00

Die Afrikaner is die mondstuk van die Herstigte Nasionale Party van
Suid-Afrika. Die nuutste Internet-uitgawe is nou beskikbaar by:

http://www.hnp.org.za/afrikaner

************************************************************ ***********

Is FW omgekoop deur Kerzner?

DIE eienaardige optrede van mnre. FW de Klerk en Kobie Coetsee
in die Sol Kerzner-sage laat al hoe meer wenkbroue lig. Kerzner
se naam is al by soveel omkoop-skandale genoem dat daar nou 'n
skerp refleksie op mnre. De Klerk en Coetsee gewerp word, asook
oor die NP se hantering van die hele aangeleentheid.
Die groot vraag wat tans gevra word, is waarom mnr. De Klerk
en die NP nie wou toelaat dat Sol Kerzner in 1991 aan die
Transkei uitgelewer word om tereg te staan op klagtes van
korrupsie en omkopery nie. Dit laat die vraag opduik of hulle
nie self persoonlik ook deur hom omgekoop is, en daarom die saak
laat vaar het nie.
Sake waarby Kerzner reeds betrek is, sluit in die volgende:
* R2 miljoen omkoopgeld vir George Matanzima vir die oprigting
van dobbelhole in die Transkei.
* R50 000 vir Stella Sigcau vir die oprigting van dobbelhole in
die Transkei.
* R6 miljoen vir die Konserwatiewe Party in Brittanje vir Britse
burgerskap.
* R2 miljoen vir partyfondse vir die ANC wat aan Mandela
persoonlik oorhandig is.
Voorwaar 'n formidabele rekord van omkopery en korrupsie.
En nou die klag teen mnre. De Klerk en Coetsee dat hulle
geweier het om hom te laat uitlewer aan die Transkei om daar
tereg te staan.
Die saak van Kerzner en David Bloomberg se uitlewering is op
26 Junie 1991 in die kabinet bespreek. Die aansoek is op 16 Mei
ontvang. Mnr. Pik Botha se Departement van Buitelandse Sake het
onomwonde verklaar dat die oplossing van die probleem nie is om
hulle uit te lewer nie, want dit sou die smet van die
aangeleentheid aan die NP-regering laat afsmeer. Dit het daar
aan die lig gekom dat mnr. Coetsee se Departement van Justisie
'n jaar voor die aansoek deur Kerzner en Bloomberg se
regsverteenwoordigers genader is. Hulle het die gevolgtrekking
toe al reeds gemaak dat die De Klerk-bewind hulle kli‰nte sou
beskerm en nie optree nie. Die kabinet het dan ook besluit om
nie tot uitlewering toe te stem nie, alhoewel die staat se
regsverteenwoordigers aangedui het dat daar 'n prima facie-saak
teen die twee beskuldigdes uitgemaak kon word.
In die lig daarvan is dit onbegryplik hoe mnr. De Klerk en sy
kabinetskollegas kon besluit om nie met die saak voort te gaan
nie. Dit is egter baie duidelik dat hulle uit politieke
gedienstigheid opgetree het sonder om landsbelang in aanmerking
te neem.
Die uitlewering kon alleen plaasvind indien mnr. De Klerk
persoonlik so 'n dokument onderteken. Sy weiering om dit te
doen, het die saak in die sand laat loop.
Die NP het "heftig" op die bekendmaking van die inligting
gereageer. Mev. Sheila Camerer, woordvoerder oor Justisie, het
egter deur haar optrede bevestig dat die NP-regering die saak
verbrou het. Volgens haar is die NP onskuldig omdat hulle hulle
nie met die saak wou bemoei nie. Dit is egter die finale bewys
dat die NP-regering niks gedoen het om Kerzner te laat uitlewer
en te vervolg nie!
Die vraag word gevra hoe Kerzner dit reggekry het om hulle
sover te kry om die pogings te laat vaar.
Kerzner het aanvanklik onder eed gelieg toe hy ontken het dat
hy R2 miljoen in 1989 aan Matanzima oorhandig het. Later het hy
erken dat hy dit wel gedoen het.
Die Prokureur-generaal van die Transkei, mnr. Christo Nel, het
talle pogings aangewend om Kerzner voor die hof te kry - almal
tevergeefs. Hy het 'n verlore stryd gevoer teen die toentertydse
staatspresident self om Kerzner uitgelewer en voor die hof te
kry, maar sy pogings is uit die heel hoogste kringe in die land
in die wiele gery.
Daar het dit egter nie ge‰indig nie. Nadat die ANC in 1994
oorgeneem het, was daar net sulke ernstige pogings om hom voor
die hof te kry. Mnr. Nel het reeds in September 1994 verklaar
dat daar weer van vooraf met die ondersoek begin word, en dat
vervolging binnekort hervat sou word. In Desember het hy
verklaar dat die saak in Junie 1995 voor die hof sou kom. Toe
daardie datum aanbreek, het hy verklaar dat die vervolging in
September sou begin. Hiervan het ook niks gekom nie. Toe Bantu
Holomisa die saak voor die Tutu-kommissie aangeraak het, is hy
geskors uit die ANC.
En Kerzner loop steeds vry rond.
Die vraag word openlik gevra wat hom in staat stel om onder
twee uiteenlopende regerings steeds in 'n posisie bo die wet te
verkeer. Die enigste logiese antwoord hierop is dat hy steeds
voortgaan met die omkopery van regerings asof dit die
natuurlikste ding op aarde is.
Hierdie saak is weer eens 'n duidelike bewys van regsverydeling
wat deur mnr. De Klerk se eie kabinet gepleeg is. Daardeur is
omkopery en korrupsie deur mnr. De Klerk persoonlik en sy kabinet
gekondoneer.

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

ANDER NG's...

Vr, 11 Oktober 1996 00:00

Weet iemand dalk waar ek ander soortgelyke nuusgroepe, veral in Europa,
kan raakloop - op die net natuurlik. Het planne om so oor twee jaar die
omgewing te gaan verken en dalk kan 'n mens oor die Net 'n kontak of
twee daar oorkant opbou...!!??

Baie dankie.

Johan

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Wat van wapenbesit?

Do, 10 Oktober 1996 00:00

Ek is 'n lid van SAGA (Suid Afrikaanse Geweer eienaars Assosiasie) en
dit stem my tot ernstige kommer dat daar nou 'n "verbod" is op die dra
van wapens by openbare vergaderings.

Volgens wetlike definisie is 'n "openbare vergadering" enige situasie
waarin twee of meer mense saam verkeer, en die gebied waar hulle
verkeer toganklik is vir die publiek. Dus, kan geen wapeneienaar meer,
volgens die letter van die wet, bv. sy persoonlike vuurwapen saamneem
as hy en sy gesin na bv. 'n park gaan nie.

Wat is die punt van wapenbesit dan nog?? Ondersteun SAGA en word 'n
lid om hierdie en ander waarlik gevaarlike verwikkelinge wat
wapenbesit bedreig, te beveg.

SAGA staan vir wettige, verantwoordelike wapenbesit. ONDERSTEUN ONS.
http://www.delta.co.za/gamedata/assoc/saga.html

Rylan McAuliffe, Lt. Mobile Infantry Corps, CDF
912...@pukrs3.puk.ac.za
"Eternal vigilance or eternal peace..."

Veiligheid & wapens | 8 kommentare

Re: Talen van Zuid-Afrika (was: Re: Esperanto)

Do, 10 Oktober 1996 00:00

> Ruud Hendrickx (ruud.he...@brtn.be) wrote:
> : Onze collega's van de Zuid-Afrikaanse televisie hebben heel grote
> : problemen: er zijn namelijk elf (11!) officiële talen.

Je zou eigenlijk moeten zeggen dat ze grote problemen hebben omdat ze 11
officiele talen hebben _en_ slechts 1 staatszender. Dat is alsof een
unitaire BRT/RTB/BRF uitzendingen via een en dezelfde zender in 3 talen
zou moeten uitzenden. Stel je voor: welke verdeelsleutels hanteer je, wie
komt er wanneer aan bod en in welke programma's? Kookprogramma's in het
Frans, het Nieuws in het Nederlands of alles helemaal gemengd? Een
nieuwsuitzending van een half uur is gewoon te kort om drie landstalen,
laat staan 11, gelijktijdig aan bod te laten komen.
In Zuid-Afrika komt, van wat ik ervan weet, die onmogelijke 11-taligheid
er gewoon op neer dat het Engels als 'lingua franca' gebruikt wordt, zelfs
al spreekt slechts een klein percentage van de bevolking die taal als
moedertaal.
Een achterdochtig mens zou zelfs kunnen vermoeden dat de erkenning van 11
officiele landstalen, een belachelijk groot aantal, een poging is om op
heimelijke wijze de positie van het Engels te versterken, ten nadele van
de andere 'grote' talen zoals het Afrikaans. Door alle talen ongeacht
verspreiding of aantal sprekers gelijk te schakelen, is het voor de
Zuid-Afrikanen Engels of de toren van Babel.

Kan een Zuid-Afrikaan hier misschien wat meer over vertellen?
(Kruispost naar soc.culture.south-africa.afrikaans)

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

IS JY BEREID OM VIR JOU LAND TE STERF ????? !!!!!!

Wo, 09 Oktober 1996 00:00

|
| ___/////
| /........\ /|
| /.O.\......\/.|
J >..../....../\.|
\_________/ \|
\\\

Toe ek jonk was het ons die volgende stuk uit die ou volkslied
met groot aandoening gesing: (vandag is ek te sinies vir so iets)

"Ons sal lewe, ons sal sterwe,
Ons vir jou, Suid-Afrika"

Liewe leser, is jy bereid om vir jou land te sterf ?
(En eintlik is dit dieselfde as om te vra of jy vir jou land wil veg).
Teen wie en vir wat ?
Of is jy grootbek terwyl ander mense dit vir jou moet doen ?
En julle ouens wat nou emigreer het ?
Is julle bereid om vir julle nuwe land te veg ?
Wissel julle burgerskap soos klere ?
(Die Australiese burgerskap vereis dat jy
"defend Australia, should the need arise").

Wat van almal wat gedurende die Apartheidsjare moes sterf op die grens,
in Rhodesie, Suidwes, Angola, Mosambiek, die townships ens ?
En almal wat vermink is ?
En al die dienspligtiges wat op pad in motorongelukke dood is ?
En Sielskade moes ly en selfmoord gepleeg het?
En hulle familie ? My simpatie aan almal.
(Ek was ook betrokke, maar het gelukkig nie veel oorgekom nie).
Maar waarvoor was dit ?? En laat ek my nou vir 'n oomblik bepaal by
die Afrikaner: Was dit ons groot Vietnam, die Vietnam van die Afrikaner ?
Wat het julle ouens te sê wat deel daarvan was ?
En die wat hul daaruit gewikkel het ?

Vir wat het ons mense gesterf ? vir die sogenaamde "Totale Aanslag"
en die "Swart Gevaar" en die "Kommunistiese Aanslag" en
allerhande sulke kak ? Want dit is aan my voorgehou tydens my diensplig.
Is julle om die bos gelei of het julle willens en wetens daarmee saamgegaan ?
Die Generaals en Politici wil altyd he^ julle moet daarvoor val,
want hulle staan agter en die gewone troep is daar voor in die vuurlinie.
En wat het die oorlog Suid Afrika gehelp ?
Is ons as gevolg daarvan beter af ?
'n Swart meerderheidsregering in Rhodesie, Namibie, Suid Afrika
was onafwendbaar. Dit was 'n oorlog wat gegaan het oor "the hearts and
minds of the people", maar die stiksienige Apartheids-politici het gedink
hulle kan dit met tenks en grofgeskut wen. Hulle was verkeerd.

En al julle vrouens, wat het julle te sê ?
Destyds was daar groot propaganda en ondersteuning vir
"ons manne op ons grense". Daar was soetsappige gemors in die vroue-
tydskrifte oor grenshelde en manlikheid en dapperheid ens. wat
met groot graagte opgevreet is. 'n Hele letterkundige genre vol stront.
Want die manne in uniform is tog so aantreklik, paradeer hom voor
al jou vriendinne en ooms en tantes... Sal hy nie mooi lyk as hy
in sy mooi wit vloot uniform trou nie ?....ens ens.
'n Vriend van my is afgesê deur sy meisie toe hy nie grens toe gaan nie.
Omdat sy so graag grensbriefies wou skryf, toe kon sy nie. (!).
En al daardie Ma's wat tog so trots was op die seuns wat nou so
'n "grootman" is, en wat by almal gaan spog het met Pietie in die kerk
in sy uniform ens. ?
Is julle om die bos gelei of het julle willens en wetens daarmee saamgegaan ?
Vroue is van ouds af net so bliksems skuldig aan oorlog as mans !

En wat het die ouer geslag vir hulself te sê ?
Die wat 'n leeftyd se voordeel uit Apartheid getrek het,
maar toe Apartheid se vet uitbraai, het hul met hul Sanlampolisse
by die huis gesit en die jeug moes vir hul vettigheid en oordadigheid
gaan sterf. En wat van al die bliksems wat lekker geld gemaak het uit
die oorlog ?

Ons was maar almal skuldig ne^ ? Sommige meer as ander.

HIERDIE ou vissie wil nie sterf vir hierdie of daardie land
se patriotiese snert en propaganda nie.
Julle ouens wat so graag wil sterf daarvoor:
Gaan sterf dan daarvoor. Toe, toe !
As ek moet sterf doen ek dit eerder vir beginsels wat wyer strek as
hierdie of daardie landsgrens.
My helde is Genl Christiaan de Wet en Chris Hani.
Hulle het 'n SAAK gehad om voor te veg. P.W. en sy gespuis nie.

Laat weet asseblief die nuusgroep wat jou storie is.
(Nie vir my nie, ek lees nie private briewe nie, hoor!)

Vriendelike Groete

Koeitjies & kalfies | 10 kommentare

Die Bande wat ons saambind!

Wo, 09 Oktober 1996 00:00

Gisteraand het ons hier in Ottawa die kans gehad
om te luister na Regter Richard Goldstone. Hy het
meestal gepraat oor sy pas voltooide werk as die hoof-
vervolger in die “International War Crimes Tribunal”
wat in Den Haag gesetel is, vir die vervolging van die-
gene wat in Bosnia en Ruanda dinge gedoen het wat
beskou word as “crimes against humanity.”

Dit was so lekker om weer ‘n Engelse Suid-Afrikaanse
aksent te hoor! Afhangende waar hulle gebore is in S.A.,
praat Engelse Suid-Afrikaners met ‘n aksent wat nog meer
opvallend is hier in Noord-Amerika (waar mense ook hulle
erre rol soos Afrikaners.) Dit was so lekker om Regter
Goldstone “wo^” te hoor se^ vir “war.”

Ek is bly om te rapporteer dat die mens wat Goldstone
nou gaan opvolg as hoof van die War Crimes Tribunal
‘n Kanadese vrou is: Madame Louise Arbour (49).

Verlede Sondag het die Protea Club ook hulle jaarlikse
“brunch” gehou in Carleton Place, ‘n klein dorpie hier
naby, in ‘n restaurant wat oud- Suidafrikaners daar bestuur.
Daar het ons nog meer Suid-Afrikaanse aksente gehoor.
Die Protea-klub produseer “The Protea Prattle.” Daarin
is nuus, SA wyn-beprekings, hierdie keer die beskrywing
van ‘n nuwe kontrapsie om biltong te maak, ‘n resep vir
bobotie. Daar is ook nuus van mense wat teruggaan na
Suid-Afrika : mense met goeie Afrikaanse vanne wat nou
weer na SA trek, noudat dit weer ‘n menslike land geword
het. Dit is dan dat die vraag by jou opkom : en wat van ons?
En dan besluit jy: die wortels is hier nou so diep na so baie
jare, dat ‘n mens net eenvoudig dit as ‘n moontlikheid moet
uitsluit. Maar jy is bly dat jou kinders se bande met SA heg-
ter word, selfs hier in die vreemde. Een van ons kinders (Dirk,
wat in Pretoria gebore is maar op tien maande na Kanada
gekom het) speel ‘n aktiewe rol om Kanadese bande met SA
hegter te maak in die South African-Canadian Foundation
en in die Ottawa Chapter van The Canada-South Africa
Chamber of Business. Hy is ook op die oomblik president
van die Protea Club.

Gloudina Bouwer

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

etienne / stefanus

Wo, 09 Oktober 1996 00:00

De naam 'Etienne' is inderdaad de franse versie van 'Stafenus'.
(Stephane bestaat ook in het frans).

vriendelijke groet,

Anna

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Nuwe kinder sê-goed

Di, 08 Oktober 1996 00:00

Haai,

Baie dankie vir die ouens wat by Poplap en Nakkie die Nar se tuisblad 'n
draai gaan maak het. Ons gaan die inhoud van die blad weer Maandag (7
Oktober) verander. Dus kan jy weer vir ons kom kuier vir nuwe kinder
sê-goed en eksamenflaters.

http:www.pix.za/nakkie-die-nar

HELP ASSEBLIEF !!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Ek probeer die my ou advertensies (uitnodiging Nakkie die Nar) op
"newsgroups" afhaal, kanselleer, "delete", maar sonder sukses. Vertel my
wat ek moet doen. Jy kan vir my skryf by: nakkie....@pixie.co.za

Groete,

Danie Martins

Humor & grappe | 0 kommentare

Krugergenootskap program 10 Okt.

Di, 08 Oktober 1996 00:00

AAN: Alle elektronies en gedrukte media

VIR DIE AANDAG VAN: Die Redakteur

VAN: Danie Erasmus, ondervoorsitter van die Krugergenootakap van Pretoria

DATUM: 1996-10-08

KRUGERDAGPROGRAM. DONDERDAG 10 OKTOBER 1996

TEMA VIR 1996:

Die eeufeesherdenking van die hoeksteenlegging van die Gereformeerde Kerk
Pretoria en die skenking van die marmerleeus deur Barney Barnato aan
staatspresident Paul Kruger op 10 Oktober 1896.

Verloop van verrigtinge

15:30 Verootmoedigingsdiens - Gereformeerde Kerk Pretoria (Paul Krugerkerk)
deur dr Hennie Botes van die N.H.-kerk Nabooruspruit.

16:15 Beweeg saam met Voortrekkers na die Begraafplaas en Helde-akker.

16:30 Aankoms van eregaste, kransleggers en besoekers by die Ou Begraafplaas
en Helde-akker.

16:35 Vlaghysing deur Voortrekkers.
Geleentheidsrede deur prof P.G. Nel.
Kransleggingseremonie.

17:35 Vlagstrykking deur Voortrekkers.

18:00 Tee en verversings by Krugerhuismuseum.

18:45 Stigling van loodskomitee vir die eeufeesherdenking van die aanvang
van die tweede Vryheidsoorlog 1899-1902 onder leiding van die
Afrikaner-Kultuurbond.

19:30 Stigting van die President Paul Krugerskool vir Gereformeerde-Volkseie
Onderwys onder leiding van die Gereformeerde Kerk Pretoria.

Kuituurkonsert in die Senotaafsaal van die Voortrekkermonument aangebied
deur die Voortrekkers.
Kunstenaars: Karel Trichardt, Francois en Elizabeth Fourie.

BRING ASB U VlERKLEURVLAE SAAM

U vriendelike samewerking vir die bekendstelling van die program sal hoog
op prys gestel word.

Groete

Danie Erasmus

Tel: (012) 333 4357 Sel: 082 410 1435.

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Nederlanders en Afrikaans

Di, 08 Oktober 1996 00:00

Een van die onderwerpe op Agenda (die TV program) was eenkeer die
verhoudings van Nederland met Suid Afrika en Afrikaners. Volgens
hulle 'navorsing' beskou Nederlanders Afrikaans as 'koddig en
'n troetel-taaltjie', is dit waar ?

Koeitjies & kalfies | 4 kommentare

Bladsye (1839): [ «    1587  1588  1589  1590  1591  1592  1593  1594  1595  1596  1597  1598  1599  1600  1601  1602    »]
Tyd nou: Ma Okt 07 05:17:19 MGT 2024