Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die Bande wat ons saambind!
Die Bande wat ons saambind! [boodskap #7383] Wo, 09 Oktober 1996 00:00
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Gisteraand het ons hier in Ottawa die kans gehad
om te luister na Regter Richard Goldstone. Hy het
meestal gepraat oor sy pas voltooide werk as die hoof-
vervolger in die “International War Crimes Tribunal”
wat in Den Haag gesetel is, vir die vervolging van die-
gene wat in Bosnia en Ruanda dinge gedoen het wat
beskou word as “crimes against humanity.”

Dit was so lekker om weer ‘n Engelse Suid-Afrikaanse
aksent te hoor! Afhangende waar hulle gebore is in S.A.,
praat Engelse Suid-Afrikaners met ‘n aksent wat nog meer
opvallend is hier in Noord-Amerika (waar mense ook hulle
erre rol soos Afrikaners.) Dit was so lekker om Regter
Goldstone “wo^” te hoor se^ vir “war.”

Ek is bly om te rapporteer dat die mens wat Goldstone
nou gaan opvolg as hoof van die War Crimes Tribunal
‘n Kanadese vrou is: Madame Louise Arbour (49).

Verlede Sondag het die Protea Club ook hulle jaarlikse
“brunch” gehou in Carleton Place, ‘n klein dorpie hier
naby, in ‘n restaurant wat oud- Suidafrikaners daar bestuur.
Daar het ons nog meer Suid-Afrikaanse aksente gehoor.
Die Protea-klub produseer “The Protea Prattle.” Daarin
is nuus, SA wyn-beprekings, hierdie keer die beskrywing
van ‘n nuwe kontrapsie om biltong te maak, ‘n resep vir
bobotie. Daar is ook nuus van mense wat teruggaan na
Suid-Afrika : mense met goeie Afrikaanse vanne wat nou
weer na SA trek, noudat dit weer ‘n menslike land geword
het. Dit is dan dat die vraag by jou opkom : en wat van ons?
En dan besluit jy: die wortels is hier nou so diep na so baie
jare, dat ‘n mens net eenvoudig dit as ‘n moontlikheid moet
uitsluit. Maar jy is bly dat jou kinders se bande met SA heg-
ter word, selfs hier in die vreemde. Een van ons kinders (Dirk,
wat in Pretoria gebore is maar op tien maande na Kanada
gekom het) speel ‘n aktiewe rol om Kanadese bande met SA
hegter te maak in die South African-Canadian Foundation
en in die Ottawa Chapter van The Canada-South Africa
Chamber of Business. Hy is ook op die oomblik president
van die Protea Club.

Gloudina Bouwer
Vorige onderwerp: etienne / stefanus
Volgende onderwerp: Re: Talen van Zuid-Afrika (was: Re: Esperanto)
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 13 20:43:49 MGT 2024