Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Re: Mediese scams (Re: Most expensive ride...)

Ma, 11 November 1996 00:00

In jon...@anon.ac.za (Jonnie) writes:
>
>
Dit was baie goed! :)

Errol

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Die Burger en die WVF

Ma, 11 November 1996 00:00

Die Burger het die afgelope tyd onder skoot gekom deur verskeie mense en
instansies oor hul beriggewing oor die die Waarheids- en
Versoeningskomisie.

Is dit waar dat Die Burger om opsetlik uitspreek teenoor die komisie of
leen die komisie hom daartoe. Word die feit dat die ANC nie wil
versoening en amnestie oorbeklemtoon of nie?

Ek hoop hierdie Afrikaanse koerantjie behou (kry?) sy karakter sodat hy
nie ook in 'n identiteitskrisis verval omdat hy nie meer in beheer van
die land is nie.
--
-------------------
Murray L. Steenkamp
Eendrag k111, Stellenbosch, 7600, Suid-Afrika
Tel. +27-21-8873773
940...@firga.sun.ac.za
http://beldin.cs.sun.ac.za/~mlsteen

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

JUFFROU, HY HET 'n WIND GELOS

Sa, 09 November 1996 00:00

Hier naby my is 'n kleuterskool en die eienaar vertel die volgende:

Seef en Sarel is in die kleuterskool. Hulle is volgende jaar in die
"grootskool." Omdat hulle al "groot" is word enige onenigheid met die
klein vuisies besleg. Juffrou hoor daar is so 'n jong oorloggie aan
die gang. Kleuterskooljuffroue se plig is onder andere om die vrede te
bewaar. Sy roep die twee om te verneem wat die probleem skyn te wees.

Seef vertel: "Juffrou, Sarel het gesê dat ek 'n wind gelos het en hy
lieg."

Sarel verdedig homself dadelik: "Issie, Juffrou, hy het 'n wind gelos.
Ek het dit gehoor, geruik en gesien."

Juffrou vra: " Maar Sarel ek kan verstaan dat jy dit gehoor en geruik
het, maar hoe op aarde het jy dit gesien?"

Verduidelik Sarel soos volg: "Juffrou, hy het so 'n groot wind gelos,
sy broek het sommer so gewip."

Indien jy nog kostelike kinder sê-goed wil lees, gaan kuier by:

http://www.pix.za/nakkie-die-nar

Groetnis.

Humor & grappe | 0 kommentare

Fragmente oor die Liefde van GERT VLOK NEL

Sa, 09 November 1996 00:00

Gert Vlok Nel weet hoe om emosies te beskryf. Dit
amuseer my ook dat die manier waarop ons Afrikaners
nou in die kuberruimte ons leestekens langs die letter
moet plaas (se^, vroee"r , da`a`r) eintlik bydra daar-
toe dat sy snaakse manier van Afrikaans skryf eintlik
nie so vreemd meer lyk nie.
____________________________________________

Fragment uit "& nou & nou."

ek het i foto van die aand in hillside
jy is i bruid
agter jou raak dit donker
gaste staan rond soos i ruiter-in-swart-boekie, versteen
hul asems maak wolkies op die aarde soos op die mo^re
van die agste dag
in die wolkies sê hulle
ons is lief

en op die agtergrond kom i trein soos i byl uit die nag.

______________________________________________

Ek wens iemand wil vir my verduidelik wat die verwysing
na " i ruiter-in-swart-boekie" beteken.
______________________________________________

i roeiboot dryf af in die rivier by malgas; is weg.

ek het gekom lief
& gesê "ek het jou lief"

toe draai jy om
jou oë vol soos e^rens i beker oorloop

& sê "dit was i lang tyd"
& "ek is klaar los." vra ek "hoe los"

He'e'ltemal los" sê jy, & begin huil
toe ek begin lag

& begin toe lag
toe ek begin huil

(ingetik deur gloudina bouwer)

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Die Afrikaner: Tribunale beplan nuwe heksejag

Vr, 08 November 1996 00:00

Die nuutste uitgawe van Die Afrikaner is beskikbaar by

http://www.hnp.org.za/afrikaner

************************************************************ **********

Spesiale tribunale moet ingryp waar Tutu misluk

VOORSIENING word in wetgewing gemaak vir die instel van spesiale
tribunale met spesiale regters, waarskynlik selfs uit die
internasionale gemeenskap, asook spesiale staatsaanklaers met
buitengewone magte om sogenaamde oortreders van menseregte te
vervolg. Hierdie tribunale sal opereer met gewysigde re‰ls vir
getuienislewering. Dit word hanteer as 'n saak van groot
dringendheid.
Hierdie proses word gesien as 'n verdere uitbouing van die
werksaamhede van die Tutu-kommissie, veral in gevalle waar dit
blyk dat "versoening" nie tot sy reg kom nie. Dit is ook gemik
op lede van die veiligheidsmagte wat getuig voor Tutu, en dan
"vry uitstap". Hierdie tribunale sal verhoed dat hulle "vry
uitstap".
Daar word beweer dat die tyd vir vergewing kort is, en
inderdaad reeds verby is. Daarom is dit nou tyd om diegene wat
vir hierdie dade verantwoordelik was, te vervolg.
Daar word ook voorsiening voor gemaak dat gewone burgers
vervolg kan word wat apartheid voorgestaan het. Veral
staatsamptenare wat betrokke was by die uitvoering daarvan, sal
nie deur hierdie tribunale oorgeslaan word nie.
Hierdie prosedure word gesien as 'n metode om die werk van die
Tutu-kommissie na 'n tweede fase te voer.
Hierdie nuutste vervolgingsmetodes wat in die vooruitsig gestel
word, het groot ontsteltenis in veiligheidskringe veroorsaak.
Hulle het 'n verslag daaroor die lig laat sien, en dit bevat die
volgende inligting:
l 'n Sekere wetsontwerp is onlangs ingedien wat op die oog af
verreikende gevolge vir veral lede van die voormalige
veiligheidsbestel inhou.
l Die Wetsontwerp op Spesiale Ondersoekeenhede en Spesiale
Tribunale (W 76-96) behels dat voorsiening gemaak word vir
"...investigating serious malpractices or maladministration in
connection with the administration of State institutions... As
well as any conduct which may seriously harm the interests of the
public..."
l Nadere ontleding van die betrokke wetsontwerp, dui egter
daarop dat die magte en bevoegdhede van die wetsontwerp so wyd
is dat enige persoon, vir enige "oortreding" volgens die
diskresie van die beamptes (2.g) gearresteer mag word en dat die
Tribunaal sy verrigtinge kan laat geskied sonder dat "information
relating to the proceedings" p.12 10,5,a) bekend gemaak sal word.
l Die primˆre implikasie is duidelik dat 'n meganisme in stand
gebring word waardeur vervolgings kan plaasvind sonder dat 'n
saak deur gevestigde regswe‰, nl. deur 'n hof gaan, asook feitlik
in die geheim.
l Hierdie wetsontwerp het sy verskyning gemaak sonder dat
belanghebbende groepe, bv uit die SAPD en SANW eers daarvan bewus
was. Met ander woorde, slegs geselekteerde groepe was waarskynlik
geraadpleeg soos bv The National Association of Democratic
Lawyers (NADEL).
l Op 1 November 1996 verskyn 'n artikel in The New Nation (p.11)
waarin 'n argument gelewer word vir "... Special Courts to be set
up with Special judges ... And with Special Prosecutors with
special rules of perpetrators to be brought to Court and tried".
l Die artikel sluit af met die pleidooi dat daar 'n meganisme
ingestel moet word "... to take the work of the TRC into a Second
Phase. The Second Phase towards hopefully the whole truth, total
reconciliation and real justice."

IMPLIKASIES

Die implikasies van beide die wetsontwerp en die artikel (wat
ooglopend dien as klimaatskepper vir die deurvoer van die beoogde
Wet) is as volg:
l Die teikens van die WVK en die beoogde wetgewing, is eerstens
die leiers van die voormalige bestel.
l Vervolgings sal nie staak na die WVK se werksaamhede
afgehandel is nie.
l Daar sal ook beteikening wees van enige persoon, wat na die
demokratisering van die RSA, nog werklik of gewaand, aan die
bevordering van "Apartheid", deelneem.
l Die politieke voordeel skyn reeds in die hande van die
opstellers van hierdie wet te wees, aangesien propaganda reeds
in die media gemaak word vir die voorgestelde wetsontwerp. Enige
moontlike teenstand van kabinet kollegas en ander wat die gevolge
van die wet tov versoening sou teenstaan, is tans afgeweer.
l Die beoogde wetsontwerp blyk deels 'n vergestalting te wees
van die ANC/SAKP se besprekingsdokument (Jun 80) getiteld, A
Criminal and Civil Code of the People of South Africa, wat 'n
bloudruk vir 'n toekomstige regstelsel vir die RSA behels. Die
dokument het politieke misdrywe aangespreek met erkenning aan die
konvensie van die VN, dat apartheid 'n misdryf teen die mensdom
is.
l Mnr PW Botha en ander oud-ministers soos mnr Vlok, word tans
as 't ware gedwing om voor die WVK te verskyn. Die algemene
persepsie is dat sodanige optredes, moontlik 'n snelle einde sal
bring aan die WVK se optredes. Die teendeel is egter waar. Die
wetsontwerp dui daarop dat die bogenoemde verskynings, slegs die
begin is. Die "uitspraak sal nog jare duur aangesien die Spesiale
ondersoekspanne en tribunale voort sal gaan met die inwin van
inligting wat mag meebring dat sodanige leiers straks keer op
keer, weer sal verskyn, na gelang van die wens van hierdie
tribunale.
l Wat is die nut van amnestie vra of selfs van vrywillige
verskyning voor die WVK as daar feitlik geen hoop is op
versoening nie, aangesien stigmatisering en viktimisering aan die
orde van die dag gaan bly?

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

afrikaanse boeke

Vr, 08 November 1996 00:00

Ek sal graag wil weet hoeveel van julle gereeld Afrikaanse letterkunde koop en
lees. Koop julle gereeld 'n Afrikaanse boek? Of neem julle dit uit? Of lees
julle glad nie meer Afrikaans nie?
Indien julle wel lees: watter soort boeke hou julle van? Gedigte, kortverhale,
romans? En deur watter skrywers en oor watter onderwerpe?
Herman

Boeke, tydskrifte & koerante | 0 kommentare

pagad-oorlog in die kaap

Vr, 08 November 1996 00:00

Gangsters bly gangsters, maak nie saak waarvoor hulle veg nie. Moenie dat hul
pogings om 'n politiese magsposisie te verkry misgekyk word omdat hulle dit
verhul in 'n kwansuise geveg teen misdaad nie.

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Zachie Achmat

Vr, 08 November 1996 00:00

As iemand daarin slaag om vir die heer Achmat 'n epos te stuur, sê sommer vir
hom hy moet in die vervolg ordentlike, professionele akteurs kry as hy dan nou
so graag wil wys hoe slawe saam met wit vroue in die kooi geklim het (iets wat
ons almal al weet, maar wat hy klaarblyklik so erg graag uit sy sisteem wou
kry)

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Tale in die Wêreld

Vr, 08 November 1996 00:00

By die toring van Babel, lees ons in die ou testament van die Bybel, het
'n wonderlike ding gebeur. Die ontstaan van verskillende tale.

Dit is was as gevolg van die sonde van die mens wat hul eie eer gesoek
het en hulleself verheerlik het.

Nou, 10 duisend jaar later, beweeg die wêreld skynbaar weer terug na
enkele tale toe. Klein tale is besig om weg te kwyn wêreldwyd.

Wat is die toekoms van minderheidstale dwars oor die wêreld heen? Is dit
die geld, tyd en moeite werd om soveel verskillende tale in die wêreld te
hê? Wat moet/kan ons doen om die tale te red?

Dit lyk of engelssprekendes 'n veer voel vir andere se tale. Hulle
verkies dit dat almal Engels praat. Daarteenoor blyk dit te wees dat
anderstaliges, soos bv. Duitssprekendes in SA, moeite doen om Afrikaans
te leer.

Ek sal my deel doen om Afrikaans te bevorder. Nie deur optogte te hou en
slagspreuke te skree nie, maar deur dit te skryf, te praat, te gebruik.

Vivi Afrikaans
Murray
--
-------------------
Murray L. Steenkamp
Eendrag k111, Stellenbosch, 7600, South Africa
Tel. +27-21-8873773
940...@firga.sun.ac.za
http://beldin.cs.sun.ac.za/~mlsteen

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Sollie Philander op RSG

Do, 07 November 1996 00:00

Luister gerus na Sollie Philander op Radio Sonder Grense op 'n Saterdagoggend.
Hy hanteer die twee uur musiek en inbelprogram meesterlik.

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Bladsye (1839): [ «    1578  1579  1580  1581  1582  1583  1584  1585  1586  1587  1588  1589  1590  1591  1592  1593    »]
Tyd nou: Ma Okt 07 07:21:56 MGT 2024