Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Lekker » Humor & grappe » JUFFROU, HY HET 'n WIND GELOS
JUFFROU, HY HET 'n WIND GELOS [boodskap #7617] Sa, 09 November 1996 00:00
Danie Martins  is tans af-lyn  Danie Martins
Boodskappe: 37
Geregistreer: September 1996
Karma: 0
Volle Lid
Hier naby my is 'n kleuterskool en die eienaar vertel die volgende:

Seef en Sarel is in die kleuterskool. Hulle is volgende jaar in die
"grootskool." Omdat hulle al "groot" is word enige onenigheid met die
klein vuisies besleg. Juffrou hoor daar is so 'n jong oorloggie aan
die gang. Kleuterskooljuffroue se plig is onder andere om die vrede te
bewaar. Sy roep die twee om te verneem wat die probleem skyn te wees.

Seef vertel: "Juffrou, Sarel het gesê dat ek 'n wind gelos het en hy
lieg."

Sarel verdedig homself dadelik: "Issie, Juffrou, hy het 'n wind gelos.
Ek het dit gehoor, geruik en gesien."

Juffrou vra: " Maar Sarel ek kan verstaan dat jy dit gehoor en geruik
het, maar hoe op aarde het jy dit gesien?"

Verduidelik Sarel soos volg: "Juffrou, hy het so 'n groot wind gelos,
sy broek het sommer so gewip."

Indien jy nog kostelike kinder sê-goed wil lees, gaan kuier by:

http://www.pix.za/nakkie-die-nar

Groetnis.
Vorige onderwerp: AI TOG, DIE KINDERS DAREM
Volgende onderwerp: OPSOMMING
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Mar 28 13:08:09 MGT 2024