Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

ROOMYS RESEP

Do, 21 November 1996 00:00

Dit is die maklikste roomys resep waarvan ek weet. (As jy van makliker
weet, laat my ook weet.)

Benodighede: een blikkie konsensmelk en een blikkie ingedampte melk.

Plaas albei in die yskas vir 'n paar uur. Dit werk beter as dit baie
koud is. Klits die ingedampte melk totdat dit baie skuim. Voeg die
kondensmelk by en klits weer. Plaas in vrieskas. Dit is so lekker jy
sal wonder hoekom jy nie meer gemaak het nie.

Ons het nog resepte, kinderstaaltjies en ander interessante items op
ons tuisblad:

http://www.pix.za/nakkie-die-nar

Kos & resepte | 0 kommentare

Pretoria ISP's??

Do, 21 November 1996 00:00

Ek woon heerlik in Australie en geniet die flike internet diens terdee. Nou
probeer ek om 'n e-mail ISP in Pretoria te vind om my familie daar
'on-line' te kry. Wie moet ek nader? Hoeveel kos die verbindings ens.?
Groete!

Thinus Boshoff
Coolum Beach

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

HELP, asseblief !!!

Wo, 20 November 1996 00:00

that's all you need, provided you _D O _ live in the Kerkstraat,
otherwise it'll be a lot of confusion/JAN

--
Jan J. Hassebroek, St.Catharines,Ont jhas...@freenet.npiec.on.ca

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: 'n Held- pos asseblief Koos!

Wo, 20 November 1996 00:00

In article gal...@ibm.net writes:
> From: gal...@ibm.net
> Subject: Re: 'n Held- pos asseblief Koos!
> Date: 20 Nov 1996 09:04:28 GMT

> Koos kan jy 'n uitreksel of ietsie pos op die Nuusgroep vir
> ons arme homesick bliksems wat hier in die buiteland sit en nie deur
> die Beeld kan vroetel nie ?

Hoekom nie? Op die NASPERS webblad kan jy nie net vandag se Beeld _en_ Burger
_en_ City Press lees nie, maar enigiets opdiep wat hulle oor die afgelope tien
jaar gepubliseer het. (Ek het nog nie by enige ander koerant in die Amerikas,
Europa of elders so 'n goeie soekenjin teëgekom nie).

Groete, Leendert

Koeitjies & kalfies | 2 kommentare

Die ou tannie met die eienaardige poepe

Wo, 20 November 1996 00:00

'n Ou tannie kom eendag by haar dokter en bieg heel verleë:

"Ek poep heeldag dokter, maar die poepe is omtrent
reukloos en onhoorbaar. Om die waarheid te sê,
sedert ek hier by jou in die spreekkamer was,
het ek omtrent 10 poepe gelos.
Wat sal ek doen, dit maar net ignoreer ?"

Die dokter gee aan haar 'n voorskrif: Sy moet 3 maal 'n dag
vir sewe dae lank 'n pilletjie met water neem. Daarna moet
sy weer die dokter kom sien.

Na 'n week kom die ou tannie weer by die dokter, hoogs ontsteld.
"Dokter ek weet nie wat in die pilletjies was nie, maar dis
nou 10 maal erger. Ek poep nog net soveel,
maar dit ruik nou verskriklik! Dit vrot behoorlik!

"Kalmeer asseblief mevrou, sê die dokter, noudat ek jou sinusse
reggedokter het, kan ek aandag aan jou gehoor gee.

|
| ___/////
| / \ /|
| / O \ \/ |
J > / /\ |
\_________/ \|
\\\

Vriendelike groete

Humor & grappe | 0 kommentare

Wat is 'n matriek deesdae werd?

Wo, 20 November 1996 00:00

Ek is geskok om 'n artikel in die Beeld te lees van leerlinge wat nie eers
een punt vir 'n eindeksamen kon behaal het nie.

Gaan die standaard daal?

Wonder net

Ampie

Onderwys & opvoeding | 2 kommentare

Tye van verlange - boekies

Wo, 20 November 1996 00:00

gal...@ibm.net wrote:

> Koos skryf oor die "Ruiter in Swart" boekies, n.a.v. Gert Vlok Nel
> se gedig:

>> Die boekies het soms onbedoelde heerlikhede opgelewer. Soos 'n
>> karakter wat geboe" teen 'n bult staan met een voet vooruit en arms in
>> 'n hardloop-posisie. Dis dan duidelik 'n akteur wat stil staan vir die
>> kamera en probeer lyk soos iemand wat hardloop.
>> Dan staan daar in die "bubble" langs sy kop: "hyg! hyg!"

> Ja, Koos ek lag my alweer keduks!. Dit is nes ek dit ook onthou.
> Dit bring baie herrineringe op. Die boekies was baie amateuragtig,
> en mens het jou dikwels doodgelag.
> Die mees gewilde sinsnede in die boekies was:
> "...heelwat later..."

> Die ontploffings en die vlam van 'n rewolwer was gewoonlik
> met Tip-Ex ingeverf ens. Motorongelukke is aangedui deur die kar
> van skuins-voor af te neem met 'n oop deur.
> Daar was baie ander ook: BEAU BRUMMEL, SAAL 10 (oor dokters & verplieers),
> met suster Teresa,Die Valk/Arend (of so iets), Die Adelaar, Die Saboteur,
> Dr Conrad Brand en ook 'n groterige boek "KYK",
> vol soetsappige liefdesdramas.
> Was daar nie ook nog 'n "Kaptein Caprivi" ook nie ?
> Almal "verhale" uitgebeeld met swart&wit fotos.

> Jy praat hier van Africana hoor!. Ek raak sommer homesiek.
> Ons mag dit nie gelees het nie, (Sonde !)
> maar iemand het altyd 'n stapel gehad en dit uitgeleen.
> Die kleurling "bediendes" was vreeslik lief daarvoor, en ek weet
> van baie ouens wat dit (met groot skaamte) by hulle gaan leen het.
> Hulle het dit dan onder die bed weggesteek vir hul ouers.

> Daar was aan ons gesê dat dit jou lees en taalvermoe nadelig beinvloed.
> (die taal was maar swak). Baie mense (uit die werkersklas) het egter
> so leer lees.

> Vriendelike Groete

> |
> | ___/////
> | / \ /|
> | / O \ \/ |
> J > / /\ |
> \_________/ \|
> \\\

Ja, dis wonderlik om oor die boekies te praat.
Ek onthou goed hoe indrukwekkend daai groot
spinnekoppe was.

Dis juis deur die boekies wat ek spoed-lees
bemeester het. Ek moes vinnig lees, dit was
verbode, my suster het 'n vriendin gehad
wie se ma dit vermasel het.

Dit was in ons huis ook streng verbode.

Om nog verder terug te gaan, moes julle
ook al die name van die Bollie famile leer ken ?

Ek vertrek in Desember na Bahrain om daar te woon
vir 'n ruk .... en soek na afrikaanse cd's, het
julle miskien op iets besonder af gekom ?

groete, dis winderig in die Kaap
Vyg

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

'n Gedig van DONALD RIEKERT

Wo, 20 November 1996 00:00

In die volgende gedig gee Donald Riekert nie net vir ons
‘n insig in die inheemse manier waarop ‘n man met sy geliefde
kan praat in die dorre noord-westelike dele van Suid-Afrika nie.
Dis tegelyk ook ‘n kookkuns-les. Dit lyk vir my dis die Kalahari-
manier om potjie-kos te kook.

HART SE PUNT

Maar as jy vir my doekpot bak
onder deurdag se kameeldoringkool
pak die lewer en die niertjies
in die gemsbok se skof
alles fyngemaak met ui
hart se punt
ingeknoop met die riem
En as ek na heeldag se jag
koel kalbas kom drink
sal jy met jou loshand
hart se punt
oopknoop vir my


Maniere van kosmaak en kos-eet onderskei nie net ver-
skillende lande van mekaar nie, maar ook verskillende
streke binne dieselfde land. Waar ek byvoorbeeld in die
Noordkaap grootgeword het, het ons eenvoudig nie so ‘n
ding soos pap-en-wors geken nie, alhoewel selfs Engelse
oud-Suid Afrikaners (oorspronklik uit Transvaal) nie vir
my wil glo dat ek nie weet hoe om dit te maak nie. Die
metode van mieliepap maak (geleen van die inheemse be-
volking van die oostelike dele van Suid-Afrika) is natuur-
lik goed bekend in Italie” waar dit “polenta” genoem word,
en in die suidelike V.S.A. waar hulle dit “grits” noem.
Ek verlang somtyds om “sult” te eet (‘n mengsel van dele
van die binnekant van die maag van ‘n dier, en dele van die
kop en pootjies, ens. (dink ek), maar ek is te bang om dit wat
“head cheese” hier genoem word te eet, en te proe of dit sult
is. Ek het in alle geval nooit in SA sult ge-eet tensy ek geweet
het wie dit gemaak het nie. Dieselfde met “afval.” Laasgenoem-
de het in my deel van die wereld beteken net die maag van die
dier. Daar is niks lekkerder as om goed voorgebereide afval te
eet nie. Dit laat my nou dink aan die slag in Madrid toe ons
hele familie buite raad (in ‘n on-toeriste deel van die stad) en
baie honger iets bestel vir middagete. Ek het gesien die kelner
het so ‘n snaakse lig in sy o”e gehad toe hy ons bestelling neem.
Toe die borde op die tafel geplaas word, toe dryf daar stukke
wit maag-vleis in die tamatiesous. My familie, selfs my man
wat in SA gebore is, het nie dadelik geweet wat aan hulle voor-
gesit word nie. Hulle het baie langtand ge-eet, maar toe ek vir
hulle na ‘n ruk verduidelik wat dit is, toe was daar konsternasie
en dreigemente dat hulle onmiddellik van die alreeds opge-ete
porsies ontslae moes raak.

Gloudina Bouwer

Prosa & poësie | 0 kommentare

Ek geniet die gedigte..

Wo, 20 November 1996 00:00

Die gedigte is altyd 'n plesier,
dankie vir die moeite.
groete
Vyg
-----------
groei groen

Prosa & poësie | 0 kommentare

Afrikaanse Woordeboek?

Wo, 20 November 1996 00:00

Beste vriende

Ek is op soek na 'n Afrikaanse elektroniese woordeboek wat onder Word vir
Windows sal werk. Kan enigiemand my help?

Dankie
-------------------
Murray L. Steenkamp
Eendrag k111, Stellenbosch, 7600, Suid-Afrika
Tel. +27-21-8873773
940...@firga.sun.ac.za
http://beldin.cs.sun.ac.za/~mlsteen

Rekenaars & selfone | 6 kommentare

Bladsye (1839): [ «    1575  1576  1577  1578  1579  1580  1581  1582  1583  1584  1585  1586  1587  1588  1589  1590    »]
Tyd nou: Ma Okt 07 08:18:42 MGT 2024