Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Wys: Vandag se boodskappe :: Onbeantwoorde boodskappe :: Stemmings :: Navigasie
Hartlik welkom! Op hierdie webtuiste kan Afrikaanse mense lekker in hul eie taal kuier, lag en gesellig verkeer. Hier help ons mekaar, komplimenteer mekaar, trek mekaar se siele uit, vertel grappe en vang allerhande manewales aan. Lees asb ons aanhef en huisreëls om op dreef te kom.

Re: Om te oordeel....

So, 08 Desember 1996 00:00

In article ,
augu...@icon.co.za says...

Ek moet vir jou bedank dat jy die tyd geneem het om
oor dinge te praat. Dit is hoe die "karma", soos Charl
Durand êrens anders sê, uitgewerk sal word.
Ek dink nie die hele wêreld sien meer op die Afrikaner
neer nie. Nie in my deel van die wêreld nie. Hulle praat met
groot admirasie en wonder van dit wat SA nou regkry - 'n
vreedsame oorgaan na 'n nuwe meer regverdige bedeling.
Ek het Charl Durand se praat oor die ruik van die goed
in sy soldate-sak so baie ontroerend gevind. Hy het my weer
so in die geheim laat huil vir daardie mooi Afrikanerseuns
wat op trokke vol munisie in die bos in Angola verdwaal het.
En toe het ek ook 'n traan gestort vir daardie swart seuns wat
in die bos geloop het en hulle bene verloor het aan die land-
myne wat daar geplant is. Ek dink jy moet Galjoen se siels-
krete sien as soortgelyk aan post-vietnam sindroom. Van daar-
die oorlog het soldate ook teruggekom, en is hulle nie ge-eer
en op die hande gedra nie, maar as soort van misdadigers ge-
sien. Baie van die VSA-seuns het geweier om te gaan en het
gevlug na Kanada toe, waar sommige nou nog bly. Galjoen
het Australië toe gevlug. Natuurlik ook 'n plek waar, net
soos in die VSA en Kanada, die witman se hande nie skoon
is nie.
Maar om vir jou dankie te sê dat jy eerlik en oop oor die
dinge met ons praat, pos ek nou, spesiaal vir jou, een van die
mooiste kersgedigte wat ek nog ooit gelees het. Dis oor drie
wyse manne en 'n babatjie en duine en moreblomme.

Gloudina Bouwer

Koeitjies & kalfies | 3 kommentare

'n Kersfeesgedig deur DONALD RIEKERT

So, 08 Desember 1996 00:00

DIE MÔRESTER
Donald Riekert

Die môrester laat val
kort voor dagbreek drie
druppels nektar
op die rooi duin
en drie wyse manne
het op drie wit
môreblomme afgekom
en die geur van 'n
babatjie geruik
en hom gevind
wat sou praat
oor die een ster
bo verlate duine

Prosa & poësie | 0 kommentare

Die rol van die C.I.A. gedurende die Apartheidsjare.

Sa, 07 Desember 1996 00:00

Ek het nog altyd geglo dat elemente in die C.I.A.
die apartheidsregime in SA gesteun het, hulle "gebruik"
het in die koue oorlog tussen Russiese en Amerikaanse
politieke imperialisme. Ek kan tot 'n mate verstaan hoe
die twee, die C.I.A. en die sogenaamde Afrikaner nasio-
naliste, mekaar kon "gebruik." Wat ek nie kon verstaan
nie, was hoe my vorige vriende, diep gelowige Christene,
gedurende die sewentigerjare net hulle oë versluier het
as dinge aangeroer word van gewete en reg. Wat het die
man in die straat geterroriseer, hom banggemaak om oor
die tou te trap? Was dit, soos in die vorige vasaal-lande
van die U.S.S.R., dat daar spioene bestaan het waarvoor
die man in die straat bang was? Ek merk op dat omtrent
al my vorige vriende, miskien as 'n manier om boete
te doen, nou Zoeloe of Noord-Sotho of 'n ander taal pro-
beer aanleer. Hulle harte is goed. Wat het hulle in die de-
kades voor die negentigerjare geterroriseer?
Die storie van Millard Shipley kom nou uiteindelik
op die lappe: 'n C.I.A. "covert action specialist" wat vir
baie lank in Afrika gewerk het en wat glo vir die polisie
vertel het waar Mandela was en so direk verantwoordelik
was vir die gevangeneem en uiteindelike banning van Man-
dela. Selfs nadat hy, in SA, probeer aftree het, is sy hulp
weer gesoek so laat as 1985 om vir die dom Suid-Afrikaners
"dirty tricks" te leer (blykbaar 'n Amerikaanse uitvoerkom-
moditeit.)
Hy is in 1990 in 'n moterongeluk dood in Switzerland.
Nou wil ek graag weet - was dit 'n gewone moterongeluk,
of het iemand dit so gereël? En indien iemand van hom
ontslae wou raak, wie het die daad beplan - die polisie van
Suid-Afrika wat hulle spore wou doodvee, die C.I.A. vir
wie die man op daardie stadium seker 'n "hot potato" was,
of agente van die A.N.C.? Of het die Man daarbo besluit
dat genoeg nou genoeg is?
Gloudina Bouwer

Koeitjies & kalfies | 1 kommentaar

Re: tuisblaaie op die web

Sa, 07 Desember 1996 00:00

lkool wrote:
>
> klaas...@aol.com wrote:
>>
>> Dis ontmoontlik om enige koerante of nuus van Suid Afrika op die web te
>> kry in die VSA, ek het al die moontlike paaie gevolg wat hier voorgestel
>> is en kry net 'n "error" boodskap
>>
>> JHV
> Hello klaasvakie, moenie worry nie kyk net op die volgende plekke:
>
> http://mainstreet.t5.com
>
> http://www.inco.co.za
>
> doen 'n search op Yahoo en gebruik die volgende woorde "South Africans
> Worldwide"
>
> Dit behoort om te help vir SA koerante.
Jammer daar is 'n fout hierbo, dit moet lees http://www.inc.co.za/

Koeitjies & kalfies | 5 kommentare

Twee gedigte uit die apartheidsjare

Sa, 07 Desember 1996 00:00

Dis hartseer om te sien dat mense so konsentreer op alles wat verkeerd
gegaan het in die land van ons, en dat hulle al die goeie vergeet of
doodeenvoudig net ge-ignoreer. Miskien het hulle die land te vroeg
verlaat om al die goedheid te sien of miskien voel hulle skuldig omdat
hulle groot aandeel in apartheid gehad het.

Ek het almal oor die selfde kam geskeer en niemand te nagekom nie selfs in
die era van apartheid so ek het niks om oor skuldig te voel. Die mense
wat die groot misdade gepleeg het in die naam van wat ook al, was
ongelukkig nie Jan allerman nie,en niks wat ons kon doen sou dit verander
het nie, tensy jy so gelukkig was om in 'n mags posisie te wees, so hoekom
moet ek skuldig voel oor dinge wat gedoen is sonder my medewete, en ek
vrae ook nie om verskoning vir iets waaraan nie deel gehad het nie.

Ek wonder net of wat nou in die land gebeur nie in dieselfde katagorie
geklassifiseer kan word as die dinge wat gebeur het tydens apartheid.
Soort van omgekeerde apartheid,druk alles rondom die Afrikaner dood (Taal
, geskiedenis, kultuur ens). Probeer vergeet dat apartheid ooit gebeur
het.

Groete

JHV

Prosa & poësie | 16 kommentare

MATRIEK EKSAMEN 1996

Sa, 07 Desember 1996 00:00

In die afgelope matriek eksamen het daar baie dinge gebeur. Daar was ook
dit wat BAIE snaaks was. Een van ons onnies vertel die volgende:

Die kinders is gereed in die saal, maar die vraestel het nog nie gekom nie.
Daar word geskakel en die verantwoordelike persoon belowe om dit dadelik te
faks. Die faks kom, maar dit is die vraestel wat eers oor twee weke geskryf
moet word. Weer word geskakel en die probleem verduidelik. Die
verantwoordelike persoon antwoord: "Ek faks dadelik aan julle die regte
een, julle moet om veiligheids redes, net die andereen dadelik terugfaks."
(Hoe's daai vir logika.)

Indien jy ook van sulke snaakse insidente gehoor het, stuur dit vir my
ASSEBLIEF. Gebruik sommer my kort adres: dm...@pixie.co.za

Gaan kuier ook sommer vir ons tuisblad by: http://www.pix.za/nakkie-die-nar

Groete,

Danie Martins

Onderwys & opvoeding | 0 kommentare

Re: Twee Gedigte, Apartheidsjare (...en Mnr. Poephol Weetnie)

Vr, 06 Desember 1996 00:00

Gloudina stuur 2 aangrypende gedigte en skryf:

> ...Ek is seker geinteresseerd daarin
> om 'n antwoord te kry op die verdere vraag: hoe het die
> man in die straat in Suid-Afrika apartheid hanteer. (Ek
> het weggehardloop.)

Toe braak ek gal oor Apartheid (sien my brief)
Koos en Gloudina reageer toe:
(ek wou nou stukkies hier aanhaal oor wat Koos & Gloudina geskryf het,
maar alles is ewe betekenisvol).

Koos ek kan ook onthou oor hoe ek met almal vasgesit het oor Apartheid.
Ek het gedurig met almal baklei en rusie gemaak,
wou almal tot my insigte bekeer ens.
Het baie mense aanstoot gegee (nog steeds).
Het aan organisasies soos Merge en die PFP
behoort ens. (ANC lidmaatskap was toe nog hoogverraad)
Maar wat kon 'n simpatiserende blanke destyds doen ? Bitter min,
en dan het jy klaar 'n legger gehad by die vuiligheidspolisie.
Ek was geen revolusioner nie, geen Steve Biko, Grosskopf nie.
Selfs om diensplig te weier het jou ses jaar in die tronk gekos.
Baie mense vergeet hoe ongelooflik onderdrukkend die samelewing
destyds was. Toe ek vir my soveelste "Township kamp" opgeroep
word, het ek besluit - nou waai ek.
Ek wou nie buiteland toe nie, het eers in Suidwes gaan werksoek,
maar kon nie werk kry nie. (Spyt daaroor. Suidwes is mooi).
(Sien my volgende brief oor binneland to trek...)

Hoe die mense Apartheid hanteer het, het afgehang hoe bewus jy was
van dit buite die Laer dink ek.
Die meeste blankes (nie almal nie), het maar braaivleis gehou en bier gedrink,
en Apartheid het eers saak gemaak toe sport beinvloed word.
Selfs ekonomiese sanksies, kulturele sanksies (met bv Nederland),
'n "brain drain" buiteland toe, kon die blankes min skeel,
maar sport het hom wel geraak. En toe die bediende nie
meer gereeld inkom om skoonmaak nie, (oor "onluste" in die "lokasies")
Toe eers het hulle bewus geraak dat die wereld skeef kyk op wat aangaan.
Maar ek bewonder baie Afrikaners van vandag - oor hul vermoe om aan te pas.
En die braaie destyds was darem nie sleg nie...

Die meeste Suid Afrikaners het simpatie gehad met bv. swartes se
armoede, op 'n persoonlike vlak, maar kon nog nooit (en nog steeds nie)
die logiese gevolgtrekking maak dat dit die NP was wat in 'n groot
mate verantwoordelik was vir al die kak nie. Luister maar net na ou
PW. Botha se ontkenning voor die Waarheidskomissie.

(PW staan vir: Poephol Weetnie - van niks nie, en sal ook niks erken nie)

Vriendelike groete.
|
| ___/////
| / \ /|
| / O \ \/ |
J > / /\ |
\_________/ \|
\\\

Prosa & poësie | 1 kommentaar

Rapport oor 'n resensie van CHARL-PIERRE NAUDE

Vr, 06 Desember 1996 00:00

'n Ruk gelede het Galjoen vir ons 'n gedig van sy
vriend Charl-Pierre Naude gepos : " Die Nomadiese
oomblik" uit 'n debuut- bundel van dieselfde naam. Ek
begin nou "Tydskrif vir Letterkunde" hier in Ottawa
ontvang, en rapporteer dus vir Galjoen daar in Austra-
li"e wat Joan Hambidge daaroor te se^ het.
Sy verklaar: "Dis 'n debuut wat 'n mens hoop gee vir
die Afrikaanse digkuns....min jong digters dig so oortuig-
end oor die verskillende vlakke van menswees en syn....
"Die Nomadiese Oomblik" is 'n baie belangrike debuut
en een wat die poe"tiese kontoere radikaal verander...
Dis 'n bundel vir lank bestudeer, nadink en weer lees, en
een wat my baie opgewonde gemaak het."
Hambidge verklaar dat vir haar die gedig "Die onderbroke
reis" (p. 68) 'n sentrale gedig in die bundel is. Nou wonder
ek, Galjoen, of jy nie vir ons die gedig op die nuusgroep sal
intik nie. As Kersfees-persent. As jy nie, soos al die Suid-
Afrikaners nou, "weggaan" vir die Kersfeesvakansie nie.
Waarheen gaan 'n Australie"r as hy "weggaan" vir die somer-
vakansie?
Intussen tik ek die volgende gedig uit die bundel oor. Die
titel is nie in die resensie gegee nie. Dis op p.17.
---

Pyn is nie nodig of onnodig nie
maar mooi en hoef dus nie te bestaan nie.
Die tande is self 'n blom wat in die skaam
of teer oomblik bloei, skitterend uit die dode

opstaan en pryk soos alle blomme. Pyn, O Heer
is heer-lik, vandaar ook U Bestaan. U Hande
se ongelyke skaal. Pyn styg uit rotswande
van die gees soos 'n dampkring wat die weer

bepaal - kunsstorm wat die kloutjie perlemoer
van angs loswikkel, die sirokko van geloof
en liefde uit hul gate jaag - , styg bo die vloer
van die Miks en syg dan neer om weer op die stoof

van die aarde te verdamp. Die bot, steurende
halfbegrip van Pyn : skoonheid detonerende!


(ingetik deur gloudina bouwer)

Prosa & poësie | 2 kommentare

apartheidsjare ens

Vr, 06 Desember 1996 00:00

re die bespreking van galjoen, gloudina en koos rondom die
apartheidsjare...

Verlede naweek haal ek my balsak* van die rak af, agter in my oorle pa se
stowwerige, donker stoor. Ek moes hom oopsny om die ongebruikte army
reënjas uit te vis, want die sleutel van die Tricircle slot was lankal
verdwene. Ek het op die wildekus staptog in Oktober papnat gereën, en al
het jy die army gehaat was die reënjasse darem die beste wat daar is. Al
het ek myself destyds belowe ek raak nooit weer aan enigiets weermag nie.

Selfs na twaalf jaar ruik ek nog die angstigheid van diensplig wat klou aan
die reënjas, blinkgestrykte stepouts, en die boshoed wat uit die balsak
kom. Ek was een van die slapgatte wat in Pretoria agter 'n lessenaar gesit
het, maar die rillerigheid het jou altyd bygebly. Jy was volkome onderworpe
aan sinnelose mag wat elke beweging, elke oomblik jou lot kon bepaal.
Watter tipe horror het die ouens deurgemaak wat met vol ammunisietrokke in
Angola verdwaal het, of gesien het hoe die krokodille in Caprivi Swapo lyke
verorber?

Waarna ruik hulle balsakke?

Paul Hardcastle het in sy liedjie "19" gesing: During World War two the
average combat soldier's age was 26, in Vietnam he was nineteen. In Angola
was hy agtien, of dalk jonger. En na tien jaar sit hy nou met 'n vrou en
jong kinders...

Soms as ons in die Full Stop in Melville sit en oor Amstels army stories
uitruil dan wonder ek hoe lank dit gaan wees voor die muisneste in die
average border combat soldier se kop aan die brand slaan. Of is al die
atrocities, soos in Milan Kundera se The Book of Laughter and Forgetting,
uit die foto ge-airbrush?

Die karma van apartheid gaan ons nie in hierdie geslag uitlos nie.

* 'n Balsak is 'n bruin, langwerpige seilsak, so bietjie langer as 'n
meter, waarin jy al jou army belongings gestoor het. Sy bek het jy met 'n
slot gesluit.

Charl

Koeitjies & kalfies | 0 kommentare

Re: Twee Gedigte....(Afrikaners trek binneland toe)

Vr, 06 Desember 1996 00:00

Ek het in 'n vorige brief geskryf dat ek, toe ek die land uit is,
ek eers probeer het om Suidwes toe te "emigreer",
maar ongelukkig kon ek nie daar werk kry nie.
(Suidwes/Namibië is vir my baie mooi).

Ek lees die volgende mooi stukkie in INSIG, Okt 96 deur PJ Haasbroek:
Hy vertel van "Groot Johan van Haggada-faam (?):

"Ons het oor die donker op die horison gepraat en toe sê hy
dat as die moeilikheid eendag die Afrikaner in SA oorval,
ons net moet noordwaarts trek, die kontinent in.
Willem van Rooyen was besonder ingenome met die gedagte.
Hy het dit 'n filosofiese insig genoem.
Veiligheid vind jy, het hy gesê,
as jy in die hart van die donker kan loop skuil"

Toevallig lees ek 'n dag daarna dat Mosambiek iets soos 200
Suid Afrikaanse boere verwelkom, wat daarnatoe is om weer
die landbou op die been te bring.
Ook dink ek, het ek iewers gelees van boere wat nou weer
Angola toe is. Nou Ja !!!! Hoe ry die boere !!!

Terloops, wie van julle het die pragtige storie van Riaan Malan
gelees in De Kat, 'n jaar gelede, oor die ou vergete Afrikaner vrou
iewers noord in Afrika waar sy stokalleen tussen die swartes bly?

Van elektroniese kontakdoos to kontakdoos,
Vriendelike groete
|
| ___/////
| / \ /|
| / O \ \/ |
J > / /\ |
\_________/ \|
\\\

Prosa & poësie | 0 kommentare

Bladsye (1839): [ «    1571  1572  1573  1574  1575  1576  1577  1578  1579  1580  1581  1582  1583  1584  1585  1586    »]
Tyd nou: Ma Okt 07 09:36:50 MGT 2024