Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die rol van die C.I.A. gedurende die Apartheidsjare.
Die rol van die C.I.A. gedurende die Apartheidsjare. [boodskap #7760] Sa, 07 Desember 1996 00:00 na volgende boodskap
Izak Bouwer  is tans af-lyn  Izak Bouwer
Boodskappe: 465
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Ek het nog altyd geglo dat elemente in die C.I.A.
die apartheidsregime in SA gesteun het, hulle "gebruik"
het in die koue oorlog tussen Russiese en Amerikaanse
politieke imperialisme. Ek kan tot 'n mate verstaan hoe
die twee, die C.I.A. en die sogenaamde Afrikaner nasio-
naliste, mekaar kon "gebruik." Wat ek nie kon verstaan
nie, was hoe my vorige vriende, diep gelowige Christene,
gedurende die sewentigerjare net hulle oë versluier het
as dinge aangeroer word van gewete en reg. Wat het die
man in die straat geterroriseer, hom banggemaak om oor
die tou te trap? Was dit, soos in die vorige vasaal-lande
van die U.S.S.R., dat daar spioene bestaan het waarvoor
die man in die straat bang was? Ek merk op dat omtrent
al my vorige vriende, miskien as 'n manier om boete
te doen, nou Zoeloe of Noord-Sotho of 'n ander taal pro-
beer aanleer. Hulle harte is goed. Wat het hulle in die de-
kades voor die negentigerjare geterroriseer?
Die storie van Millard Shipley kom nou uiteindelik
op die lappe: 'n C.I.A. "covert action specialist" wat vir
baie lank in Afrika gewerk het en wat glo vir die polisie
vertel het waar Mandela was en so direk verantwoordelik
was vir die gevangeneem en uiteindelike banning van Man-
dela. Selfs nadat hy, in SA, probeer aftree het, is sy hulp
weer gesoek so laat as 1985 om vir die dom Suid-Afrikaners
"dirty tricks" te leer (blykbaar 'n Amerikaanse uitvoerkom-
moditeit.)
Hy is in 1990 in 'n moterongeluk dood in Switzerland.
Nou wil ek graag weet - was dit 'n gewone moterongeluk,
of het iemand dit so gereël? En indien iemand van hom
ontslae wou raak, wie het die daad beplan - die polisie van
Suid-Afrika wat hulle spore wou doodvee, die C.I.A. vir
wie die man op daardie stadium seker 'n "hot potato" was,
of agente van die A.N.C.? Of het die Man daarbo besluit
dat genoeg nou genoeg is?
Gloudina Bouwer
Re: Die rol van die C.I.A. gedurende die Apartheidsjare. [boodskap #7809 is 'n antwoord op boodskap #7760] Wo, 11 Desember 1996 00:00 Na vorige boodskap
gal...  is tans af-lyn  gal...
Boodskappe: 191
Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
Senior Lid
Die CIA was baie betrokke in Angola, het SA gehelp
met die "totale aanslag" teen die kommunisme (of was hulle
geintereseerd in die olie ens in Angola??).

Ek het ook nog ander stories, van bv, die Helderberg vliegramp,
ens - daar is baie goed waar Vuiligheidsamptenare betrokke
was wat die publiek nie van weet nie en moontlik nooit sal weet
nie.

Vriendelike groete.
Vorige onderwerp: Geseende Kersfees! - Hiers 'n PERSENT vir jou !!!!
Volgende onderwerp: Re: Om te oordeel.... (EK GENIET DIT !!!)
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 29 03:28:49 MGT 2024