Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Om te oordeel.... (EK GENIET DIT !!!)
Re: Om te oordeel.... (EK GENIET DIT !!!) [boodskap #7788] Wo, 11 Desember 1996 00:00
gal...  is tans af-lyn  gal...
Boodskappe: 191
Geregistreer: Mei 1996
Karma: 0
Senior Lid
In , augu...@icon.co.za writes:
>
> Ek is een van die duisende ouens in Suid Afrika wat dit haat om politiek te
> gesels en in die besonder om te luister na ander se opinies oor hoe sleg en
> verkeerd die wit Suid Afrikaner is. Net 'n paar gedagtes gedagtes vir veral
> julle ouens in die buiteland:
>
>

Ek is so bly dat jy tog oor politiek geskryf het.
Dis lekker om sulke opinies te hoor,
al verskil ek soms baie.
En dis lekker as dinge op 'n rasionele manier gestel word,
i.p.v. 'n histeriese, persoonlike belediging.

Ek wil eerder hoor van my eie mense in my eie taal,
oor hoe hulle oor DIE dinge voel en verskil, as bv. van 'n engelse of
ander ou wat nooit in SA was nie maar wat sy bek vol het
- al stem ek miskien met hom saam.

So skryf asseblief oor julle army-balsakke en julle skuld
en verontwaardiging en onskuld !!!
Julle kan maar kak praat ook, (ek doen dit heeltyd).
Ek lees en dan dink ek daaroor as ek gaan visvang.
Ek het baie dinge op my hart, en ek moet dit uitskryf.
En soos Koos seg: mens maak maar vyande ook.
As jy gedurig met almal saamstem het jy niks te seg nie.

Van Army-balsak tot balsak
Vriendelike groete.
Vorige onderwerp: Die rol van die C.I.A. gedurende die Apartheidsjare.
Volgende onderwerp: re: re dringende versoek
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 29 03:24:37 MGT 2024